Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld

Dis nie met groot fanfare afgekondig nie. Die fees se baniere het ʼn underground kwaliteit gehad – dit is nie dwars oor strate opgehang nie, maar tussen die pilare van Melville se 1930s-geboue. Die Facebook-bladsy is eers ʼn week of wat voor die fees opgesit, die program selfs later. Maar nuwe bundels is die wêreld ingestuur (een van Gail Dendy), gesprekke is gevoer (een oor die nalatenskap van Wopko Jensma), gedigte is in binnehowe en restaurante voorgelees, weefwerk tussen beeldende kuns en woordkuns is teen mure opgehang (deur Hans Pienaar en Charl-Pierre Naudé), musiek is in teaters opgevoer, ʼn imbongi het van Melville se dakke af geroep (darem deur luidsprekers, spookagtig in die kalklig), gedigte is sommer op straathoeke voorgelees – enigiemand kon kom luister.

Ek wil nie veel hier sê nie, laat die foto’s eerder praat. Ek wil egter twee punte maak, oor wat die fees vir my besonders gemaak het:

Eerstens, die intieme skaal en aard van die voorlesings. Daar was twee geleenthede vir Afrikaanse gedigte – die een in ʼn restaurant se binnehof (“Melon Courtyard”) en die ander in ʼn aardige kroeg/restaurant (“Love & Revolution”). Daar was nie mikrofone en luidsprekers nie. Hans Pienaar het elke digter op sy rustige manier voorgestel en dan het mense sommer opgestaan waar hulle sit en hul gedigte voorgelees. In Love & Revolution het ek sommer op die vloer gesit, dalk die beste plek in tye van liefdeloosheid en revolusies wat skeef loop. Die spanning tussen van die digters het die geleentheid ʼn vreemde tipe energie gegee.

Tweedens, die ware Johannesburgstyl. Dit was ʼn Suid-Afrikaanse fees, waarin Afrikaans ook verteenwoordig was, as een van baie tale. Op ʼn persoonlike noot was dit vir my lekker om my musiek aan mense te kon voorstel wat nie andersins daarna sou luister nie. Ek het gepraat oor Voëlvry se verbintenis met Johannesburg en die vertoning met Kerkorrel se “Gee jou hart vir Hillbrow” afgeskop; dinge van daar af verder geneem. Al kon sommige van die mense in die gehoor – waarskynlik die meerderheid – nie Afrikaans verstaan nie, was die ontvangs tegemoetkomend en het ek welkom gevoel.

Gee jou gedigte vir Hillbrow...

Banier tussen pilare

Gedigte op straathoeke

Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem

Corné Coetzee lees voor, Hans Pienaar luister

Toast Coetzer lees: "Die Here is my herderspastei..."

Loftus Marais lees, Harry Kalmer heel links

Charl-Pierre Naude lees, Johann Lodewyk Marais in die gehoor

Rene Bohnen lees

En Cornel Judels

Heidi Papadopoulos

Johann Lodewyk Marais, oor Livingstone en Lamu

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld”

  1. Marllise :

    Dankie hiervoor Andries – dit klink al luidende vir my alles was uiters stimulerend…Sou graag daai gedig van Toast volledig onder oge wil sien: “Die Here is my herderspastei…”

  2. Andries Bezuidenhout :

    Marlise, dis blykbaar ‘n liriek vir Toast se nuwe band, genaamd “Simply Dead”.

  3. Louis :

    En dan is ek sommer baie opgewonde om te sien dat Cornel Judels deel was van die program … Sit al jare lank en lippe (ore?) lek vir nog gedigte uit haar pen. Hoop darem dat sy voluit aan’t skrywe is?

  4. Andries Bezuidenhout :

    Louis, as ek reg gehoor het, is sy pas klaar met ‘n M in kreatiewe skryfkunde aan die UP. So ek neem aan daar’s iets wag wag vir drukkersink.

  5. Andries Bezuidenhout :
  6. Andries Bezuidenhout :
  7. Johann Lodewyk Marais :

    Dankie, Rene, vir jou verslae en foto’s oor hierdie boeiende geleentheid. Dit is nou ‘n stukkie literatuurgeskiedenis.

  8. Rene Bohnen :

    Dankie Johann, ek dink ook dit was ‘n besondere geleentheid met ‘n heel eie karakter.