Die Versindaba se Digtersgala het vanjaar plaasgevind in De Kelder, by die Lanzarac Hotel.
Bo: Caro Wiese (borg) & Melt Myburgh van Woordfees US (organiseerder van die Versindaba 2011)

Nicol Stassen, (Protea Boekhuis) in gesprek met Melt Myburgh

Digters André Trantraal en Bibi Slippers (van LitNet)

Digter Martjie Bosman saam met Marina le Roux

Daniel Hugo, Bernard Odendaal & Louis Esterhuizen

Prof Louise Viljoen van die dept. Afrikaans by US

Gaste buite De Kelder van die Lanzarac Hotel.

Christel Foord van Protea Boekhuis & Ilse Volschenk van NB Uitgdwers.

Marlise Joubert

Cas Vos

Digters Alfred Schaffer en Zandra Bezuidenhout

Melt Myburg ontvang die Ingrid Jonker-prys (2011) vir sy debuutwerk, Oewerbestaan. Caro Wiese oorhandig die prys. Agter staan Bernard Odendaal, een van die beoordelaars.

Louis Esterhuizen ontvang die Protea poësieprys vir 2011 van Caro Wiese vir sy digbundel "wat die water onthou". Agter staan Nicol Stassen wat hierdie prys 5 jaar gelede ingestel het.

Louis Esterhuizen bedank Protea Boekhuis vir die poësieprys aan hom toegeken.

Johann Lodewyk Marais lees sy gedigte voor

Bernard Odendaal gee sy voorlesing van gedigte

Pieter Odendaal kry hom reg vir "Verras" se oop mikrofoon

Loit Sôls steel die harte met sy songs
Share this: Versindaba Vriende
Digters maak die lewe ligter!
En lig-lig gewigtiger
Sodat gister met vergeet en al
Saam mag lag in môre se gesig
nooi-nooi die ligtekooi…
digters splyt hul vel
dat elke plooi
blink en vers-pens
boontoe hel!
Lyk my die Afrikaanse digkuns het hier geskitter. Kolskoot, aan almal wat betrokke was by hierdie prestigfegeleentheid wat ek hier maar tweedehands moet ervaar! 🙂
Dit het inderdaad geskitter en dus dankie aan Melt Myburgh en sy span vir hulle puik organisasie. Alles het seepglad en professioneel verloop. Dankie ook aan Caro Wiese wat hierdie venue by Lanzarac Hotel gratis beskikbaar gestel het, plus heerlike wyne en eetgoed daarby.
Dit was vir ons ‘n groot voorreg om daar te kon wees.