Archive for 2012

Marlies Taljard: Gedigte wat met hanekraai ontstaan

Wednesday, October 10th, 2012

Onlangs het ‘n paar nuwe digbundels op my lessenaar beland – een daarvan Daniel Hugo se Hanekraai wat ek met vreugde gelees het. Hugo is beslis ‘n meester van die kort gedig en sy vormbeheer is so ná aan perfek as enigsins moontlik. Sy gedigte is dikwels impressionisties van aard en herinner aan Moment Musicals wat op woordspel berus om, soos Ernst van Heerden dit sê, “blitssnel die swaartepunt [te] verstel”. Hanekraai is duidelik op die gewilde mark gerig – indien daar so ‘n mark van poësielesers bestaan! Dit is nie gedigte wat swaar dra aan literêre verdienste nie, maar gedigte wat onmiddellik en dikwels met die eerste lees plesier verskaf. Sommige gedigte neig selfs na die volkskuns.

Een van die belangrikste temas van die bundel het te make met die digkuns self, digters en die digambag – in hierdie blog wil ek kortliks op dié gedigte uitbrei.

Die titel, Hanekraai, word reeds in die motto en in die openingsgedig verantwoord: dit speel in op die oorgang van nag na dag. Die motto lui:

dit is tyd as die haan kraai

om van die nag na die dag

om te blaai:

 

In die eerste gedig konstateer die digter:

die gedig wat met hanekraai

ontstaan, skitter kortstondig

 

dan kom die son opgedaag:

die rooi vos wat die haan verjaag

 

Hierdie reëls verwys metafories na die persepsie dat gedigte lig werp op sake wat vir die mens “duister”, onverklaarbaar of onformuleerbaar is. Terselfdertyd raak dit egter ook aan die kortstondigheid van die insig wat deur middel van die gedig tot stand gebring word – wanneer die gedig aan die lig van die son blootgestel word, word dié insig “verjaag”. Dié beeld kan dui op die ongrypbaarheid van betekenis en die aard van gedigte om juis nie antwoorde te verskaf nie, maar vrae te vra en verwarring te skep. Die onvermoë van woorde (en van die digkuns) om betekenis oor te dra en die onverwoordbare te verwoord, word op velerlei wyses in die bundel aangeroer. Een van die gedigte waarin dié insig pragtig verwoord word, is Namibië III:

ek voel vreemd in dié woestyn waar

die stilte enjambeer van uur tot uur

en elke songeblakerde dag eindig

as ‘n volmaakte swygsonnet

hier staan die digter stom:

al wat in hierdie wydsheid rym

is die afwesigheid van klank

 

Wat my ook opgeval het, is hoe dikwels diere en dig met mekaar in verband gebring word. Die belangrikste is natuurlik die haan wat metafories aan die gedig gelykgestel word wanneer dit lesers uit hulle toestand van onverskilligheid ruk en tot insig lei. In Drieluik word die gedig eers met ‘n springbok vergelyk en daarna (in die kwatryn Baldspieël) met swaels:

swart teen die spierwit somerwolk:

sillabes van tuimelende swaels –

as jy sintaksis daarvan maak

skaal jy dit af tot iets banaals

 

En dan is daar die (vir my) onvergeetlike vergelyking in Selfkatkisasie tussen katte en digters: “katte (net soos digters) kan jy maklik krenk”.

Die skryfproses en selfrefleksiwiteit is ‘n verdere tema binne die gedigte wat oor skryf handel. In Seespieël lewer die digter tussen hakies kommentaar oor sy eie skryfwerk: “(my versreëls spoel nooit ‘n bladsy vol)”. In die gedig Namibië spreek hy die land aan en sê: “[jy is] ‘n onuitputlike bron / vir die talentloses wat wil skryf”. Die gedig Eggo probeer iéts beskryf van die skryfproses as sodanig:

vir sy stem wat

fluister of roep

skep die digter

met rymende reëls

‘n klankboemerang

wat oor die af-

grond eggo tussen

rou emosie en

versvormdwang

 

Getrou aan sy aard as meester van die ironie eindig die gedig Digter met die reëls;

digters is die edel-

smede van elke taal

onsin: hulle is slinks,

selfsugtig en brutaal

 

Ook in die handvol gedigte oor ander digters kom dikwels kommentaar op die skryfproses as sodanig of op die styl van die betrokke digter voor. In die kwatryn wat hy aan Johann de Lange opdra (in Twee kwatryndigters) verwys hy byvoorbeeld na de Lange se bundel Weerlig van die ongeloof waarin 102 kwatryne voorkom (as ek reg onthou):

jy kom met die lewe

en sy stront in die reine

in die pront bestek

van ‘n honderd kwatryne

 

Die slot van Muse II is ‘n goeie samevatting van die bundel as geheel, maar spesifiek ook vir dié gedigte wat oor die skryfproses handel:

In hierdie bruisende woordekosmos

raak die stomme digter se lippe los.

Louis Esterhuizen. Gaan ‘n vroueskrywer vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde wen?

Wednesday, October 10th, 2012

Hierdie week is dit weer tyd vir die Nobelprys-toekennings en môre-oggend (Donderdag, 11 Oktober) is dit die beurt van vanjaar se wenner van die 1.2 miljoen USD-prys vir letterkunde om aangekondig te word. Uiteraard wemel die internet van bespiegelinge oor wie vanjaar se uitverkorene gaan wees. Volgens die beroepswedders blyk dit dat die Japannese skrywer, Haruki Murakami, as gunsteling beskou word. Ander name wat sterk figureer is Bob Dylan (weereens, by wyse van eentonige herhaling aangesien hy die afgelope jare al as gunsteling beskou word) en dan ook nog die Chinese skrywer Mo Yan, saam met die Amerikaner Thomas Pynchon.

Die interessantste besinning het ek egter op The Daily Sun se webblad teëgekom waar die beriggewer van AFP van mening is dat vanjaar se prys aan ‘n vroueskrywer behoort te gaan, aangesien daar maar net 12 vroue-laureates was uit die totaal van 108 pryse wat sedert 1901 vir letterkunde toegeken was: “Stockholm’s literary circles are abuzz with speculation about this year’s Nobel Literature Prize, and while it’s notoriously difficult to predict the laureate, some experts are saying it’s time for a woman,” skryf die beriggewer. “Among the women whose names are making the rounds ahead of the Swedish Academy’s announcement on Thursday are Canadian short story writer Alice Munro, Canadian poet Anne Carson (foto), and Egyptian feminist novelist Nawal el Saadawi.”

Die afgelope dekade was vroueskrywers drie keer vereer: Herta Mueller (Duitsland),Doris Lessing (Groot Brittanje) en Elfriede Jelinek (Oostenryk).

Elisabeth Grate, ‘n bekende Sweedse uitgewer van onder andere Jean-Marie Gustave Le Clezio (wat die prys in 2008 gewen het) se boeke, het soos volg reageer: “I can only guess and speculate, it’s fun and incredibly exciting, One could imagine that it could go to an author from North America, perhaps a man like Don DeLillo or Philip Roth,” het sy aan AFP gesê en bygevoeg: “But ‘it would be nice with a woman’.” Sy is egter van mening dat dit nié ‘n digter gaan wees nie, aangesien die bekende Sweedse digter, Tomas Tranströmer, die prys verlede jaar verower het.

Nog ‘n interessantheid is die Stig Dagerman Society se prys vir letterkunde wat elke jaar enkele dae voor die aankondiging van die Nobelpryswenner, bekend gemaak word, aangesien dié Society die afgelope paar jaar twéé keer in die kol was met hul nominasie: Jelinek (in 2004) en Le Clezio (in 2008). Bengt Soederhaell, voorsitter van die Stig Dagerman Society, het haar soos volg hieromtrent uitgelaat: “I think it’s always time for a woman as there are too few women laureates. Since there are so few women who have won the prize, the male dominance among the laureates could be seen as political, in the same way that very few writers from non-European cultures and languages have won the prize.”

Haar stigting het vanjaar die Egiptiese skrywer Nawal el Saadawi bekroon. “It’s possible (dat el Saadawi die Nobel-laureate gaan wees), it would tie in well with the developments in the Arab world and she’s a woman,” het Grate beaam.

Natasha Trethewey

Natasha Trethewey

Maar kom ons veronderstel dat vanjaar se wenner inderdaad ‘n vrou gaan wees en boonop ‘n digter: Wie sal dan as die vernaamste kandidate gereken kan word? Beslis die reeds genoemde Kanadese digter Anne Carson; veral vanweë haar grensverskuiwende bundel Nox wat verlede jaar verskyn het. Dan sekerlik ook die Amerikaanse poet laureate, Natsha Trethewey (alhoewel haar indrukwekkende nuutste bundel, Thrall,  dalk net-net te laat verskyn het vir beoordeling). Of Rita Dove, dalk? Onder die Britte is daar natuurlik die trio bestaande uit Jo Shapcott, Gillian Clarke en Carol Ann Duffy. Maar my voorkeurkandidaat sal nog altyd die Roemeense digter Nina Cassian wees.

En ons sterkste Suid-Afrikaanse kandidate, sonder inagneming van geslag of genre? Sekerlik die Groot Drie: Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Athol Fugard. Maar, sug … Oor watter verblykte horisonne droom ek nie nou nie!

In iedergeval, teen môremiddag sal ons weet.

Vir jou leesplesier plaas ek (weer) die openingsgedig uit Natsha Trethewey se nuwe bundel, Thrall, hieronder. (En gaan lees gerus die blog wat ek oor haar geskryf het, indien jy dit vroeër gemis het.)

***

Elegy

for my father

I think by now the river must be thick
          with salmon. Late August, I imagine it

as it was that morning: drizzle needling
          the surface, mist at the banks like a net

settling around us-everything damp
          and shining. That morning, awkward

and heavy in our hip waders, we stalked
          into the current and found our places-

you upstream a few yards, and out
          far deeper. You must remember how

the river seeped in over your boots,
          and you grew heavier with that defeat.

All day I kept turning to watch you, how
          first you mimed our guide’s casting,

then cast your invisible line, slicing the sky
          between us; and later, rod in hand, how

you tried-again and again-to find
          that perfect arc, flight of an insect

skimming the river’s surface. Perhaps
          you recall I cast my line and reeled in

two small trout we could not keep.
          Because I had to release them, I confess,

I thought about the past-working
          the hooks loose, the fish writhing

in my hands, each one slipping away
          before I could let go. I can tell you now

that I tried to take it all in, record it
          for an elegy I’d write-one day-

when the time came. Your daughter,
          I was that ruthless. What does it matter

if I tell you I learned to be? You kept casting
          your line, and when it did not come back

empty, it was tangled with mine. Some nights,
          dreaming, I step again into the small boat

that carried us out and watch the bank receding-
          my back to where I know we are headed.

 

© Natasha Trethewey

 

Louis Jansen van Vuuren. Uit die bloutes

Tuesday, October 9th, 2012

 

Dis herfs hier aan die Franse kant. Grys kraanvoëls het reeds ‘n ruk gelede skadu’s oor die plataanboom toppe getrek. Amber strepe wat suidwaarts mik. Ek kyk op na die voëls se raserige skemer vlug en iets draai in my binneste.  ‘n Draaiorrel -emosie. Blouerigheid wat oor my poeier  – ‘n soort herfs-melankolie. Joan Didion vertel van ‘n soortgelyke emosie in haar nuutste publikasie – Blue Nights. (Harper Collins-Fourth Estate.2011)

 

 ”In certain latitudes there comes a span of time approaching and following the summer solstice, some weeks in all, when the twilights turn long and blue……you find yourself swimming in the colour blue, and over the course of an hour or so this blue deepens, becomes more intense even as it darkens and fades, approximates finally the blue of the glass on a clear day at Chartres…”

Hier noem die mense dit l’heure bleue. Die Engelse noem dit ” the gloaming. “

Didion skryf verder… “The very word ‘gloaming’ reverberates, echoes- the gloaming, the glimmer, the glitter, the glisten, the glamour- carrying in its consonants, the images of houses shuttering, garden darkening, grass-lined rivers slipping through the shadows. During the blue nights you think the end of day will never come. As the blue nights draw to a close (and they will, and they do) you experience an actual chill, an apprehension of illness, at the moment you first notice: the blue light is going, the days are already shortening, the summer is gone.”

 

Carolyn Forché het haar vinger op ‘n blou pols.  Uit haar bundel  Blue Hour  ‘n vers:

 

 Blue Hour

for Sean Christophe

 

The moon slips from its cerement, and my son already disappearing into

       a man, moves towards his bed for the night, wrapped in a towel of

       lake scent.

 

 

A viola, night voiced, calls into its past but nothing comes.

 

A woman alone rows across the lake. Her life is intact, but what she

       thought could never be taken has been taken. An iron bridge railing

       one moment its shadow the next.

 

It is n’y voir que du bleu it is blind to something. Nevertheless.

 

Even the most broken life can be restored to its moments…

 

****

 

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi!

Saam met die eerste wilde sampioene en die swawels se daaglikse telefoondraad vergaderings open die jagseisoen in Frankryk. Oorgewig omies met koddige hoedjies stap in gelid, elkeen met ‘n geknakte dubbelloop oor die arm. Daar’s dikwels ‘n jong Rambo ook in die groep. Sy wilde oë skeur deur struik en bos – soek na die glim van die fisant se skitterende nekvere. Jy is of ‘n jagter of nie. Hulle sê hier in die Creuse dat jy met moord kan wegkom. Letterlik. Met ‘n goed beplande jagongeluk en sampioen vergiftiging gaan jy beslis ‘n goedgesinde regter raakloop – miskien jag jy al jare met hom saam…

 

Crow Goes Hunting

Ted Hughes. Crow. Faber Paperbacks. 1974

Crow
Decided to try words. 

He imagined some words for the job, a lovely pack-
Clear-eyed, resounding, well-trained, 
With strong teeth. 
You could not find a better bred lot. 

He pointed out the hare and away went the words
Resounding. 
Crow was Crow without fail, but what is a hare? 

It converted itself to a concrete bunker. 
The words circled protesting, resounding. 

Crow turned the words into bombs-they blasted the bunker. 
The bits of bunker flew up-a flock of starlings. 

Crow turned the words into shotguns, they shot down the starlings. 
The falling starlings turned to a cloudburst. 

Crow turned the words into a reservoir, collecting the water. 
The water turned into an earthquake, swallowing the reservoir. 

The earthquake turned into a hare and leaped for the hill
Having eaten Crow’s words. 

Crow gazed after the bounding hare
Speechless with admiration

 

***

 

                   In my ateljee sien ek deur die dakvensters hoe die wilde kastaiingbome bleek word om die kiewe, die blare vol geelsug afgooi – hoe gepoetste donkerbruin sade onverwags  uit die bloute na benede stort. Teen die glas van die venster maak dit ‘n geweldige knal. ‘n Koeëlklap uit die boomtoppe. Mauser, Martini-Henry en Drie-nul-drie. Ek staan en skilder in die spervuur.

Die Jagter se Dogter is ‘n tema wat  elke nou en dan deur my werk loop. Soos ‘n stillewe of portret word dit iets wat ek met oorgawe aanpak-gegewe die tyd wat reg en ryp is. Dus nou weer sulke tyd. Gepas ook dat dit juis jagseisoen is. Die voorsketse begin lyf kry en die groter werke se komposisies word beplan in dowwe krytlyne. 

Dit is die maand Oktober,
                       die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
              so groen is elke aand,
So blou en sonderwolke
                       die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
                       die asvaal ou Karoo.

 

                   Vir die anderhalfjaar het ek twee modules by Oxford University se Continuing Education Department gedoen. Dis deel van die Creative Writing Course. Elkeen van die modules duur tien weke en krediete word toegeken nadat jy jou finale werkstuk ingehandig het. Ek het én moes my alie afwerk.  Ek is trots om te pronk dat ek vir beide modules die volle tien krediete toegeken is. Vir die poësie-module was ons tutor Kathryn Simmonds, ‘n jong digter wat met haar debuut-bundel ‘n paar gawe Internasionale pryse losgeslaan het.

( Sunday at the Skin Launderette. Seren. Poetry Wales Press Ltd. 2008)

 

On the Day that You were Born

 

The angels got together and decided to create

a dream come true.

Sorry, no, that wasn’t you.

On the day that you were born

it rained incessantly.

Three potholers were carried to their deaths

by flashflood in North wales.

In Manchester a man came home

and set about his wife

with woodwork tools.

Everywhere the sky was dark by four o’clock.

There might have been an air disaster too -

in fact there was,

two hundred people dropped into a field.

No one survived

 

***

Wat gee ek om die winter?
                       Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
                       weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
                       die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
                       so pragtig elke aand!

 

Tydens die kursus het ek met die werk van talle digters kennis gemaak.Veral met van die jonger geslag woordwoekers.  Ek plaas ‘n paar verse van digters en gedigte wat my aandag getrek het :

 

The Wind

after Antonio Machado

 

The wind pulled up and spoke to me one day.

The jasmine on his breath took mine away.

 

‘ This perfume can be yours too, if you want:

just let me carry off your roses’ scent.’

 

‘My roses? But I have none left,’ I said.

‘The flowers in my garden are all dead.’

 

He sighed. ‘ Give me the fallen petals then.

The leaves that rattle in the empty fountain.’

 

With that he left me. And I fell to weeping

for the garden that they gave into my keeping.

 

Don Patterson. Rain.Faber&Faber.2009

 

 

 

Big Fish

 

It’s like returning to a natal pool

after years of doing business in great waters,

and only a few will make it whole,

the dreams of youth unsullied and intact

after all they’ve seen in the world’s working mirrors,

its splendid distractions, the weight of its cold hard facts,

 

and the driver lets you off at the foot of the hill

and you pass. the substation humming its old song

about power being stepped down, the climbing frame

in the swing-park posing its puzzle, and before long

your birth street greets you with aan ambush of smells:

teatimes in doorways where no-one remembers your name.

 

Paul Farley. The Dark Film. Picador Poetry. 2012

 

In the Evening

 

The heads of roses begin to droop.

The bee who has been hauling his gold

all day finds a hexagon in which to rest.

 

In the sky, traces of clouds,

the last few darting birds,

watercolors on the horizon.

 

The white cat sits facing a wall.

The horse in the field is asleep on its feet.

 

I light a candle on the wooden table.

I take another sip of wine.

I pick up an onion and a knife.

 

And the past and the future?

Nothing but an only child with two different masks.

 

Billy Collins. The Trouble With Poetry. Random House. 2005

 

 

Galway Moons

for michael lally

 

Where there are fields by the lake

crazy men own them and won’t let

anyone buy in. If you want to partake

of Loughrea’s old stone upon a stone, get

rich quick. There are no more deals.

 

If you can recall the street where you were born

pack the memory carefully in the fat suitcase

and take it home. Leave all scorn

right here or it will show up on your face

in Kinsella’s tonight amid jigs and reels.

 

There is a hole in the ground with a poet in it

everytime you turn around. The dance crowd

is waiting for you downstairs. Just a minute,

you tell them. The dearly dearly departed are a cloud

over me, and I am lost in the house the cloud conceals.

 

Terence Winch. Falling out of bed in a room with no floor. Hanging Loose Press.2011

 

 

That Sweet Before Emotion

 

This is yesterday’s tomorrow when middle-aged men

slide into hot tubs to ease the slump

of their feckless muscles.Happy again

to real in an old warmth, and relive short forays of adventure.

Once more they have fathers to tell their days to:

the Navaho raid, the Viking sea-battle,

Batman plunged into the deep night

to pluck jailbirds back to jail.

Or mothers: the scent of rosewater that lingers

in pools above a crisply made-up bed

and settles on a forehead

before she pulls the veil across the night.

They remember it all, sorry for everything.

 

John Stammers. Interior Night. Picador Poetry.2010

 

                          ‘What utters winters’

What utters winter, brings spring, lays the summer’s days

and shortens resolutely autumn’s afternoons;

 

what places in this air these birds, or in these birds

the will to wander in this air; what gives light light,

 

makes wind come, causes leaves to fall, or trees to rise

or lakes to swell or to the sun affords this sense

 

of issuing these fields and ponds and sands and woods

makes, where it makes a thing, the thing part-incomplete,

 

allowing for how anything must on its own

include some need, the way the thing which shapes the heart

 

figures it less than whole, or figures it so made

that constantly it wants this hard, redemptive hurt

 

which only some glimpsed, ingredient heart can provide

and which, perhaps, birds find issuing from the sun.

 

Matthew Welton. The Book of Matthew.Carcanet  Press. 2003

 

 

in her kitchen

 

delphinium

the heart, fleet, in its large domain

a grand meaulnes

summer, recalled, a light blue lent sea

of dust and shadow, now, the house

of doubtfulness

who, in the hospital, implored them-

deep in daylight, implicate, a crowd

hours pass, unrecalled

the heart, a stripped tent in a field.

 

Gillian Allnutt. Poetry Review.Fall-2007

 

Ek plak een van my eie verse aan wat ek as deel van my finale portefeulje vir die module by Oxford ingehandig het.

 

Iridaceae

 

Six times inflorescent fans

summon up the inky sap

naughty nectar dribbles

from a mossy perianth

The scurrilous secretion

makes you come

from Arcadia

to my bartered barren bed

Three falls. Three petals

tent the hidden treasure:

sweet candy

white amber

                  From the Styx she draws a beaker river water

with this she puts to sleep those who forswore a daughter

 

 © Louis Jansen van Vuuren

 

 Vroeër  praat ek van herfsblare en die naderende winter.  Ek noem dat emosies blouerig kan draai – gevoelens uitspin soos wat ‘n draai-orreltjie met musieknote maak. Verlede week is die bome in Parys reeds in demi-deuil. Dis heerlik hoe die herfsson  mense buite toe lok in die laaste warmte voordat die winter weer kom. Dis ‘n dag van klanke, herfsblare en ‘n blou onthou:

        Pikante harpklankies trek my aandag so in die soek na ‘n skadukol in die Jardin du Palais-Royal. Onder die lindelaan by die fontein, kry ek gewoonlik rusplek in een van Parys se mooiste verskuilde tuine. Maar vandag steek ek vas in die koel arkade op soek na die oorsprong van die verleidelike musiek. Daar kry ek dit ook.

       Die onmiskenbare melodie van La Vie en Rose kom uit ‘n winkeltjie so groot soos ‘n ouderwetse musiekdosie. Hier word slegs opwen-melodieë in kissies verkoop. Kleintjies en grotes. Piepklein kartondosies met ‘n draad slingertjie wat al die bekende liedjies uit blaker, soos Frère Jacques en Claire de Lune. Selfs Amerikaanse ditties soos Love Story is te vinde. Daar’s ook kosbare antieke kissies met bleek perlemoer rose en ‘n draai-drommetjie wat arias uit La Traviata vrylaat.

       Anna Joliet is die eienares wat al vir ‘n leeftyd haar winkeltjie hier bedryf. Sy vertel dat die skrywer Colette, in haar later jare, dikwels na volksdeuntjies wou luister. Dit voer haar terug na sorglose kinderdae waar sy vir ure Schubert-deuntjies op die klavier  kon speel. Later het sy met Jean Cocteau  verbygekom. Hy wou graag Gigi se temaliedjie hoor. La Callas  wat dikwels middagetes by die Grand Vefour langsaan geniet het, het glo eendag met ‘n triste  gesig kom vra vir ‘n kissie wat ietsie uit Zorba the Greek kon speel.

         Gister doen  Madame Joliet iets onverhoeds . Sy gee vir my ‘n  klein musiek-masjientjie as kadotjie saam. By die fontein haal ek my geskenkie uit die papiersakkie waarop daar in sierskrif geskryf  staan: Le Chêne -Franz Schubert. Ek begin draai. Die jare val soos trane  weg.  Onder ‘n dak van blare in ‘n vêr land sing die kartonboksie  vir my ‘n deuntjie uit my kinderjare- daar buite langs die woonhuis, daar staan ‘n eikeboom

 

(Geskryf vir My Tyd Bylaag. Rapport)

 

Van die maestro se hand ‘n toemaakvers.

 

oopskryf

 

hoe om jouself toe te maak

met woorde

as beskerming teen die woordlose

koue gekerm van die ewigheid

 

Clifton: Februarie-Mei 2010

(Breyten Breytenbach. die beginsel van stof. Human & Rousseau. 2011)

 

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi

 

(C. Louis Leipoldt. Oktobermaand. Groot Verseboek. Tafelberg 2008)

Digstring: “Josef” (Hans du Plessis)

Monday, October 8th, 2012

 

Josef

 

Wassit nou te veel gevra

om te die vrou wat jy het,

ennie kjind wat sy in ha dra,

te hou, Josef, klong yt Nasaret?

 

Toe jy stilletjies beslyt

om hierielike vrou te los,

het jy altemit begryp

wat hóm dood kan kos?

 

En toe ‘n ingel aan jou veskyn

en sê Maria moet by jou bly,

het jy toe gedink hoelike pyn

en venedering hý sou ly?

 

Josef, seun van Dawid, vegjeet

die spanriem van jou se vrees:

wat in háár is, en aan jou vreet,

kom net so vannie Heilage Gees.

 

Da sal ‘n kjind yt Maria ytkom!

Wat ek jou beveel, moet jy doen,

want hý sallie hele mensedom

met hille se sondes kom vesoen.

 

Toe jy wakker skrik oppie bed,

en laterder byrie krip loop staan

en jy hóm Jesus doop, het

jy die boodskap tóé vestaan?

 

(c) Hans du Plessis (Uit: Karos orie dyne, 2012: Lapa Uitgewers)

***

Hans, wanneer het jy dié gedig geskryf. Hoe het dit ontstaan?

Ongeveer 2007. Dit is deel van die afdeling oor Kersfees in die bundel, en Elisabeth Eybers se Maria bly vir my een van die mooiste gedigte in Afrikaans en ek het lankal gedink ‘n mens sou dieselfde gegewe kon gebruik vanuit Josef se perspektief.

Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Vele pogings.

Hoeveel van dié vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Omdat dit ‘n soort parodie is, is dit gegee, maar die herdigting daarvan was nogtans wroeging en sweet.

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Die oorspronklike gedig was my model.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as klankbord gebruik terwyl jy aan ‘n vers werk?

Nee, ek doen dit nooit met poësie nie, wel as ek prosa skryf. Moet my net nie vra hoekom nie, want ek het dit voor jou vraag nooit besef nie.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

Aanvanklik gou in die klein bundeltjie Kalaharikrismis.

Kan jy ietsie sê oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in dié vers?

Moeilik om te sê, omdat dit op Eybers reageer en die Bybelse gegewe betrek.

Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?

Oor Josef se gewaarwording van en “onkunde” oor die geboorte van Jesus.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skildery) wat ‘n bepaalde invloed op die tot standkoming van dié betrokke vers gelei het?

Inderdaad: Eybers se Maria en die Bybelse verhaal.

Het jy ‘n bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan ‘n vers werk?

Nee.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Dit is deel van die sg. Griekwagedigte en stem daarmee ooreen, maar my ander gedigte is meesal natuurgedigte.

Is daar iets in dié vers wat jy as tipies “Suid-Afrikaans” sal beskou?

Die dialek en Eybers, ja.

Kon jy dié vers tot ‘n bevredigende punt afhandel, of het jy dit maar ten einde laas “versaak”?

Weer eens: die Eybers-Maria het my gelei.

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Ja.

‘n Laaste vraag, ter wille van die interessantheid: Kan jy nog die eerste vers wat jy ooit geskryf het, onthou? Indien wel, vertel ons ietsie daarvan?

Ek onthou niks meer van die inhoud nie, maar dit was ‘n gedig wat ek in Hennenman geskryf het toe ek vir die vakansie op ‘n saaiplaas gewerk het en die mielietjies al aan die doodbrand was toe die reën skielik in die nag op die sinkdak val. Dalk maar goed ek kan niks verder daarvan onthou nie …

 ***

Erkenning: Die konsep van Digstring is ingegee deur Brian Brodeur se benadering op sy weblog “How a poem happens“.

 

Omslag

Omslag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Resensie: Teen die lig (Hennie Aucamp)

Monday, October 8th, 2012

Teen die lig  - Hennie Aucamp  (ISBN 9781869197643; sagteband , pp 64, R150; Protea Boekhuis, 2012)

Resensent: Joan Hambidge

 

Ek leun teen die hoekpaal, my hart klop sterk:

Hiér vind ek heiligheid, hier is my kerk.

 

I

 

omslag

omslag

Hennie Aucamp is ʼn gevestigde kortverhaalskrywer, teoretikus, aforis, dagboekskrywer, kabarettis én digter. Trouens, hy is besonder veelsydig en die afgelope paar jaar het hy ʼn paar aangrypende sonnette gepubliseer. Sy gedigte het in alle waarskynlikheid nog nie genoegsame kritiese aandag geniet nie, omdat ons binne die Afrikaanse letterkunde so genre-bewus is. Die digters staan aan die een kant; die prosaïste aan die ander kant. Dit is egter so dat vele groot skrywers – ʼn mens dink hier onwillekeurig aan Borges – beide genres met gemak en geesdrif bedryf.

Die jongste bundel staan in die teken van “afskeid en vertrek”, maar ons vind nie hier ʼn sentimentele bestekopname nie. Die gedigte is ʼn terugkyk op ʼn lewe en jeugherinneringe aan “Rust-mijn-ziel” word in verskeie verse, sonnette en veertienreëlige verse, onder die loep geneem. Die verskillende fases van die ervaringe op ʼn plaas soos bakdag, slagdag, skeertyd, ensomeer word in die gedigte bewaar soos die afstof van kiekies en daarmee saam, herinneringe aan ʼn vervloë tyd. Daar is humor soos in “Bakdag” met sy Bybelse verwysing én seksuele toespeling. Maar vele van die mense is reeds oorlede soos ons verneem:

 

Almal is dood, net ek is nog hier,

om ʼn plaas en sy vreugdes met woorde te vier

 

(12, “Slagdag op Rust-mijn-ziel”).

 

Die tematiek van vreugde en die gedagte van die “carpe diem” is iets wat ons terugvind in die kortverhale en ʼn navorser behoort uit te wys in welke mate Aucamp die ervaring van die gay-mens, in al sy geledinge, sonder skuldgevoelens beskryf het. Die mens se lot (fata) word in die gedig oor skeertyd verbind aan Jason se goue vlies. Daar is ‘n huldeblyk aan Topsi Venter, daardie priesteres van kookkuns en “Spyskaart” (18) is vir enige kosskrywer ʼn les van hoé om dit te doen! Die nostalgie kom aan bod, maar sonder verwyt of verdriet:

 

Trek daar ʼn nárook waar ons vure was?

En is die slaggoed vanjaar weer mooi deurwas?

 

(“Vlei toe op ʼn winterdag”, 19)

 

Reuke, smake én sig rig die verse sodat die leser ingetrek word in ʼn ou, vergange wêreld. Maar terselfdertyd word verse ook iets méér: hulle vra vir ʼn dieper, selfs psigoanalitiese lees soos “Snuf in die neus” (20) en die aangrypende “Ma se resepteboek” (14) met sy kelders en ʼn kosboek as dagboek. Die gevoel van rus, selfs die numineuse, word geaktiveer in “Hoekbaken” (21):

 

Ek leun teen die hoekpaal, my hart klop sterk:

Hiér vind ek heiligheid, hier is my kerk.

 

wat weer inspeel op Coenie de Villiers se bekende lied. Die hele bundel aktiveer ʼn Derrideaanse spanning tussen absence en presence met die gedig wat telkemale alles behou.

 

Heerlike, aardse humor vind ons in die volgende “Boeretroos” (30):

 

 

Die voorbok mors met sy ghitaar,

die vedel is uit wans,

maar dit hou niemand teë nie

in die papkoejaweldans. (30)

 

Hier speel Aucamp natuurlik in op die punt-digte van A.G. Visser wat Van Wyk Louw later moes erken, belangriker is as wat hy aanvanklik geoordeel het. (Kyk afdeling III). Waar Aucamp dikwels meer verliteratuurd gedig het, gee hy nou in hierdie laatwerk meer aandag aan die natuur (“Geen kunstenaar kan beeldhou / soos die oernatuur”, 34) wat ʼn aweregse gesprek word met TT Cloete se pragvers “God die digter” en weer Neruda aktiveer. 1. “Die sneeu van voorverlede jaar” (35) speel in op Villon en Uys Krige. In kort spitsverse (wat apart gelees kan word of as onderafdelings van die gedig) ontluister hy die gang van sake en hoe die ouderdom mense en kunstenaar ontmasker:

 

 

Diva

 

 

Op haar dag ʼn groot sopraan

wat tierelier en kweel,

maar tyd, die wrede rower,

het haar talent gesteel (36).

 

Die digkuns, ironies genoeg, is wel ʼn kunsvorm (anders as sang en dans) waarin die kunstenaar verbeter.  Die genoeglike “Diereriem” laat ʼn mens glimlag. Aucamp se belangstelling in die Namas, Boesmans en Himbas word verwoord in slim verse soos in “Swymelary” (44):

 

Boesmans het altoos

dwaalbos gerook

en jantwak oor ʼn misvuur

tot tinkture verkook.

 

Beelde gaan kop toe,

okkult surreëel:

En dis hoe sjamane

bestaansbreuke heel.

 

 

Netjies die “Boesman-I.D.” (47):

 

Sy handdruk teen ʼn rotswand

wou nooit ʼn grot versier;

bevestig bloot, en oor en oor;

Eenmaal was ek lyflik hier.

 

Hoe vindingryk om die Cheetah met die Koningin van die Nag te vergelyk. Gepas is daar ʼn lykdig vir George Weideman waarin die digter se geloof in – en aan sy woorde – geloof word. Die chanson – met sy refrein – “Lalie in die riete” (61) is Aucamp op sy stukke. Essensieel is hierdie vers: met die ironiese “maar swanger was sy nie” wat juis beklemtoon dat sy wel swanger was en vermoedelik vermoor is. Hier ontgin die digter die poëtikale taal tot sy uiterste met inversie, herhaling en oordrywing. En luimig word ou knorrige Barend J Toerien (“Aan Barnie ʼn paar vrae”, 62) ter take geneem oor wat nádoods gebeur. Hierom in die bundel ʼn spel met anderkant / deuskant, ʼn wete dat die finale vertrek om die draai is.

 

 

II

 

Natuurlik aktiveer so ʼn herbesoek aan die vergange wêreld altyd in die spreker tog ʼn “argeologie van triestigheid” (23), omdat daardie wêreld vir ewig verby is. Op die solders van die geheue is daar ʼn “verleefde tyd” opgesluit waarvan die spreker in die hier-en-nou bewus bly. “Eenmaal was daar Nietvoorbij” (26) word verruim met sy toespeling op Tsjechof se kersieboord.

 

 

Ou woorde word afgestof en tot nuwe lewe gewek soos beduimeld, smeuïg, adret, vedel, onverhoops, boen, tinkture, liemaak, buryn, baroe, ensomeer.

 

III

 

ʼn Bundel soos hierdie laat ʼn mens nadink oor die ars poëtika en die digter se posisie binne die kanon. Die volgende punte is tersaaklik:

 

 

1 Dit sal die leser loon om Helize van Vuuren se skitterende artikel op LitNet te lees oor laatwerk (“‘n Almanak van klippe”: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge) en haar besondere siening oor die laaste werk van ʼn digter te lees. Sy wys op die spanninge in die gemoed van die ouerwordende digter wat o.a. minder toeganklik dig of meer aandag gee aan die speelse en vreugdevolle wat ʼn digter beleef (soos by Opperman) wat terugkeer het uit die dode. By Aucamp is daar ʼn terugkeer na die jeug, die ongeskonde plaaslewe en ʼn bestekopname soos hy dit verwoord in “Nature morte” op bladsy 8:

 

Die ware stillewe

is ʼn essay:

altyd metafisies, altyd

deurtrokke van sterflikheid.

 

 

2 Die gesiene kritikus Frank Kermode se An appetite for poetry is eweneens hier tersaaklik: hoe ʼn digter in wese ʼn besondere wyse van lees (en interpretasie) opeis. Trouens, die titel verwys na Valéry se uitspraak dat daar mense is wat die literatuur bestudeer, wat geen aptyt (smaak) of sal ons skryf, smoel het daarvoor nie, maar tog oordele uitspreek. Aucamp se vormbeheer imponeer hierdie leser en die outo-gesprek met temas al aangespreek in die kortverhale verruim die bundel. Ek bewonder vormbewuste digters soos Aucamp en Daniel Hugo, wat die aard van die digvorm ken en eiewys toepas. 

 

3 In Van Wyk Louw se bekende essay “Geestigheid in die poësie” verwys hy na die kelk-vaas-urne beelde in Visser se digkuns wat my laat besluit het dat ʼn mens na hierdie gedigte van Aucamp as ʼn urne kan verwys (1972: 116).

 

Die oorgang tussen lewe en dood word met nuwe beelde gelaai in die slotvers:

 

Aandlied

 

Dood kom oor die bulte,

ʼn ou man in ʼn kros,

en hy is in die leegte

moet ek my pen laat los

En eers ons padkos regkry

-die ou sal honger wees, gewis -

twee flessies duineheuning,

ʼn broodjie en ʼn vis.

 

Die bundel word opgedra aan Johann de Lange.

 

 

Joan Hambidge is professor in Afrikaans & Kreatiewe Skryfwerk aan die UK.

 

Oktober 2012

 

Bronne:

 

Frank Kermode. 1990. An appetite for poetry. Essays in literary interpretation. Londen: Fontana Press.

 

N.P. van Wyk Louw. 1972. Opstelle oor ons ouer digters. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Helize van Vuuren: http://www.litnet.co.za/Article/n-almanak-van-klippe-laatwerk-en-breyten-breytenbach-se-die-beginsel-van-stof-laat-verse  (Besoek 3 Oktober 2012).

 

 

Endnote:

 

1. T.T. Cloete (geb. 1924)  

God die digter

Chili is deur ‘n digter gemaak – Neruda

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie

as in die letterkunde en baie meer poësie

in die miskruier in die toktokkie

in die meteorologie en entomologie

in die moremis en in die bergpiek

die horison wat in die hemel wegraak

in die rooswolk is daar baie meer liriek

  die aarde is deur ‘n digter gemaak.

 

 

 

Delphine Lecompte. Spiets een broer…

Monday, October 8th, 2012

Spiets een broer en maak het goed met een bij

 

De eerstgeboren klompenmakerzoon boetseert

Zuchtend een zeegod

Wanneer hij de drietand toevoegt

Denkt hij aan zijn jongere broer

Hij denkt: ‘Overspelige poppenkastbouwer,

Ik zal je, ik zal je… Spietsen zal ik je!!!’

 

Na zijn moordzuchtige gedachten wordt

De oudste klompenmakerzoon gestoken

Door een bij, het is de tweede keer

Het doet meer pijn deze week

Toch besluit hij het zelfmoordinsect

Een gepaste begrafenis te geven.

 

Eerst een kistje zoeken

De ouwelijke klompenmakerzoon strooit

Oorstaafjes op de badkamervloer

Nu heeft hij een grafkist

Maar er is niemand om mikado te spelen

Al zijn dochters en zijn enige zoon wachten

Op  skilessen in een Beiers oord.

 

De begraafplaats ligt naast het parkeerterrein

Van een afgebrande matrassenwinkel

Het is nacht en er is een kat te zien

De slechte klompenmakerzoon gooit grint naar haar

Een toevallige stroper is bereid een lofrede af te steken.

 

De stroper is welsprekend en origineel

Hij vermijdt honing en genade

Hij vermeldt strepen noch ijver

Na de begrafenis pleegt hij niettemin zelfmoord

Hij had twee goede redenen

Ze vormden een  paar.

 

© Delphine Lecompte. 2012

Louis Esterhuizen. Roel Richelieu van Londersele skryf beste Vlaamse gedig in 2011

Monday, October 8th, 2012

Oor die Vlaamse digter Roel Richelieu van Londersele (foto) het ek al vantevore my waardering uitgespreek. Nie net was sy bundel, Tot zij de wijn is, een van my gunstelingbundels in 2009 nie, maar die gedig “Mats” wat daarin opgeneem is, is in dié jaar ook aangewys as die beste enkelvers uit die vyf genomineerde bundels vir die Herman de Coninck-prys in 2009. (Paul Bogaert het uiteindelik die prys ingepalm met sy bundel Slalom soft.)

Nou is dit egter bekend gemaak dat Van Londersele nóg ‘n belangrike prys ingepalm het met sy gedig “Alzheimer” wat April verlede jaar in Het Liegend Konijn verskyn het.  Dié gedig is naamlik met die Melopee-poësieprys bekroon as synde die beste gedig van verlede jaar. Die prysgeld beloop € 2,500 en die finale beoordeling is gedoen aan die hand van 21 genomineerde gedigte.

Ander digters van wie daar gedigte genomineer was, is: Miriam Van hee, Aleidis Dierick, Ann Van Dessel, Leonard Nolens, Peter Drehmans, Jo Gisekin, Stijn Vrancken, Hans Claus, Hervé J. Casier, Delphine Lecompte, Christiaan Germonpré, Fernand Lambrecht, Luuk Gruwez, Anton Gerits, Christina Guirlande, Y.M.Dangre, Cees Nooteboom, Paul Meeuws, Stefaan Hertmans en Menno Wigman.

Om dan as wenner onder dié uitgelese groep aangewys te word, is inderdaad ‘n besonderse prestasie.

Oor hierdie unieke prys (en metode van beoordeling) het die organiseerders die volgende te sê gehad: “De Melopeepoëzieprijs is uniek in zijn soort en onderscheidt zich van de andere prijzen doordat er niet met inzendingen wordt gewerkt. De jury put namelijk uit de poëzie die werd gepubliceerd in onze literaire tijdschriften. Zodoende worden jaarlijks honderden en honderden gedichten onder het vergrootglas bekeken. Elk jurylid selecteert 21 gedichten en geeft aan elk gedicht zijn punten. Er wordt puur rekenkundig gewerkt en dus zonder deliberatie, dit om elke beïnvloeding te voorkomen en om onafhankelijkheid te verzekeren.”

Graag plaas ek dan ook die beroordelingsverslag soos dit deur professor Frans-Jos Verdoodt, voorsitter van die bekroningskomitee, tydens die oorhandiging verlede week voorgelees was.

Die prysoorhandiging

Die digter en Frans-Jos Verdoodt

“Van Londersele heeft met zijn gedicht ‘Alzheimer‘ het pijnlijke woord voor deze erge, fysische en psychische kwaal niet geschuwd. En toch is zijn poëtisch verhaal ontdaan van elke sentimentaliteit. Het overstijgt daardoor de menselijke anekdote en verheft zich op een universele hoogte. Op die hoogte vervlecht de pijn van het afwezige zich op sublieme wijze met een eenzame sfeer, waarin alles vervreemding is, onbereikbaarheid, anonimiteit, afwezigheid. De dichter drukt dat treffend uit door de herhaling van het woordje ‘niets’: er ligt niets in de zeef van de dag, niets nadert. En ook door de metafoor van het averechtse landschap:’ de bomen groeien uit elkaar, de wilgen staan niet meer bij de beken…’

Aan gedichten (en dus aan dichters) wordt vaak hun complexiteit verweten en hun geslotenheid, hun onbereikbaarheid, hun hermetisch woordgebruik.

Welnu, het gedicht van Richelieu Van Londersele overtuigt net door zijn toegankelijkheid. En toch staat die toegankelijkheid niet in de weg voor dit subtiele thema en voor de afstandelijkheid die hier noodzakelijk is. Dit alles volstrekt zich in de omvang van de nauwelijks negen verzen die dit winnende gedicht lang is. Ik prijs zijn meesterschap.”

Ten slotte volg die bekroonde vers hieronder. Gaan lees gerus ook die onderhoud wat in 2010 vir Versindaba met Roel Richelieu van Londersele gevoer was.

***

Alzheimer

 

er ligt niets in de zeef van de dag

geen spijker, geen hand, geen boek

hij loopt langs de rand van zijn terugkeer

op zoek naar geleefd en geliefd

 

en niets nadert, het gras weigert,

zand rukt op, bomen groeien uit elkaar,

de wilgen staan niet bij de beken

 

hij, de roeier, verlangt naar water:

stroomopwaarts ligt de stad van zijn geheugen

 

(c)  roel richelieu van londersele

 

 

Amanda Lourens. Lodewyk XVII en Victor Hugo se hemelpoorte.

Friday, October 5th, 2012

Die onlangse gebeure in ons land – opstand, bloedvergieting, onderdrukking en daarmee saam ’n goeie skoot populistiese opportunisme – het my laat dink aan die waterskeidingsopstand wat die einde van die ou orde aangekondig het: die Franse Revolusie.  En dit is moeilik om hierdie gebeure te kontempleer sonder dat die figuur van die laaste Franse koningin by jou opkom. 

Die lewe van Marie Antoinette is moontlik in ons eie tyd ’n ietwat afgesaagde verhaal met nie al die elemente daarvan werklik verifieerbaar nie – soos die welbekende staaltjie van ’n jong Wolfgang Amadeus Mozart wat tydens sy besoek aan die Habsburgse vorstehuis onderneem het om eendag met haar te trou.  Die berugte uitspraak dat die verhongerde Franse burgers koek moet eet, is volgens die biograaf Antonia Fraser histories foutief, en kan volgens Fraser eerder herlei word na Marie-Therese, eggenote van Louis XIV.  Ander bronne reken weer dat Jean-Jacques Rousseau die skepper van hierdie berugte woorde was, naamlik in sy outobiografiese werk van 1782, waarin hy verwys na ’n onbekende “groot prinses”: “Enfin je me rappelai le pis-aller d’une grande princesse à qui l’on disait que les paysans n’avaient pas de pain, et qui répondit: Qu’ils mangent de la brioche.”  Volgens die Fraser berus die koek-eet-mite in der waarheid ook op ’n foutiewe vertaling uit die (waarskynlike) oorspronklike Frans, naamlik “Qu’ils mangent de la brioche“, wat letterlik “ryk, geel broodrolletjie”  beteken.

Ongeag die werklike oorsprong van hierdie uitspraak, dui die geesdrif waarmee die “koek-eet-mite” deur die geskiedenis oorgedra is, op die geweldige mag van propaganda en populistiese opsweping waarvan die Franse koningin ongetwyfeld ’n slagoffer was, naas haar eie tekortkominge.  Wanneer ’n volk honger genoeg is, maak hulle die heersers tot monsters (of tot groter monsters) deur die mag van mitevorming.

’n Biograaf soos Evelyne Lever bied ’n karakterskets van die Oostenryks-gebore koningin as oppervlakkig, nie-intellektueel en plesiersoekend, maar tog in haar meer volwasse jare ’n toegewyde ma en aristrokraat met ’n onwrikbare geloof in die absolute gesag van die monargie, alhoewel sy self min politieke ambisies gehad het (maar deur haar magtige Oostenrykse familie geboelie is om invloed te bekom).  Uiteindelik was Marie Antoinette se  ondergang waarskynlik die gevolg van die tragiese saamloop van verskeie faktore, maar waarvan haar eie gebrek aan insig in die veranderende Frankryk tesame met ’n kragtige propaganda-aanslag teen haar, die belangrikste was. 

Natuurlik het die vraag by my opgekom of die Franse koningin dan volkome insigloos was, en nooit enige poging aangewend het om haar openbare beeld te verander nie.  Klaarblyklik het sy wel pogings aangewend om die openbare persepsie van haar as die ydel, promiskue verkwister en manipuleerder te verander deur haarself as toegewyde moeder te posisioneer (wat sy klaarblyklik wel ook was).  Dit mag dan ook wees dat Marie Antoinette, veral teen die agtergrond van jare van openbare vernedering vanweë haar onmag om swanger te raak, gereken het dat ’n fokus op haar as moeder haar openbare beeld kon verbeter. Die kunstenaar Elisabeth Vigée-Le Brun se dienste is dus bekom om die koningin spesifiek as moeder te skilder. 

 

Marie Antoinette en haar kinders, 1788

In hierdie ikoniese skildery is Marie Antoinette saam met haar kinders  in Versailles.  Die portret was bedoel om haar met haar vier kinders – Madame Royale,  die kroonprins, Lodewyk-Karel en Sophie-Béatrix – uit te beeld.  Sophie is egter oorlede voor die portret voltooi is en dus is die wieg leeg. 

Tydens haar kort verhoor voor die Revolusionêre Tribunaal in Oktober 1793 was die skokkendste taktiek wat teen haar ingespan is, juis om haar integriteit as moeder te bevraagteken, en wel deur bewerings van ’n bloedskandige verhouding met haar seun wat op daardie tydstip slegs 8 jaar oud was.  Die jong kroonprins, wat na Louis XVI se teregstelling saam met die res van sy gesin in die tempeltronk aangehou is, het meegedoen aan hierdie mitevorming: Hy het naamlik getuig dat daar ‘n bloedskanige verhouding tussen hom en sy moeder was; ook is sy tante by die bewerings betrek.  Die jong prins is waarskynlik deur revolusionêre bewakers voorgesê, maar nietemin was die kind se verraderlike getuienis die deurslag wat die koningin na die guillotine gestuur het. Sy suster, Marie-Thérèse het wel in haar moeder se guns getuig en haar broer se getuienis as leuens bestempel, maar die mite het reeds wortel geskiet: l’Autrichienne, wat reeds gebrandmerk is as permissief en spandabel, was ook skuldig aan bloedskande.

Die hedendaagse populêre geskiedenis se bemoeienis met Marie Antoinette eindig gewoonlik met haar laaste oomblikke, en die afbeelding van haar in ’n eenvoudige wit rok en kappie voor sy die trappies na die skavot betree het, is moontlik die laaste raam in die populêre narratief.

Maar tog is die gebeure na haar dood, en veral die geweldige trauma wat haar twee kinders beleef het, eintlik ’n veel meer aangrypende tragedie as die lewe en sterwe van die koningin.   

Die jong prins, Lodewyk-Karel, was haar enigste oorlewende seun na die oorspronklike kroonprins op sewejarige ouderdom oorlede is ná ’n uitgerekte siekte.  Eweneens was Marie-Thérèse die enigste oorlewende dogter na Sophie as baba dood is.  Volgens Evelyne Lever se biografie was die jong Marie-Thérèse ’n onaangename en hovaardige meisietjie, maar Marie Antoinette het dit goedgedink om ’n burgerlike kind van dieselfde ouderdom, Ernestine de Lambriquét, saam met die prinses te laat grootword en te laat onderrig.  Daar was spekulasie dat Ernestine (so gedoop deur Marie-Antoinette nadat sy die kind in haar sorg geneem het) in werklikheid Lodewyk XIV se buite-egtelike dogter by ’n kamermeisie was, maar daar is nie historiese bewyse wat hierdie feit ondersteun nie.  Eerder was Lodewyk volgens alle bronne volkome toegewy aan Marie Antoinette en sy religieuse oortuigings. 

Die hartseer verhaal van die jong Lodewyk-Karl word baie knap deur Naòmi Morgan in ’n 2007-artikel in Literator weergegee. Die seun is na sy ouers se dood onder uiters swak omstandighede in die Tempeltronk aangehou. Hy en sy suster is alle kontak met mekaar verbied, en Marie-Thérèse is ook nie toelaat om sy lyk uit te ken toe hy op 8 Junie 1795 op tienjarige ouderdom weens tuberkulose oorlede is nie. 

Na die jong prins se dood het daar egter talle gerugte die rondte begin doen, waaronder dat hy nooit gesterf het nie, maar ná Robespierre se val deur sy nuwe, simpatieke bewaarder in ’n wasgoedmandjie uit die Tempeltronk gesmokkel is.  Ook het die gerug ontstaan dat hy dood is, maar dat sy plek deur ’n ander kind ingeneem is.  Deur die jare het talle persone dan ook na vore getree wat beweer het dat hulle die verlore prins is, en oor hierdie aanspraakmakers skryf Morgan dan ook baie onderhoudend in haar artikel.  Volgens oorlewering het Marie-Thérèse lewenslank bly twyfel of haar broer werklik gesterf het, maar nietemin het sy tot met haar eie dood geweier om enige van die aanspraakmakers te ontmoet.

 

Lodewyk-Karel, portret deur Kucharski

 

Interessant genoeg het die The British Medical Journal van 3 Oktober 1891 asook van 8 Julie 1893 heelwat redes aangevoer waarom die kind wat in die tempeltronk gesterf het, moontlik nié die kroonprins was nie: Die vrou van burger Simon, die prins se republikeinse “voog”, het getuig dat sy gesien het hoe ’n ander (ragitiese) kind in die Tempeltronk ingebring word.  Daarbenewens is twee artse, ene Dessault en Choppart,  na die kind gebring.  Albei artse is enkele dae na hulle besoek oorlede, en daar is gespekuleer dat Dessault die kind se vals identiteit aan die kaak wou stel.  Nóg ’n arts, Doublet, is daarna geneem om na die seun om te sien, maar is ook kort na die besoek dood.  Voorts wys beide artikels daarop  dat die gedetaillerde verslag van die artse wat die lykskouing uitgevoer het – Pelletan, Dumangin, Jeanroy en Lassus – geen melding maak van die prins se naelbreuk nie.  Hierdie breuk is eksplisiet in Junie 1793 in ’n verslag van die konsul-generaal van Parys vermeld:  “The Council of the Temple reports that the son of the prisoners has a hernia, and submits a proposal made by the medical officer who has examined him that he should be attended by Citizen Piplé, bandage-maker.”

Die raaisel rondom Lodewyk-Karel se lotgevalle is uiteindelik in 2000 opgelos.  Wetenskaplikes het eers DNS van Karl Wilhelm Naundorff, die mees prominente aanspraakmaker dat hy die verlore prins is, vergelyk met DNS van twee lewende familielede van die ware kroonprins – prinses Anna van Roemenië en haar broer, André de Bourbon-Parme.  Daardeur is gevind dat Naundorff se oorskot nié die van Lodewyk XVII kon wees nie.  Verdere DNS-toetse op haarlokke van twee tantes van die jong Lodewyk-Karel, asook van Marie Antoinette self, het die bevindinge bevestig.  Daarna kon wetenskaplikes voortgaan om toetse uit te voer op die versteende hart wat toe reeds vir meer as 200 jaar as relikwee rondgeswerf het, en vermoedelik die hart van Lodewyk XVII is wat op die dag van sy dood deur Pelletan verwyder is. Twee onafhanklike laboratoria het die mitochondriale DNS vergelyk met die genetiese sekwensie van Lodewyk se familielede, en die resultate bied sterk aanduidings dat die hart wel die jong Lodewyk s’n was.  Die hart is oplaas in 2004 in Saint-Denis te ruste gelê.

Maar steeds is daar die skeptici.  Sommige beweer dat die hart in werklikheid dié was van die eerste kroonprins wat reeds in 1789 gesterf het, alhoewel historici daarop wys dat die twee koningskinders se harte op verskillende maniere verwyder en gebalsem  is.  En immers het die genetiese toetse slegs bewys dat die eienaar van die hart en Marie Antoinette wel familie van mekaar was. 

Die historikus Philippe Delorme, outeur van L’affaire Louis XVII [Louis XVII: the Truth] en organiseerder van die genetiese toetse, maak dan die uitspraak dat die gruwelike feite van die ongelukkige prinsie se lewe mense wil laat glo dat daar ’n gelukkige einde móét wees – dat mite oorneem wanneer die werklikheid te brutaal is. 

En só wil dit dan lyk asof die mite telkens in die geskiedenis wil seëvier: hetsy om die volk se haat vir ’n uitlandse koningin te artikuleer (en by proxy selfs hulle woede vir hulle eie impotente jong koning), of om die volk se beskaamdheid by die besef van die onreg wat aan ’n kind gedoen is, te wil bedek. 

Dit is dan op hierdie punt dat ek die (lang) gedig wil aanhaal waarin Victor Hugo die dood van die prins op ’n ander manier tot mite maak – naamlik deur hom in die hiernamaals as koning voor te stel, sy lyding soortgelyk aan dié van Christus, en só sin aan die kind se verskriklike lot probeer gee.  (Of ons hierdie soort romantiese mitevorming durf aanvaar, is waarskynlik ’n vraag wat nie in ons eeu tuishoort nie.) 

 

King Louis XVII (an ode)

Vertaling: Dublin University Magazine
(“En ce temps-la du ciel les portes”, 1822)


The golden gates were opened wide that day,
All through the unveiled heaven there seemed to play
Out of the Holiest of Holy, light;
And the elect beheld, crowd immortal,
A young soul, led up by young angels bright,
Stand in the starry portal.

A fair child fleeing from the world’s fierce hate,
In his blue eye the shade of sorrow sate,
His golden hair hung all dishevelled down,
On wasted cheeks that told a mournful story,
And angels twined him with the innocent’s crown,
The martyr’s palm of glory.

The virgin souls that to the Lamb are near,
Called through the clouds with voices heavenly clear,
God hath prepared a glory for thy brow,
Rest in his arms, and all ye hosts that sing
His praises ever on untired string,
Chant, for a mortal comes among ye now;
Do homage–”‘Tis a king.”

And the pale shadow saith to God in heaven:
“I am an orphan and no king at all;
I was a weary prisoner yestereven,
My father’s murderers fed my soul with gall.
Not me, O Lord, the regal name beseems.
Last night I fell asleep in dungeon drear,
But then I saw my mother in my dreams,
Say, shall I find her here?”

The angels said: “Thy Saviour bids thee come,
Out of an impure world He calls thee home,
From the mad earth, where horrid murder waves
Over the broken cross her impure wings,
And regicides go down among the graves,
Scenting the blood of kings.”

He cries: “Then have I finished my long life?
Are all its evils over, all its strife,
And will no cruel jailer evermore
Wake me to pain, this blissful vision o’er?
Is it no dream that nothing else remains
Of all my torments but this answered cry,
And have I had, O God, amid my chains,
The happiness to die?

“For none can tell what cause I had to pine,
What pangs, what miseries, each day were mine;
And when I wept there was no mother near
To soothe my cries, and smile away my tear.
Poor victim of a punishment unending,
Torn like a sapling from its mother earth,
So young, I could not tell what crime impending
Had stained me from my birth.

“Yet far off in dim memory it seems,
With all its horror mingled happy dreams,
Strange cries of glory rocked my sleeping head,
And a glad people watched beside my bed.
One day into mysterious darkness thrown,
I saw the promise of my future close;
I was a little child, left all alone,
Alas! and I had foes.

“They cast me living in a dreary tomb,
Never mine eyes saw sunlight pierce the gloom,
Only ye, brother angels, used to sweep
Down from your heaven, and visit me in sleep.
‘Neath blood-red hands my young life withered there.
Dear Lord, the bad are miserable all,
Be not Thou deaf, like them, unto my prayer,
It is for them I call.”

The angels sang: “See heaven’s high arch unfold,
Come, we will crown thee with the stars above,
Will give thee cherub-wings of blue and gold,
And thou shalt learn our ministry of love,
Shalt rock the cradle where some mother’s tears
Are dropping o’er her restless little one,
Or, with thy luminous breath, in distant spheres,
Shalt kindle some cold sun.”

Ceased the full choir, all heaven was hushed to hear,
Bowed the fair face, still wet with many a tear,
In depths of space, the rolling worlds were stayed,
Whilst the Eternal in the infinite said:

“O king, I kept thee far from human state,
Who hadst a dungeon only for thy throne,
O son, rejoice, and bless thy bitter fate,
The slavery of kings thou hast not known,
What if thy wasted arms are bleeding yet,
And wounded with the fetter’s cruel trace,
No earthly diadem has ever set
A stain upon thy face.

“Child, life and hope were with thee at thy birth,
But life soon bowed thy tender form to earth,
And hope forsook thee in thy hour of need.
Come, for thy Saviour had His pains divine;
Come, for His brow was crowned with thorns like thine,
His sceptre was a reed.”

 In ’n volgende inskrywing kyk ek weer na die lewe van Madame Royale, en die mites wat rondom Lodewyk XVII se oudste suster ontstaan het.  

 

Bronne

 

Fraser, A. 2001. Marie Antoinette: The journey. N.A. Talese/Doubleday.

Jehaes E., Decorte R., Peneau A., Petrie J.H., Boiry P.A., Gilissen A., Moisan J.P., Van den Berghe H., Pascal O., & Cassiman J.J. 1998. Mitochondrial DNA analysis on remains of a putative son of Louis XVI, King of France and Marie-Antoinette.Europen Journal of Human Genetics 6(4): 383-395.

Jehaes, E., Pfeiffer, H., Topak, k., Decorte, R., Brinkmann, B. & Cassiman, J.J. 2001.  Mitochondrial DNA analysis of the putative heart of Louis XVII, son of Louis XVI and Marie-Antoinette. Europen Journal of Human Genetics 9(3): 185-90.

Heart of Louis XVII gets royal funeral. 2004.
http://www.chinadaily.com.cn/english/doc/2004-06/03/content_336254.htm [3 Maart 2004]. 

Lever, E. 2001. Marie Antoinette: The last queen of France. St. Martin’s Press.

Morgan, N. 2007. Van Tempeltronk tot katedraal: die kruisweg van Lodewyk XVII.  Literator 28(2): 47-69.

The fate of Louis XVII. 1891. British Medical Journal 2(1605): 759-760.

The death of Louis XVII 1893. British Medical Journal 2(1697); 86.

 

Philip de Vos: Goodbye and Hello

Friday, October 5th, 2012

Vanoggend vroeg het ek skielik aan Athol Fugard gedink, maar nie dat ek eintlik veel van hom of sy werk weet nie, maar dit is ook maar net ’n bietjie om ander mense te beïndruk met my formidabele kennis wat eintlik maar ’n bietjie vlak lê. En hierdie opening-sin is maar net daar omdat ek op skool geleer het dat opstelle ’n begin en ’n middel en ’n einde moet hê. En die joos alleen weet waarom hierdie goeters uit ons kinderjare opstelle genoem is. En die Engelse woord compositions klink nog meer belaglik, want Beethoven se 5de is moontlik ’n composition, maar ek twyfel of My dag op die Plaas, waarvoor mens in elk geval 4 uit 10 gaan kry, die woord gestand kan doen.

En al klaar kom ek agter dat ek aan die afdwaal is, maar vir iemand soos ek met AADD (Adult Attention Deficit Disorder) vir die oningeligtes wat dalk nie weet wat hierdie afkorting beteken nie, het ek ook sommer ’n paar minute bespaar en hoef hulle nie sommer die woordeboeke nader te sleep nie.

O ja, Athol Fugard. Ek het darem al ’n paar van sy titels gehoor al het ek nie die toneelstukke gesien nie. En dis alles te danke aan Kaapstad se destydse Space-teater in Langstraat. Ek onthou nog Boesman en Lena en natuurlik Hello and Goodbye, maar in vandag se geval is dit miskien liewers ’n geval van Goodbye and another Hello na my stilte van die afgelope paar maande. Tog voel ek ook vandag half en half soos die Bybelse Lasarus en ek weet nie of hierdie Nuwe Testamentiese skepsel werklik iets te sê gehad nadat hy weer opgewarm is nie.

In my geval, gaan dit seker baie min wees. Baie min oor die letterkunde, maar oor ander dinge miskien so ’n bietjie. En sommer om te wys hoe slim ek is, kan ek sommer so dan en wan ’n versie aan die einde van die blog indruk, met die hulp van die internet natuurlik.

Ek twyfel of ek vandag verder as hierdie inleiding gaan kom, want ek het my die afgelope vier maande kapot gewerk aan ’n radio-reeks Mozart – die Musiek en die Mens. En hierdie eerste inskrywing is dan ook sommer onbeskaamde advertensie vir dié reeks wat op Sondae vanaf 7 Oktober tussen 10:00 en 11:00 soggens op die RSG-sender 100 – 104fm) vir 13 weke uitgesaai gaan word.

 

 

Dit was my eerste paragraaf. Die middel en die einde, plus ’n versie aan die einde kom hopelik eendag later.

 

 

Delphine Lecompte. Weer bijen

Friday, October 5th, 2012

Weer bijen

 

Opnieuw een gedicht over de bijensterfte

Die mijn surrogaatvader de das

Heeft omgedaan

Ik heb hem geholpen

Met de verbranding van zijn korven.

 

Zijn naam?

Wil ik niet prijsgeven

Het was een betere naam dan Arie

Maar minder decadent dan Dorian

Hij was 37 toen al zijn bijen omkwamen.

 

Mijn leeftijd?

Toen hij 37 was mocht ik

Nog niet alleen onder het prikkeldraad

In de duinen om bramen te plukken

Dus ging ik met mijn nicht.

 

Ik heb mijn nicht voorgesteld aan de imker

Hij werd verliefd

Zij ging akkoord met zijn plan

Om sinistere substituten de mond te snoeren

Met vergiftigde honingkoeken.

 

Hun gekonkelfoes was een splinter

In mijn milt, in mijn hart,

In mijn liesplooien vooral

Wat doet een misantropisch pseudoweeskind

Onder de lekkende radiator van afwijzing verdreven?!

 

Ik kon niets anders bedenken

Dan bijenmoord met een sproeier

Mijn surrogaatvader heeft mij nooit verdacht

Hij beschuldigde mijn nicht

Ze droeg de beschuldiging

Met een grootmoedigheid die laksheid was.

 

© Delphine Lecompte. 2012

Louis Esterhuizen. Den Haag pronk vir Antjie Krog se verjaarsdag

Friday, October 5th, 2012

Later vandeesmaand, op 23 Oktober, vier Antjie Krog (foto) haar 60ste verjaarsdag en om dié feesvieringe verder aan te wakker is ‘n spesiale geleentheid vir haar in Den Haag se Centrale Bibliotheek gereël vir volgende week Woensdag, 10 Oktober. Die instansies wat hiervoor verantwoordelik is, is: Writers Unlimited, Tijdschrift Tortuca (met Peter Swanborn en vertaler Robert Dorsman as redakteurs), Poetry International en die Bibliotheek Den Haag; met finansiële steun deur Uitgeverij Podium, LIRA Fonds, Fonds 1818 en die Boekhandel Paagman.

Wat ‘n geleentheid! Op Poetry International se webblad word dit soos volg aangekondig: “Nederlandse dichters eren de Zuid-Afrikaanse schrijver en dichter Antjie Krog die haar zestigste verjaardag in Den Haag komt vieren. Een feestelijke avond, waarin Antjie Krog haar favoriete Afrikaanstalige gedichten voordraagt. Adriaan van Dis spreekt met haar over de positie van de dichter in Zuid-Afrika. Een keur van dichters treedt voor haar op, zoals Jan Baeke, Tsead Bruinja, Jan van der Haar, Hester Knibbe, Anton Korteweg, Raj Mohan, Christine Otten, Rob Schouten, Peter Swanborn en Ad Zuiderent. Bas Kwakman, directeur van Poetry International Rotterdam, presenteert het programma.”

So, indien jy jou volgende Woensdag in die omstreke van den Haag bevind, moet jy jou na die Centrale Bibliotheek haas; die verrigtinge begin om 20H30 en kaartjies kos € 8.00. Voor af besprekings kan gedoen word deur ‘n e-pos na Writers Unlimited te stuur.

Vanoggend sluit ek egter my blog af met die gebruiklike gedig nie. Nee, graag plaas ek die lys van Antjie Krog se toekennings soos wat dit deur Poetry International geboekstaaf is.

Indrukwekkend, inderdaad. En hoe bevoorregt is ons klein letterkundetjie nie om met digters van hierdie formaat te kan spog nie …

***

AWARDS AND PRIZES

Eugene Marais prize for the most promising young writer (1973) // Dutch/Flemish prize Reina Prinsen-Geerligs prize for most promising young writer (1976) // Rapport prize for best literary work in a particular year (1987) // Hertzog prize for the best poetry volume over three years (1990) // Pringle Award for excellence in journalism for reporting on the Truth Commission (1996) // Foreign Correspondent award for outstanding journalism (1996) // Alan Paton award for best South African non-fiction work for Country of My Skull (1999) // BookData/South African Booksellers’ Book of the Year Prize for Country of My Skull (1999) // Honourable Mention in the Noma Awards for Publishing in Africa for Country of My Skull (1999) // Award from the Hiroshima Foundation for Peace and Culture (2000) // Olive Schreiner award for prose for Country of My Skull (2000) // FNB award for best poetry volume for Down to My Last Skin (2000) // RAU prize for best book for Kleur kom nooit alleen nie (2000) // Country of my Skull named as one of the top 100 books written by Africans in the twentieth century // South African Translators Award for Best Translation in the poetry category for translation of poetry from the indigenous South African languages in Met woorde soos met kerse // South African Translator’s Award for best translation overall for Met Woorde soos met kerse // A Change of Tongue nominated as one of the top ten books of the ten years of South African democracy by South African libraries (LIASA) // Kanna Award at the Klein Karoo Kunstefees for ‘Innovative Thinking’ (2004) // Nielsen Book Data Booksellers’ Award of the Year for A Change of Tongue (2004) // Open Society Prize from the Central European University (previous winners were Jürgen Habermas and Vaclav Havel) (2006) // Protea Prize for best volume of poetry in Afrikaans (2006) // Research fellowship at Wissenschaftskolleg zu Berlin (2007/2008) // Honorary Doctorate from the Tavistock Clinic of the University of East London // Honorary Doctorate from the University of Stellenbosch // Honorary Doctorate from the University of the Orange Freestate // Honorary Doctorate from the Nelson Mandela Metropolitan University.

 

Centrale Bibliotheek, Den Haag

 

 

 

 

 

 

 

 

Delphine Lecompte. De fietsenmaker en de paardenmoordenaar

Wednesday, October 3rd, 2012

De fietsenmaker en de paardenmoordenaar

 

De fietsenmaker en de paardenmoordenaar zijn broers

Dus staan ze elkaar naar het leven

Sinds de dood van hun vader

De fietsenmaker heeft de kerststal geërfd

En de paardenmoordenaar moest genoegen nemen

Met een koffer vol heidense verkleedkledij.

 

De moeder van de tweeling is gestorven

Twee dagen na de eerste val van de fietsenmaker

Hij was nog geen fietsenmaker

En het was geen val met de fiets

Want hij had geen fiets.

 

De paardenmoordenaar die wel al beul was,

Die al veertig merries op zijn geweten had

Hij had wel een fiets

Na de dood van hun moeder heeft de paardenmoordenaar

Zijn fiets weggegeven aan een landloper met een tabberd.

 

De toekomstige fietsenmaker heeft lang gerouwd

Om de fiets van zijn broeder

Het was het begin van een obsessie

Het was een manier om niet aan zijn moeder

Te moeten denken: moeder, fiets, moeder, fiets

Fiets, moeder, fiets, fiets, fiets.

 

Op tweede kerstdag wordt de paardenmoordenaar vermoord

Door de fietsenmaker die geen woorden heeft

Voor het vergrijp van zijn broer:

De bijlrijke slachtpartij in de manege van zijn enige dochter

De fietsenmaker gebruikt een genadig wapen

Napoleontisch en proper bergt hij het opnieuw op.

 

Wanneer hij op oudejaarsavond alles bekent

Aan zijn manegeloze dochter heeft ze een woord

Voor zijn wraakactie: verbijsterend

De fietsenmaker weet niet of het een compliment is.

 

© Delphine Lecompte. 2012

Louis Esterhuizen. Ted Hughes se brief aan sy seun, Nicholas

Wednesday, October 3rd, 2012

 

Die webblad Letters of Note is ‘n besonder interessante blad in die mate dat hulle briewe versamel (en publiseer) wat volgens hulle ‘n wyer lesersgroep verdien; trouens, hulle beoog selfs om later vanjaar ‘n boek te publiseer met die vernaamste briewe uit hul versameling van meer as 804 briewe.

Die een brief wat egter my aandag getrek het, is die brief wat Ted Hughes (foto) in 1986, 23 jaar na sy vrou, Sylvia Plath, se dood geskryf het aan hul seun Nicholas wat op daardie stadium 24 jaar oud was. Oënskynlik was die aanloop tot dié skrywe Nicholas se voortslepende depressie terwyl hy op besoek in die VSA was:

Dear Nick,

I hope things are clearing. It did cross my mind, last summer, that you were under strains of an odd sort. I expect, like many another, you’ll spend your life oscillating between fierce relationships that become tunnel traps, and sudden escapes into wide freedom when the whole world seems to be just there for the taking. Nobody’s solved it. You solve it as you get older, when you reach the point where you’ve tasted so much that you can somehow sacrifice certain things more easily, and you have a more tolerant view of things like possessiveness (your own) and a broader acceptance of the pains and the losses.

Hierna volg ‘n uiteensetting van sy tydperk in die VSA, waar hy drie jaar lank saam met Sylvia Plath gewoon het. Vir hom was die tydperk soos dit sal wees om binne ‘n kous te leef; wat hy veral gemis het, was sosiale kontak. Veral met vroue, danksy Sylvia wat hom deurentyd onder oog gehou het:

It meant, Nicholas, that meeting any female between 17 and 39 was out. Your mother banished all her old friends, girl friends, in case one of them set eyes on me-presumably. And if she saw me talking with a girl student, I was in court. Foolish of her, and foolish of me to encourage her to think her laws were reasonable. But most people are the same. I was quite happy to live like that, for some years.) Since the only thing we both wanted to do was write, our lives disappeared into the blank page. My three years in America disappeared like a Rip Van Winkle snooze.

Hierna volg daar egtter ‘n passasie wat enige vader aan die keel sal beetkry; ‘n paar reëls waarin hy sy seun se onsekerheid en vertwyfeling oor die ding van “volwasse man” wees, probeer besweer:

When I came to Lake Victoria, it was quite obvious to me that in some of the most important ways you are much more mature than I am. And your self-reliance, your Independence, your general boldness in exposing yourself to new and to-most-people-very-alarming situations, and your phenomenal ability to carry through your plans to the last practical detail (I know it probably doesn’t feel like that to you, but that’s how it looks to the rest of us, who simply look on in envy), is the sort of real maturity that not one in a thousand ever come near. As you know.

Sy advies aan Nicholas is dan om juis nié die kind in hom te versmoor of beveg nie, maar om ten volle uiting te gee daaraan:

It’s something people don’t discuss, because it’s something most people are aware of only as a general crisis of sense of inadequacy, or helpless dependence, or pointless loneliness, or a sense of not having a strong enough ego to meet and master inner storms that come from an unexpected angle. But not many people realise that it is, in fact, the suffering of the child inside them. Everybody tries to protect this vulnerable two three four five six seven eight year old inside, and to acquire skills and aptitudes for dealing with the situations that threaten to overwhelm it. So everybody develops a whole armour of secondary self, the artificially constructed being that deals with the outer world, and the crush of circumstances. And when we meet people this is what we usually meet [...]Usually, that child is a wretchedly isolated undeveloped little being. It’s been protected by the efficient armour, it’s never participated in life, it’s never been exposed to living and to managing the person’s affairs, it’s never been given responsibility for taking the brunt. And it’s never properly lived. That’s how it is in almost everybody [...]Every single person is vulnerable to unexpected defeat in this inmost emotional self. At every moment, behind the most efficient seeming adult exterior, the whole world of the person’s childhood is being carefully held like a glass of water bulging above the brim. And in fact, that child is the only real thing in them. It’s their humanity, their real individuality, the one that can’t understand why it was born and that knows it will have to die, in no matter how crowded a place, quite on its own.

Aangrypend. En tragies genoeg het dié raad (en insigte) wat sekerlik telkens met verloop van tyd herhaal was, klaarblyklik nie gehelp nie, want in 2009 het Nicholas Hughes in die ouderdom van 47, selfmoord gepleeg deur homself op te hang.

Maar, gaan lees gerus die volledige brief.

By wyse van groet sluit ek af met Ted Hughes se slotparagrawe.

The only calibration that counts is how much heart people invest, how much they ignore their fears of being hurt or caught out or humiliated. And the only thing people regret is that they didn’t live boldly enough, that they didn’t invest enough heart, didn’t love enough. Nothing else really counts at all. It was a saying about noble figures in old Irish poems-he would give his hawk to any man that asked for it, yet he loved his hawk better than men nowadays love their bride of tomorrow. He would mourn a dog with more grief than men nowadays mourn their fathers.

And that’s how we measure out our real respect for people-by the degree of feeling they can register, the voltage of life they can carry and tolerate-and enjoy. End of sermon. As Buddha says: live like a mighty river. And as the old Greeks said: live as though all your ancestors were living again through you.

 

***

Nicholas Hughes

Nicholas Hughes

 

 

 

 

 

 

 

Daniel Hugo. Vertaling en die Afrikaanse Digkuns

Monday, October 1st, 2012

Voël, Perd en Bul: Vertaling en die Afrikaanse Digkuns

(Praatjie gelewer by SATI / SAVI se driejaarlikse prysfunksie vir vertalers en woordeboekmakers op 29 September 2012 by die Universiteit van Johannesburg)

Vooraf

Voordat ek by die eintlike onderwerp van my praatjie kom, eers ‘n kort woordjie vooraf.

Die graad van kulturele sofistikasie wat ‘n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde. In die Christelik-Westerse konteks word dan heel eerste gedink aan die Bybel. Dit was inderdaad ook van die heel begin af ‘n belangrike prioriteit van die mense – soos Arnoldus Pannevis en S.J. du Toit – wat Afrikaans as ‘n standaardtaal wou vestig. Met die verskyning van die volledige Bybel in 1933 is die belangrikste hoeksteen van Standaardafrikaans gelê. Maar ook die Oosterse kulturele en linguistiese bande van Afrikaans het formeel beslag gekry met die volledige oorsetting uit Arabies van Die heilige Qur’ān deur imam M.A. Baker in 1961.

Vertalings van klassieke tekste het Afrikaans se posisie as volwaardige, kultuurtaal verstewig. Die lang epiese gedigte die Ilias en die Odusseia van Homeros uit die negende eeu voor Christus word beskou as die begin van die Griekse, en daarom ook van die Europese, letterkunde. Hierdie twee werke het onderskeidelik in 1954 en 1963 in ‘n Afrikaanse prosavertaling deur J.P.J. van Rensburg verskyn. Van Rensburg was ‘n professor in Grieks aan die Universiteit van Stellenbosch en hy het ook dramas van Sophokles, Euripides en Aristophanes in Afrikaans vertaal.

N.A. Blanckenberg het klassieke tekste uit die Latynse letterkunde vir Afrikaanse lesers toeganklik gemaak met sy vertalings van Vergilius wat in 1975 en 1980 die Suid-Afrikaanse sonlig gesien het. In 2002 verskyn nog ‘n Latynse teks, die Encomium Moriae van die sestiende-eeuse Nederlandse teoloog Desiderius Erasmus, in Afrikaans as Tot lof van Dwaasheid. Erasmus se klassieke Latyn is deur J.L. de Villiers in klinkende Afrikaans omgesit.

Dante Alighieri se La Divina Commedia uit die dertiende eeu is waarskynlik die belangrikste digwerk in die Christelike wêreld. Delamaine du Toit het Die Goddelike Komedie volledig in Afrikaans vertaal as Die Hel (1990), Purgatorium (1998) en Die Paradys (2002). Vir elkeen van hierdie vertalings, met uitgebreide aantekeninge en kommentaar, is Du Toit deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon. Dante se ingewikkelde rymskema, die sogenaamde terza rima met sy “kettingryme” aba bcb cdc …, het die meeste rymende vertalings in die wêreldletterkunde onleesbaar en onbetroubaar gemaak. Du Toit het hierdie stilistiese slaggat vermy deur ‘n letterlike prosavertaling te maak. Die beroemde openingsreëls van Dante se Inferno klink nou só in Afrikaans: “Halfpad deur die reis van ons lewe / het ek my in ‘n donker woud bevind / daar ek die reguit pad byster geraak het.”

Saam met Homeros en Dante word Shakespeare altyd genoem as een van die grootste skrywers van alle tye. Die literator F.I.J. van Rensburg noem Shakespeare “een van die groot vertaaltoetsstene” vir enige taal. En hy gaan voort: “Elke literatuur probeer hom aan Shakespeare meet … Dit is vir sommige selfs ‘n prestige-saak hoeveel Hamlet-vertalings ‘n bepaalde literatuur besit.” Daar bestaan verskillende vertalings van Shakespeare se dramas in Afrikaans, maar die bestes is ongetwyfeld dié van Uys Krige. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon vir Twaalfde nag en Koning Lear.

En nou kom ek by die drie diere van my praatjie se opskrif.

 

Voël

 

Die Afrikaanse digkuns is byna 900 jaar oud en het begin met ‘n vertaling uit Latyn. Die oudste stukkie opgetekende Nederlandse poësie kom uit die tweede helfte van die twaalfde eeu. Dit klink só:

 

Hebban olla vogala

nestas hagunnan

hinase hic enda thu.

Wat unbidan we nu?

 

Dit wil sê: “Al die voëls het neste begin, behalwe ek en jy. Waarvoor wag ons nou?”

Hierdie reëls staan agterin ‘n Angel-Saksiese preekbundel wat behoort het aan die klooster van St Andrews by Rochester in Kent. ‘n Monnik het klaarblyklik sy nuwe gansveerpen op die skoon agterblad van die manuskrip uitgetoets. Hierdie sjarmante gediggie staan reg onder die Latynse reëls waarvan dit die direkte vertaling is. Dit is omstreeks 1150 neergekrabbel en het verlore gegaan, totdat die Engelse taalkundige Kenneth Sisam dit in 1932 in die universiteitsbiblioteek van Oxford (die Bodleian) ontdek het. Hy het dit dadelik geïdentifiseer as Oudnederlands. Die krabbelende en moontlik verliefde monnik was waarskynlik afkomstig uit Vlaandere.      

Omdat Afrikaans regstreeks uit sewentiende eeuse Nederlandse dialekte ontstaan het, is die Middelnederlandse letterkunde en ook hierdie Oudnederlandse reëls deel van ons literêre erfenis. Afrikaans het nie op 14 Augustus 1875 uit die blou Paarlse lug in ds. S.J. du Toit, die stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners, se skoot neergedaal nie. Afrikaans stam uit Nederlands en daarom begin ons digkuns ook met hierdie liefdesgediggie.

            Die Afrikaanse digters het van die ontdekking in die Bodleian kennis geneem en kort voor lank die reëls toegeëien. Die eerste digter wat bewustelik daarop gereageer het, was D.J. Opperman. In 1947 verskyn sy Negester oor Ninevé en die bundel open met die gedig “Ná ‘n besoek aan die dieretuin”:

 

                        Twee kraaie het hul nes gemaak

                        van stukkies draad;

 

                        en in staalkoue

                        ver van riete en riviere afgesluit

                        broei rooivinke en wildepoue

                        nog hul eiers uit;

 

                        in ysterhokke

                        ver van rantjies en langgras

                        werp ape en die waterbokke

                        nog hul kleintjies af;

 

                        net in ‘n enkelkamer ek en jy

                        van hulle vreugde afgeskei.

 

In die bloemlesing uit sy werk, Astrak van 1960, voeg Opperman die woorde “Hebban olla vogala …” as ‘n motto by die gedig. Sedertdien het talle Afrikaanse digters laat blyk dat hulle deur dié Oudnederlandse reëls geïnspireer is – te veel om nou ‘n inventaris daarvan te gee. Digters is dikwels tradisiebewuster as ander taalgebruikers. Hulle is die argivarisse én die nuutskeppers van ‘n taal.

 

Perd

 

Maar nie net die Nederlandse letterkunde beïnvloed Afrikaanse digters nie. Sedert die Britse besetting van die Kaap in 1806 sou ook die Engelse letterkunde sy invloed laat geld. En dit het al gebeur vóór die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners in 1875. F.W. Reitz was die eerste werklike digter in Afrikaans. Sy vroegste digpoging was “Klaas Geswind en syn perd” wat in 1870 in Het Volksblad verskyn het. Dit is ‘n vertaling en verwerking van Robert Burns se vermaaklike gedig “Tam o’ Shanter” van 1791.

F.W. Reitz, wat later president van die Oranje-Vrystaat geword het, het ook gedigte van Walter Scott en William Cowper in Afrikaans verwerk. Verder was hy in 1888 die eerste bloemleser van Afrikaanse gedigte wat in tydskrifte en koerante verskyn het. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Reitz die Boere se enigste aktiewe digter-te-velde. In 1910 verskyn sy Oorlogs- en andere gedichten wat verse in Afrikaans, Nederlands en Engels bevat.

Robert Burns se “Tam o’ Shanter” is in Skots en Engels geskryf. Reitz verplaas die gebeure na die sendingdorpie Suurbraak naby Swellendam in Suid-Afrika. Hy doen dit in sprankelende Afrikaans in ‘n tyd toe Afrikaanssprekendes nog hul bes probeer het om Hoog-Hollands te skryf.

Ek haal uit Burns se gedig aan:

 

                        But pleasure are like poppies spread,

                        You seize the flower, its bloom is shed;

                        Or like the snow falls in the river,

                        A moment white – then melts for ever.

 

Reitz maak daarvan:

 

                        Plesier is nes ‘n jong komkommer:

                        As jy hom pluk, verlep hy sommer;

                        Of nes ‘n skilpad in sy dop in:

                        Soos jy hom vat, dan trek hy kop in.

 

Burns se Tam ry op ‘n vaal merrieperd genaamd Meg. Sy red hom van ‘n klomp spoke en die duiwel self wat Tam agternasit toe hy een nag in ‘n beskonke toestand by ‘n begraafplaas verbyry. In Reitz se gedig word van Klaas se perd gesê:

 

                        ‘n Flukse merrie was ou Kol,

                        Al was haar rug ‘n bietjie hol.

 

Tam en Klaas word gered deurdat hul perde oor ‘n riviertjie spring, want:

 

                        ‘n Spook is nes ‘n bokkapater,

                        Hy loop nie sommer in die water.

 

Hierdie gedig van F.W. Reitz staan vandag nog in die standaardbloemlesings uit die Afrikaanse poësie. “Klaas Geswind en syn perd” kan beskou word as die tweede begin van die Afrikaanse digkuns, en net soos in die geval van die eerste begin met “Hebban olla vogala” is dit ‘n vertaalde teks.

 

Bul

 

Uys Krige (foto: Marlise Joubert)

Die digter Uys Krige is waarskynlik die beste poësievertaler in Afrikaans. Hy het ons digkuns veral verryk met vertalings uit Spaans. Krige het natuurlik ook roem verwerf as vertaler van Shakespeare. In sy studie Digters van Dertig beweer die digter en akademikus D.J. Opperman selfs: “Uys Krige se vertalings neig tot oorspronklike werk, sy oorspronklike werk tot vertalings!” Krige se beste versvertaling is waarskynlik dié van Federico Garcia Lorca se “Klaaglied van Ignacio Sanchez Mejias”. Dit het in 1950 verskyn in die bundel Vir die luit en kitaar wat sy vertalings uit die Franse en Spaanse digkuns bevat.

            In sy opstel oor Lorca sê Krige dat dié grootse gedig in vier afdelings ‘n treursang is ter ere van ‘n vriend, die groot stiervegter Sanchez Mejias, wat in 1934 in die arena deur ‘n bul gedood is. Ek haal Krige woordeliks aan: “Dis geensins ‘n loflied op die stiergeveg nie. In sy wese het dit maar min met die stiergeveg te doen. Dis ‘n treursang op die dood van ‘n vriend, ‘n vriend wat kragtig en dapper gelewe en gesterwe het en wie se lewe ‘n eenheid was. Maar dis van so ‘n geweldige poëtiese siening, van so ‘n visioenêre krag, dat dit Lorca se eie klaaglied word, die klaaglied vir miljoene mense wat ná Lorca in die Burgeroorlog en daaropvolgende Wêreldoorlog sou sterwe, ‘n klaaglied vir almal wat moedig lewe en sterwe hier op aarde.” Tot sover Uys Krige.

            Lorca het natuurlik self ‘n slagoffer van die Spaanse Burgeroorlog geword toe hy in 1936 deur aanhangers van generaal Franco doodgeskiet is.

            Uys Krige vertel in ‘n naskrif by Vir die luit en kitaar hoe sy vertaling tot stand gekom het. Dit bevat een van die merkwaardigste bekentenisse deur ‘n vertaler wat ek al ooit teëgekom het. Krige sê: “Lorca se Klaaglied het ek in 1937 – tydens die Burgeroorlog en ná Lorca se dood – vertaal. Ek het nie die minste moeite daarmee gehad nie. Dit was asof iemand anders vir my die eerste, tweede en vierdie gedigte geskrywe het. Binne ‘n halfuur was aldrie kant en klaar. Dit was ook die enigste skryfwerk wat ek nog ooit gedoen het terwyl ek onder die invloed van drank was …” Dit wil dus voorkom of “daardie iemand anders” wat die vertaalwerk namens Uys Krige gedoen het, niemand anders as die god Bacchus was nie!

            Maar alle grappies op ‘n stokkie: Krige se vertaling is waarlik meesterlik en word inderdaad beskou as ‘n wesenlike bydrae tot die Afrikaanse poësieskat. Met reg is dit sedert 2000 opgeneem in die Groot verseboek - daardie Bybel van die Afrikaanse digkuns. 

Om u ‘n idee te gee van Krige se vertaalvermoë lees ek die vierde gedig in die reeks, “Die afwesige siel”. En daarmee sluit ek af.

 

            Die bul sal jou nie ken nie nog die vyeboom,

            nog die perde nog die miere van jou eie huis.

            Die kind sal jou nie ken nie nog die agtermiddag

            want jy is dood vir altyd.

 

            Die plat kant van die leiklip sal jou nie ken nie,

            nog die swart mantel waarop jy verdelg is.

            Selfs jou eie stomme herinnering sal jou nie ken nie

            want jy is dood vir altyd.

 

            Die herfs sal kom met al sy slakkies,

            trosse van mis en saamgehurkte heuwels,

            maar niemand sal jou in jou oë wil kyk nie

            want jy is dood vir altyd.

 

            Want jy is dood vir altyd,

            dood soos al die dooies van die aarde,

            soos al die dooies wat vergeet word

            soos ‘n klomp dooie brakke in ‘n hoop.

 

            Niemand sal jou ken nie. Nee. Maar ek besing jou.

            Ek besing vir later jou gestalte en jou grasie.

            Die verhewe volwassenheid van jou begrip.

            Jou honger na die dood en die smaak van sy mond.

            En die treurigheid ten grondslag van jou manhaftige vreugde.

 

            Ons sal lank moet wag vir die geboorte, as hy ooit gebore word,

            van ‘n Andalusiër so helder, so ryk aan avonture.

            Ek besing jou swier en jou kordaatheid met woorde wat kreun

            en ek herinner my ‘n droewe wind deur die olywe.

  

© Daniel Hugo. 2012 

 

Bronne

 

Krige, Uys. 1950. Vir die luit en die kitaar. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.

Opperman, D.J. 1953. Digters van Dertig. Kaapstad: Nasou Beperk.

Opperman, D.J. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg en Human & Rousseau.

Reitz, F.W. 1978. Outobiografie & Twee en sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte.

Kaapstad: Tafelberg.

Hugo, Daniel (red.). 2009. Halala Afrikaans. Pretoria: Protea Boekhuis.