Frances Lubbe. Feminisme en die blitsverkoper

1. Origami

You are a folded deer quick-stepping

the bog-cotton muir of a how-to-book.

Hind for the white hart whose leathery heart you have

smoothed to bleaching linen or a page

freshly rolled in the mill, I adore you

for every crease unironed in your nature.

Not for me the copper-bottomed überbeauties,

those bronzed denizens of the glossies

Who are glazed like fine porcelain and just as vacant

as washed tins dropped in the recycling

Andrew Philip

uit The Best British Poetry 2011 (bladsy 83), saamgestel deur Roddy Lumsden, Salt Publishing

Caitlin Moran is nie jou gemiddelde vrou nie. Sy is in die VK meestal bekend as joernalis, en skryf gevatte artikels en voer onderhoude vir The Times koerant. Sy is ook alomteenwoordig op die sosiale webwerf Twitter, waar haar pittige gedagtes my gereeld opbeur as die namiddag kantoor ure te lank in die tand raak.

Haar lewensverhaal, soos haar skrywes, is eksentriek, snaaks, en boeiend. Sy het in die 1970s arm grootgeword in Wolverhampton, die oudste van agt kinders in ‘n gesin waar kennis en boeke hoog op die prys gestel is. Die jong Caitlin was erg oorgewig en sonder vriende, en het ‘n ongesonde verknogtheid aan beide kaas en hyg-romans gehad. Maar, sy het ook op die ouderdom van 15 jaar haar eerste roman laat publiseer, en die jaar daarop Londen toe verhuis en as joernalis by ‘n musiektydskrif begin geld verdien. Moran verduidelik waarom sy Londen toe is: ‘I had no qualifications whatsoever, no experience of doing anything. I was also very socially awkward. It wasn’t just the fact that I wanted to be a writer, it was literally that no one would talk to me in Wolverhampton. And the only way I could conceive that I would ever make friends or be allowed to talk to someone was if I became a journalist and put it in interview to them.’ (The Observer, 19 Junie 2011). Sy het as 17-jarige vir The Times koerant begin werk. Haar energie, lewenslus en sin van humor het oor die jare vir haar ‘n reputasie opgebou in die Britse media, en in 2010 wen sy die ‘Columnist of the Year’ toekenning.

Caitlin Moran het haar eerste boek as tiener geskryf, met 'n resensie van ene Terry Pratchett op die voorblad

Moran se eerste boek, met resensie van ene Terry Pratchett!

Vanjaar, op die ouderdom van 36, het Moran weer ‘n boek geskryf, met die titel ‘How to be a Woman’. In die boek gebruik Moran haar eie lewensverhaal en ontdekkings as die beginpunt vir ‘n wyere bespreking oor waarheen hedendaagse vrouens, en idees van feminisme, oppad is. Dit is ‘n vars en soms skreeusnaakse kyk na vrouwees, maar bied ook veel stof tot nadenke. Daar is nie veel wat taboe is nie – die boek sluit Moran se ervarings van masturbasie, pornografie en aborsie in, maar balanseer moeilike onderwerpe met eerlikheid, humor en deernis teenoor haar man en twee kinders. Die boek was ‘n blitsverkoper in die VK en vertoef maande lank al op die lys van Top 10 verkopers.

een van die topverkopers van 2011

Moran se tweede boek: een van die topverkopers van 2011

Vrouens, so beweer Moran, is deurgaans onder druk. Daar is verwagtinge, sommige subtiel en ander uitdruklik, wat op meisies en vrouens geplaas word en wat hul ook op hulself plaas, om sekere rolle te vertolk om aanvaarbaar te wees. In ons hedendaagse samelewing word hierdie verwagtinge gedeeltelik geskep deur die media (ten opsigte van vroue se uiterlike voorkoms) en ook deur die pornografie industrie (in terme van hoe vrouens hulself seksueel uitdruk/ onderdruk). Dit moet benadruk word dat Moran ‘n groot ondersteuner van mans is – sy hou eenvoudig baie van hulle, en voel dat baie van die verwagtinge wat vrouens benadeel, vir mans self ook in problematiese posisies plaas. In die boek bekyk sy byvoorbeeld die hedendaagse oormaat aan internet pornografie en kom tot die gevolgtrekking dat dit beide mans en vrouens negatief beïnvloed: ‘freely available, hardcore 21st century pornography blasts through men and women’s sexual imaginations, like antibiotics, and kills all mystery, uncertainty and doubt – good and bad’ (p 31).

Die boek is geskryf vanuit ‘n Westerse perspektief, en mense wat in die VK woon sal moontlik die meeste aanklank vind met Moran se verwysings na alledaagse verskynsels in hierdie deel van die wêreld. Vrouens in die VK het natuurlik oor die algemeen die kans om onafhanklik en selfstandig te lewe, wat nie wêreldwyd die geval is nie. Daar is ook nie enigeiets baanbrekend aan Moran se gedagtes nie – akademiese feministe het al in veel meer detail die rol van die hedendaagse media bevraagteken. Hierdie boek poog egter nie om ‘n akademiese geskrif te wees nie. Die waarde van Moran se boek lê daarin dat sy op so ‘n eerlike wyse met al die drukpunte omgaan, dinge verpersoonlik en sogenaamde ‘feite’ bevraagteken.

En watter ‘feite’ word hier bespreek? Moran dekonstrueer eerstens die idee dat alle vrouens dieselfde neigings het, soos tot verveling toe voorgeskryf deur glans-tydskrifte: ‘I’m going to sit out the entire world of chick footwear until designers make some that it’s possible to walk in, for more than an hour, with the easy gait of Gene Kelly about to break into a routine, and no day-long pain afterwards.’ (p 204). En oor handsakke? ‘If I were going to make a £600 investment, it would probably be in Post Office bonds – and not in something that, by and large, lives on the floor in pubs, or which I sometimes use to carry 5 lb of potatoes home.’ (p 205).

Sy bekyk ook tradisionele idees van liefde en verhoudings en die vrou se rol daarin: ‘Women are to be fallen in love with.’ (p 146). Vrouens word beoordeel met verwysing na hul suksesvolle verhoudings met mans, en nie op grond van hul eie suksesse nie. Sy vind dit verbysterend.

‘When we discuss the great tragedies that can possibly befall a woman, once we have discounted war and injury, it is the idea of being unloved, and therefore unwanted, that we wince over the most. Elizabeth I may have laid the groundworks of the British Empire, but she could never marry – poor pale, mercury-caked queen. Jennifer Aniston is a beautiful, successful millionairess who lives in a beach house in LA and will never have to stand in a queue to post a pair of boots back to Topshop’s return department with a head cold – and yet her entire thirties were written off as the decade in which she just could not keep hold of Brad Pitt.’ (p 146).

Daar is ‘n verdere verwagting dat vrouens moet uiting gee aan hul biologiese identiteit deur kinders te hê: ‘Men and women alike have convinced themselves of a dragging belief that somehow, women are incomplete without children.’ (p 241). Moran kyk na altwee kante van die saak. Om geboorte te skenk, sê sy, is een van die mees effektiewe maniere om jou lewe vir altyd te verander. En om kinders groot te maak, veroorsaak ‘n enorme verandering in perspektief oor dinge: ‘Every parent has their particular moment where they realised that, since they’d had a child, nothing really fazed them any more. For me it was the day that potty-training [my daughter] went wrong and I had to kick a poo, across a falconry display, in a marquee, at Regent’s Park Zoo.’ (p 231)

Die skrywer met 'n paar gedagtes uit haar boek

Maar sy het geen tyd vir die oordele oor vrouens sonder kinders nie: ‘The inference of the word “childless” is negative: one of lack, of loss. We think of non-mothers as rangy wolves – rattling around, as dangerous as teenage boys, or men. We make women feel that their narrative has ground to a halt in their thirties if they don’t “finish things” properly and have children.’ (p 241). Om ma te word is ‘n wonderlike belewenis, maar dit het ook sy nadele, insluitende ‘n paar jaar van jou lewe waar jy nie die koerante gaan lees of presies weet wat in die wêreld aangaan nie. Dit behoort ook nie die posisie van die vrou sonder kinders enigsins te verminder nie. Is ‘n denkende, kreatiewe, produktiewe en vervulde vrou dan nie opsigself genoeg nie, vra Moran: ‘We need more women who are allowed to prove their worth as people; rather than being assessed merely for their potential to create new people.’ (p 245).

Toe sy ‘n baie onhandige tiener was, het Moran gedroom dat sy fisies ‘n dramatiese verandering ondergaan, en in sowel voorkoms en houding ‘n prinses word. Mans sou dan om haar draai, en goeie dinge sou met haar gebeur, omdat sy ‘reg’ lyk, so op ‘n passiewe manier. Haar lewe sou kon begin. Die mees waardevolle boodskap wat ‘How to be a Woman’ oordra is wat Moran intussen geleer het – dat ons almal liewer aktief die wêreld moet betree en aanpak, en dat goeie dinge – en mense – op hierdie wyse hul opwagting in jou lewe sal maak. ‘How to be a Woman’ is ‘n wekroep tot aktiewe en outentieke deelname in jou eie lewe, op jou eie terme, in plaas daarvan om sekere afgeskaafde rolle te probeer vertolk.

The Woman in the Ordinary

The woman in the ordinary pudgy downcast girl

is crouching with eyes and muscles clenched.

Round and pebble smooth she effaces herself

under ripples of conversation and debate.

The woman in the block of ivory soap

has massive thighs that neigh,

great breasts that blare and strong arms that trumpet.

The woman of the golden fleece

laughs uproariously from the belly

inside the girl who imitates

a Christmas card virgin with glued hands,

who fishes for herself in others’ eyes,

who stoops and creeps to make herself smaller.

In her bottled up is a woman peppery as curry,

a yam of a woman of butter and brass,

compounded of acid and sweet like a pineapple,

like a handgrenade set to explode,

like goldenrod ready to bloom.

– Marge Piercy

www.margepiercy.com

 

Bookmark and Share

Comments are closed.