Marlise Joubert. Klein reistog
klein reistog
vir Louis
slapend reis ons die nag in
tot oggendvroeg weer uit
al slapende vertrek jy die dag in
sirkel ek van kamer tot kamer
besoek die ketel en die yskas
die skottelgoed en die wasmasjien
skud later die bed uit met die afdrukke
van gekreukelde heup en skouers
spat water teen uitgedroomde wimpers
sit laatmiddag tussen skilderye
landskappe wat die oog na binne keer
in ‘n ruimte waar musiek herhalend roep
skrik dan heldersiende wakker as ek
jou hand hoor vat aan die agterdeur
© marlise joubert – 30/8/12









[...] Volledige gedig: Versindaba [...]
Soveel atmosfeer, Marlise. Die gedig raak my! Dankie!