Andries Samuel. in die langpad

in die langpad 1

 

die karoo se grond

wys in letselpante tussen bos –

van onder aardkorste gestrand

soos arke bo-op kegels sand,

bloei harde poeiers los

 

platbreeksels rots verkrummel sag –

skilfer klip, so asof dit lig

wil opdryf nes die kwaste bos

 

klipuitrifsels knoets wortels

op die hemel in

van waar dit weer silwer lek die hoofpad af

 

kom van voor en onrusbarend

karre wat verbyskiet

soos oë wat knip

 

verganklikheid die kleur

van skaap en populier

 

© andries samuel, 2011

Bookmark and Share

Comments are closed.