Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława Szymborska

 

Die twintigste eeu was Pole nie goedgesind nie. Die land was die toneel van drie oorloë, nazi-terreur, die holocaust, en die stalinistiese diktatuur. Tog beleef die Poolse digkuns ‘n bloeitydperk in hierdie eeu en ontvang twee Poolse digters die Nobelprys vir literatuur: Czesław Miłosz (1911-2004) in 1980, en in 1996 die grande dame van die Poolse poësie, Wisława Szymborska (1923-2012). Oor Szymborska het ek destyds, toe sy die Nobelprys ontvang het, nog min geweet. En was toe ook nog nie in Pole nie.

Juis omdat Szymborska met soveel verwondering na alledaagse dinge in haar direkte leefwêreld kyk en in haar gedigte botstil daarby gaan staan, is sy ’n soort digter met wie se omgewing haar leser graag kennis maak. Sy is by uitstek ’n digters wat die doodgewone moment, soms teen die agtergrond van ’n gegewe stuk geskiedenis, in priemende nugterheid vaspen. ‘Het moment’ is ’n goeie voorbeeld van hoe sy haar verwondering oor iets alledaags vasvang.

 

HET MOMENT

 

Het is negen uur dertig lokale tijd.

Alles is op zijn plaats, in voorbeeldige harmonie.

In het dal een kleine beek, die een kleine beek is.

Een paadje in de vorm van een paadje van altijd naar immer.

Een bos met de schijn van een bos tot in eeuwigheid amen,

boven mij vliegen vogels, in de rol van vliegende vogels.

 

Zover het oog reikt heerst hier het moment.

Een van die aardse momenten

die men vraagt: ga niet voorbij.

 

 

Toe Szymborska in Februarie 2012 op 89-jarige leeftyd sterf, was ek nog steeds nie in Pole nie; dit was hoogtyd. Drie maande later, Meimaand, breek die geleentheid aan. Ons besoek Warschau, Lüblin en spesifiek ook Krakow waar Szymborska tot aan die einde van haar lewe gewoon het en waar Czesław Miłosz ook sy laaste lewensjare deels deurgebring het en in 2004 op die ouderdom van 93 dood is. (Die foto hierbo is van ‘n Poolse landskap deur die treinvenster geneem, dit het my natuurlik aan ‘Het moment’ herinner.)

Ons hotel in Krakow is op die Rynek Główny (Groot Mark) een van die grootste en mooiste markpleine van Europa. Ons hoë kamervenster kyk uit op die plein omring deur sy stylvolle geboue, middeleeuse markhal en mense wat onder veelkleurige sambrele op kafee-terrasse in die son sit – laasgenoemde waarskynlik ’n ietwat ander prentjie as wat hierdie selfde plein in die 13de eeu geken het, maar die geboue en ontwerp steeds outentiek, en boonop soos wat Szymborska en Miłosz dit geken het.

 

 

Die plein, so lees ek, word kort nadat die Duitsers aan die mag gekom het, hernoem na ‘Adolf Hitler Platz’ en word tydens die besetting o.a. gebruik vir propaganda doeleindes. So byvoorbeeld is daar soms van die geallieerde vliegtuie wat bo Pole neergeskiet is, op die plein grootdoenerig tentoongestel. Maar later het Adolf Hitler Platz weer die Rynek Główny geword en die allure van vroeër was terug. Die geskiedenis van die plein vergestalt beide goed en kwaad, die skone en die afskuwelike. En dit herinner my aan een van die gedigte wat na Szymborska se dood nog gevind en gebundel is:

 

EEN HAND

 

Zewenentwintig kootjes,

vijfendertig spieren,

ongeveer tweeduizind zenuwcellen

in elk topje van onze vijf vingers.

Precies genoeg

voor het schrijven van Mein Kampf

of The House at Pooh Corner.

 

Dit is verleidelik om Pole se nare geskiedenis te vergeet, as mens die prag van hierdie markplein bekyk, en aan die oorkant die ‘paleis’ waar ons die aand ’n Chopin klavierkonsert bywoon (nadat ons die vorige dag die pragtige en ook tegnologies-fantastiese Chopin Museum in Warschau besoek het). Pole is nie net ’n land van uitmuntende digters nie, maar ook die geboorteland van Chopin.

 

 

Hier in Krakov voel mens die wêreld van Szymborska  op jou vel… haar altyd helder en deursigtige poësie word tasbaar, asof jy iets terugkry wat jy verloor het. P.F. Thomése vat hierdie gevoel presies saam in ’n stuk wat hy oor haar in NRC Handelsblad skryf: ‘Door de bezieling van de gedichten geven ze je in woorden terug wat je ongemerkt aan werelden verloren bent.’

As ek die volgende oggend vroeg wakker word in die nog byna donker hotelkamer en wag dat die bed, stoel, spieëltafel, kas, mure en gordyne definisie kry terwyl die son haarself nogal lui aanmeld vir haar vroegoggendskof, onthou ek brokke uit ‘In de vroegte’, wat ek later weer opsoek:

 

IN DE VROEGTE

 

Ik slaap nog,

maar intussen vinden er feiten plaats.

Het raam wordt wit,

de donkerte grijs,

de kamer duikt op uit de wazige ruimte,

bleke, onzekere streepjes zoeken steun.

 

Achtereenvolgens, ongehaast

-het is een ceremonie-

dagen de vlakken van de wand en plafond op,

maken de vormen zich van elkaar los

de een van de ander,

de linkerkant van de rechter.

 

De afstanden tussen de voorwerpen schemeren,

de eerste schitteringen tsjilpen,

op een glas, op de deurknop.

Het lijkt niet meer alleen zo, maar is helemaal

wat gisteren werd verplaatst,

wat op de grond viel,
wat in de lijnen past.

Alleen de details zijn nog niet

binnen gezichtsbereik.

 

Maar opgelet, opgelet, opgelet,

veel wijst erop dat de kleuren terugkomen

en elk ding, zelfs het kleinste, weer zijn eigen kleur krijgt,

met de nuance van zijn schaduw erbij.

Dit verbaast me te zelden, hoewel het zou moeten.

Gewoonlijk word ik wakker als verlate getuige

wanneer het wonder al gedaan is,

de dag is gevestigd

en ochtendstond magistraal in ochtend veranderd.

 

Ons loop Krakov plat, besoek soveel as moontlik in die stad, proe-proe aan die wêreld van die Poolse Nobel-digters. En ons lees poësie terwyl ons in die Mei-sonnetjie op terrasse die dors les.

 

 

Szymborska het nie net oor klein momente geskryf nie, en ook nie net oor dit wat in haar eie omgewing gebeur het nie. Sy het ook ander wêrelddele verwoord én groot historiese gebeure, maar altyd met die blik op die menslike belewing, om juis daarmee die grootse impak van so ‘n gebeurtenis vas te vang. Daarom is haar gedig oor 9/11 vir my een van die mees treffendste beskrywings van wat op daardie dag gebeur het.

 

EEN FOTO VAN 11 SEPTEMBER

 

Ze sprongen uit de brandende etages naar beneden –

een, twee, nog een paar

hoger, lager.

 

Een foto hield ze levend tegen

en bewaart ze nu

boven de aarde naar de aarde toe.

 

Elk van hen is nog een geheel

met een persoonlijk gezicht

en bloed dat goed verborgen is.

 

Er is tijd genoeg,

voor het haar om los te waaien,

voor de sleutels en het kleingeld

om uit de zakken te vallen.

 

Ze zijn nog steeds in het bereik van de lucht,

binnen de kring van de plekken

die net zijn opengegaan.

 

Ik kan maar twee dingen voor hen doen –

die vlucht beschrijven

en geen laatste zin toevoegen.

 

Ook Szymborska het ’n finale sin geskryf. Onlangs het haar laaste gedigte, sommige nog onvoltooid, in Nederlandse vertaling deur Karol Lesman, by De Geus verskyn. Die bundel heet  ‘Zo is het genoeg’.

Maar van Wisława Szymborska kry ek nooit genoeg nie. En Pole het my hart gesteel.

 

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława Szymborska”

  1. Theunise :

    Heerlik saamgereis !

  2. Annemarie van Niekerk :

    Bly jy’t saam geniet, Theunise!

  3. Emma Huismans :

    Sy was een van die eerste “nuwe” ontdekkings wat ek gemaak het toe ek eind jare 80 in Nederland beland het. Nederland- vertaal paradys. Nederland – op soek oorkant grense as dit by kwaliteit kom. Weg isolasie, brug na “vreemde” tale . En met Szymborska spesifiek… weg met grootdoenery en woordvertoon… van die Louws en die Oppemans.
    En daarna het ek Eybers herontdek.
    Dankie vir die reisverslag – het my laat terugdink aan my heen een weer blaai deur haar werk.

  4. Annemarie van Niekerk :

    Dankie, Emma vir jou kommentaar.

  5. Charlotte :

    Dankie Annemarie. Heerlik saamgelees en gereis. Die spesiale gevoel van die plein ervaar!