Charl JF Cilliers - vertaling in Afrikaans
Charl JF Cilliers - vertaal in Afrikaans deur die outeur
Tuisdorp
In hierdie vyftigste groen somer
van sy liefde hoor hy
die wind se verwarrende stemme
soos díe van dooies. Hy het teruggekeer
na die dorp wat hy in sy jeug verlaat het
soveel drome gelede.
Hy sien die son se pleisterwerk-
kolle teen die ou sementmure.
Die rivier wat al hygend verby die ou skool sypel
nader en nader aan sy modderige stilte
ver van die see.
Onder hierdie boom waar hy
verse onder sy vingers sien
gedy het, fladder blaaie
van ‘n padkaart soos blare wat val.
As kind het hy altyd hier gesit, alleen,
net buite die dorp, op hierdie mylpaal,
met oë stip op die pad wat oor heuwels verdwyn.
Nou gatvol en amper vyftig winters oud
skuif hy al mompelend ongemaklik rond:
wetende hy het dit alles te lief
om ooit terug te keer.
[Gedig uit: West-Falling Light, Charl JF Cilliers, Tafelberg, 1971]
Karoo
So ‘n geringe tyd
om alles lief te hê
O
Karoo
met jou veld
se maanlose klanke
(© Vertaal deur Charl J.F. Cilliers)
Uit: Collected Poems 1960 - 2008, 2008 (Malgas-uitgewers).





Pragtig, Charl!
‘n Puik vertaler. Charl JF Cilliers vertaal tans my bundel Lot se vrou wat volgende jaar by H&R verskyn en ek staan versteld oor sy vindingrykheid.