Leon Retief. True confessions

Papaver somniferum

 

TRUE CONFESSIONS

“…a storehouse of wild dreams for poems.”
 

Opium is een van die oudste medikamente wat aan die mensdom bekend is. Soos almal waarskynlik weet word dit verkry uit die sap van Papaver somniferum. Hierdie sap bevat ongeveer 12% morfien asook ʼn hoeveelheid kodeïen wat in die liggaam gemetaboliseer word na morfien. Dit is sedert antieke tye gebruik vir pynverligting maar die ander effekte op die sensorium, byvoorbeeld die persepsie van sensasies, sowel as die moontlikheid van verslawing was natuurlik ewe bekend.

Opium word deesdae nie dikwels in die Weste gebruik nie omdat dit grootliks vervang is deur heroïen wat uit opium berei word. Heroïen is diasetiel morfien en is baie meer potent as morfien. Dit is in 1874 gesintetiseer deur C R Alder Wright maar die eerste persoon wat dit werklik ondersoek het was die Duitser Heinrich Dreser wat dit die naam heroien gegee het, afgelei van die Duitse woord heroisch, omdat dit so ʼn potente verbinding is.

Anders as heroïen wat intraveneus toegedien kan word moet opium gerook of per mond ingeneem word. Die gebruik van opium was wydverspreid deur baie wêrelddele – Europa, die Midde- en Verre Ooste, Indië en Egipte. Vandag, helaas, word die plaasvervangende heroïen dwarsoor die hele aardbol aangetref.

Mediese geskrifte oor opium was natuurlik goed bekend onder dokters dwarsdeur die geskiedenis maar na die beste van my wete is die eerste min of meer literêre werk wat oor hierdie onderwerp handel Thomas De Quincey se Confessions of an English Opium-eater wat in 1821 verskyn het. Die boek beskryf sy persoonlike ondervindings met hierdie dwelm en bevat die volgende loflied aan opium: “O just, subtle, and all-conquering opium! That, to the hearts of rich and poor alike, for the wounds that will never heal, and for the pangs of grief that ‘tempt the spirit to rebel’, bringest an assuaging  balm – eloquent opium!… thou buildest upon the bosom of darkness, out of the fantastic imagery of the brain, cities and temples… beyond the splendours of Babylon and Hekatompylos; and, ‘from the anarchy of dreaming sleep’, callest into sunny light the faces of long-buried beauties, and the blessed household countenances, cleansed from the ‘dishonours of the grave’. Thou only givest these gifts to man: and thou hast the keys of Paradise…”

 

                                                                               Die Confessions 

 

Ongelukkig is die enigste gratis middagetes te vinde in muisvalletjies en bale opiumgebruikers het in hierdie slagyster getrap. Mense se aanvanklike kennismaking met opium is meestal aangenaam, maar verslawing lei later dikwels tot disforiese ervarings en dit was dan ook met De Quincey die geval. Sy pad het gekruis met dié van ʼn Maleise opiumhandelaar en al was dit maar ʼn vlietende ontmoeting het hierdie persoon later ʼn skrikwekkende teenwoordigheid in sy drome geword.

“The Malay has been a fearful enemy for months. Every night, through his means, I have been transported into Asiatic scenery… in China or Hindustan… I was stared at, hooted at, grinned at, chattered at, by monkeys, by paroquets, by cockatoos. I ran into pagodas, and was fixed for centuries at the summit, or in secret rooms; I was the idol; I was the priest; I was worshipped; I was sacrificed… Thousands of years I lived and was buried in stone coffins, with mummies and sphinxes, in narrow chambers at the heart of eternal pyramids. I was kissed, with cancerous kisses by crocodiles, and I was laid, confounded with unutterable abortions, among reeds and Nilotic mud… Over every form, and threat, and punishment, and dim sightless incarceration, brooded a killing sense of eternity and infinity… The cursed crocodile became for me the object of more horror than all the rest… I was compelled to live with him, and (as was always the case in my dreams) for centuries. Sometimes I escaped, and found myself in Chinese houses. All the feet of the tables, sofas etc., soon became instinct with life; the abominable head of the crocodile, and his leering eyes, looked out at me, multiplied into ten thousand repetitions…”

 Soos baie ander gebruikers het De Quincey ʼn min of meer beheerbare verslawing gehad maar hy kon nooit heeltemal van die gewoonte ontslae raak nie.  Tydens die Romantiese tydperk het opium ʼn verreikende invloed op kunste en veral letterkunde in Engeland en Europa gehad. Die gebruik van opium in die vorm van laudanum (ʼn tinktuur van opium in alkohol) is nie deur die gemeenskap afgekeur nie, trouens, dit is dikwels beskou as nie veel meer as ʼn ietwat eksentrieke gewoonte nie. Die konsentrasie morfien in laudanum kon nie maklik gestandaardiseer word nie maar was oor die algemeen taamlik laag, wat tot gevolg gehad het dat gebruikers nie naastenby so vinnig agteruitgegaan het as eietydse heroïenverslaafdes wat dikwels ʼn vroeë dood sterf. Opiumverslaafdes het dikwels tot ʼn mindere of meerdere mate ʼn beheerbare gewoonte gehad en baie het oud geword.

 Laudanum

 

Mens staan verstom wanneer jy lees hoe algemeen die gebruik van opium in daardie tyd was. Berridge en Edwards, in Opium and the People, vertel ons hoeveel die gebruik van opium in Brittanje toegeneem het: In 1830 is 41 300 kilogram ingevoer, in 1860 was die syfer 127 000 kilogram – ek moet darem byvoeg dat 68 500 kilogram weer uitgevoer is, meestal na Amerika. Meeste opium is waarskynlik tuis of in hospitale vir propperse mediese doeleindes aangewend, maar ʼn beduidende persentasie daarvan is ook vir non-mediese doeleindes gebruik.

Baie kunstenaars, veral skrywers, het dit in wisselende hoeveelhede gebruik en daar kan min twyfel wees dat hierdie middel ʼn betekenisvolle invloed op Romantiese letterkunde gehad het – die drome, sensasies en die gevoel van die elastisiteit van tyd wat laudanum by kunstenaars veroorsaak het, het dikwels later neerslag in hul werk gevind.

George Crabbe (1754-1832) is waarskynlik ʼn goeie voorbeeld. Sy vroeë poësie was skynbaar nie veel meer as kompetent nie (ek is nie bekend met sy gedigte uit daardie tydperk nie) maar nadat hy aan laudanum verslaaf geraak het was daar volgens beskrywings ʼn besliste verandering en die verhalende gedig Peter Grimes bevat fantasmagoriese beelde wat amper beslis aan laudanum te wyte is. Die gedig beskryf onder andere Grimes se laaste jare as uitgeworpene, geteister deur sy gewete en die geeste van sy vader en drie seuns wat deur hom om die lewe gebring is. Grimes se depressiewe lusteloosheid is kenmerkend van iemand wat onder die invloed van opium verkeer:

 

One, up the river, had a man and boat
Seen day by day, now anchored, now afloat;
Fisher he seemed, yet used no net nor hook;
Of seafowl swimming by, no heed he took,
But on the gliding waves still fixed his lazy look:
At certain stations he would view the stream,
As if he stood bewildered in a dream,
Or that some power had chained him for a time,
To feel a curse or meditate on crime.

 

Op sy sterfbed herleef hy weer die teistering deur sy gestorwe slagoffers, kenmerkend van die disforie wat dikwels met gevorderde opiumverslawing saamgaan:

 

And when they saw me fainting and oppress’d

He, with his hand, the old man, scoop’d the flood,

And there came flame about him mix’d with blood;

He bade me stoop and look upon the place,

Then flung the red-hot liquor in my face;

Burning it blazed, and then I roar’d for pain,

I thought the demons would have turn’d my brain.

Still there they stood, and forced me to behold

A place of horrors – they cannot be told –

Where the flood open’d, there I heard the shriek

Of tortured guilt – no earthly tongue can speak:

‘All days alike, for ever!’ did they say,

‘And unremitting torments every day.’

 

Samuel Taylor Coleridge het ʼn intense verhouding met opium gehad en het verskeie kere onsuksesvol probeer om die verslawing af te skud. Hy het later selfs ʼn man in diens geneem wie se taak dit was om hom uit enige apteek wat opium verkoop te verwyder. Sulke apteke was om elke hoek en draai te vind en ek skat die man het seker redelik hard moes werk om Coleridge uit die versoeking te hou. De Quincey het sy voorkoms tydens ʼn lesing as volg beskryf:

 His appearance was generally that of a person struggling with pain and overmastering illness. His lips were baked with feverish heat, and often black in colour; and in spite of the water which he was continually drinking through the whole course of his lecture, he often seemed to labour under an almost paralytic inability to raise the upper jaw from the lower. In such a state it is clear that nothing could save the lecture itself from reflecting his own feebleness and exhaustion, except the advantage of having been precomposed in some happier mood.

 

Coleridge se twee bekendste gedigte is ongetwyfeld The Rime of the Ancient Mariner en Kubla Khan. Terwyl die Ancient Mariner nie sy ontstaan te wyte gehad het aan opiumgebruik nie is daar tog beelde in wat mens laat dink aan die drome wat verslaafdes soms kry:

 

Yea, slimy things did crawl with legs

Upon the slimy sea

 

Her lips were red, her looks were free,

Her locks were yellow as gold:

Her skin was as white as leprosy,

The Nightmare Life-in-Death was she,

Who thicks man’s blood with cold.

 

Ek dink almal weet van die ontstaan van Kubla Khan en die feit dat dit geskryf is die dag nadat Coleridge ʼn opium-induseerde droom gehad het. Die begin herhinner aan wat De Quincey geskryf het oor the splendours of Babylon and Hekatompylos: die beelde van esoteriese argitektuur.

 

In Xanadu did Kubla Khan

A stately pleasure-dome decree:

Where Alph, the sacred river, ran

Through caverns measureless to man

Down to a sunless sea.

So twice five miles of fertile ground

With walls and towers were girdled round:

And there were gardens bright with sinuous rills

Where blossomed many an incense-bearing tree;

And here were forests ancient as the hills,

Enfolding sunny spots of greenery.

 

Later is daar ook beelde van veraf musiek, stemme en die “wailing woman” wat wag op haar demoon-minnaar.

Ek probeer nie argumenteer dat opium die Romantiese letterkunde in ʼn spesifieke rigting gestuur het of op sig self verantwoordelik was vir die temas van die poësie nie – digters met die talent soos Coleridge en sy tydgenote sou beslis uitstaande werke geproduseer het sonder die hulp van opium, maar hierdie dwelm was ongetwyfeld ʼn belangrike bron van materiaal wat in die letterkunde van daardie tyd gebruik is. Dit was as’t ware, soos Coleridge geskryf het, a storehouse of wild dreams for poems, ʼn manier waarop kunstenaars ondervindings en stimuli wat onder die invloed van opium ondervind is later in hul werk kon aanwend.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.