Joan Hambidge. Sy wag my in

Sy wag my in

 

Sy wag my in

in haar geblomde kamerjas

ek wag op ʼn tongloesing

maar sy sê niks

oor my hele nag op parool

onder ʼn jong meisie se soekende tong.

Ons vry met mekaar

in ʼn boksie BMW

die vensters

dig gesluit.

 

Ek vermy haar oë

konsentreer op haar sopas uit

my arms vrygelaat.

 

Die sifdeur klap

ʼn tronkdeur

agter my toe.

 

Haar oë blits

moenie-die-deur-klap-nie…

 

© Joan Hambidge  / 2013

Bookmark and Share

Comments are closed.