Philip de Vos: Mozart en das Kleine Poeplein
Skielik besef ek dit is al weereens tyd om (miskien voorlopog) koebaai te sê en hierdie keer is dit met n baie goeie rede al klink dit miskien bietjie na een van Cecilia Wessels se afskeidskonserte toe sy jaar na jaar tot siens gesê het, want ek het weliswaar verlede jaar voor ’n lang oorsese reis óók tot siens gesê.Ek is onlangs genader om ’n radio-reeks van 13 episodes van 50 minute oor my gunsteling komponis Mozart te skryf, en die volgende paar maande is daar GROOT dink en navorsing wat vir my voorlê, maar as ’n bietjie troos plaas ek my strokiesteks oor Mozart wat in Junie 1999 in De Kat verskyn het en wat deur die wonderlike Piet Grobler geïllustreer is.
MOZART EN DAS POEPLEIN
Klein Wolfgang was ’n liewe kind
Nêrens kon jy beter vind.
Op vyf speel hy alreeds klavier.
Skryf gawe wysies uur na uur.
Dus het die Keiserin beveel
dat hy in Wene moes gaan speel.
Op pad daarheen moes hul soms stop –
dan eet klein Wolfgang boontjiesop
plus sauerkraut, ja ek’s bevrees –
mens weet reeds wat sy lot gaan wees.

In Schönbrunn speel die kind hom voos
voor die vorstin met al haar kroos.
Hy was so klein, hul oe! en a!
Maar Wolfgang sê g’n boe of ba.
Hy konsentreer, hy byt sy lip
toe daar ’n windjie hom ontglip …
Die keiserin was erg geskok:
“Wie het die nare klank ontlok?”

Prinsessie Marie Antoinette
sê: “Oepsiedysie! dit was pret!
Al is die naklank ietwat goor
sa ék nooit dáároor kop verloor!”
En Wolfgang sê: “Ja, das war meine.
Das Poeplein ist nur eine kleine!”
Los gerus jul simpel griewe –
en lees maar self die Mozart-briewe.










Philip ons kan via die internet na FMR luister op my rekenaar en Lesli en ek sal baie graag daai programme wil hoor, ongelukkig is ons 8 uur agter SA. As jy wil kan jy my laat weet watter tye die programme uitgesaai gaan word en as dit moontlik is sal ons wil luister. Jy kan my e-pos adres by Marlise kry.
[...] hele paar keer oor sy liefde vir Mozart se musiek en sy fassinasie met die komponis as mens geblog. Van hierdie bloginskrywings kan in sy boek Kop op ‘n blok gevind [...]