Marlise Joubert. Tussen gaan en bly
tussen gaan en bly
('n brief vir Octavio Paz as antwoord op
Entre irse y quedarse)
hier op Melkbos huiwer alles tussen gaan en bly
die winterson steeds verlief op die see se glans
die lang strand is nou ‘n baai met wandelpaaie
waarlangs die dorpie stil soos ‘n eier blink
alles is ver: Tafelberg en bote en meeue
alles is naby en ontwykend vir enige aftasting
by die Damhuis sit ons as digters bymekaar
die biefstuk, die vis, die wyn rus in hul name se kleur
kinders herhaal ons jare wat was
woorde met geen verband val los oor die tafels
die lig verander die tuinbeelde in ‘n teater
terwyl karre verbyskuur na ander bestemmings
ek ontdek myself in jou oog Octavio
soos bloed vloei die dag se hart na sy einde
op pad huistoe verdwyn die kus in hawens en valleie
ons het gekom en ja, ons het gegaan: ‘n asemreis ver
© marlise joubert. Junie, 2012
*
between going and staying
(a letter to Octavio Paz in reply to
Entre irse y quedarse)
here in Melkbos everything drifts, not going, not staying
the winter sun still in love with the glow of the sea
the long beach is now a bay of leisurely walkways
beside which the small town glistens like an egg
everything is far: Table Mountain, boats and seagulls
everything is nearby, eluding any sense of feeling
at the Damhuis we poets come together
the steak, the fish, the wine at rest in the colours of their names
children replay our years that have passed
unattached words are strewn across the tables
the light transforms the garden figures in a theatre
whilst cars brush past to other destinations
i discover myself in your eye, Octavio
like blood the day’s heart flows towards its end
on the way home the coast disappears in harbours and valleys
we had come and, yes, we had left: a breath’s journey away
(vert. deur/ tr. by Charl Cilliers, 2012)








‘n Vernuftige en treffende antwoord op die oorspronklike gedig. Marlise. Vir my lê die hoogtepunt van die gedig in hierdie reël: “ek ontdek myself in jou oog Octavio”
Hoe heerlik om saam met jou deur woordlandskappe te reis wat so lewendig geskilder, strome van gevoel word!