Andries Bezuidenhout. Soms goeie nuus ook

Meestal moord en doodslag, korrupsie, stede wat in ondergrondse damme van sianied wegsink (“Die Groot Vrot”) en boekwinkels wat hul deure sluit. Hoe lekker is dit nie om vanoggend oor die heropening van Johannesburg se stadbiblioteek te lees nie. Dis in 2009 gesluit vir restourasie en opgradering, ʼn proses wat nou voltooi is.

Lees meer daaroor in die Mail & Guardian en die Daily Maverick. (Die foto hier bo kom van lg. se werf af.)

Bookmark and Share

9 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Soms goeie nuus ook”

  1. Andries Bezuidenhout :
  2. Desmond :

    ek yk bietjie hier, ook positiewe bibnuus: http://www.artdaily.org/index.asp?int_sec=2&int_new=53670

  3. Desmond :

    Ek bedoel kyk, nie yk nie. Dit is oor die New York Openbare Biblioteek. “The improved Library would double overall public space, double the workspace for scholars and researchers, and provide all users the opportunity to browse and check out books on a large scale for the first time in decades.”

    En: “Libraries could and should change lives, offering unprecedented access to books, services, and active education centers where creativity and ideas are born,” said Library President Anthony Marx. “Our goal is to create the Library for the Future, one worthy of this great city, one that enhances how it serves all of its patrons. We believe we are on our way to doing just that.”

  4. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, wat sou die “commons” in Afrikaans wees?

  5. Andries Bezuidenhout :

    Soos in openbare ruites wat nie as kommoditeite funksioneer nie.

  6. Desmond :

    Andries, dit pla my altyd dat ons nie ‘n lekker woord vir die ‘commons’ het nie, want myns insiens is dit een van die belangrikste woorde in enige ordentlike politieke en kulturele woordeskat!

  7. Desmond :

    PS. Ons kan natuurlik ‘gemeenskaplike’ gebruik, maar dit werk nie heeltemal vir my nie. Dit klink dan asof die ‘commons’ dit is wat die gemeenskap deel, eerder as wat ‘gemeenskap’ in terme van die commons gedefinieer word. Met ander woorde, die commons is vir my nie dit wat aan ‘n gemeenskap behoort nie; die gemeenskap is eerder hulle wat mekaar op die commons ontmoet. Daardie ontmoeting word deur die commons bemiddel, nie deur ‘n kenmerk van ‘n groep, soos taal, etnisiteit of ras nie. Ek dink dit is ‘n belangrike onderskeid.

  8. Jammer dat ek nou sommer hier inval, maar ek dag maar dis n goeie plek om my twee pennies te spandeer. Ek is nie seker of jy ‘commons’ van ‘commodities’ kan skei nie, Andries. ‘Commons’ gee jou die reg tot selfgebruik en/of self-interpretasie van die ‘commodity’. Juis sou dit ook dan ooreenstem met jou kommentaar, Desmond, dat dit nie bemiddel (of geeien) kan word deur ras, taal, rang, ens nie.
    Die moderne, westerse organisasie van die gebruik van ‘commons’ is wel interessant, aangesien dit funksioneer op die basis dat die ekonomiese ‘commodity’ daaruit verwyder is – hoeveel keer het jy jou skape al gaan wei op Stellenbosch se Braak? Ek sou wel wou argumenteer dat die sosiale en ekonomiese gebruik van ‘commons’, selfs in die kontemporere wereld waarin ons drie onsself bevind, steeds by die naelstring verbind is.

  9. Andries Bezuidenhout :

    Marcelle, ek hou nogal van Karl Polanyi oor die gevolge van die kommodifisering van arbeid, geld en die natuur. Ek stem met hom saam dat al drie se kommoditeitsvorm ‘n historiese aanloop het (bv. die “enclosure” beweging in Engeland). As hy nou sou skryf, sou hy seker na kennis ook moes kyk. Dis deels hoekom ek soveel respek het vir die mense van Wikipedia – die digitale commons waar almal bydra, hopelik tot voordeel van soveel mense moontlik.
    Op ‘n manier is Versindaba ook ‘n voorbeeld, omdat soveel mense se betrokkenheid oor die saak gaan, nie geld nie. Maar ek stem saam dat daar geen utopiese vorm is waarin dinge as suiwer kommoditeit of suiwer nie-kommoditeit bestaan nie. Die werk aan Johannesburg se biblioteek is immers moontlik gemaak deur geld van die Carnegiestigting.
    (Oor die Braak. Hierdie naweek het ons juis gesels oor hoe Afrikaners wat Johannesburg toe moes trek na die Anglo-Boereoorlog Melville se koppies vir hul beeste gebruik het.)