Louis Jansen van Vuuren. Août/’n Somer solmisasie en ‘n Augustusmaandfragment

 

Août/’n Somer solmisasie en ‘n Augustusmaandfragment.

(Agosti in Swahili net vir ingeval)

Die hoogsomervakansie in Frankryk kan rofweg vanaf Bastilledag (14 Julie) tot laat Augustus  in jou annuaire opgeteken word. Soos wat dit ʼn gawe Fransman betaam het ek ook die periode met ʼn wye kwashaal in my dagboek ingekleur. My ink is die kleur van akwamaryne; omdat dit vir my vakansie die kleur is en omdat dit ook die kleur van die seewater om van die grotte van Capri is. Ons het gemaak wat die Franse maak, laat spaander. Vir ʼn wyle suidwaarts verhuis. Met die hekke van La Creuzette  toegetrek  het  ons vir ʼn string los geweefde dae die suidkus van Italië gaan verken. Behalwe vir die ooglopende skoonheid van die Amalfiese kuslyn, die stomende borde pasta met basiliekruid, die tempterende balletjies roomys,  en verskeie yskoue glasies limoncello, was dit die besoek aan Pompeii en Herkulaneum wat my dieper laat kyk het. Die klim tot op die kruin van Vesuvius was ʼn kruisberg wat ek moes deurmaak .( veral na ʼn  allemintige middagete van  mosselbesousde linguine.)

Die wandskilderye uit die huise van Pompeii en Herkulaneum is betowerend en meesleurend. Die donkerrooi fragmente transporteer mens na lewens wat van tevore gelewe is.  Daar is dan natuurlik ook die drama van die spuwende berg en al die emosie wat daarmee gepaard gaan. Die argeologiese museum in Napels  het sale vol fresko’s en ander objekte uit Romeinse huise. Daar is etlike van die fragmente wat my aandag trek: ‘n  reeks toulopers en akrobate, die luiperd, ʼn portret van ʼn jong paartjie, die mosaïeke van duiwe, visse en ʼn memento mori  wat ons aan ons sterflikheid laat dink.

 

 Maar dis die beeltenis van Sappho wat my in my spore laat vassteek. ‘n klein geraamde muurskildery, nommer 9084, in saal 68.

 

Die portret is van ʼn digter/skrywer  in ʼn medaljonvorm geskilder. Die jong vrou het ʼn vierbladige boek in haar linkerhand en ʼn skryfstif  wat peinsend op haar lippe rus in die ander. Dis die verby-my-kyk van haar blik wat my vasvat en nie wil laat gaan nie. Sy kyk van die agste eeu voor Christus na my waar ek swymelende voor haar staan. Ek neem ʼn flitslose foto van haar op my BlackBerry. Toé en Nou  staan langs my, hul arms om my skouers.

 

       ” Nou skud my siel,

         op die berg ʼn wind

         oorstelp die eikebome “

 

…die digter staar by  my  verby na die groep toeriste wat deur die saal aangestap kom. Sonder om  weer na my te kyk plaas sy die skryfstif teen haar roesrooi lippe. Sy hou ʼn volgende strofe gereed vir die wat wil luister.   

    Op Vrydag 24 Junie 2005 lui The Gaurdian se een opskrif: After 2,600 years, the world gains a fourth poem by Sappho.

Die ontdekking van die gedig word deur Michael Gronewald en Robert Daniel  gemaak. Hulle is verbonde aan die argiewe van die Keulen Universiteit. Die papirusfragment was deel van die cartonnage van ʼn Egiptiese mummie en word as ʼn fragment van ʼn rol  gedigte van Sappho geïdentifiseer. Navorsers het besef dat hierdie deel van die gedig ooreenstem en inpas by fragmente wat in 1922 in die dorp Oxyrhynchus in Egipte ontdek is.

Sappho fragment

Sappho fragment

Gedig nommer 58 bestaan uit 101 woorde en sentreer om die tydlose tema van die lewensiklus van die mens- die onafwendbaarheid van veroudering en verganklikheid. Sy gebruik die verhaal van Titonius en Eos uit die Griekse mitologie om hierdie filosofiese betragting te ondersteun. Eos wou die liefde tussen haar en haar geliefde Titonius verewig en het by Zeus gepleit dat hy Titonius onsterflik moes maak. -wat die god toe gedoen het, maar Eos het vergeet om ewige jeug vir haarself te vrywaar. Op die ou einde het sy oud en lelik geword terwyl Titonius vir ewig  bly lewe het.

 

[For you] the fragrant-blossomed Muses’ lovely gifts

[be zealous] girls, [and the ] clear melodious lyre.

 

[but my once tender] body old age now

[has seized] my hair’s turned [white] instead of dark.

 

My heart’s grown heavy, my knees will not support me,

that once on a time were fleet for the dance as fawns.

 

This state I bemoan, but what’s to do?

Not to grow old, being human, there’s no way.

 

Tithonus once, the tale was, rose-armed Dawn

love smitten, carried him off to the world’s end

 

handsome and young then, get in time grey age

o’ertook him, husband of immortal wife.

 

[ ] omsluit woorde wat rekonstrueer is.

 

Gaius Valerius Catullus (84BC-54BC) was ʼn groot aanhanger van Sappho en het gesorg dat die Romeine haar werk as digter geken en waardeer het. Uit sy liefde vir die skone Clodia Meteli  ontstaan  ʼn reeks gedigte oor die lief en leed van hulle verhouding. Hy noem haar Lesbia.

 

How Many Kisses: to Lesbia

 

Lesbia, you ask how many kisses of yours

would be enough and more to satisfy me.

As many as the grains of Libyan sand

that lie between hot Jupiter‘s oracle,

at Ammon, in resin-producing Cyrene,

and old Battiades sacred tomb:

or as many as the stars, when night is still,

gazing down on secret human desires:

as many of your kisses kissed

are enough, and more, for mad Catullus,

as can’t be counted by spies

nor an evil tongue bewitch us.

 

Uit Joan Hambidge se bundel, Vuurwiel, die mooi gedig…

 

Die skryfproses as gebreekte sonnet 11

 

Nogmaals vir Lesbia, om haar hart te wen

O, Lesbia as veteran van die liefdesgedig

spreek ek jou aan om my hart te verlig:

om Catullus of ander digters te troef

laat my vanoggend onvermydelik droef.

Ek kan net my hand waag aan ʼn vers

tussen aanhalingstekens, die struktuur

van die gebreekte sonnet ignoreer.

Kan jy my hoor, Lesbia? Odi et amo,

het hy beweer, en my geneul oor die O

In talle palinodes en donker  labirint

laat wonder: Is dit waar dat Jy

die digter  wat jou só aanspreek, wil vermy

eerder  as om lekker perdjie te ry?

 

(Joan Hambidge. Vuurwiel. 2009)

 

Toe ek nog op skool was het ek een warm weeksdagmiddag in die skoolbib ʼn swart en wit afbeelding van ʼn hondjie gesien wat in die lawa van Vesuvius versteen het. Ek het vir minute lank na die verwronge dier gekyk wat op sy rug lê met ʼn halsband om sy nek. Hy was waarskynlik vasgemaak toe die kokende lawa hom oorval het. Ek het die hondjie gaan soek. Ek wou my eie trooswoorde oor hom uitspreek. Al was dit te laat. Nadat ek die museum deursoek het, het ek vir ʼn beampte loop vra waar die hondjie hom nou bevind. Net om te leer dat hy op bruikleen is vir die opening van ʼn klein argeologiese museum in Nouhant. Dertig kilometer van waar ek woon! Die berg het na Mohammed gekom.

 Die dorpie Nouhant het wragties  nou ʼn klein argeologiese museum. Dis heeltemal verstaanbaar want hierdie hele area is ryk aan Romeinse reste. Ons dorpie was in die tyd as Bussacum bekend, en die legende loop dat La Creuzette  op ʼn Romeinse markplein gebou is. Hou die ruimte dop, ek begin eersdaags grawe. Meer belangrik is dat die chateau van Amandine Aurore Lucile Dupin ook in Nouhant is. Beter bekend as die Franse skryfster Georges Sand. My volgende buiteblog word aan haar en ʼn paar ander  rammetjie-uitnek skrywers/digters opgedra.

Twee  interessante vroue digters/liedjieskrywers uit die  laat twaalfde eeu het ook passievol oor die liefde en Eros gedig. Die twee was veral bemind en bekend onder die troebadoere. Hulle staan bekend as ʼn trobairitz– ʼn vroulike troebadoer.

Azalaïs de Porcaragues het van Montpellier gekom en Marie de France was van Bretange.

Marie de France Illuminated

Marie de France Illuminated

Net haar vida en een van de Porcairagues se gedigte het behoue gebly. Soos meeste van die troebadoers se gedigte is dit in Occitanies geskryf (kan ons woordskepping pleeg en dit Oksitaans of Ossitaans noem? – nie een van my peloton woordeboeke het eers ʼn inskrywing nie.)  Oksitaans word in Frans ook as Langue d’oc geken en is ʼn versameling dialekte wat gepraat word in die suide van Frankryk, in die Occitan vallei van Italië, Monaco, en die Val d’Aran in Spanje.

 

Ar em al freg temps vengutquel gels el neus e la faingael aucellet estan mut,c’us de chanter non s’afrainga; Now we are come to the cold time when the ice and the snow and the mud and the little birds are mute (for not one inclines to sing);   uittreksel in Occitanies en Engels  

 

Marie de France was net so bekend en bemind as de Porcairagues. Sy  was veral bekend as outeur van die Lais  de Marie de France.  Sy het ook Aesop se fabels uit Middelengels na Frans vertaal. Haar Lais of digliedere was  baie gewild en word tot vandag nog wyd gelees. Haar naam is ʼn nom de plume wat uit een van die strofes van haar gedigte kom: ” Marie ai num, si sui de France”, wat vertaal as ” my naam is Marie, en ek is van Frankryk.”

 

Uit: Chartivel
Marie de France (1155-1189)

 

Hath any loved you well, down there,

Summer or winter through?
Down there, have you found any fair
Laid in the grave with you?
‘s death’s long kiss a richer kiss
Than mine was wont to be-
Or have you gone to some far bliss
And quite forgotten me?

What soft enamoring of sleep

Hath you in some soft way?
What charmed death holdeth you with deep
Strange lure by night and day?
A little space below the grass,
Our of the sun and shade;
But worlds away from me, alas,
Down there where you are laid.

 

Die troebadoer  moet nie met die mènestral of minnesanger verwar word nie. Daar is verskeie verduidelikings oor die twee groepe en die ontstaan daarvan. Blykbaar was die mènestral ʼn rumoerige klomp wat uit die howe geskop was toe die adel  ʼn meer gesofistikeerde  en diepsinnige vermaak wou organiseer.  Hulle het pad gevat en die traveling minstrals geword en het eers so laat as 1321 die gulde van minnesangers in Parys gevorm. (In Engeland in 1469 onstaan die Guild of Royal Minstrals) Die troebadoers en trobairitz vervang dus die minnesangers aan die howe  rofweg gedurende die periode:1100 -1350. (Het saam met die Swart Dood van 1348 gekwyn.)

Hier lê ook ʼn verskil, ʼn Troebadoer  is die komponis én uitvoerder van ʼn liriese gedig. Daar  is gewoonlik drie kategorieë  waarin  die  komposisies verdeel word:

 

trobar  leu -lighartig

trobar  ric – ryk en vol verbeeldingryke woorde

trobar clus -geslote en privaat, verwys na spesifieke gebeure

 

Die gedigte word ook in ʼn magdom van genres verdeel:

alba – oggendlied

canso – liefdeslied

 comiat – ʼn lied wat die minnaar afskryf

balada – danslied met ʼn refrein

desdansa – danslied vir ʼn treurige gebeurtenis

escondig – waan aan minnaar apologie aanteken

maldit – lied oor die wangedrag van ʼn dame

partimen – digterlike dialoog

plazer – gedig wat die plesier besing

salut d’amour – liefdesbrief aan iemand anders as jou minnaar

sirventes – politieke inhoud

tenso – politieke debat tussen twee digters

viadeira – klaaglied van ʼn reisiger

 

Troebadoers het dikwels  vir lang periodes aan die hof van ʼn weldoener gebly en daar word onderskeid gemaak tussen die gevestigde troebadoer wat sy eie komposisies skryf en vertolk en die joglars of jonleurs wat ander se gedigte sing. Interessant, die woord trobar beteken om te skep in occitan. Vandaar die woord trobador en onse  ewe  mooi woord: troebadoer.

Die troebadoere was nie gelukkig met die steel van hulle show nie en het die jongleurs dikwels in die publiek met woord en daad aangevat. In 1298 het Alfonso X die verskille wetlike aangeteken: jongleurs is vermaaklikheidskunstenaars en die troebadoere is digters/komponiste/sangers. Die troebadoere het daarna almal ʼn tipe curriculum vitae gehad. Dit was ʼn vida (lewe in Occitan) of ʼn razo (rede in Occitan) genoem. Eersgenoemde beskryf die persoon en sy herkoms, en die ander omskryf die gedig en inspirasie daarvoor.

Die digliedere uit die Middeleeue het deur die eeue as inspirasie vir skrywers gedien.

Sigh No More, Ladies uit Much Ado About Nothing
William Shakespeare (1564-1616)

 

Sigh no more, ladies, sigh nor more;

Men were deceivers ever;
One foot in sea and one on shore,
To one thing constant never;
Then sigh not so,
But let them go,
And be you blithe and bonny;
Converting all your sounds of woe
Into. Hey nonny, nonny.

Sing no more ditties, sing no mo,

Or dumps so dull and heavy;
The fraud of men was ever so,
Since summer first was leavy.
Then sigh not so,
But let them go,
And be you blithe and bonny,
Converting all your sounds of woe
Into. Hey, nonny, nonny

 

As I Went Out One Morning
Bob Dylan (b. 1941)

 

As I went out one morning

To breathe the air around Tom Paine’s,
I spied the fairest damsel
That ever did walk in chains.
I offer’d her my hand,
She took me by the arm.
I knew that very instant,
She meant to do me harm.

“Depart from me this moment,”

I told her with my voice.
Said she, “But I don’t wish to,”
Said I, “But you have no choice.”
“I beg you, sir,” she pleaded
From the corners of her mouth,
“I will secretly accept you
And together we’ll fly south.”

Just then Tom Paine, himself,

Came running from across the field,
Shouting at this lovely girl
And commanding her to yield.
And as she was letting go her grip,
Up Tom Paine did run,
“I’m sorry, sir,” he said to me,
“I’m sorry for what she’s done.

 

 

Een van die groot vreugdes van ‘n Augustusmaand in Parys is dat die stad  leeg loop. Wel, amper. Parysenaars gaan na hulle vakansiehuise in die platteland of see-toe. Daar is meer toeriste, maar parkering in die middestad is vry – vir die hele maand van Augustus. En daar is die Paris Plage, vir die wat nie by die branders kan uitkom nie.

 

Son

 

Kan ek minder as die saad wees,

Saad wat lank in duinsand  lê

En nie met Bokkebaai tot vygies breek? 

 

Kan ek minder as die voëls wees,

Voëls wat lank in melkhoutbome slaap

En nie met spreeus en duiwe en mossies spreek?

 

(D J Opperman. Kommas uit ʼn Bamboesstok.1979)

 

Paris Plage

Paris Plage

 

50000 ton seesand word jaarliks op die breë kaaipaadjies langs die Seine aangery, ʼn reeks faux strande vol palmbome, strandsambrele en plaspoele. Dis ʼn feestigheid vol helderkleurige baniere, wimpels en vlaggies en natuurlik, roomys en sandkasteelkompetisies. En rivierlangs is daar meer as 250 bouquinistes. Dis die wonderlike boekhandelaars wat uit oopklap  trommelwinketjies verkope doen. Hier  koop jy nuwe en ou boeke, raar eerste edisies en strokiesprentboeke verhale, en swart en wit poskaarte van filmsterre.

 Een van die grootste  plesiere  wat die stad van lig jou bied is boeke. En boekwinkels. Daar  is 160 boekwinkels  net in die 5de arrondissement.  In 1981 is die wetgewing oor boekverkope, die Loi de Lang, daargestel. Boekpryse word deur die uitgewer vasgestel en alle winkels moet die boek teen dieselfde prys verkoop. (In spesiale gevalle word ʼn korting van 5% toegelaat.) Hierdie gawe wet hou die klein familie besighede in die blou en verhoed dat groot groepe die mark domineer. Jy sal amper nooit ʼn ‘2 vir 3′ aanbieding in die winkels kry nie.

Librairie Galignani is  een van my gunsteling boekwinkels in Parys. Die familie is reeds van 1520 met boeke besig en Simone Galignani het een van die eerste boeke in Venesië gedruk op die toe nuut ontwerpte drukpers. Geografia deur Ptolemaus was die topverkoper van beide die sestiende en sewentiende eeue. Aan die einde van die sewentiende eeu verhuis Giovanni Antonio Galignani na Parys (via ʼn verblyf in Engeland) waar hy sy boekwinkel op die rue Vivienne oopmaak. Hy het ʼn leeskamer  ingerig waar Engelse tekste gelees kon word. Hy het ook ʼn koerant uitgegee waarin Byron, Wordsworth, Thackery en andere publiseer het. In  1856 verhuis hulle na ʼn nuwe winkel op rue Rivoli waar die nasate van Giovanni vandag nog boeke verkoop.

Dis vir my heerlik om in Galignani tyd te verwyl, die reuk van boeke, die kraak van die houtvloere en die  voorreg om net te kan blaai. Hulle publiseer elke nou en dan die Classics met buiteblaaie  wat deur tekstiel ontwerpers gemaak word. Hierdie boeke het versamelstukke geword en die kliente kan nie wag vir ʼn volgende uitgawe nie.

Die ander lekker rondblaaiplek is Shakespeare & Co net oorkant die Notre Dame katedraal. Die boekwinkel/uitgewery is deur Sylvia Beach begin en sy het baie van die Amerikaanse skrywers destyds bygestaan, skrywers soos James Joyce, Ernest Hemmingway, Francis Scott, Ezra Pound en Gertrude Stein.

Ek lys hier ʼn paar ander lekker boekwinkels wat ook boeke in Engels en in ander tale aanhou.

 

 

The Abbey-29 rue de la Pacheminerie (Parys 5)

The Red Wheelbarrow-22 rue St Paul (4)

Berkley Books-8 rue Casmir Delavigne (6)

Artazart – 83 Quai de Valmy (10)

Village Voice-6 rue Princesse(6)

La Belle Hortense -31 rue Veille du Temple (4)

Nouveau – 78  blv Saint Michele (6)

Attica –  106  blv Richard Lenoir (11)

 

So van boeke gepraat, ʼn inspirerende publikasie wat ek in Galignani ontdek het is die nuwe pragtig ontwerpte boek van John Asbery: Rimbaud  Illuminations. Die tipografiese vindingrykheid is opwindend. Rimbaud was ʼn poéte maudit en het simboliste en surrealiste beïnvloed.

Ophelia

 

Ophelia

I

On the calm black water where the stars are sleeping
White Ophelia floats like a great lily;
Floats very slowly, lying in her long veils…
– In the far-off woods you can hear them sound the mort.

 

For more than a thousand years sad Ophelia
Has passed, a white phantom, down the long black river.
For more than a thousand years her sweet madness
Has murmured its ballad to the evening breeze.

 

The wind kisses her breasts and unfolds in a wreath
Her great veils rising and falling with the waters;
The shivering willows weep on her shoulder,
The rushes lean over her wide, dreaming brow.

The ruffled water-lilies are sighing around her;
At times she rouses, in a slumbering alder,
Some nest from which escapes a small rustle of wings;
– A mysterious anthem falls from the golden stars.

II

O pale Ophelia! beautiful as snow!
Yes child, you died, carried off by a river!
– It was the winds descending from the great mountains of Norway
That spoke to you in low voices of better freedom.

 

It was a breath of wind, that, twisting your great hair,
Brought strange rumors to your dreaming mind;
It was your heart listening to the song of Nature
In the groans of the tree and the sighs of the nights;

 

It was the voice of mad seas, the great roar,
That shattered your child’s heart, too human and too soft;
It was a handsome pale knight, a poor madman
Who one April morning sate mute at your knees!

 

Heaven! Love! Freedom! What a dream, oh poor crazed Girl!
You melted to him as snow does to a fire;
Your great visions strangled your words
– And fearful Infinity terrified your blue eye!

III

– And the poet says that by starlight
You come seeking, in the night, the flowers that you picked
And that he has seen on the water, lying in her long veils
White Ophelia floating, like a great lily.

Arthur Rimbaud. Collected Poems.Translated by Martin Sorrell. 2009

 

Ek bewonder John Ashbery ook as digter.

 

Toegeeteken

Vir John Ashbery

 

Soveel is gister. Is erger as

Vandag.Jy weet net

wat om te vat. Slap links

Sit die storm uit. Woedend. Vat

die waarheid soos dit kom

 

Jy weet. Dis net hier. Waar

jy belangstelling verloor. Die

watertrap anderkant om. Om

die ontbytafelrand. Verkrummel.

Mond. Spoel(ling). Woordewissel. (sluk)

Vooruitgedateerde sinne . Wat hop.

 

In rye vensterrame. Draai

die seisoen na links. Swenk.

Trekpas. Blindebult. Loop voor.

Uit. Jy weet net wat dit van my vat.

Pak in. Pak op. Kattebak. Cubbyhole.

Noodfakkel.

 

(© Louis Jansen van Vuuren.)

 

 

Ek wil op die mooi somersaand in Augustus afsluit met drie kwatryne.

 

drie kwatryne

 

1

hy wat aanbly skryfel teen die dood

kry ʼn oumanslyf gevrug in die woord –

maar die voëltjies van verganklikheid

sit kwetter reeds in gedigteboord

 

2

ek ken die dood

ons kom al sestig jare saam:

nou nog, wanneer ek vry na die self in die spieël

spel ek elke keer haar verblindende naam

 

3

anderdag  was ek jonk en fier

die hand vol woorde en ʼn mooi gesig –

nou brand my vel soos dooie papier

en elke dag is koggelend ʼn gedig

 

(Uit: Breyten Breytenbach. Die beginsel van stof. 2011)

Bookmark and Share

10 Kommentare op “Louis Jansen van Vuuren. Août/’n Somer solmisasie en ‘n Augustusmaandfragment”

  1. Elizabeth Miller-Vermeulen :

    Vir `n paar kosbare oomblikke ontsnap ek saam en beleef ander werelde en ervarings…

  2. Ilse appelgryn :

    verskriklik meevoerend…dankie Louis goedgaan en gelukkige terugkeer na die alledaagse.

  3. lanie van reenen :

    daar kry my ordinere dag toe sommer vlerke ! as die 60’s die woorde saamgebring het is dit om oor te jubel …. soos jy doen ! dankie louis….

  4. Isabella Niehaus :

    Liewe Louis, dis koud hier op die weskus en ek sit met my bene styf teen die heatertjie…maar hoe amazing vol vreugde en warm lekkerte voel my siel nie na die lees nie! Danki danki….en liefde en vrede vir julle . Bella.

  5. Louise Hennigs :

    Lieweloel, dankie! an inspiration as always and so interesting and beautiful! Soos Lanie se, my ordinere dag het sopas baie beter geword!!En nou moet ek begin werk. Dankie vir die ‘diversion’! Goed gaan met julle xx

  6. Petro :

    Catullus se “How many Kisses: to Labia” het my laat dink aan een van die vertaalde weergawes van Li Bai se “Deep as the Peach Blossom Lake can be, It is not so deep as the song you sing for me”. Die peilbaarheid/onpeilbaarheid van die liefde – wat ‘n bekoorlike raaisel! Dankie Louis.

  7. Breyten Breytenbach :

    Ryk en mooi en vrygewig, Louis. Dankie!
    Ken jy John Ashbery se skilderwerk? Dis werklik indrukwekkend.

  8. Dankie Breyten, die collage stukke is vir my ongelooflik opwindend. Kyk ook na Jane Hammond se meewerking met Ashbery. Wens ek het geweet hoe om ‘n beeld op die kommentaarblokkie op te laai. Hiers intussen ‘n gedig van hom waarvan ek hou.

    The Painter

    Sitting between the sea and the buildings
    He enjoyed painting the sea’s portrait.
    But just as children imagine a prayer
    Is merely silence, he expected his subject
    To rush up the sand, and, seizing a brush,
    Plaster its own portrait on the canvas.

    So there was never any paint on his canvas
    Until the people who lived in the buildings
    Put him to work: “Try using the brush
    As a means to an end. Select, for a portrait,
    Something less angry and large, and more subject
    To a painter’s moods, or, perhaps, to a prayer.”

    How could he explain to them his prayer
    That nature, not art, might usurp the canvas?
    He chose his wife for a new subject,
    Making her vast, like ruined buildings,
    As if, forgetting itself, the portrait
    Had expressed itself without a brush.

    Slightly encouraged, he dipped his brush
    In the sea, murmuring a heartfelt prayer:
    “My soul, when I paint this next portrait
    Let it be you who wrecks the canvas.”
    The news spread like wildfire through the buildings:
    He had gone back to the sea for his subject.

    Imagine a painter crucified by his subject!
    Too exhausted even to lift his brush,
    He provoked some artists leaning from the buildings
    To malicious mirth: “We haven’t a prayer
    Now, of putting ourselves on canvas,
    Or getting the sea to sit for a portrait!”

    Others declared it a self-portrait.
    Finally all indications of a subject
    Began to fade, leaving the canvas
    Perfectly white. He put down the brush.
    At once a howl, that was also a prayer,
    Arose from the overcrowded buildings.

    They tossed him, the portrait, from the tallest of the buildings;
    And the sea devoured the canvas and the brush
    As though his subject had decided to remain a prayer.

    John Ashbery, “The Painter” from Some Trees. Copyright © 1956 by John Ashbery.

  9. Louis, third time I am trying to write something without it bombing out-this page reminds me of the intricacies and complexity and beauty of an Aubusson tapestry where word and image and colour and impressions are interwoven with seeming random association – only when you stand back and view the whole do you see the links the line, the thread running through….loved it, even those parts that remain a mystery to me. x ingrid w

  10. Louis, die troebadoer. Van Sappho tot Ophelia tot Ashbery tot Jansen van Vuuren. Laat ons altyd reis, en sing jou albe en viadeira…. Saluut!