Enrico Lommerte. Herdenkingbundeltjie vir die 79e geboortedag van Ingrid Jonker, 19 Sept. 2012

 

Die afgelope weke het Enrico Lommerte, Nederlandse digter, ’n interessante projek via FaceBook geloods. Hy het naamlik gedigte aangevra ter ere van Ingrid Jonker en haar verjaarsdag op Woensdag, 19 September. Dié gedigte is nou as “huldigingsbundel” beskikbaar op sy webblad en kan volledig afgelaai word.

Op navraag het hy onderstaande brief aan Versindaba gestuur.

Die skakels na sy webblad e.a. relevante kuberruimtes volg onder aan sy brief.

Geniet dit.

Redaksie.

***

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker

Ek is ‘n Nederlandse “stokperdjie-digter” met ‘n passie vir die Afrikaanse taal en Ingrid Jonker. Ek hoef hier nie uit te brei nie oor haar betekenis vir die Afrikaans en die digkuns, die is baie bekend oor heel die wêreld. Haar lewe was vol van teënstellings en die einde tragies. Sy is nu ‘n ikoon met mitiese status haas. Vir my blyf sy die vrou, geliefde, moeder die pure taalgebruik om my te bereik, om haarself te bereik en ‘n plaas te geef in die chaotiese wêreld om haar heen.Te jong is sy heen gegaan, maar nog immer spreek die golwe haar taal van pyn maar ook liefde!

Die gedagte was eenvoudig; hoe kan ek daarvoor sorg dat haar geboortedag nie onopgemerk verby gaan?

Ek het aan my vriende op Facebook gedink en het die stout skoene aangetrek om hulle te vraag een gedig of ‘n verhaal oor Ingrid en hulle self te skryf. Ek het die gedigte op 19 september op my Facebook bladsy geplaas en ‘n elektronies bundeltjie gemaak ter herinnering vir hulle die mee gedoen het. Dat is al.

Baie mense syn entoesias oor die resultaat. Ek dink vir Ingrid en die Afrikaans ‘n mooi teken.

Die gedigte in die bundeltjie syn baie divers soos die mens is, maar almal spreek van liefde en tederheid, seer en vrolikheid, kortom van al wat ‘n menselewe is…

‘n Paar voorbeelde:

 

fragment (ingrid)

jou lewe bly
getafereel
in kaleidoskoop
van kleur
nie alles lanfer
nie alles swart
gemetafoor
nie alles in wit of geel
van calla lelies
of pointsettia se rooi
want selfs op winterdistels
is liewenheersbesies
so sigbaar
soos op namakwalandse daisies
in die lenteson

en fragmente van jou woorde
spoel nog in branderbreek
soos skulpgruis
na die strand

die dood
bly léwe
soos in
brokkies nagmaalsbrood

 

Marie Bredenkamp

 

 

Naggesprek met Ingrid

 

Hier is ek gelukkig
waar boek teen boek
soos soldate op parade staan.

Hier is ek gelukkig
waar tamboer en viool in laatnagte
droefgeestig ween om my bestaan,
waar woordstrome deur ver klowe kabbel
deur gees en siel begaan.

Hier is ek gelukkig
in harmonie met bundels,
bybels en musiek,
verstrengel in git ge-etste woorde
- soms vertroostend, soms mistiek-

Hier is ek gelukkig,
peins ek oor my eng bestaan,
my afgemete paaie,
die kronkels van my toekomsbaan.

 

Tog, soms begeer ek joú geluk
gemeer aan ‘n verlate kaai,
dromend in joú wier en gras …
vergete …
in Drieankerbaai.

 

Charles Binoir

 

 

ontmoeting met het Hartseerkind

 

ergens heb ik het altijd geweten
dat jij er was

staarde ik in een spiegel
zag ik je wegkijken
je reflectie in een plas
verkringelde
een ruit in een winkelstraat
bestoftte jouw gelaat
maar naast mijn schaduw
zag ik de jouwe
je legde je arm om mijn schouders
en ik voelde je fluisteren

“vergeet niet Drieankerbaai
laat mijn golven spelen
in de koude winternacht”

 

Enrico Lommerte

Vir volgende jaar, 2013, haar 80e geboortedag, dink ons (ek is ons geword:-)) aan ‘n baie groots gebaar!

Site Enrico:  

http://pastuiven.wordpress.com

Download: http://lommerte.wordpress.com/ingrid-jonker/herdenkingsbundel-2012/

 

Groetenis,

Enrico

 

 

Bookmark and Share

10 Kommentare op “Enrico Lommerte. Herdenkingbundeltjie vir die 79e geboortedag van Ingrid Jonker, 19 Sept. 2012”

  1. Ek dank Versindaba vir die plaas van dees artikel!
    Ek dink dis ‘n mooi opsteek vir Ingrid en die Afrikaanse taal!

    Baie baie dankie, ek is trots en bly!

    Enrico Lommerte

  2. Ivan Mocke :

    Hierdie is ‘n pragtige inisiatief, Enrico. Veels geluk! Jou vers is treffend vir my.

  3. mariebredenkamp :

    Bo alles waardeer ek, en onderskryf, jou absolute entoesiasme, Enrico – en dank jou vir die inisiatief. Groete uit Hong Kong, Marie
    B

  4. Nicolette van der Walt :

    Ek stem saam met Marie. Jou entoesiasme en liefde vir Ingrid Jonker se digkuns is ‘n riem onder die hart,Enrico. Baie dankie vir hierdie inisiatief. Welgedaan – ek sien uit na die 80ste herdenking volgende jaar!!

  5. Hallo Ivan: baie dankie, ook jou mooi woorde oor my gedig:-)

    Hallo Marie: Ni Hao:-) ek dink ons is almal entoesias:-)

    Hallo Nicolette: baie dankie, ja ‘n riem! Sekers die 80e geboortedag mot baie grootser:-)

    gr enrico

  6. Fantastisch Enrico, deze mooie uitgelichte plaats voor jou als complimenten voor dit prachtige werk. Van harte gefeliciteerd.
    Een hartegroet en liefs van Corry.*

  7. Ha liewe Corry, maar in die eerste plaas die eer vir Ingrid!

    Baie dankie vriendin:-)

    gr enrico

  8. Charles Binoir :

    Enrico, jou belangstelling en hulde aan Ingrid word hoogs waardeer. Pragtige bundeltjie wat jy saamgestel het. Ek hoop van harte dat dit die belangstelling in haar werk sal laat ophelder. Baiegeluk en dankie. Uiters waardeer.

  9. Ha my vriend Charles:-)

    Baie dankie vir jou mooi woorde! Jou werk staan hier mooi! Dankie daarvir!

    Ja ek hoop dat die inbteresse in Ingrid se werk groei hierdoor!

    Groetenis my vriend!

    Mooi naweek vir jou:-)

    Enrico

Los kommentaar