Annemarie van Niekerk. Dichter des Vaderlands

Anne Vegter/ Foto Roger Cremers
 

As mens jou land verlaat vir ’n ander een, soos wat ek byna ʼn dekade gelede gedoen het, en jy moet jou eie bed onder ’n vreemde vlag of boom of embleem of lied opmaak, voel jy maar bedremmeld. Met nie een van die nasionale tekens van identiteit kan jy jou werklik vereenselwig nie. Jy bly maar verlang na die ligroos fluweelblare van die protea, die grasie van die bok se spring, die knop wat in jou keel kom elke keer wat jy Nkosi Sikelele Afrika hoor. Jou bed bly spreekwoordelik koud.

Maar toe, op ’n dag, vind ek uit dat Nederland nie net ’n nasionale vlag, nasionale lied, klompe, windmeulens en tulpe het nie, maar ook ʼn ‘Dichter des Vaderlands’. Dit was ’n mooi dag. As ’n land ʼn behoefte aan ’n nasionale digter het sê dit iets wat die hart van iemand wat van woorde hou summier sag maak en haar bed warm. Want soos Ramsey Nasr, die pas afgetrede Dichter des Vaderlands dit stel ‘ik ken een struik van poëzie, een veilig brandend braambos / om in weg te schuilen”. Die boodskap was vir my hartverwarmend: poësie behoort hier nie net aan ’n uitgelese groepie literatuurliefhebbers nie, nee, dit behoort aan ons almal. En dit is goed om te weet.

Elke vier jaar word daar ’n nuwe Dichter des Vaderlands aangewys. In die verlede was dit deur publieke stemming, maar vanaf vanjaar is dit met benoeming van ’n kommissie, om te voorkom dat digters groot promosie-veldtogte van stapel stuur. Byna soos die Britse Poet Laureate is die funksie van die Dichter des Vaderlands om oor gebeurtenisse of sake wat van landsbelang is poësie te maak… ʼn soort digterlike volkskommentaar op dinge wat die mense na aan die hart staan.

Toe ek net hier aangekom het was Gerrit Komrij (1944-2012) die nasionale digter en het in sy termyn, behalwe vir gedigte skryf, ook ’n poësieklub gestig, die tydskrif ‘Awater’ begin en ’n sg. Sandwich-reeks waarvoor hy gedigte van beide vergete en nuwe jong digters geselekteer het. Daarna was Driek van Wissen (1943-2010) aan die beurt, gevolg deur Ramsey Nasr (1974).  Die keer toe Nasr verkies is, het meer as 20 000 mense gestem waarvan twee-derdes selfs motiverings vir hul keuses aangedui het! Ook Nasr het sy funksie mooi ingevul deur ’n CD-reeks uit te bring waarop hy ’n seleksie uit die Nederlandstalige poësie voordra, en daarby het hy ook ’n versameling verfilmde gedigte uitgebring.

Die stem van die digter mag nie eentonig of voorspelbaar word nie, elke vier jaar word ’n nuwe aangewys. Gister, Donderdag 31 Januarie, ‘Gedichtendag’, was die dag waarop die aflosstokkie weer aangegee is. Om presies 12:30 is daar aangekondig dat die Rotterdamse digter en kinderboekskrywer Anne Vegter (54) by Ramsey Nasr oorneem.  Die kommissie wat haar benoem het se verslag sluit af met die woorde: “Vanwege haar open blik en indringende taal, omdat zij een brug kan slaan naar theater en beeldende kunst en omdat ze ook kinderen voor zich zal weten te winnen, is Anne Vegter de perfecte Dichter des Vaderlands”

Tog is almal nie eens met die keuse nie, want Vegter se gedigte is meesal ontoeganklik en moeilik om te begryp. En moet ʼn digter wat hierdie rol vervul nie juis maklik verstaanbaar wees nie? Vegter se kommentaar hierop: “Ik wil als Dichter des Vaderlands graag direct begrepen worden. Daar moet ik me in oefenen. Het spannende is of ik de dichter kan blijven die ik ben.” Sal maar moet wag en sien.

Vegter neem oor by Nasr in dieselfde week wat Koningin Beatrix aankondig dat sy binnekort die aflosstokkie gaan oordra aan haar seun, Willem Alexander. Niemand was dus verbaas dat die eerste gedig wat Vegter in haar nuwe kapasiteit geskryf het, ’n gedig was oor die aangekondigde aftrede nie:

GEBED VOOR IEDEREEN

Nog trekt het zich terug als in twee vuisten, reculer pour mieux sauter.

Nog lift het vrolijk mee als op het stuur van een weesfiets, zwenkt uit.

Nog loopt het mee in de optocht van iedereen, het spreekt verdwenen taal.

Nog verstopt het zich in geluidsfragmenten, applaus en partituren.

Nog nestelt het gebed zich in het Nederlands en biedt royaal onthaal.

BENG! KLEDDERRRRR! KLENG!

Een opstelling van stokken en tomaten, stenen uit de straat, de verf.

Tongen die spugen op gebed: „Niet buigen broddah! Strek je op!”

Wereldvreemden die maar wat floepen: „Wie de staat kent, kent zichzelf.”

Nieuwe talen zingen, roepen: „Niks kebed, suster, komt niet koed.”

Daar de mening, hier de uitspraak. Het Laatste Oordeel is bankroet,

roept uit nood en overvloed. Het kruipt door puin en bloeit op stank.

Hecht zich aan honger en verruilt een koninkrijk voor voedselbank,

kijkt, verwart, merkt op. Niet schadevrij, er heerst het schrale tij.

Het lacht en lijdt maar in gelijke mate, dat is de vrijheid van de poëzie.

Bemint een land uit een verlangen naar dat land: gebed laat liefde vrij.

LEVE

majesteit boven dit krachtenveld. Zo’n spiedend oog over de dijk.

Het soort alwetendheid ten dienste van het Crisisrijk. Verheft

in majesteit saamhorigheid tot kunst. Zo dus. O lieve koningin

die levenslang het hele land voorbij zag gaan, nu mag het zomaar,

lekker zomaar in de rij gaan staan.

[Anne Vegter]

Toe Vegter gevra is wat sy beoog met haar termyn, was haar antwoord: “Dat elke Nederlander tien gedichten uit zijn hoofd kent.” En ʼn ander idee van haar is om elke seisoen ʼn gedig te publiseer wat as spreekkoor geleer kan word. En dan met behulp van ʼn regisseur filmpies te maak met instruksies, dit op YouTube te sit en dan ʼn flashmob te organiseer waarby minimaal 500 mense bymekaar gebring word. Ook wil sy poësie die klaskamer inbring, dit deel van kinders se alledaagse bewussyn maak.

Ramsey Nasr (1974) het met ʼn gedig afskeid geneem:

hier komt de poëzie

 

als je haar begint te schateren, als je blauwhuis zacht voelt naderen

als je plots dit vers verstaat, naar buiten gaat, waar alles slaapt

behalve de tuinman, die je bloemen vrolijk platspuit met zijn slang

als je paukenhart zich stilhoudt, als je lichaam langzaam afgaat

als de hele wereld dwerrelt – dan begin de poëzie.

als de zon opkomt als een insect en niets dan duizendpoten uitstrekt

als je schreeuwt uit zeven kelen, rondwandelt in brood

als je mensentaal moet bakken van de dood, pap vreet van oude peppels

als die oerknal tegenvalt, en ook je almacht doet het niet

als je pantserschild ineenstruikt – dan begint de poëzie.

dan vind je wrakhout, troost noch tweede kans

dan helpt er niets – hier zijn geen kolibrietjes uit te delen

niemand zal je leren drijven en er is geen lief dat blijft

er is alleen maar poëzie: om te loeien dat het pijn doet

deze heimwee stuk te knijpen, leeg te lopen zonder bloed.

ik ken een struik van poëzie, een veilig brandend braambos

om in weg te schuilen en ons allebei steeds verder

om de tuin te leiden. kom, ik zal je goed verwijderen.

wij horen hier niet, maar ik heb wanhoop en papier.

waar niemand ooit nog thuiskomt, daar begin de poëzie.

[Ramsey Nasr]

Alhoewel Anne Vegter se poësie soms duister kan wees, is haar idees oor die waarde van poësie helder: “In poëzie kun je het vrije denken beoefenen. In poëzie kun je radicaal en creatief zijn. Poëzie is een gereedschap om naar de werkelijkheid te kijken.”

            Sy’s reg, poësie is inderdaad ’n voertuig waarmee mens in ’n ander taalwerklikheid kom: “Onze cultuur wordt gedomineerd door een zakelijke vorm van taal, een politieke taal. De verbeelding, die ooit aan de macht zou komen, wil ik beschermen. Dat is althans het eerste waar ik belang aan hecht in mijn functie van ambassadeur van die poëzie. Vrijheid proclameren en verwarring zaaien!”

Miskien tyd vir ’n Dichter des Vaderlands vir Suid-Afrika? Klink vir my na ’n pragtige idee, om met woord en ritme ons seer land te besing, poëties te wieg wanneer saaklike en politieke woorde te kort skiet, wakker te roep as dit tyd is om te weet en te wonder. Suid-Afrika het van die mooiste digters ter wêreld, ons het die pragtigste klinkende klankryke tale, pryssangers is hier so oud soos die berge, ʼn orale tradisie wortel ons diep en kragtig in die woordkuns, en met ritme word ons gebore.  Die idee van ’n vaderlandse digter pas ons soos ’n handskoen. Of gryp ek na laaste grashalms?

Annemarie van Niekerk

ANNEMARIÉ VAN NIEKERK woon en werk in Den Haag en Amsterdam. Sy is boekresensent by Trouw, wenner van die European Newspaper Award 2012. Sy doen ook vryskutwerk vir Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte, manuskripkeuring en -redigering en vertaalwerk. Sy is medewerker by Tydskrif vir Letterkunde. Voor haar verhuising na Nederland was sy universiteitsdosent in Suid-Afrika en redakteur by Kwela Boeke in Kaapstad. Sy is die samesteller van drie verhaalbundels: Raising The Blinds – A Century of South African Women’s Stories (1990), Vrouevertellers 1843-1993 (1994) en The Torn Veil. Women’s Short Stories from the Continent of Africa (1998).

In 1999 voltooi sy haar PhD by WITS. Sy lewer verskeie bydraes tot akademiese publikasies, waaronder die mees onlangse Edinburgh University Press se “A Historical Companion to Postcolonial Literatures: Continental Europe and its Empires”. Hiervoor het sy meegewerk aan die afdelings: “The Netherlands and its Colonies”, “Anti-colonial Resistance”, “Creolisation and Creoleness”, “Critique of Imperialism/Anti-colonialism”, “Narratives of Empire”, “Race and Language in South Africa” en “Women’s Histories”.

            Annemarié se skryfstudio in Amsterdam (www.amsterdamstudio.net) was al die werk- en rusplek van skrywers/kunstenaars soos Melt Myburgh, Lina Spies, Richard de Nooy, Marita van der Vyver en Gert Vlok Nel.

 

Bookmark and Share

12 Kommentare op “Annemarie van Niekerk. Dichter des Vaderlands”

  1. Annemarie, Suid-Afrika het ‘n “poet laureate” al sedert 2007. Sy naam is Keorapetse Kgositsile. Sy doen en late bereik ongelukkig selde indien ooit die Afrikaanse media.

  2. Annemarie van Niekerk :

    Daniel, ek’s bly om te hoor dat SA ‘n volksdigter het. En veral bly om te hoor dat dit Willie (so ken ek hom) is, hy is beslis een van SA se heel beste digters. Maar dis SO jammer dat daar so min van hom in sy rol as Poet Laureate in die media tereg kom!

  3. Annemarie van Niekerk :

    Terloops, Daniel, weet jy hoe dikwels die volksdigter vervang word deur ‘n nuwe in SA? En hoe vind die stemming/seleksie plaas?

  4. Ek het nie die vaagste benul nie, Annemarie.

  5. Ek kry hierdie inligitng op die volgende blog: http://my.opera.com/Afro%20Mum/blog/

    Dit lyk vir my of die aanstelling as “Poet Laureate” deur die staat gemaak word, soos in baie ander lande. “Bra Willie” was ‘n sterk teenstaander van die vorige bewind.

    Professor Keorapetse William Kgositsile is the second National Poet Laureate in South Africa. His status as a Poet Laureate (since 8 December 2006) who received R1 million as part of the appointment sparked off a debate by politicians in 2007. It was dubbed the Clash of the Mandarins . At 70, he is a ‘lecturer’, writer and political activist. He taught at Universities of Dar es Salaam, Nairobi and Gaborone. During the apartheid era in South Africa, he went into exile in 1961 at 23 as a member of the African National Congress and remained in exile for 29 years. He left the US in 1975, where he was a significant Poet because he was one of those identified as an African Poet and was also a member of the Pan-African Movement. He married fellow activist Baleka Mbete in 1978. The name of the group The Last Poets was from one of Kgositsile’s poems. He won awards including the Gwendolyn Brooks Award for Poetry, New York Council of the Arts, Harlem Cultural Council and Rockefeller Foundation Awards. The revolutionary poet was influenced by writers like Langston Hughes, Richard Wright, Charles Dickens and D. H. Lawrence. Letter To Poet Laureate is a poem by David wa Maahlamela for keorapetse kgositsile.

  6. As mens kyk na hierdie webblad, lyk dit of die “Poet Laureate” toekenning deur die dept Kuns en Kultuur, National Department of Arts and Culture (DAC), gedoen word – http://www.sala.org.za/The%20National%20Poet%20Laureate%20Programme.aspx

  7. Annemarie van Niekerk :

    Dankie hiervoor, De Waal! Ek ken Willie, vanaf die tyd toe hy uit exile teruggekeer het. Ons was albei betrokke by COSAW in Johannesburg. Baleka, sy destydse vrou, ook. Maar ek het kontak verloor sedert ek in Ndl is. Baleka (en Zindzi Mandela, wat toe nog student by Wits was) het nog destyds gehelp met my book launch vir ‘Raising the Blinds’ in Kippies. (‘Good’ old bad days…. tog so ironies!) Bra Willie is beslis een van Suid-Afrika se sterkste digters. Waarom is hy as Poet Lauareate dan so onsigbaar, vra ek myself af. Of is dit, soos Daniel suggereer (of verstaan ek verkeerd, Daniel?) dat die Afrikaanse pers net sy doen en late afskeep. Miskien tyd dat daar weer so bietjie campagne gevoer word vir groter sigbaarheid!?

  8. Annemarie van Niekerk :

    Ek sien op die website wat jy ge-post het, De Waal, dat die Sowetan ook aandeel het in die partnership wat die SA Poet Laureate ondersteun. Hier in NDL is die pers ook betrokke, in ons geval is dit die NRC Handelsblad. Vir SA se Poet Laureatte om prominensie by ‘n breër bevolking te kry is dit dalk ook nodig dat ander koerante betrokke raak, soos dié van Media 24. Of is dit te veel gevra? As byoorbeeld die Afrikaanse pers geen aandag aan hierdie funksie skenk nie, beteken dit alweer so ‘n aparte storie…. dat iets wat veronderstel is om op nasionale vlak ‘n rol te speel nie deur die hele bevolking as ‘eie’ aanvaar word nie, maar alweer as ander. Dat almal nie kan of wil identifiseer met iets wat veronderstel is om die land juis bymekaar te trek nie.

  9. Dit is ‘n ingewikkelde en netelige kwessie hierdie, Annemarie.

    Ek weet natuurlik nie wat in ander mense se koppe aangaan nie, maar ek gaan probeer raai wat mense naastenby dink. Terloops, ek is ‘n stadsraadslid en die helfte van my wyk bestaan uit middelklas, meestal Afrikaanssprekende mense, en die ander helfte is in Kagiso met op-die-broodlyn tot welvarende mense wat meestal Setswana praat. Ek is dus bevoorreg om in noue kontak te wees met mense uit verskillende kulturele, politieke en taalagtergronde.

    Eerstens, simplisties: Bra Willie kry nie blootstelling in die “Wit” pers nie want die redakteurs dink waarskynlik dat hulle lesers nie sal belang stel in die digter nie. Meer as dit – baie sal waarskynlik gesteurd voel dat ‘n “ondersteuner van die ANC” vereer word.

    Met ander woorde, daar is ongelukkig in hierdie stadium baie min sprake van “nasiewording” in ons land. Die kulturele, politieke, sosio-ekonomiese, taal- en godsdienstige gapings tussen veral die inheemse “Swart” groepe en die “Wit” groeperinge is nog so oorweldigend groot dat min mense dit kan oorbrug.

    Maar, dit gesê, daar is tekens van begrip wat mens oral teenkom. Indien hierdie groeipunte aangemoedig kan word, is daar hoop dat daar dalk oor drie geslagte gepraat kan word van ‘n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse identiteit.

  10. Marlise Joubert :

    De Waal, as ek ‘n onkundige stuiwer kan werp in die beurs van hierdie gesprek: gaan die Poet Laureate nie primêr om taal wat die gemeenskaplike identiteit sal vestig of ondersteun nie? Moet elke taal in hierdie land nie die moeite doen om self hul eie Poet Laureate aan te stel nie? Identiteit is tog taal en andersom? Sou dit dus nie ‘n aanwins wees as daar ‘n Afrikaanse Poet Laureate is vir Afrikaans nie? En dan ook vir Engels, Xhosa, Zoeloe, ens. nie? Wie so iets moet inisieer en befonds weet ek natuurlik nie! Of dit haalbaar is weet ek ook nie – miskien is ek maar net weer te idealisties en ervaar hierdie bedompige agterstand teenoor ander lande wat die poësie so op die hande dra en ondersteun in groot getalle met die mees opwindendste projekte, meermale juis geinsieer deur die Poet Laureate . Terwyl die kwaliteit van ons digkuns nie ‘n duit agter is teenoor ander wêreldtale nie, ten spyte van die klein poel digters wat daar is.

  11. Marlise, hier het ons met net so ‘n netelige kwessie te doen. Miskien is ‘n Poet Laureate in ‘n land soos Engeland se taak om “die taal van die gemeenskaplike identiteit” te “vestig en te ondersteun”. Nie hier nie.

    As mens kyk na die motivering van die toekenning aan Bra Willie, lyk dit of hy beloon word vir sy bedrywighede voor 1994 en sy pogings om die standpunte van die destydse opposisie (die ANC wat hoofsaaklik die “Swart” bevolking verteenwoordig het)te verdedig en bekend te maak hier en oorsee. Eintlik ‘n politieke aanstelling. (Terloops, wat ek hier sê, impliseer nie dat Bra Willie ‘n swak digter is nie. Hy het klaarblyk dinge geskryf wat baie mense goed en interessant vind).

    Verder word ‘n Poet Laureate gewoonlik deur ‘n staatsinstansie (soos hier by ons deur die dept Kuns en Kultuur) toegeken. Ek kan nie sien dat die Suid-Afrikaanse instansie gaan instem om ‘n reeks Laureates aan te wys vir al die tale hier by ons nie.

    Ek wonder: kan’n Poet Laureate werklik ‘n nuttige rol speel? Hoe kan so ‘n persoon in Suid-Afrika al die tale en letterkundes verteenwoordig? Wat het die huidige Poet Laureate in Suid-Afrika vir bv. die Afrikaanse letterkunde gedoen?

    Dit is ook hinderlik dat die gedagte van ‘n Poet Laureate impliseer dat die persoon die “beste” digter in die land is. Dit is ‘n baie aanvegbare konsep en een wat besonder baie struweling en ongelukkigheid kan veroorsaak.

    Maar sê nou ons soek na ‘n konsep wat kan help om Afrikaanse skryfkuns te bevorder? Is daar nie ‘n ander manier, behalwe die aanwys van ‘n Poet Laureate nie?

    Wat van ‘n Taalambassadeur? (Ek gebruik nie ambassadeur/ambassadrise nie omdat ambassadeur vir my manlik of vroulik kan wees). Hierdie persoon, wat ‘n vrou of ‘n man kan wees, sal waarskynlik in elke geval ‘n toonaangewende digter en of skrywer wees met ‘n vanselfsprekende gravitas.

    ‘n Taalambassadeur sal dan nie hoef te sukkel met mense wat ontevrede is oor die aanstelling, jaloers is, of dink daar is ‘n “Beter” digter of skrywer wat die aanstelling moes kry nie.

  12. Marlise Joubert :

    Dankie De Waal, dis nogal informatief. Ek stem saam met jou dat ‘n Suid-Afrikaanse instansie nie sal instem om ‘n reeks Laureates aan te wys vir al die tale hier by ons nie. (Dis belangriker om sokkerstadions en tolhekke te bou!) Maar ‘n instansie soos PEN Afrikaans kan miskien oorweging skenk deur fondse van oorsee te bekom en so posisie vir ‘n digter te gee? Dis mos nie die regering wat dit moet wettig nie? En dan kan PEN bv nou saamwerk met staatsinstansies wat projekte kan borg of minstens toelaat as dit bv iets soos die Onderwysdept’e raak? Taalambassadeur is miskien ‘n goeie titel, ja, maar die betekenis verskil tog dan van Poet Laureate wat slegs die digkuns ‘bedien’ en bevorder dmv projekte en optredes of wat ook al. Taal sluit alles in, van nartjies af tot pampoenpitte. Ek dink nie die Poet Laureate is per se nou die ‘beste digter’ in ‘n land nie, of is dit werklik die kriterium oorsee? Ek glo self nie in so iets nie! Beste in wat?! Liriese verskuns, Surrealisme, parlando/praatverse, haikoes, sonnette? Ek glo wel dat dit iemand moet wees wat toonaangewend is, ‘n goeie digter, miskien al ‘n toekenning ontvang het (hoewel tog nie beslissend in ‘n keuse nie?), konstant publiseer, betrokke is of wil wees, ens.
    Miskien, net miskien kan iemand eendag so wiel aan die rol sit vir Afrikaanse digkuns spesifiek en die res van die tale in hierdie land sal volg! (ek droom sommer oom…)