Persverklaring: Beverly Rycroft wen die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie 2012

Beverly Rycroft wen vanjaar die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie met haar digdebuut, Missing. Die digters prof. Wendy Woodward, Liesl Jobson en Helen Moffett was die beoordelaars.

Rycroft is uitgesonder vir haar “versvaardigheid, haar sterk stem en die oorspronklikheid en verskeidenheid in haar beelding en stemtoon.” Die beoordelaars het waardering uitgespreek vir die innemende verhaal wat Missing vertel: “Dis soos ‘n roman of memoir of ‘n boeiende neerdaling na die ryk van Pluto en ‘n wankelende klim terug na die lewe.” Die leser word ingetrek en reis saam, “maar die poësie is nooit selfbejammerend of sentimenteel nie. Emosies word behendig onderbeklemtoon en daardeur soveel kragtiger.” Die beoordelaars het die gees van emosionele grootmoedigheid in haar gedigte geprys: “Deur die vaevuur van siekte toon Rycroft te alle tye waardering van dít wat elders gebeur ten spyte van persoonlike lyding en herinner só aan W.H. Auden se ‘Musée des Beaux Arts’.”

Benewens die moed, humor en volgehoue beeldkrag van Rycroft se gedigte het die beoordelaars haar vermoë uitgelig om die waarheid net effe skeef te vertel soos Emily Dickinson dit gestel het – “to tell the truth only slightly slant.”

Nege digdebute is vir beoordeling voorgelê en die paneel het gesê dit was moeilik om vanjaar ‘n keuse te maak. Een beoordelaar het dit as ‘n photo-finish beskryf en ‘n ander het gesê al drie van haar topkeuses was “merkwaardige bundels” wat ” ‘n hoë vlak van kunsvaardigheid, ‘n diep oorwoë estetika en dapper verkenning van die mees private geskiedenisse van die vertellers wat hierdie bladsye bewoon” ten toon gestel het.

Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ‘n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Rycroft sal tydens die Open Book-fees in Kaapstad die prys, wat bestaan uit ‘n medalje en ‘n bedrag kontant, in ontvangs neem. Die prys word op 22 September om 20:00 in die Athol Fugard-teater oorhandig deur Ingrid Jonker se dogter, Simone. Rycroft sal by dié geleentheid uit haar wenbundel voorlees. Die prysuitdeling en voorlesing is gratis en oop vir die publiek.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander lede van die komitee is Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling en Leon de Kock.

***

Hieronder volg ‘n kort biografiese skets van die digter, asook die titelgedig uit haar bekroonde bundel. Op Peony Moon is daar nog enkele ander voorbeelde van haar digkuns te vinde.

 

Beverly Rycroft

Beverly Rycroft

Beverly Rycroft was born in the Eastern Cape. She is a graduate of the University of Cape Town and the University of the Witwatersrand. She worked as a teacher for several years before turning full time to writing and journalism.

Her articles have been published widely both locally and internationally. Her poems have been published in local literary magazines such as Carapace, New Coin and scrutiny2. She lives in Cape Town with her family.

Missing is her first collection of poems.

 

Missing

i don’t remember what
made her cry that day
– her brother teasing? her sister ignoring her? –
running to where i sat
in the armchair of the sunny lounge
 
that was before they allowed
a prosthesis to lie
over the healing scar
and i only remember
– long after she’d stopped –
 
how hard her skull felt
on the bones of my chest.

 

(c) Beverly Rycroft (Uit: Missing, 2010: Modjaji Books)

 

Bookmark and Share

Comments are closed.