Frances Lubbe. Die Londen Boekfees

Die hoofsaal, Londen Boekfees 2011 - foto deur Colleen Martin

Die Londen Boekfees vind elke April plaas, en lok uitgewers, agente en boekverkopers van dwarsoor die wêreld vir drie dae van vergaderings, praatjies, veels-te-duur skemerkelkies en sakeooreenkomste. Die enorme hoofsaal van die Fees word gevul met uitgewerstalletjies. Hier ontmoet redakteurs agente, skrywers en ander verteenwoordigers. Die groter uitgewers ontwerp en bou self hul stalletjies elke jaar, terwyl die kleiner besighede binne die perke van die organiseerders se voorafopgestelde afskortings bly. Maar of dit nou ‘n groot of klein maatskappy is, word omtrent almal hier verteenwoordig – daar was oor die 1,900 uitstallers van 58 lande by die Boekfees vanjaar, en die getal groei jaarliks.

Uitsig oor die hoofsaal vanuit die Agentsentrum - foto deur Colleen Martin

Die Agentsentrum is ‘n aparte area waar die literêre agente sake doen. Dié vertrek is bo die hoofsaal geleë, en diegene met sekuriteitsklaring (ja, die Agentsentrum het sy eie hoër vlak van sekuriteit, meer daarvan later) kan ‘n roltrap neem vanaf die hoofsaal en hierdie taamlik eienaardige wêreld betree. Die Agentsentrum word soms beskryf as die ‘byekorf’ as gevolg van die lae-graadse permanente brom van die 500 of so agente wat terselfdertyd gesels. In terme van die dekor gee die uniformiteit van die tafels wat uitstrek in elke rigting en die kwaai beligting meer as ‘n tikkie van die Orwelliaanse aan die area.

Die Agentsentrum: 500+ mense wat terselfdertyd praat

My eie ondervinding van die Boekfeeste is sterk beïnvloed deur die Agentsentrum, aangesien dit hier is waar ek ‘n hele paar jaar terug begin het deur my kollega se vergaderings by te woon. Sommige agente vat dinge ‘n bietjie rustiger, maar ander is op ‘n streng skedule van  30 minuut-lange ontmoetings wat plaasvind van 9 uur die oggend tot 6 uur die aand.  Meeste van die ontmoetings word al maande voor die tyd gefinaliseer. Diegene wat hul tyd wil optimiseer (mens let op dit is veral die Amerikaners!) verlaat omtrent nooit hul tafels gedurende hierdie tyd nie. Sommige mense vat ‘n blaaskansie vir middagete, ander reël dat middagete sommer by hul tafels afgelewer word. Op die ou end is dit ‘n vermoeiende drie dae vir almal. Wat die Boekfees egter die moeite werd maak, is dat agente en uitgewers die kans het om van aangesig tot aangesig te wees met boekmense vanoor die hele wêreld wat hul vir die res van die jaar net deur middel van e-pos kan kontak. Dis by die Boekfeeste waar ons meer leer oor die toestand van boekwinkels in Oos-Europa, letterdiewery in Indonesië, en waarom ‘Twilight’ deur Stephanie Meyer in bykans elke gebied waarin dit verkoop en vertaal word, ‘n sukses is. Vanjaar het ons ook ons Japanese agent se eerstehandse ervaring van die Japanese aardbewing en sy nadraai gehoor. Die Boekfees ontmoetings gee vir mens die gevoel dat die wêreld-wye netwerk van boekmense nie net bloot ‘n gedrewe besigheid is nie, maar ook ‘n gemeenskap.

Maar die uitgewerswese is uiteraard ‘n sakeonderneming – en op ‘n basiese vlak is dit die skrywers en die boeke wat die paal gehaal het, en geld vir hul uitgewers en agente voortbring, en dié van wie dit voorspel word dat hulle in die toekoms so sal maak, wat tel. Daar is talle mense wat nog nie erkenning en/of boekkontrakte gekry het nie, en wat sukkel om dit te doen. Ons word elke jaar by die Boekfees herinner hieraan. Terwyl die agente hul geskeduleerde kontakte met ope arms by hul tafels verwelkom, is daar ook baie ander mense wat graag die agente se aandag wil kry. Ongepubliseerde skrywers moet tradisioneel ‘n agent kry om hul werk voor te lê aan uitgewers, en kan nie self direk met die uitgewers werk nie.  Vanuit ‘n skywersperspektief bied die Boekfees ‘n uitstekende geleentheid vir nuwe skrywers om agente te ontmoet. Die werklikheid is ongelukkig dat agente nie baie ekstra tyd tot hul beskikking het nie, en dat hulle ook versigtig is om tyd af te staan aan onbekendes. Dit is om hierdie rede dat daar ekstra sekuriteitsmaatreëls vir die Agentsentrum in plek is, en dat sommige mense weggewys word.  Ons kry egter nog elke jaar mense wat op een of ander manier dit regkry om wel tot by ons tafels te kom! Dit is regtig ‘n pluimpie vir hul deursettingvermoë en ons is dan gewoonlik meer as bereid om te luister na hul voorlegging.

Die kwaliteit van die aansoeke wat ons kry by die Boekfeeste, en ook die aansoeke wat daagliks ongevraagd by ons kantoor opdaag,  verskil hemelsbreed van mekaar. Ons kry baie voorleggings wat duidelik die styl en soms self die inhoud van ‘n welbekende skrywer eggo. Ek het byvoorbeeld ‘n groot aantal YA (young adult) manuskripte gelees wat Philip Pullman-agtige trilogiëe is wat in parelelle wêrelde afspeel. Daar is, teleurstellend genoeg, ‘n eindelose aantal afgesaagde Da Vinci Kode-tipe rillers wat steeds by ons opdaag. Dit is ook interessant om te sien hoeveel onervare skrywers onderskat hoe moeilik dit is om ‘n boek te skryf wat aanklank sal vind by kinders. Die feit dat ‘n kinderboek minder teks bevat, beteken nie dat die teks op ‘n laer standaard kan wees nie. ‘n Goeie kinderboek is nie iets wat noodwendig in die loop van ‘n paar uur geskryf kan word nie.

Natuurlik kry ons ook goeie en soms uitstekende voorleggings, manuskripte wat ‘n mens laat regop sit, glimlag, of hoendervleis gee, die wat jou laat wonder hoe die boekomslag sal lyk in die boekwinkel terwyl jy nog besig is om die nederige MS Word dokument te lees.  Op hierdie stadium raak dinge opwindend, maar dit is ook tyd om fyn te dink. Om te oordeel of ‘n manuskrip op ‘n spesifieke tydstip vir ‘n sekere mark en gehoor sal ‘werk’ is nie ‘n ongekompliseerde proses nie. Baie goeie en interessante skrywers word wel opgepik. Maar daar is talle ander skrywers vir wie dit nie gebeur nie, talentvolle skrywers wie se werk dalk te ‘stil’ is, of wie se werk nie duidelik in ‘n voorafgestelde genre pas nie. Agente en uitgewers wat op hierdie stadium kanse vat, kan of dit berou, of groot sukses behaal (kyk maar net wat het gebeur met J.K. Rowling en die Harry Potter reeks!).

Om jou werk gelees en aanvaar te kry en dan te publiseer is vir meeste skrywers ‘n veeleisende proses, en een waar hulle teen die oormag stry vir erkenning.

Seamus Heaney se gedig ‘From the Frontier of Writing’ beaam verder hierdie punt:

From the Frontier of Writing

by Seamus Heaney

The tightness and the nilness round that space

when the car stops in the road, the troops inspect

its make and number and, as one bends his face

towards your window, you catch sight of more

on a hill beyond, eyeing with intent

down cradled guns that hold you under cover

and everything is pure interrogation

until a rifle motions and you move

with guarded unconcerned acceleration-

a little emptier, a little spent

as always by that quiver in the self,

subjugated, yes, and obedient.

So you drive on to the frontier of writing

where it happens again. The guns on tripods;

the sergeant with his on-off mike repeating

data about you, waiting for the squawk

of clearance; the marksman training down

out of the sun upon you like a hawk.

And suddenly you’re through, arraigned yet freed,

as if you’d passed from behind a waterfall

on the black current of a tarmac road

past armor-plated vehicles, out between

the posted soldiers flowing and receding

like tree shadows into the polished windscreen.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Frances Lubbe. Die Londen Boekfees”

  1. annet :

    Frances, jou blog was baie insiggewend. Hier is die SA is daar nie so-iets soos ‘agente’ nie. Nietemin, jy mag dalk hierdie artikel interessant vind (hopelik is jy nog nie 35 nie!)Ek wonder altyd hoe hulle by al hierdie statistieke uitkom…:
    “According to an annual digital entertainment survey by law specialists at Wiggin, the growing popularity with tablets and e-readers is seeing a piracy surge among older women.

    Of the frugal lot, one in eight women over 35 have discovered infringing copyright is cheaper than paying a couple of bob a book. It’s only one in 20 women over the age of 35 who admitted to Wiggin firing up uTorrent to score illegal music.

    29 percent of total e-book owners said they’d downloaded unlicensed copies, while 36 percent of tablet owners said the same, reports the Telegraph.

    While it may not be a front-page shocka that there’s a contingent who want something for nothing, Wiggin highlights that it is nonetheless a change in behaviour. The younger generations are more web-savvy and into copying Rihanna albums onto their hard drives but until now there hadn’t been a noted increase in piracy among older generations.

    It raises interesting questions for the already-rather-miffed traditional publishing industry. Some publishers have struggled to come to terms with the un-printed form, while others have sneakily embraced it and bypassed contracts in the process.

    Pirated works, though, will be bad news for both – and there’s every possibility the written word will have to adapt to an increasingly instant digital age.

    Then again there are the archaic naysayers, of which there are many, who prefer a tea-stained bookmark to the uncharasmatic Kindle’s automatic page memory.

    Wiggin’s survey, which examines consumer behaviour, also found that plenty of consumers are interested in those much touted toys the iPad and the Kindle. Both have endured successful marketing campaigns and will continue to reinvent themselves until every bookshelf in the nation begins to resemble a cynical minimalist piece in the Tate Modern called No:Books.

    Anecdotally: A friend of TechEye’s recently holidayed in Croatia where a family was keen to scoff at the Luddites carrying, shock, actual paper books. But we suppose it’s good for trees and that.”
    http://www.techeye.net/mobile/older-british-women-turn-into-e-book-thieves

  2. Frances Lubbe :

    Hi Annet, dankie vir die interessante artikel. Dit is snaaks om te dink dat vroue van 35+ se gedrag so verander…dit wys mens net, E-boeke is regtig ‘n ‘game changer’!