Leon Retief. Surrealisme en die Black Dahlia moord

Life imitates art far more than art imitates life – Oscar Wilde.

There is every reason to believe that (surrealism) acts on the mind very much as drugs do; like drugs it creates a certain state of need and can push man to frightful deeds – Andre Breton, Manifesto of Surrealism.

Sedert my skooldae het ek ʼn belangstelling in die beeldende aspekte van surrealisme gehad nadat ek ʼn boek daaroor in ons dorpsbiblioteek op Wepener ontdek het. Hoe op aarde die boek daar beland en op die rakke gebly het weet ek nie want met die politieke en godsdienstige klimaat van daardie tyd was omtrent enigiets anders as Pierneef en Hugo Naude beskou as uit die bose. Dit was die sestigerjare, die era van Verwoerd, John en Koot Vorster en Herman Strauss van Christelike Nasionale Onderwys-faam. (Ek het ook Darwin se Origin of Species en The Descent of Man in dieselfde biblioteek ontdek. Dalk was die destydse bibliotekaresse, tannie Mattie Geyer, meer liberaal as wat ek vermoed het, dalk was sy maar net nalatig, maar hoe dit ook al sy, ek dink steeds met nostalgie terug aan die ure wat ek in daardie baie goed toegeruste biblioteek deurgebring het.)

Sowat ʼn jaar of wat gelede het ek, terwyl ek meer oor surrealisme gelees het, toevallig afgekom op die vreemde verhaal van wat bekend staan as die Black Dahlia Murder. Die ietwat makabere vonds het my belangstelling geprikkel en ek het meer daaroor begin navors.

Wilde se stelling is waarskynlik taamlik aanvegbaar, maar die ontdekking van die verminkte liggaam van Elizabeth Short (haar foto hier bo) op 15 Januarie 1947 langs ʼn straat in Los Angeles toon dalk dat hy moontlik ʼn punt beet gehad het.

Short was tydens haar dood ʼn werklose jong dame wat gehoop het om ʼn Hollywood-ster te word. Nieteenstaande die sensasionele berigte wat die Hearst koerantketting destyds oor haar gepubliseer het is daar geen aanduiding dat sy ooit by prostitusie betrokke was nie. Hierdie koerante het aan haar die naam van Black Dahlia gegee omdat sy in swart geklee was toe sy die laaste keer lewend gesien is sowat ʼn week voordat haar lyk gevind is. Dis waarskynlik nie nodig om veel meer besonderhede oor haar agtergrond te verskaf nie aangesien dit nie relevant is tot die gebeure nie – hoe en waar sy haar moordenaar ontmoet het is steeds onbekend.

Ek gaan ook nie veel sê oor die surrealisme op sig self nie – beide lesers van hierdie bydrae is na alle waarskynlikheid goed daarmee bekend en soos hulle beslis weet het hierdie rigting in die beeldende kunste liggame – en veral vroueliggame – dikwels in vreemde en soms gemutileerde omstandighede uitgebeeld. Soos die kunshistorikus Sidra Stich opgemerk het “The recurring inclusion of images pointedly allied with death as integral body parts (eg skulls, a gun, a bottle of poison) locate destruction within the very core of the figure.”

Ek wonder soms nogal daaroor en moet erken dat dit my nie aanstaan nie, al het Dorothea Tanning geskryf “The millions of words they (dit wil nou sê die surrealiste) lavished on her (vroue) were not diagrams for degradation… They were disguised hymns to her mystery. I don’t believe that even in the most romantic moments of literary history have writing men so adored the idea of women.”

Ja well no fine – disguised inderdaad. Ek het steeds my voorbehoude, maar moet byvoeg dat daar na die beste van my wete geen verhoogde insidensie van maritale of ander geweld by surrealiste te bespeur is nie, een van die min uitsonderinge waarmee ek bekend is was toe Oscar Dominguez in ek dink 1938 tydens ʼn dronk meningsverskil ʼn bottel na Victor Brauner gegooi het en hom blind in een oog gelaat het.

Terug na Elizabeth Short. Haar liggaam was in twee gesny bokant haar naeltjie, netjies gewas en al die bloed was gedreineer, wat daarop dui dat sy elders vermoor is en dat haar lyk na die moord op die betrokke plek geplaas is. Dit was duidelik dat die moordenaar haar liggaam as’t ware uitgestal het. Haar bene was oopgesprei, een been se knie gebuig en haar arms was bo haar kop uitgestrek. Die posisie herinner aan ʼn foto deur Man Ray, Juliet on the Couch (ca 1945). Ongelukkig kon ek nie ʼn weergawe van hierdie foto op die internet vind nie – en hier het ek olliewhaail gedink mens kans absoluut als op die internet kry. Man Ray se foto toon sy eggenote Juliet Browner wat uitgestrek op ʼn rusbank lê, een been opgetrek, beide arms bo haar kop gestrek – tot ʼn baie groot mate dieselfde posisie waarin Short se lyk gevind is. In die foto is Juliet Browner natuurlik lewend en in een stuk. Daar is eweneens ooreenstemminge met ʼn foto deur Man Ray, Primacy of matter over Thought.

primacy of matter over thought. Man Ray

Primacy of matter over thought. Man Ray

In nog ʼn werk van Man Ray, La Jumelle (Die Tweeling) – hierdie keer ʼn skilderye en nie ʼn foto nie -, word ʼn vroulike liggaam uitgebeeld asof sy in twee geklief word deur wat lyk na ʼn glas- of metaalplaat.

Die posisie waarin Short se liggaam gerangskik is toon ook ooreenstemming met ʼn werk van Hans Bellmer, wie se vasgemaakte en soms verminkte poppe en mannekyne taamlik onthutsend is. Alyce Mahon het Bellmer se bydrae tot ʼn uitstalling van surrealistiese kuns beskryf as “…inject(ing) a note of death and sinister violence – the doll’s grotesque imperfection contrasting starkly with the mass-produced beauty of the mannequins.”

Hans Bellmer se Pop

Hans Bellmer se Pop

Daar is ook segmente weefsel uit beide van Short se borste gesny wat herinner aan ʼn Exquisite Corpse tekening deur André Breton, Nusch Éluard, Paul Éluard en Valentine Hugo, waar ʼn vroulike figuur uitgebeeld word met arms uitgestrek in min of meer dieselfde posisie as waarin Short se liggaam gevind is en met segmente van beide borste ingekleur asof dit uitgesny kon wees. Ongelukkig kon ek ook nie van hierdie werk ʼn afbeelding op die internet opspoor nie.

Daar is ook ʼn segment spier uit een van Short se bobene verwyder wat herinner aan Salvador Dali se Minotaure.

Salvador Dali se Minotaure.

In sy geheel laat die moordtoneel mens dink aan Dali se Art of Radio.

Art of radio. Salvador Dali

Art of radio – Salvador Dali

Alhoewel verskeie verdagtes deur die polisie ondervra is het geen arres gevolg nie en is die moord vandag nog amptelik onopgelos.

Dit is onwaarskynlik dat die ooreenkomste tussen hierdie moord en surrealisme aan blote toeval te wyte is. Met Hitler se oorname van mag in Duitsland in die dertigerjare en nog later met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het baie surrealiste na die VSA uitgewyk, net soos talle ander kunstenaars, akademici, sakemanne en dies meer. Sommige het ʼn tuiste in New York gevind, ander in Kalifornië en meer spesifiek in Hollywood en Los Angeles en teen 1947 was hierdie kunsrigting goed gevestig in Amerikaanse kunskringe, hul werke gesog onder versamelaars.

Die moordenaar het beslis kennis gedra van surrealisme en daar word skynbaar algemeen aanvaar dat die surrealistiese gemeenskap ʼn vermoede gehad het wie die moordenaar was. Van hul latere werke het op hierdie moord gesinspeel, meer daaroor later.

George Hodel

George Hodel

George Hodel (1907-1999) was ʼn randfiguur in die surrealistiese dampkring, ʼn dokter met vele belangstellings, onder andere die kunste en psigoanalise, maar ook ʼn ietwat eienaardige persoonlikheid om dit saggies te stel. Hy was hoof van die veneriese siekte afdeling van die Los Angeles County Health Department gedurende die 1940s en het ook ʼn privaat kliniek besit. Sy sekretaresse het selfmoord gepleeg deur ʼn oordosis barbiturate te neem, maar wat mens laat wonder of dit inderdaad selfmoord was is die feit dat hy teenwoordig was toe sy oorlede is en dat hy van haar dokumente na haar dood verbrand het voordat die polisie ontbied is. Skynbaar wou sy hom gaan aankla omdat hy rekeninge vervals het. Dalk is hierdie vervalste rekeninge die rede waarom hy dit kon bekostig om ʼn huis te laat oprig wat deur Frank Lloyd Wright se seun ontwerp is en ʼn groot kunsversameling op te bou.

Hodel en sy vrou was bevriend met Man Ray en sy eggenote Juliet Browner, sodanig so dat Man Ray foto’s van Hodel se kinders geneem het en ook van sy boeke aan Hodel geskenk het. Hodel was dus baie goed bekend met surrealisme in die algemeen en met Man Ray se werk in die besonder

Hodel se dogter het in 1949 ʼn aanklag van bloedskande teen haar pa aanhangig gemaak maar hy is vrygespreek alhoewel dit vir my wil voorkom asof hy inderdaad skuldig was. Hierdie klag het die polisie laat besluit dat hy ʼn verdagte in die moord op Elizabeth Short is – ek moet byvoeg dat ek self geen sodanige verband sou vermoed nie maar nou ja, ek is nie ʼn speurder nie.

Die polisie het skelmpies mikrofone in Hodel se huis laat installeer en sommige van die dinge wat hy kwytgeraak het klink inderdaad inkriminerend vir iemand soos ek wat nie weet watter soort stellings in ʼn hof as bewyse aanvaar sal word nie.

“Supposin’ I did kill the Black Dahlia. They couldn’t prove it now. They can’t talk to my secretary anymore because she’s dead. They thought there was something fishy. Anyway, now they may have figured it out. Killed her. Maybe I did kill my secretary…”

Hieronder is ʼn uittreksel uit die polisie se verslag aan die jurie.

Doctor George Hodel, MD… at the time of this murder had a clinic at East First Street near Alameda. Lillian DeNorak… who lived with this doctor said he spent some time around the Biltmore Hotel (dieselfde hotel waar Short laas lewend gesien is) and identified the photo of the victim Short as one of the doctor’s girlfriends. Tamar Hodel… daughter, stated that her mother, Dorothy Hodel, has told her that her father had been out all night on a party the night of the murder and said, “They’ll never be able to prove that I did that murder.”

Nou moet ek byvoeg dat Lillian DeNorak later in ʼn psigiatriese hospitaal opgeneem is (ek weet nie waarom nie en ook nie wie haar laat opneem het nie) en dat verskeie ander getuies die polisie vertel het dat hulle nooit vir Short en Hodel saam gesien het nie.

In 2003 het Steve Hodel, seun van George en op daardie stadium ʼn afgetrede speurder by Los Angeles se moordafdeling, ʼn boek gepubliseer waarin hy beweer dat sy vader die Black Dahlia moordenaar is. Na George Hodel se dood het hy afgekom op twee foto’s van Short wat deur sy vader geneem is – George was ʼn entoesiastiese fotograaf. Short se familie ontken dat hierdie foto’s van Elizabeth is en ek self sien geen ooreenstemming nie. Steve Hodel beweer voorts in sy boek dat George ook verantwoordelik is vir verskeie ander onopgelosde moorde, bewerings wat sedertdien deur ander skrywers in vlamme afgeskiet is.

Die tergende vraag bly dus: was George Hodel die Black Dahlia moordenaar? Hy het beslis ʼn eienaardige persoonlikheid gehad, het baie belang gestel in die surrealisme en gesien sy kontakte met surrealiste en Man Ray se werk in die besonder is daar ooreenstemmings wat beslis verdag lyk. Was hierdie moord die poging van ʼn gefrustreerde kunstenaar wat Elizabeth Short om die lewe gebring het om sodoende ʼn “kunswerk” in vlees en bloed te skep wat alle ander surrealistiese skeppings sou oortref? Wie weet…

Wie die moordenaar ook al was, surrealiste het onmiddellik besef dat daar ʼn verwantskap is tussen hierdie grusame daad en hul kunsvorm en verskeie van hul latere werke het daarna verwys. Die belangrikste is waarskynlik Duchamp se Étant donnés waarvan ek nie ʼn afbeelding gaan plaas nie maar wat in Wikipedia te sien is.

Alhoewel die Black Dahlia moord nou al grootliks in die vergetelheid verval het is daar tog in heavy metal rock-groep met dieselfde naam wat na die beste van my wete steeds aktief is.

Naskrif: jare nadat ek klaar met skool was het Lesli en ek weer eenkeer by my ouers op Wepener gaan kuier. Toevallig was daar ʼn uitverkoping van ou biblioteekboeke en ek het groot plesier daaruit gekry toe ek die twee boeke deur Charles Darwin kon aankoop, sowel as Erich Maria Remarque se All Quiet on the Western Front. Ek het daai boek uitgeneem toe ek in standerd agt en veertien jaar oud was en ek onthou dat tannie Mattie so bietjie gefrons het toe sy die boek stempel en my nog gesê het sy dink nie hierdie boek is geskik vir kinders nie maar toemaar, ek kan dit maar huis toe neem en lees. Dus was sy dalk wel ʼn soort van in-die-kas liberaal.

 

Free Union 
 

My wife with the hair of a wood fire
With the thoughts of heat lightning
With the waist of an hourglass
With the waist of an otter in the teeth of a tiger
My wife with her rosette mouth and a bouquet of stars of the last magnitude
With the teeth of tracks of white mice on the white earth
With the tongue of rubbed amber and glass
My wife with the tongue of a stabbed host
With the tongue of a doll that opens and closes its eyes
With the tongue of an unbelievable stone
My wife with her eyelashes in the strokes of a child’s writing
With eyebrows from the edge of a swallow’s nest
My wife with brows of slates on a hothouse roof
And with steam on the windowpanes
My wife with shoulders of champagne
And of a fountain with dolphin heads beneath the ice
My wife with wrists of matches
My wife with fingers of luck and the ace of hearts
With fingers of mown hay
My wife with armpits of marten and of beechnut
And of Midsummer Night
Of privet and of an angelfish nest
With arms of seafoam and of riverlocks
And of a mingling of the wheat and the mill
My wife with legs of flares
With the movements of clockwork and despair
My wife with calves of eldertree pith
My wife with feet of initials
With feet of rings of keys and Java sparrows drinking
My wife with a neck of unpearled barley
My wife with a throat of the valley of gold
Of a tryst in the very bed of the torrent
With breasts of night
My wife with her undersea molehill breasts
My wife with breasts of the ruby’s crucible
With breasts of the spectre of the rose beneath the dew
My wife with the belly of an unfolding of the fan of days
With the belly of a gigantic claw
My wife with the back of a bird fleeing vertically
With a back of quicksilver
With a back of light
With a nape of rolled stone and wet chalk
And of the drop of a glass where one has just been drinking
My wife with hips of a skiff
With hips of a chandelier and of arrow-feathers
And of shafts of white peacock plumes
Of an insensible pendulum
My wife with buttocks of sandstone and asbestos
My wife with buttocks of swans’ backs
My wife with buttocks of spring
With the sex of an iris
My wife with the sex of placer and platypus
My wife with a sex of seaweed and ancient sweetmeat
My wife with a sex of mirror
My wife with eyes full of tears
With eyes of purple panoply and of a magnetic needle
My wife with savanna eyes
My wife with eyes of water to be drunk in prison
My wife with eyes of wood always under the axe
My wife with eyes of water-level air-level earth and fire

1931

André Breton

***

Dark Poet 

Dark Poet, a maid’s breast
Haunts you,
Embittered poet, life seethes
And life burns,
And the sky reabsorbs itself in rain,
Your pen scratches at the heart of life.

Forest, forest, alive with your eyes,
On multiple pinions;
With storm-bound hair,
The poets mount horses, dogs.

Eyes fume, tongues stir,
The heavens surge into our senses
Like blue mother’s milk;
Women, harsh vinegar hearts,
I hang suspended from your mouths.

Umbilical Limbo 1926

Antonin Artaud

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Leon Retief. Surrealisme en die Black Dahlia moord”

  1. maria :

    Leon, ken jy Bataille se werk? Irvin Jones in “Derrida and Writing the Body” (2010) herinner ‘n mens daaraan dat hy so ‘n bietjie skepties was oor surrealisme – hy het gemeen dit is nogsteeds te idealisties. Ek het Michel Surya se “Georges Bataille: An Intellectual Biography” (2002, vertaal deur Krzysztof Filjalkowski en Michael Richardson) toe ook baie insiggewend gevind.

  2. Leon Retief :

    Nee Maria, ek het al oor hom gelees maar so ver ek kan onthou nog niks deur hom nie. Soos die surrealiste is hy natuurlik baie deur Freudiaanse psigoanalise beinvloed, waarvan ek nou nie juis ‘n entoesiastiese ondersteuner is nie om dit saggies te stel. My belangstelling in surrealisme is om ander redes.

  3. Joan Hambidge :

    Leon hierdie is werklik ‘n uitstekende artikel.
    En daardie gedig van Breton puik. Ek hou van sowel Surrealisme as Freud. Veral Freud se Interpretasie van drome is ‘n wonderlike teks.

  4. Leon Retief :

    Joan, besonder baie dankie – komende van jou beteken jou opmerking vir my nogal baie. Nogtans, daar is ‘n mate van ironie in wat ek geskryf het en jou respons – soos jy seker sou kon aflei uit my antwoord op Maria is ek geen aanhanger van die psigoanalise oor die algemeen en Freud in die besonder nie. Ek speel al lankal met die gedagte om iets oor Sigmund te skryf, maar o, die tyd, die tyd! (Sal nou nie in besonderhede ingaan nie genoeg om te se dis Kanada, papierwerk en vergaderings hou my geweldig besig – ek is hoof van die narkosedepartement hier en onderhoof van die “Surgical Services Department” – kyk, die sekerste manier om ‘n Kanadees ‘n orgasme te laat kry is om ‘n vergadering te bele!) ).
    Ennieway, ek beplan om einde volgende jaar af te tree (ja, ek is bleddiewil al 65 Desember 2012!) en sal hopelik dan tyd he om iets ewe hopelik betekenisvol oor Freudiaanse psigoanalise te skryf, maar dit op sig self sal seker nog ‘n jaar of wat in beslag neem.
    Ek dink mens kan iets oor psigoanalise op hierdie webwerf skryf, met die dat dit ‘n belangrike rol in letterkundige kritiek speel. Nie dat ek enigsins iets van waarde oor letterkundige kritiek kan kwytraak nie, maar ek sal darem graag my mening oor Freud wil kwytraak.