De Waal Venter. Onvolledige stelsel

Onvolledige stelsel                             

 

Die kamer is kalm;

dit bevat boeke, twee

slapende honde, ‘n rekenaar, ‘n gebreekte

kamera-driepoot, velle papier met notas, geïgnoreerde

besigheidskaarte, ‘n selfoon, penne en

potlode. Besluitelose lug vou  in

en by die deur uit.

Má vlast speel oor die radio, en

word al hoe sterker en stormagtiger met verloop van

tyd.

Buite skreeu ‘n mossie in protes,

Hy beskou die musiek as kunsmatig,

en hy’s reg –

dit is aanmekaargesit deur ‘n man.

Die rekenaar se toetse moet

in ‘n sekere volgorde getik

word.

Die kamer het my

nodig.

 

© De Waal Venter/ 2013

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.