Leon Retief. Die Gros Morne Theatre Festival
OM IN NEWFOUNDLAND GESCREECH TE WORD
Newfoundland is ‘n eiland so bietjie kleiner as die Vrystaat aan die Atlantiese kus van Kanada. Tot 1948 was dit ‘n Britse dominion, waarna dit by Kanada aangesluit het (of, soos die Newfies verkies om te sê, toe Kanada by Newfoundland aangesluit het) en vandag staan dit saam met die naasliggende Labrador bekend as die provinsie van Newfoundland en Labrador.
Voor 1948 het Newfoundland sy eie regering, monetêre stelsel en posseëls gehad, en natuurlik ook sy eie vlag. Vandag se brokkie nuttelose maar interessante informasie: dit was ook die enigste land ter wêreld wat pienk in sy landsvlag gehad het.
Hierdie vlag wapper nog steeds baie prominent by menige privaat huis, hotel, sakeonderneming, B&B en dies meer, soms met of soms sonder die nuwe vlag langsaan. Dikwels is die Union Jack ook langs die ander twee vlae te sien.
Newfoundlanders is ‘n spesie so ietwat anders as die res van Kanada, met ‘n baie kenmerkende aksent – hulle praat onder andere van “dis”, “dat”, “dem” en “titty” (ipv “thirty”) en mens het soms moeite om hulle te verstaan omdat hulle woorde aaneen vloei en meer binnensmonds is. Hulle verwys graag na hul provinsie as “the Island” en nie as Newfoundland nie. Ons het hulle baie vriendelik en hulpvaardig gevind, altyd bereid om te help en gretig om sommer ook ‘n geselsie aan te knoop. Die mense het ‘n ryk kulturele verlede, nie van hogere kuns nie maar van volkskos, volksmusiek, -letterkunde en -geskiedenis, wat ons tot ‘n mate herinner het aan Herman Charles Bosman se verhale uit die Groot Marico – wel, die Newfies is nou nie heeltemal so sal ek maar sê agterlik soos Jurie Steyn en sy trawante nie, maar darem.
Daar is ‘n sterk Ierse agtergrond en een van die enigste twee dinge van Newfoundland wat my irriteer het is die aanhoudende getjommel van Ierse volksmusiek wat mens oral hoor – in hysers, kroeë, oraloor.
As ek nooit, soos in nooit weer daardie aanhoudende tjierietjierietjieriedaadiedaadiedaaithierietjieriedaaidaadjiedaai hoor nie sal ek gelukkig sterwe! Die ander irriterende ding was die gebrek aan ordentlike roete-aanwysings, mens sien soms ‘n padpredikant wat jou vertel dat Gander tien kilometer weg is – en twee kilometer verder kom jy by ‘n T-aansluiting uit wat nie op die kaart is nie en geen aanduiding of mens links of regs moet draai nie. Ek is iemand wat in ‘n telefoonhokkie verdwaal, gevolglik het ons ‘n hele paar keer op die verkeerde roete beland.
St John’s, die provinsiale hoofstad, het sowat 100 000 inwoners en is die oudste stad in Noord-Amerika, alhoewel nie die oudste nedersetting nie. Saam met Halifax in Nova Scotia is dit die stad waarvan my vrou Lesli en ek tot op hede nog die meeste hou.
Aan die bokant van ‘n taamlik steil heuwel is ‘n St John’s landmerk: The Rooms, ‘n museum/kunsgalery/argief met ‘n besonderse argitektuur en boeiende uitstallings.
Na ‘n paar dae se rondwandeling in St John’s, heuwel op en heuwel af, het ons ‘n kar gehuur en koers gekies na Gros Morne Park aan die teenoorgestelde kant van die eiland, aan die kus van die Golf van St Lawrence. Ons het besluit om maar ‘n redelike middelslag kar te bespreek – ‘n Dodge Avenger – bloot om persoonlike veiligheid. Newfoundland het ongeveer 125 000 moose en verlede jaar was daar meer as 600 motorongelukke waar moose betrokke was. ‘n Volwasse moose-bul weeg ongeveer soveel soos ‘n Honda Jazz (hier bekend as ‘n Honda Fit – wat ‘n simpel naam maar toemaar)- en as mens in so ‘n bul sou vasry in ‘n Fit sal jy beslis tweede kom. En soos dit nou maar gaan het ons taamlik amper in drie moose vasgery wat probeer het om die pad oor te steek.
In die proses het ons deur ‘n paar pragtige klein dorpies gery, onder andere Heart’s Content, Heart’s Desire en Heart’s Delight in die Conception Bay area. Kanada is natuurlik bekend vir die ietwat eienaardige name wat dorpe soms het, waarvan ons tuiste Moose Jaw maar een voorbeeld is. Twee van die dorpe wat ons aangedoen het verdien egter spesiale melding:
En dan die een wat die spreekwoordelike koek vat (pun intended, verskoon tog maar asseblief, maar ek kon nog altyd als weerstaan behalwe versoeking):
Sowel Lesli as ek het gewonder of die afbeelding van ‘n inkvis langs die dorp se naam blote toeval of opsetlik was….
Kanada is ‘n baie waterryke land, maar die hoeveelheid mere en baaie in Newfoundland is besonder opvallend. Waar mens ook al ry of stap, jy is byna nooit buite sig van ‘n meer of baai nie – en as jy nie water sien nie, stap of ry maar net vyf minute en daar is ‘n meer of baai. Die ekonomie was tot onlangs baie afhanklik van die visbedryf, maar die ontdekking van olievelde langs die kus is besig om ‘n hupstoot aan die ekonomie van hierdie betreklik arm provinsie te gee wat ook maar ‘n goeie ding is omdat die visvelde tot ‘n groot mate uitgeput is. Cod is die mees algemene vis, wanneer ‘n Newfie praat van “fish” dan bedoel hulle cod, na alle ander vis soos byvoorbeeld salm, halibut en dies meer word by naam verwys, maar “fish” in Newfoundland is cod, uit en gedaan. Skynbaar is cod kabeljou in Afrikaans, maar die Atlantiese cod en Suid-Afrikaanse kabeljou is nie eers dieselfde genus nie, laat staan nog dieselfde spesies, dus weet ek nie of dit werklik die korrekte benaming is nie.
Vis is dus ‘n stapelvoedsel en ons het dit in alle kleure en geure geëet, onder andere “fisherman’s brewis” – ‘n interessante tradisionele dis bestaande uit gedroogde soutvis en “hard bread” – en glo my, daai brood is so hard soos ‘n krieketbal! Die vis en brood word die aand vooraf apart in gaas toegedraai en in water geweek, so bietjie gedroog, gevlok en dan gemeng sodat dit so ietwat soos mieliepap lyk. Dit word dan met melasse geëet – die Newfies eet enigiets met melasse! Nogtans, ten spyte van hoe hierdie dis klink smaak dit nogal nie te sleg nie. Iets waarvan ek heeltemal niks gehou het nie is cod tongue – ‘n Newfoundland lekkerny wat op byna elke spyskaart te sien is. Vir my het dit geproe soos kraakbeen omhul deur snot.
My tong hang al vir ‘n jaar lank uit van lus om Gros Morne Park te besoek en sowel die geologie (waaroor ek nie gaan uitwei nie) as die natuurskoon is verstommend. Ons het tot by die noordelike grens van die park gereis en beide Lesli en ek het gedink dat dit gepas is dat ons met vakansie vertrek het vanaf Moose Jaw en dat ons verste bestemming ‘n dorpie met die naam Cow Head was.
Tot ons verrassing vind ons uit dat Cow Head die tuiste is van die jaarlikse Gros Morne Theatre Festival. Langsaan ons hotel is ‘n klein teater met sowat 80 sitplekke.
Ons kon vier van die sewe opvoerings bywoon. Ek haal aan uit die artistieke direkteur se notas: “The plays are written expressly for a Newfoundland audience so we can experience our culture in all its glory (and foibles)! We can laugh, we can cry but most importantly we can feel proud of the people and ideas that make up the stories. I believe… this is a unique opportunity to see the Newfoundland culture up close and personal, you get to observe this professional Newfoundland theatre producing stories and you get to observe our own our own people reacting in an emotional way. This is a cultural experience just as much as it is a theatrical experience – the two together make up what we do at the Gros Morne Theatre Festival.”
Die Royal Shakespeare Company was dit nie, maar dit was nogtans baie genotvol. Elke toneelstuk is spesiaal vir die fees geskryf. Tempting Providence was een van twee uit die vier stukke wat beide van ons geboei het. Dit het bestaan uit verwerkte grepe uit die joernaal van Myra Bennett, ‘n verpleegster met ‘n besondere hardegat persoonlikheid (soos baie verpleegsters nou maar is!) wat kort na die eerste wêreldoorlog van Brittanje na Newfoundland gestuur is om in afgeleë dorpies te gaan werk. Te oordeel aan die dialoog en haar eie mymeringe het sy ‘n besondere literêre talent gehad en ek sal nogal graag haar joernaal in die oorspronklike vorm in die hande wil kry. Gedurende haar verblyf het sy onder andere sowat 5 000 tande getrek en nagenoeg 700 bevallings waargeneem. Aanvanklik was sy net vir twee jaar aangestel, maar toe haar kontrak verstryk het sy doodeenvoudig aangehou met werk en vir baie jare menslike lyding verlig – ek weet, dit klink na een van daai Hollywood-stories, maar hierdie een is toevallig waar. Sy is in 1990 op die rype ouderdom van 100 jaar oorlede en ek gaan beslis moeite doen om meer oor haar te lees.
Stones in His Pockets was die tweede toneelstuk wat ons beïndruk het en die enigste een wat nie in Newfoundland afspeel nie – dit het gehandel oor die invloed wat ‘n Hollywood-filmspan gehad het op die doen en late van ‘n klein Ierse dorpie. Net twee akteurs wat elkeen sowat 4 rolle (manlik en vroulik) vertolk het, met geen rekwisiete nie, nie eers toepaslike kostuums nie.
Een van die dinge wat mens in Newfoundland kan doen is om ‘n “screech-in” seremonie te ondergaan waar mens ‘n ere-Newfoundlander kan word. So nou is ek inderdaad ‘n ere-Newfie en het die sertifikaat om dit te bewys! Die seremonie behels dat mens eers ‘n dop Screech (Newfoundland rum) wegslaan, dan word jy gevra “Is ye an honourary Newfoundlander?” (met daardie spelling), dan moet mens of ‘n vis op sy bek soen of ‘n puffin op sy agterwêreld, daarna moet jy sonder huiwering of ‘n sweem van aarseling of aksent antwoord: “Indeed I is me ol’ cock, and long may your big jib draw.” Dit het drie doppe Screech gekos voordat die Screechmaster tevrede was met my uitspraak. Dan kry jy ‘n tik op die skouer met ‘n swaard en ‘n sertifikaat. Die taal op die dokument is inderdaad soos die newfies praat.
Puffins… Lesli en ek het al lankal die begeerte om hierdie voëltjies te sien. Net buite Elliston op die Bona Vista skiereiland is ‘n kolonie wat ons natuurlik besoek het en ek was gelukkig genoeg om naby genoeg aan drie van hierdie voëltjies te kom om ‘n paar goeie foto’s te neem
Alle goeie dinge kom tot ‘n einde. Ons het met ‘n swaar hart van Newfoundland afskeid geneem – dis ‘n provinsie waar ons baie maklik sal kan woon as ons die geleentheid sou kry.
Diegene wat al “The Shipping News” gelees het sal dalk onthou dat die roman in Newfoundland afspeel. Die tonele, mense en omgewing in daardie boek is baie getrou aan die werklikheid, ek kan nie nou onthou of Annie Proulx inderdaad daar gewoon het nie, maar ons kon menige situasie en skets van die omgewing as eg ervaar.
Ons het tot op hede nog nie spesifiek probeer uitvind oor digters van “the Island” nie. Die enigste digbundel deur ‘n Newfoundland digter wat ons in ‘n tweedehandse boekwinkel kon opspoor was deur Al Pittman (1940-2001). Pittman het jaarliks “The March Hare”, ‘n fees van poësie en musiek in Corner Brook, Newfoundland georganiseer en dit duur steeds voort. Sy poësie is direk en ongekompliseerd, ek dink dat mens nie sommer soortgelyke digkuns elders in Kanada sal aantref nie. Onderstaande kom uit sy bundel “Thirty-for-Sixty”.
ANOTHER NIGHT IN CRAWLEY’S COVE
The accordion considers the tunes it knows best.
The conversation, although incoherent, is congenial.
Outside, the balsams are dancing in the wind.
(The branches, an orchestra of castanets.)
Somewhere in the sky, the birds are sound asleep.
The giddy dancers are stepping
Out on the floorboards of their spindrift dreams.
Tomorrow, the music will be still, the sky quiet
and the birds will be back in the backyard woods.
The day will pass without measure until
night falls and time begins again. The birds
will take to the sky, the dreamers to their feet
and the floor will endure or enjoy another night
of jigs, reels, knee-slapping yarns, out-of-tune
tunes and foot-stomping songs.
Elsewhere in the cove there are people asleep.
They’ll be up and about before dawn, long before
the last lie has bene told and we’ve all gone
to rest in peace.
The old Waterford wood stove has grown cold.
But there’s no discomfort here in this elderly house
on the hill. We are contentedly tired and ready
to creep or crawl to our makeshift beds to await
this day’s dawning.
The water, lapping at the landwash, will lull us
to sleep until the birds in the balsam wake us
to another day in Crawley’s Cove and another night
close to the floor, well removed from the lives
we live when here is far away. And we are elsewhere.
Where we are the most we have of ourselves.
And the least we have of each other.
BRIMSTONE HEAD
From here, looking north, there’s nothing
to see but the sea. And in winter, nothing
but blue-white ice glowing and flowing
from here to the polar ocean. It’s a sight
to behold and a long way from here to
nowhere north of here.
A lot of lives have been lost out there.
The North Atlantic (as majestic as it is)
has a grim history. But now, in the safety of
the sun, we lie here on this headland
in a patch of partridge berry leaves
and behold the wonder we behold
as we hold each other with no end
in sight and all the world stretching north
to nowhere we shall ever go, ever stay, or
ever have to come home from.
HOMECOMING
You are too lately biorn
To know where you are.
Arkansas! Newfoundland!
What’s the difference but for
the immediacy of the floor
beneath your face, the familiar
comfort of the foreign bed
you share, always aware
of what’s within your ever groping grasp?
One day you’ll know all you want
to know about Newfoundland. And
maybe, some other day, you’ll return.
Your Arkansas firnd may ask
“Where y’all going?”
“Newfoundland!”, you’ll reply
as though it were somewhere
just up there in The Ozarks.
“It’s and island in the sky
just north of the Northern Star
and it’s full of fairies, ghosts
and goblins. It’s as old as the stars
(as cold as ice) and warm as embers.
“When will you be back?”
“Sometime! Soon! But I gotta go now
and ask my mom if she’ll wrap and roll
my carpet. I’m off to Newfoundland
first thing in the morning.”
“See ya!”
“See y’all soon.”
Then you take off and land nowhere
on Earth and feel whatever you feel
at home on a starlit beach dancing
with the fairies, the ghosts and goblins
by the slap-happy sea as the Blomindon Mountains
dive deep down to the water’s edge
and the Northern Lights sing in the sky
to welcome you, as we do now and will
whenever youy return here to here.
To the fairies, the ghosts, the goblins. And to us.
THIRTY-FOR-SIXTY
My father was a man of metaphors.
When he said to me, “Don’t wait
until you have the five in your hand
before you go thirty-for-sixty”
he wasn’t talking about cards.
Newfoundland’s national pastime
is a game of Growl (otherwise called
Auction or A Hundred and Twenties).
Thirty-for-sixty is the ultimate bid.
To make that bid without the five
of trumps in your hand is a foolish
thing to do. Chances are (nine times
out of ten) you’ll end up in the hole.
So what! When it’s just a game.
A bit of fun. What the hell!
But that night as he lay dying
he wasn’t talking about cards.
No overdose of morphine
could diminish his need to leave
his son one last word of wisdom.
I listened and took him to heart.
I’ve bene going thirty-for sixty
Without the five ever since.
The hole grows deeper and deeper.
And now it’s my turn to bid again.
I don’t have he five in my hand
and I’ve little else to go on.
But what the hell!
Thirty-for-sixty!
A RIVER RUNS THROUGH HER
Coming on dark, the loons lament
the slow closing of he sky. And she’s
out there having one more flick.
The rod, the reel, the line
are extensions of her self.
Here (hidden in twilight)
I watch from the river bank
and wonder what some stranger
might think if she were his mother
out there in that current
going for the legal limit
at age eighty-three.
Would he stand here in the shelter
of these trees where I stand safe
on shore shielding myself from the realities
that surround me, and think “That’s my mother.
She’s the flow my father swam in”?
The last cast. The feathered fly afloat.
The sudden splash. The leap of the heart.
The frantic landing.
She rows ashore in the dawn of dark.
I leave the trees, the loons and the river
and slip away in the sudden comfort
of darkness.
I am the stranger.
Though she is my mother
I know nothing of this woman.
I know only that a river runs through her.
And I splash in her blood like a fish.
© Al Pittman