Joan Hambidge. Matriks

Matriks

 

Ek is ek is op

my eie sofa

my eie analis

luisterend

na die analisant

vis na klarigheid

Ek is ek is op

soek na stilte

dansend Derwies

Rumi in ‘n sirkel

Ek is ek is op

weg van pyn

mislukking

ingeslukte woorde

my tong uitgesny

Ek is ek is op

pad om te sien

hoe die digkuns

se matriks

die gietvorm

moedervorm

deur letterparades

van die Ek

ontset word

 

 

© Joan Hambidge 2013

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Joan Hambidge. Matriks”

  1. gert van eldoraigne :

    ontsettende mooi gedig

    laat mens dink hoe op jy kan wees

    en die stilte en woorde sonder die ek

    dankie!