Andries Bezuidenhout. Die wiskunde van invloed

Amusante storie in die Guardian gister, oor ʼn hele span wiskundiges wat literêre invloed gekwantifiseer het in 7 733 literêre werke tussen 1550 en 1952. Volgens die Guardian beweer die wiskundiges: “The so-called ‘anxiety of influence’, whereby authors are understood in terms of their response to canonical precursors, is becoming an ‘anxiety of impotence’, in which the past exerts a diminishing stylistic influence on the present.” As moontlike verduideliking, skryf die navorsingsleier: “One hypothesis is that there is so much more to read now and more kinds of ‘important’ work that if we believe that style is influenced by what one reads, then it is less likely that people generally devote the preponderance of their reading to the older ‘classics’.”

Heerlike debat wat daarop volg in die kommentaar onderaan die storie.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Die wiskunde van invloed”

  1. Leon Retief :

    ‘n Interessante artikel Andries. Meeste van die kritiese kommentaar is na my mening ongegrond, en soos een van die kommentators genoem het lyk dit asof meeste van diegene wat gerespondeer het nie die artikel of die abstrak gelees het nie. (Ek het darem die abstrak gelees.) Ek stem saam dat die insette van ‘n paar letterkundiges nuttig sou gewees het.

  2. Desmond :

    Die heerlike ding is dat mens wel intelligente kommentaar onderaan Guardian artikels kan lees. Vergelyk dit nou met News24… Die kwaliteit van die artikels is ook baie hoog. Gelukkig kan mens dit aanlyn lees; selfs via Facebook, deesdae. ‘n Daaglikse kulturele reddingsboei uit Engeland; en dan wil ons mor oor Britse imperialisme… Meer!, meer!, is my opinie oor die saak. ;-)

  3. Desmond, die NY Times is ook nie sleg nie. Onthou tog dat die Britte ook ‘n geelpers het! Ek het nog nie die kommentaar daar gaan lees nie, maar ek skat dit sal iets wees soos die galbrakery op News24. Ek dink die Guardian modereer ook streng. So terloops, ek hou nogal van die M&G se nuwe webformaat.

  4. Desmond :

    Andries, ja natuurlik: ek is seker hulle geelpers is erger as News24; en ons eie M&G is natuurlik nie sleg nie. Die M&G fokus in diepte op plaaslike politiek; ek sou wel graag meer ‘kulturele’ artikels en ‘n meer uitgebreide boekeblad wou sien. Shaun de Waal staan weekliks meer woorde aan EEN rolprent af as wat aan al die boekresensies tesame gewei word. Dis nou as daar die week boekresensies verskyn. Ek moes ‘n paar jaar terug met die bus van Londen na York ry; die rit was 6 uur lank, en toe ons arriveer het ek nog nie die dag se Guardian klaar gelees nie. Hier maak ek nie eens meer ‘n koppie koffie wanneer ek Sondae met die Rapport gaan sit nie. Ek is klaar met die koerant voor ek ‘n tweede slukkie koffie kan neem. Ek oordryf — maar net ‘n bietjie.