Melville Poësiefees: 12 tot 14 Oktober 2012
Graag herinner ons u aan die Melville Poësiefees wat volgende week plaasvind. As lusmaker plaas ons ;n gedig wat Danie Marais tydens die fees gaan voordra, heelonder. Daar sal ook kunswerke deur die bekende kunstenaar, Diek Grobler, te sien wees wat deur dié gedig, “123 blok myself“, geïnspireer is. Ook Hennie Meyer se unieke woordkuns sal te siene wees. ‘n Voorbeeld daarvan verskyn heelonder.
***
Melville Poësiefees van 12 tot 14 Oktober 2012
Die Melville Poësiefees, oftewel die Melville Poetry Festival word vanjaar van 12 tot 14 Oktober in Sewende Straat, Melville aangebied met ‘n stewige borgskap deur die Dagbreek Trust en andere.
Die fees volg op die suksesvolle Melville Poetry Festival Showcase wat verlede jaar as eksperiment geloods is. Na gunstige kommentaar uit vele oorde is ‘n vereniging op die been gebring om ‘n behoorlike jaarlikse fees aan die gang te kry.
Die feestema is “Festival of the Poetic” of “Fees van die Poëtiese”, en die bedoeling is om die vele ander gebiede en genres waarmee die poësie oorvleuel by feesprojekte te betrek. Die slagspreuk is, “Dis meer as net woorde,” of “More than words”.
Kunstenaars soos Lien Botha en Hennie Meyer is genader om bydraes rondom poëtiese teks te maak. Musiek word betrek via die gewilde Oopmond, ‘n soort bekgeveg waartydens digters en musikante optree. Minstens twee uitvoerings gaan gehou word.
Die gedagte is om die Melville Poetry Festival mettertyd uit te brei tot ‘n soort sambreelfees waaronder al Suid-Afrika se tale gehuisves word. Die vele restaurante, oop winkels en ander terreine gaan gebruik word om ‘n smorgasbord van aanbiedings in verskillende tale te huisves.
Etlike digters soos Loftus Marais, Rene Bohnen, Andries Bezuidenhout, Toast Coetzer, Danie Marais, Henning Pieterse, Charl-Pierre Naude, Corne Coetzee, Jo Prins, Ronel Nel en Hans Pienaar en heelwat ander gaan weer vanjaar gedigte voorlees in ‘n ontspanne atmosfeer in restaurante en ander plekke. Verskeie nuwe bundels gaan geloods word.
Die plan is ook om paneelbesprekings rondom onderwerpe soos die opvoedingskrisis te hou en ‘n ruskamer in te rig waar DVDs en CDs in Afrikaans gespeel sal word.
Digters en ander kunstenaars wat wil deelneem word genooi om Hans Pienaar te kontak by mwhanspi@mweb.co.za
Hans Pienaar
ORGANISEERDER
***
1 2 3 blok myself!
Moderne jazz is mislukte musikale
masturbasie – dit kom nie tot die
punt nie, dit laat jou hang in die
lug, dis net ‘n ego wat ‘n instrument frustreer, maar
hierdie saksofoon se gehuil is nie eens die oortjies
van die seekoei wat op een been
op ‘n piramide krokodil-geraamtes balanseer
in ‘n kuil radioaktiewe rioolwater nie hierdie is
ook nie ‘n pyp nie en dis nie
beslis nie onrealisties of ‘n man nie
wat geroetineerd eksperimenteel sit en sug nie
in ‘n selfsorgeenheid tussen die berge buite nie
Stellenbosch nie. Dit is ook nie suur druiwe nie moet
asseblief nie afleidings maak nie, hel,
dis nie eers rêrig die stert van die blouwalvis
of some kind of blue nie, nee, dis die suiwer
dis die waarheid oor woordgeskape mense
en as jy tot hier gelees het, behoort jy jou ernstig
te vra of jy nie lekkerder dinge het om te doen nie of jy nie dalk
aandadig is aan jou dadelose depressie of die omgewingskrisis nie
of jy nie miskien liewer ‘n bom of ‘n boom behoort te plant
as om jou ore uit te leen aan die lustelose voorspel tot
die midlife-crisis van ‘n afwyserige saksofoon in ‘n kamerjas
in ‘n selfsorgeenheid buite die berge anderkant Stellenbosch nie?
(c) Danie Marais










Sien baie hierna uit, Hans, baie dankie!
Volledige program nou beskikbaar: http://www.melvillepoetryfestival.org/
En ek lees dat die Badilisha digter (en mooi model!) ook haar gedigte gaan voorlees by die fees. Hier ‘n video van haar: http://www.youtube.com/watch?v=evP-1XnBvJM
True Story
It isn’t that dad doesn’t love you or your brother
said Mum, greasing up our ashy legs with Vaseline
Or that your auntie Amy’s a man stealing back-stabbing, cheating bitch
who can’t keep a man so she has to steal somebody else’s.
We just don’t see eye to eye on much, that’s all
and he wouldn’t stop eating cashew nuts in bed
It’s not that you mother and I hate each other
said Dad, pushing a crumpled ten pound note into my chinos pocket
…or that I forgot about your birthday
but I need time to think now. I’m moving in with Amy
and anyway, your mum cooks with too much salt.
It wasn’t so much an affair, you understand
said Auntie Amy, lacing up my brothers small Nike trainers
and picking out my knots with the wooden comb shaped like a fist
but a meeting of minds outside of our respective vows
And bodies, muttered mum, when I told her later.
Two faced tramp. What a joke.
Don’t tell anyone I said that.
Don’t tell anyone I said that.
It’s not as though your mums exactly an angel, either
said dad with blood red eyes
and a pulsing vein in his forehead
finishing the last of his whisky
and auntie Amy hissed, Easy Winston, you’ve had enough
and dad said, Don’t tell me what to do
not even my wife yet, and you think you know it all.
It not that your family are going to hell, necessarily
said grandma, boiling up the green banana, yam and dumpling
and grating the coconut onto the rice and peas
They must just accept Jesus Christ into their lives
and put away the drink and sin and all the lies.
Now go and wash your hands and set the table.
Don’t worry, child.
We’ll pray for them tonight.
© Yrsa Daley Ward 2012
Andries, waaroor gaan hierdie : Hou jou bek:
Henning Pieterse en ander. Is dit ‘n paneelbespreking? ‘n Bekgeveg? Net nuuskierig en so jaloers dat ek hierdie fees nie kan bywoon nie!
Marlise, hier’s meer daaroor: “Hou jou bek: Henning Pieterse lees van sy vertalings van Franse digter, Michel Houllebecq.
Ook met Rosa Keet,Toast Coetzer, Andries Bezuidenhout, Louise Boshoff, Alfred Schaffer, De Waal Venter.”
En van die ander:
Danie Marais en vriende, met Loftus Marais, Charl-P Naude, Christo van Staden, Hans Pienaar, Corne Coetzee, Ronel Nel, Rene Bohnen
Toast Coetzer en vriende, met Ian Raper, Alfred Schaffer, Jo Prins, Corne Coetzee, Hans Pienaar, Hennie Meyer, Loftus Marais, Dominique Enthoven
En nog een:
Erna Jo en Bloots: Erna vertel van haar nuwe aanlyntydskrif, en van die digters wat deelneem lees van hul werk voor. Ook met Johan Myburg, Johann Lodewyk Marais, Johann P Boshoff, Heidi Papadopoulos, Izak du Plessis, Karlien van der Merwe, Riel Franzen
Sjoe ne? Dankie Andries vir al die inligting. Sovele Afrikaanse digters! Is jy seker dis ‘n Engelse poetry festival?