Louis Jansen van Vuuren. Margrietjies in April en lelies-der-dale in my Mei.

         Vergeet-my-nietjies plaat blou onder die mos-oortrekte stamme. Rietpypies swaai hulle kwassies fraai-fraai in die ligte lentewind. Viooltjies staan kordaat orent soos sappige miniatuur Stradivariusies. Baie blou. En wit, natuurlik. Soos die gaasige bloeisels op die pruimbome. Op die kersiebome en amandelbome. Daar is besige bye om die botsels en nuutgevlegte neste in die oksels van die bloureënlote. Die eerste tulpe skreeu met bloedrooi sloerielippe die dag vaarwel. Daar is ‘n handvol stomende aspersies op by bord in die agter-kombuis.

 

Na die wasgoedwaterbloudae van die winter is die vierde maand ook ‘n tyd van terugkyk oor die skouer. Om met ‘n brandende hart verloopte liefdes uit die gisters terug te roep. Die gang van die lewe in oënskou te neem – die lief en die leed – om met oorgehaalde ywer die lewegewende lente tegemoet te loop.

April is die maand wat opgedra word aan Afrodite, maar as jy ‘n Romeinse kronometer het – dan  behoort die maand April  aan Venus. Daar bestaan soveel uiteenlopende vertolkinge rondom die ontstaan en etimologiese oorsprong van die skone Afrodite dat mens skoon lighoofdig kan raak ­- en dit sonder enige gulsige slukkies eau de vie of afrodisiakum. My gunsteling, effe benede-die- gordel-verduideliking, word uit toeka se dae oorvertel, dat die beeldskone godin haar ontstaan te danke het aan die dobberende en skuimende geslagsdele van die god Uranus. Die tragedie het na ‘n woeste struweling tussen Cronus en Uranus plaasgevind. Eersgenoemde het die verdwaasde Uranus glo op ‘n onbehoede oomblik tydens die geveg gekastreer en sy goed bedeelde parte in die golwende see gewerp! Dit kom daarvan om kort geplooide skirtjies tydens butch gevegte te dra.

 

When in Rome

 

Rompies moes hulle dra

want Aleksander het gevra.

Die dye van Hefaistos

het hom in die nag gepla

 

 

en:

 

 

Aphrodite Kallipygos

 

Die hart (hoewel gestileer),

universeel simbool

van liefde, is op die heuwels

van die boude gebaseer.

 

©  Weerlig van die ongeloof   Johan de Lange   Protea Boekhuis 2011

 

Uit dobberende skuim en drywende dele is die skoonheid onverklaarbaar, en sonder groot seremonie, verwek. Sommer so volgroeid en volwasse het sy daar op die strand van Paphos aangekom – viets en vroom op ‘n reuse kammosselskulp. Nie ‘n haar op haar hoof uit plek nie!

Geboorte van Venus. William-Adolphe Bouguereau. 1879

Geboorte van Venus. William-Adolphe Bouguereau. 1879

Afrodite is nie uitsluitlik die godin van liefde nie, maar onder andere is sy ook die skikgodin van voëls. Alle soorte voëls – kuifreiers, kraaie en korhane, kokkewiete, kropduiwe en kwikkie kuikens. Maar veral vir ‘n swaan is sy bitter lief. As ek aan swane dink fladder ‘n swerm migrerende woorde voor my uit die vlakwater op.

Uit Marlene van Niekerk se: ©  Die sneeuslaper. ( Human en Rousseau 2009) Uit die eerste hoofstuk getiteld Die swanefluisteraar, bl.21.

Ek het gekyk na waar hy kyk, na die rimpellose water onder die brugboog. Wat sou hy daar sien?

    Hy het regop gekom, steeds prewelend, sy hande in die lug, soos ‘n dirigent voor die inval. En toe gee hy die eerste pols. En daar, van onder die brug, swem twee swane op hom af, majestueus, met getoonde nekke, asof hulle aan hom behoort.

    Dit was asof ek vir die eerste keer gesien het wat ‘n swaan is: pluimedos van melkwit glas, ‘n nek geblaas in ‘n droom van vuur, ‘n vaas wat vaar, dig aan sy weerkaatsing vas, ‘n tweeling  gemasker, bors aan bors gebind in ‘n dans, ‘n donker musiek in die webbe.

    Die swaneroeper het sy bondel losgeknoop en ja, lees maar, daar staan presies net wat daar staan, professor, ‘n touleer uitgehaal waarmee hy homself neergelaat het tot op die dek van ‘n seilbootjie wat daar vasgemeer was teen die kade.

    ‘n God in die wieg van die witbevrore môre.

    Op sy maag, met sy hande uitgesteek oor die water, het hy die voëls aangehaal, hulle kwaste kwispelend, hulle koppe digby syne. Orfeus aan die oewer. Dat ek met my vinger in my skamel asem skryf, een reël van ‘n vergete digter en dat dit oorspring van raam tot wal en ‘n swanefluisteraar oplewer? Van sulke toeval is die hart verruk.

 Van sulke woorde is die hart verruk. Van voëls en verrukking gepraat:

 

optelswaan

Marlene van Niekerk*

 

pluimdos van melkwit glas

nek geblaas in ‘n droom van vuur

‘n vaas wat vaar

dig aan sy weerkaatsing vas

gemaskerde tweeling

in ‘n dans gebind bors aan bors

donker musiek in die webbe

 

van sulke toeval is die hart verruk

 

*” Gedigte is soos voëls, hulle migreer oor die grense van mense heen asof die grense nie bestaan nie.”                ( T.T. Cloete: Die Burger, 9 Desember 2010)

 © stigmata   tom gouws  Human & Rousseau 2012

 

April is ook die maand waartydens kinders en leepoog verliefdes margrietjie- kransies maak. ‘n Mooi legende wil dit hê dat die margrietjie ontkiem en begin blom het waar die trane van ‘n bewoë  Maria Magdalena op die dorstige aarde geval het. Verliefdes probeer  vandag nog die toekoms inkyk deur die blommetjie se kroonblare een vir een uit te pluk: she loves me, she loves me not…

 

Die onsekerheid, die ewige vrae waarmee die liefde ‘n mens soms opsaal:

 

hoekom reik jy jou hand

 

hoekom reik jy jou hand

uit na my

reik jy jou hand uit

uit na my hand se jy

reik jy my ruik

my reik se reuk

my hand in jou hand

hoekom reik jy na my toe

waarheen gaan jy

met jou reikende hand in my

jou hand in my hand

my reik in jou reuk

waarheen vat jy my

hoekom vat jy aan my

se altyd buite bereik

bly

 

© wanpraktyk  andries samuel  gedigte Human & Rousseau 2011

 

Als is nie net maanskyn en rose in Aprilmaand nie. Kyk wat sê T.S. Elliot van die spulletjie:

1. The Burial of the Dead

April is the cruelest month, breeding
Lilacs out of the dead land, mixing
Memory and desire, stirring
Dull roots with spring rain.

  T. S. Eliot  The Waste Land, 1922

 

Op my boekrak is daar ‘n handvol nuwe digbundels wat my deur die wintermaande vergesel het. Van hulle ken ek intiem soos ‘n minnaar – kan uit hulle oopmond opsê- soos Juffrou Buitendach my in graad een aangepor het. ‘ Sê op jou versie kind! ‘ Een van my gunsteling Amerikaanse digters is Dorianne Laux.

 

WHAT’S BROKEN

 

The slate black sky. The middle step

of the back porch. And long ago

 

my mother’s necklace, the beads

rolling north and south. Broken

 

the rose stem, water into drops, glass

knob on the bedroom door. Last summer’s

 

pot of parsley and mint, white roots

shooting like streamers through the cracks.

 

Years ago the cat’s tail, the bird bath,

the car hood’s rusted latch. Broken

 

little vinger on my right hand at birth-

I was pulled out too fast. What hasn’t

 

been rent, divided, split? Broken

the days into nights, the night sky

 

into stars, the stars into patterns

I make up as I trace them

 

with a broken-off blade

of grass. Possible, unthinkable,

 

the cricket’s tiny back as I lie

on the lawn in the dark, my heart

 

a blue cup fallen from someone’s hands.

 

Facts About The Moon  Dorianne Laux  W.W. Norton & Company  2006

 

en:

 

DARK CHARMS

 

Eventually the future shows up everywhere:

those burly summers and unslept nights in deep

lines and dark splotches, thinning skin.

Here’s the corner store grown to a condo,

the bike reduced to one spinning wheel,

the ghost of a dog that used to be, her trail

no longer trodden, just a dip in the weeds.

The clear water we drank as thirsty children

still runs through our veins. Stars we saw then

we still see now, only fewer, dimmer, less often.

The old tunes play and continue to move us

in spite of our learning, the wraith of romance,

lost innocence, literature, the death of the poets.

We continue to speak, if only in whispers,

to something inside us that longs to be named.

We name it the past and drag it behind us,

bag like a lung filled with shadow and song,

dreams of running, the keys to lost names.

 

The Book of Men  Dorianne Laux  W.W. Norton & Company  2011

 

Die jong  bekroonde Engelse digter, Jacob Polley geniet welverdiende aandag met twee digbundels, THE BRINK (2003), Little Gods (2006) en vir sy skitterende debuut-roman Talk of the Town (2010).

Jacob Polley

 

April

 

Now there is only the sound of the rain

which is the shape of the streets and the ropes

of overflow knitting at the mouths of drains

and frying from the gutters and the downpipes.

 

Whatever the leaves were saying must wait:

rain has filled the trees with its own brisk word.

There’s thunder in the darkened slates.

The pond’s green eye rolls heavenwards.

 

You can’t charge a page with the hiss, with this

cooling of the city like a new horseshoe.

Rain in the hair, at the neck and the wrists:

for rich and poor, there’s rain to hurry through.

 

The boil and spit of pavements: mirrored brick.

Every patch of grass is fiercely lit.

 

© Little Gods  Jacob Polley  Picador  2006

 

Afrodite  metamorfoseer  oor die Etruskiese periode na ‘n skitterende Venus tydens die Romeinse Ryk. So helder flikker haar liggies dat die aanbiddende mensdom die tweede helderste planeet, naas die maan, na haar vernoem. Venus gloei op haar helderste net voor sonsopkoms en net na sononder. So word sy dan ook die beminde Oggend- en Aandster van die hemeltrans. Venus is so liggewend dat sy ‘n skaduwee kan werp. Is jou lig helder  genoeg om ‘n skadu te gooi?

Agape

 

Die droom vou weids

uit die donker oop-

pinsbek dagbreekuur.

Die landskap sing van

blou bieseroeibosse.

In die koelgewaaide skadu

van ‘n helder baldakyn

voer ek jou lippe

soet ronde korrels

barlinkadruif,

granaat en vy.

Beheks deur purper kruike

koue ambrosyn

sweer ongierig trou.

 

Venus lag hierop

hardop,

laat haar aandster bibber.

Appelmotte vlieg benepe rond,

maraboe sluk die spikkelslang

en ons gaan lê belief

waar die bergpruim blom.

 

© Tempermes  LJvV   Queillerie  2010

 

Hope Diamant

Hope Diamant

Die diamant is April se towersteen. Geliefdes skenk  ruimhartig, soms ook ‘n bietjie teensinnig, vermoed ek, ‘n diamant as simbool van suiwer en ewigdurende liefde. Dit  moet  oor die regte helderheids-graad beskik. Ten minste in die F-kategorie. Die klip moet ook voorts gewigtig wees , die kroonhoeke en paviljoendiepte moet ʼn innerlike lig uitstraal.( ‘n Skaduwee kan gooi!) Nie dat ek dink die liefde nie suiwer of ewigdurend wil wees nie- ek bly maar skrikkerig vir die sogenaamde eeu -oue vloeke wat oor sekere diamante vertoef. Dink maar aan ‘n paar van die grotes, die Hope -diamant, die Orloff -diamant, die Lepelmaker-diamant en die Klopmans-diamant. ‘n Oulike relaas oor die Klopman-diamant-vloek lui soos volg. ‘n Reisiger beland oorkant Mev. Klopman die Derde op ‘n Concord vlug tussen Parys en New York. Hy merk die gewigtige klip aan haar mooi versorgde ringvinger en vra ewe hand- om -die -blaas aan haar:

         ” Mevrou Klopman is dit waar dat daar ‘n onrusbarende vloek oor jou vleklose steen hang?”

Die bouffant kop met die Dior sonbril draai elegant na die afwagtende reisiger en antwoord met karmosynlippe:

          ” Dit is inderdaad waar dat daar ‘n bose vervloeking saam met die rare juweel kom -dis Meneer Klopman.”

 

So often, are you as a blazing torch with flames

of burning rags falling about you flaming,

you know not if flames bring freedom or death.

Consuming all that you must cherish

if ashes only will be left, and want Chaos and tempest

Or will the ashes hold the glory of a starlike diamond

The Morning Star of everlasting triumph.

 

Ashes and Diamonds  Cyprian Kamil Norwid  1821-1883

 

April se dae is amper getel. Die lentereëns val en in dieperige tuin stuwer botsels oop.  Oop op my tafel, onder die venster, onder die dakbalke, lê Joan Hambidge se nuwe bundel,  Lot se Vrou. Oop.

 

Lot se vrou

 

Snags keer hulle terug,

die verlore geliefdes

in my troebel drome.

My eerste groot geliefde,

‘n Medusa, lag grys en bitter

oor my donker woorde.

Kriptomnesia, skel sy:

alles wat jy skryf reeds elders op-

geteken. In drome word jy

ge-Delmore Schwartz, ge-Delmore Schwartz.

O ek is Lot se vrou,

Lot se vrou,

wat terugkyk na die hart wat brand.

Die ander onwillige muse

hou glo ruggespraak oor ons,

verklap aan almal hoe slordig

aanmekaar gestik is my gedigte.

O, ek is Lot se vrou,

Lot se vrou,

wat luister hoe my woorde smeul.

Die ander een

ja, sy die donker skikgodin,

het my in die openbaar verguis,

my woorde, liefdeswoorde verpand

om haar nie-aandadigheid te bewys.

oor haar droom ek nooit.

O, ek is Lot se vrou,

Lot se vrou.

 

© Lot se vrou  Joan Hambidge  Human & Rousseau 2012

 

Delmore Schwartz

Delmore Schwartz

 

Calmly We Walk Through This April’s Day

Calmly we walk through this April’s day,
Metropolitan poetry here and there,
In the park sit pauper and rentier,
The screaming children, the motor-car
Fugitive about us, running away,
Between the worker and the millionaire
Number provides all distances,
It is Nineteen Thirty-Seven now,
Many great dears are taken away,
What will become of you and me
(This is the school in which we learn…)
Besides the photo and the memory?
(…that time is the fire in which we burn.)

(This is the school in which we learn…)
What is the self amid this blaze?
What am I now that I was then
Which I shall suffer and act again,
The theodicy I wrote in my high school days
Restored all life from infancy,
The children shouting are bright as they run
(This is the school in which they learn . . .)
Ravished entirely in their passing play!
(…that time is the fire in which they burn.)

Avid its rush, that reeling blaze!
Where is my father and Eleanor?
Not where are they now, dead seven years,
But what they were then?
No more? No more?
From Nineteen-Fourteen to the present day,
Bert Spira and Rhoda consume, consume
Not where they are now (where are they now?)
But what they were then, both beautiful;

Each minute bursts in the burning room,
The great globe reels in the solar fire,
Spinning the trivial and unique away.
(How all things flash! How all things flare!)
What am I now that I was then?
May memory restore again and again
The smallest color of the smallest day:
Time is the school in which we learn,
Time is the fire in which we burn. 

 

© New and Selected Poems  Delmore Schwartz  Doubleday & Company 1959

  

Terug by Marlene van Niekerk se Sneeuslaper:

En hoe klink swanetaal?

Rie mrie,rapuu,

       kriep, !tewiek, miruu,

       tohoe wa bohoe,

       askla mor usa,

       pierokgriemok sklahoe

                         ***

  

/  #  !  / /  O  *

 

wind woel die melkweg toe

ver wolke vat vlam

 

buierig reën stort later neer

met die klapklank van inheemse taal

 

grondbestandele van aarde en klip

wat losspoel tot water

 

© eggo’s in bewolkte water  Mari Grobler  Protea Boekhuis 2004

 

Meimaand wink uitlokkend in die voorhuis. Die reuk van lelie-der-dale hang swaar in die gang,  op die wind se asem ruik ek heuning. Bye wat stuifmeel steel vir die soet wat later kom.

 

A Jar of Honey

 

You hold it like a lit bulb,

a pound of light,

and swivel the stunned glow

around the fat glass sides:

 

it’s the sun, all flesh and no bones

but for the floating knuckle

of honeycomb

attesting to the nature of the struggle.

  

© The Brink  Jacob Polley  Picador 2003

 

 

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Louis Jansen van Vuuren. Margrietjies in April en lelies-der-dale in my Mei.”

  1. Petro :

    Hoe waar is die aanhaling van T.T. Cloete nie! Het jou lenteblog uitgedruk om jou wonderbaarlike woorde oor en oor te vertroetel en te koester.

  2. Petre :

    Liewe louis
    Jou April stories laat my sweef en verlang na jul tuin in Boussac. Ons sal die langhaar witgodin mis en uit ‘n langbeenglas drink om die nuwe lewe wat nou daar spruit te vier.
    Sien jul as die klappers klap.
    Petre en Carina

  3. Berdine :

    Dit was ‘n lekkerlees van die lewegewende lente Louis! Lentelouis! Altyd.

  4. johanna jordaan :

    Louis….baie baie mooi ek was daar met al die geure en kleure……jy het hemelse-skryf-talent!!!!!

    hier by ons: Requiem verwoord deur s.v.petersen…”sag val n reentjie
    en trag om te lawe
    dood is die blare-
    dood en begrawe”
    ysig koud,, maar ek stuur warm liefde met pannekoek en kaneel…….xxxx

  5. Nanette van Rooyen :

    Mooi-mooi lekkerlees.Soos altyd.
    Ek is versot op Jacob Polley se woorde.
    Dankie.

  6. Die aspersies laat my dink aan Manet se pragtige klein stillewe van ‘n bondeltjie aspersies – en die mooi storie daaraan verbonde soos dit Edmund de Waal se The hare woth amber eyes vertel word …

  7. Hennale :

    Louis, dankie dat jy jou fyn ontwikkelde waarnemingstalent met ons deel. Dit is heerlik om in jou wereld te wees en alles deur jou kunstenaarsoe te ervaar.
    Jy verweef alles aanmekaar/inmekaar – die lewe is sowaar sirkels in beweging.
    Daardeur is jou ervaring meer werd as om die lang Europese winter deur te bring met die bou van Koekoeklokke………
    1ste Mei en die kinders staan met bossies Muguets langs die strate.