Cas Vos. Lot se vrou
Lot se vrou
Na Anna Akhmatova
Gen 19:26
Die vroom man is op Gods engel se spoor
uitgestrek en helder teen die swart heuwel,
maar praat tog met sorg in die vrou se oor:
“Daar is tyd om nog terug te kyk, as jy wil,
na Sodom se rooi torings waar jy gebore is,
die plein waar jy gesing en geweef het,
die hoë vensters van jou donker huis,
waar jou kinders die lig gesien het.”
Sy het omgekyk en is deur pyn vergruis,
onseker of sy nog vaagweg iets kon droom,
haar liggaam het verander in deurskynende sout,
haar vlugvoete het wortel geskiet, soos ‘n boom.
‘n Verlies, maar wie rou steeds oor die lewe
van één vrou, of klaagliedere van één vrou?
Tog kan my hart nooit sonder om te bewe,
onthou hoe haar laaste asemtog verflou.
© Cas Vos, 2011





Dis regtig ‘n uitstekende gedig!
[...] Volledige gedig: Versindaba BOERBOK Capra hicus [...]