Karen Kuhn. ‘All that of which Poland is made’

Op ’n trein op pad na die Poolse hoofstad; Warsaw sit ek en wieg heen-en-weer terwyl ek by die venster uit staar en soos die woude verby flits, probeer inkyk. Soos wat ’n eerste blog oor Pole sou wees om die ‘siel van die volk’ soos die Pole daarna verwys, te beskryf – in te kyk. Want al kan ek niks sien nie, voel ek hierdie woude, hierdie velde, hierdie landskap, hierdie volk se fluistering in spore, wat daagliks getrap word en spore wat lank reeds vergaan het. 

Maar helaas drie maande is onvoldoende. Nuwe plekke is wel besoek, anders as om dit te google, is daar die aanraking, die reuk, die sien, maar ook die gevoel wat ervaar word. En so ook die ontmoeting van iets binne jouself wat nooit ontdek was nie, of dalk vergete was. 

Pous John Paul II, die Poolse Pous het in 1979 aan ’n besoek aan Warsaw gesê; “I wish to kneel before this tomb to venerate every seed that falls into the earth and dies and thus bears fruit. It may be the seed of the blood of a soldier shed on the battlefield, or the sacrifice of martyrdom in concentration camps or in prisons. It may be the seed of hard daily toil, with the sweat of one’s brow, in the fields, the workshop, the mine, the foundries and the factories. It may be the seed of the love of parents who do not refuse to give life to a new human being and undertake the whole of the task of bringing him up. It may be the seed of creative work in the universities, the higher institutes, the libraries and the places where the national culture is built. It may be the seed of prayer, of service of the sick, the suffering, the abandoned—‘all that of which Poland is made’.”

 

Al hierdie aspekte wat Pole vorm lei my na die digters, om hul te ontmoet, om na hul fluistering te luister, om dalk iets van die land se gees te ontmoet.

Die eerste spoor, dié van die Poolse digter en Nobel laureate: Wisława Szymborska. Szymborska is gebore in Kórnik in die Weste van Pole op die 2e Julie 1923 en sterf hierdie jaar, 2012 op 1 Februarie. Na vele bundels en werke wat in verskeie tale vertaal is, word daar na haar verwys as die ‘guardian spirit’ van die nasie. Haar subtiele ironie en humor, aardsheid en vermoë om op so eerlike en eenvoudige manier iets te beskryf is maar ’n paar van hierdie digter se uitstaande kwaliteite binne haar werke.

 

In die gedig: “The End and the Beginning” lewer Szymborska kommentaar oor oorlog:

 

After every war

someone has to clean up.

Things won’t

straighten themselves up, after all.

Someone has to push the rubble

to the sides of the road,

so the corpse-laden wagons

can pass.

Someone has to get mired

in scum and ashes,

sofa springs,

splintered glass,

and bloody rags.

Someone must drag in a girder

to prop up a wall.

Someone must glaze a window,

rehang a door.

Photogenic it’s not,

and takes years.

All the cameras have left

for another war.

Again we’ll need bridges

and new railway stations.

Sleeves will go ragged

from rolling them up.

Someone, broom in hand,

still recalls how it was.

Someone listens

and nods with unsevered head.

Yet others milling about

already find it dull.

From behind the bush

sometimes someone still unearths

rust-eaten arguments

and carries them to the garbage pile.

Those who knew

what was going on here

must give way to

those who know little.

And less than little.

And finally as little as nothing.

In the grass which has overgrown

causes and effects,

someone must be stretched out,

blade of grass in his mouth,

gazing at the clouds.

 

(Vertaal deur Joanna Trzeciak)

 

Met die objektiewe blik op oorlog, wat tog so brutaal ironies is, herinner die digter lesers aan spore wat neergelê is. Al stap die tyd aan.

 

En die ‘siel van ’n volk?’ Szymborska se gedig: “Few words on the soul” eindig met die strofes:

 

Joy and sorrow

aren’t two different feelings for it.

It attends us

only when the two are joined.

We can count on it

when we’re sure of nothing

and curious about everything.

Among the material objects

it favors clocks with pendulums

and mirrors, which keep on working

even when no one is looking.

It won’t say where it comes from

or when it’s taking off again,

though it’s clearly expecting such questions.

We need it

but apparently

it needs us

for some reason too.

 

(Vertaal deur Stanislaw Baranczak and Clare Cavanagh)

 

Die siel teenwoordig binne die paradoks. Met die digter se eiesoortige nederigheid en aardse wyse van dig, konkretiseer sy hierdie abstrakte term. Die siel teenwoordig binne die paradoks. So, vermoed ek dan dat juis in oomblikke waar die paradoks ontmoet of teenwoordig is, sal spore weer gesien word, fluistering gehoor word en iets van die ‘siel van ’n volk’ deurslaan.

Drie maande in Pole is maar net genoeg om te weet waar om toiletpapier en wodka te koop. Daar is tog ’n herwaardering vir dit wat my bekend is: boerewors op die spyskaart by die Suid-Afrikaanse Nasionale dag wat deur die SA ambassade gereël is.

En nou en dan is daar al in die spoor getrap en ingekyk, vlietend: ’n vrou wat met trane in haar oë langs my op die trein inskuif, en haar hande die rosekrans vashou en aan krale vaskleef, soos sy ’n geliefde op die stasie laat gaan. Die gretigheid van eerstejaar Poolse studente wat lag soos hulle ‘g’ in Afrikaans probeer uitspreek. Die trane van die sterk man na Pole uitgeskakel is in die Euro 2012 voetbal toernooi. Die geduld van die ou dame as ek Poolse worsies bestel en verleë probeer dziękuję (dankie) sê, die ou plein in Poznań met klipstegies wat soos are uitvloei en spore van geboue wat die oorlog oorleef het, grou geboue wat spore van kommunisme dra en die kerkklokke stiptelik saans om nege.

Ek weet nie of dit moontlik is om ooit: ‘all that of which Poland is made’ te begryp nie, en dalk is dit genoeg om dit ten minste te weet, soos Szymborska tereg in haar gedig “Some like poetry” noem oor poësie:

Some –

thus not all. Not even the majority of all but the minority.

Not counting schools, where one has to,

and the poets themselves,

there might be two people per thousand.

Like –

but one also likes chicken soup with noodles,

one likes compliments and the color blue,

one likes an old scarf,

one likes having the upper hand,

one likes stroking a dog.

Poetry –

but what is poetry.

Many shaky answers

have been given to this question.

But I don’t know and don’t know and hold on to it

like to a sustaining railing.

 

(Vertaal deur Regina Grol)

 

Foto’s: Mirela Šavrljuga

Bronne:

http://www.vatican.va/holy_father/john_paul_ii/homilies/1979/documents/hf_jp-ii_hom_19790602_polonia-varsavia_en.html [Nageslaan Junie 2012]

 

Szymborska, W. 2001. Miracle Fair: Selected Poems of Wislawa Szymborska. New York: W.W. Norton & Company, Inc. NY
Translated from the Polish by Joanna Trzeciak.

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Karen Kuhn. ‘All that of which Poland is made’”

  1. Willem :

    Stunning Karen! Ek sien jou Desember! Dan gaan koop ons Wodka iewers en klim by die verkeerde stasie af. Liefde uit die Koue Kaap. x

  2. Benno :

    Karen, dit klink vir my of jy besig is om diep spore in Pole te trap saam met al die ander spore! Jou skrywe is baie mooi.

  3. Leon Retief :

    Interessante blog Karen. Ewe interessant om te sien dat die boerewors deur die Amerikaanse Marriot hotelketting gemaak is!

  4. Karen Kuhn :

    Dankie Leon. Dit is interessant, ek verneem die eienaar van die Marriot in Warsaw is met ‘n Suid-Afrikaner getroud, die dat die SA ambassade hulle genader het vir die funksie.

  5. antoinette :

    Sterkte Karen! Twee kuiers in Posnan verlede jaar (drie maande elk) was ‘n belewenis – eerste gedurende die somer en laaste gedurende November/Desember/Januarie. Fantasties. Die anderkant van die gordyn met ander oë bekyk. Maak seker dat jy gerat is vir al die konsentrasiekampe – jy sal hulle MOET besoek!!! My lewe sal nooooit weer dieselfde wees na besoeke aan die meeste nie … Groete aan Tertius, Jo, Robert, mis die lekker Afrikaans praat daar met hulle, tussen die soms onuitspreeklike Poolse klanke!

  6. Karen Kuhn :

    Dankie Antoinette, ek sal verseker jou advies volg en sal vir almal hier groete stuur!

  7. Rasheeda Adam :

    Jimmel Karen, maar jy skryf goed! Dit voel sommer asof ek self op daai trein tussen Warskou en Poznan sit! Natuurlik met die behulpsame en vriendelike Pole!

  8. Karen Kuhn :

    @ Rasheeda, dankie jy ken Pole en kyk mooi na ons Suid-Afrikaners!