Frances Lubbe. Verbrokkeling

‘A riot is the language of the unheard’
– Martin Luther King

Londen is geskud. Tot so ‘n mate dat David Cameron en Boris Johnson, die burgermeester van Londen, genoop is om terug te kom van hul onderskeie eksotiese vakansies ná drie dae se chaos in die stad. En in plaas van ‘n warm ontvangs, moes hulle duisende vrae beantwoord oor hul eie leierskap, die polisiemag se bekwaamheid om sake weer onder beheer te kry, en Londen se beeld as ‘n toekomstige Olimpiese stad.

Wat begin het as ‘n protesoptog oor die dood van Mark Duggan in noord Londen laasweek het skeefgetrek en ontwikkel tot die grootste oproerigheid wat Londen in ‘n lang tyd ervaar het. Dit is nou nie meer ‘n protes oor een man se dood nie. Opportunistiese bendelede, moeilikheidmakers en gewone jongmense (onder andere die 10-jarige Sondag vir muitery gearresteer) het hul eie verwoestende stempel op gebeurtenisse geplaas.

Sommige sou argumenteer die jongklomp wat deelneem is besig met ‘n protes wat ‘n brëe spektrum van sosiale probleme reflekteer. In The Independent skryf Camila Batmanghelidjh dat hierdie mense voel dat hul volgens hul eie reëls speel: ‘Working at street level, over a number of years, many of us have been concerned about large groups of young adults creating their own parallel antisocial communities with different rules. The individual is responsible for their own survival because the established community is perceived to provide nothing.'(‘Caring costs, but so do riots’ deur Camila Batmanghelidjh, The Independent, 9 August 2011)

Een van die boodskappe wat deur mense op Facebook en op Blackberry Messenger uitgestuur is voor Maandagaand se aanvalle bevestig hierdie siening van ‘ons teen die res’. Die ‘feds’ in die boodskap verwys na die polisie. Die ‘ends and colour war’ verwys waarskynlik na die kinders se lojaliteit aan hul area, of aan die bendes in hul area, en dis interessant om te sien dat hierdie lojaliteit gedurende die oproerigheid opgeskort is.

‘Bare shops are gonna get smashed up. So come, get some (free stuff!!) Fuck the feds we will send them back with our riot! Dead the ends and colour war for now. So if you see a brother…SALUTE! If you see a fed…SHOOT!’

‘n Mens kry die gevoel dat baie van die deelnemers aan die oproerigheid optree asof hulle in ‘n gewelddadige film of videospeletjie is, asof die hele muitery binne die konteks van ‘Grand Theft Auto’ plaasvind. Die gedagte is vir my erg steurend. As kinders/tienderjariges en jongmense nie ‘n houvas op realiteit en verantwoordelikheid het nie, hoe gaan hulle ooit opgewasse wees teen die regte wêreld?

In haar blog ‘Inanities’ kritiseer Sarah Carr die Britse media vir hul hantering van die opstande en hul ongewilligheid om na die ander kant van die storie te luister:

‘The media is showing us hour after hour of Outraged Upstanding Citizen all saying the same thing because Upstanding Citizens tend to hit journalists less. There is an echoing void when it comes to the other side of the story, a void that is being filled with image after horrible image and calls for looters to be flogged in public squares and theorising about the legitimate social political grievances that drove them to commit inexcusable acts.’
(http://inanities.org/2011/08/love-me-im-a-looter)

Die ‘ander kant van die verhaal’ blyk egter nie baie samehangend te wees nie. In die volgende link praat ‘n joernalis met ‘n paar buiters in Croydon na Maandagaand se probleme daar:

434411-leana-hosea-speaks-to-croydon-looters-on-bbcworldservice

Opvallend hier is hoeveel die meisies die muitery geniet het, en hoe hulle voel oor die stand van sake: ‘We’re showing the police we can do what we want, and now we have’. Maar dis ook interessant hoe vaag die meisies is oor presies waaroor hulle protesteer – teen daardie Konserwatiewe mense, of die rykes, die winkeleienaars is mos ryk, of wie ook al. Daar is hierso geen samehangende idee of ideaal te bespeur nie. Anders as wat die geval was met die Brixton opstand 30 jaar gelede in suid-Londen, is hierdie week se opstand nie op ‘n spesifieke doel afgestem nie.

Die Brixton opstande in 1981 word tot vandag steeds herdenk in musiek, kuns en poësie. Linton Kwesi Johnson, bekend as die ‘vader van dub-poetry’ het dinge aan die gang gekry, en vele volg nou nog in sy voetstappe: Brixton Jamm organiseer aande van revolusionêre musiek by Speaker’s Corner in Hyde Park, Brixtongue is ‘n performance poetry gebeurtenis wat ook gereeld plaasvind, en Panic! Brixton Poetry is ‘n webwerf met poësie en kuns oor en vir die Brixton gemeenskap. In teenstelling hiermee is dit moeilik om te dink dat hierdie week se onrus oor dertig jaar nog sal voortleef in protes-digkuns!

Oproerigheid in Hackney, Oos Londen, 8 Augustus 2011

Oproerigheid in Hackney, Oos Londen, 8 Augustus 2011

Die afgelope paar dae se muitery, brandstigting en geweld voel onwerklik. In my eie buurt, Bethnal Green, het winkeleienaars sleg Maandag deurgeloop. Danksy die BBC het ons geweet dat daar Maandagmiddag ‘n onderonsie tussen ‘n groot groep mense en polisie plaasgevind het in Hackney, die buurt net noord van ons. Ons het ook geweet dat flenters van daardie groot groep mettertyd in ons buurt sal opdaag. Teen die tyd wat ek 6 uur die middag in Bethnal Green opgedaag het, was al die pubs toe, en winkeleienaars besig om hul metaal hortjies te laat sak. Sommige kap selfs ekstra houtplanke voor hul vensters in. Almal tuur af in die pad, wagtende. Daar is ‘n gevoel van ‘n komende ‘showdown’, soos in ‘n cowboy fliek. Die stilte voor die storm. Ek verwag amper om ‘n rolbos te sien verbykom.

‘n Uur later maak die rusverstoorders hul opwagting in Bethnal Green Road. Teen die tyd is ek in my woonstel, maar volg die gebeure op You Tube. (Bethnal Green se muitery haal nie die BBC se live nuus nie, daar is te veel voorvalle om te dek.)

rioters_strike_bethnal_green_video_of_the_violence_unfolding_1_988721

Daar is ‘n groot klomp mense wat in die straat afbeweeg, vensters inskop en winkels beroof. Sommige het maskers of hemde oor hul gesigte, ander gaan voort met gesigte ontbloot (en dit in die wêreldstad met die meeste kamera-toesig!). Dit voel skokkend en vreemd om die hoofstraat so te sien, en om terselfdertyd verwyderd te wees daarvan. Dit is ook eienaardig om te sien hoeveel clips op You Tube geplaas word deur mense wat op straat is, maar niks met die moelikheidmakers te doen het nie. Wie is hierdie passiewe waarnemers en hoekom help hulle nie die winkeleienaars, of maak hulself uit die voete uit nie? Is die aanloklikheid van die You Tube clip, die Twitter update, om te kan sê dat jy ‘daar’ was, te veel vir hulle om te weerstaan? Dit laat ‘n mens wonder oor mense se verhoudings met sosiale media, en met mekaar.

Sosiale media het ook ‘n positiewe rol gespeel gedurende die onrus. Twitter was veral behulpsaam met details oor waar probleme plaasvind, en watter areas vermy moet word.  Dit is ook op Twitter waar mense die ‘riotcleanups’ begin reel het. Dinsdagoggend het vrywilligers met besems in die hand opgedaag om die oorskot van die vorige aand se chaos te help skoonmaak.

Een van die menigte vrywilligers wat Dinsdag help skoonmaak het (en kyk wat staan op haar t-hemp!)

Een van die menigte vrywilligers wat Dinsdag hul eie besems saamgebring het om te kom help skoonmaak. (Op haar t-hemp staan: Looters are scum)

Die hele gebeurtenis laat mens egter met ‘n onrustigheid. Daar is stories wat die rondtes maak: oor gesinne waar pa, ma en kinders in hul motor klim en na gekaapte winkels toe ry om hulself ook te help aan ‘n paar items. Dit is asof Londen op ‘n ander spoor gebring is – ‘n spoor waar sulke onaanvaarbare aksies skielik meer alledaags lyk.

Neighbourhood heroes

The imprint of anger
on the pavement grows

darker by the hour.
Children dipped

their eyes in it
upon waking up,

hearing stories from
their brothers and fathers

Now they’re playing
robbers and heroes

reenacting with almost
as much violence

the events, laughing
at the tiny footsteps

of blood and the stones
that were used to smash

a hand. Butts of
guns wreath

the imprint that has
become a playground

– Sufjan Simone

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Frances Lubbe. Verbrokkeling”

  1. marcelle :

    Dankie, Frances. Daar is so baie om te sê hieroor, en slegs een van die dinge wat my erg pla is die feit dat die oproeriges joernaliste fisies aangeval het, en onder andere, in twee aparte gevalle, ‘n tv- en BBC radiokar aan die brand gesteek het. In dié paar dae is meer joernaliste aspris beseer as in jare van oorlog in Gaza, Belfast, Bagdad: dít praat van iets anders as ‘eerlike’ protes – hetsy polities, ekonomies, of sosiaal. En daarom kan mens dus dalk argumenteer dat die 2011 London-gebeure nie eintlik ‘n regwaardige plek in die geskiedenis van geweld en opstand verdien nie. Sommer maar net ‘n vinnige gedagte…

  2. Frances :

    Hi Marcelle, goeie punt. Ek het vanmiddag verskeie kommentare gelees waar na die oproerigheid verwys word as ‘violent consumerism’, en nie ‘n protes as sulks nie.

  3. Evette Weyers :

    Frances
    Baie dankie vir hierdie hoeveelheid data, agtergrond en opinies.

    Ek stuur ‘n gedig oor brandende stede , heel onder, van ‘n Yugoslaavse digter Russel Salamons, wat o.a. ‘n gedig “Death by High School” geskryf het, lank voor Colombine, waarin hy sê
    “We watched the mountain passes very carefully
    but the enemy came in through the eyes of our children.

    Present
    Almost no one was present.
    Entire sections of Mankind
    were missing in action.
    Picasso was present. Beethoven
    was present. Very few beings were
    present. Present time was a form
    of decay, with little pockets of pleasure
    and of light. But masses and ghettos of it
    drifted unlit, uncared for. Bodies marked
    the spot where presence had died.
    Little flickers of light remained at parties
    and at gatherings. At work, sometimes
    when production was high, people were
    present.
    In schools beings were absent
    as they took ignorance lessons.
    The State took over education of
    immortal souls by promptly believing
    they did not exist. A child was not
    allowed to have a universe nor to be
    present. In great surprise the authorities
    looked at burning cities.
    October 3, 2000