Hannalie Taute. Binneblik se visblik

Met uitpeul oë en verwondering beskou hierdie viswyf die wêreld deur die kuberruimte en staar uit oor die stille waters.   Waar sal haar opwinding vandaan kom? Deesdae  bestaan haar opwinding uit die vangs van blaasoppies by die hawemuur saam met haar gesin.

 Nie dat sy kla nie!

By die hawe sit sy en dink oor alles wat sy lees en moontlik misloop:

“Specimen” 2013 deur Walter Oltmann. Ink, bleikmiddel en olie op papier

Onlangs was daar ʼn uitstalling van Walter Oltmann by die Goodman Gallery in Johannesburg.

Sy sou haar linker vin wou gee om dit in lewende lywe te sien.

Oppikoppi vind ook een van die dae plaas. Miskien sal sy van haar skubbe kan prysgee om daar te wees?

By Oppikoppi word ‘ons Klyntji’ versprei.

Die Afrikaanse “zine”: Ons Klyntji

Die gesprek (sien hier ) tussen haar en Sjaka kan tussen die bladsye gevind word.

Die Openbookfest vind plaas in September, maar meer hieroor in n volgende insetsel.

Vandag het n vriendin vir haar van die Soiree vertel.  Wat n opwindende projek.  Toni Stuart, Toast Coetzer, en Nathan Trantaal, saam in een sitkamer klink gesellig.  Daarvoor sal sy n visoog afstaan met die hoop dat dit werk, net die idée maak haar opgewonde.   Die stelling van “you have to know someone who knows someone” op die webwerf, mag dalk problematies wees, maar deesdae ken almal mos vir almal of hoe?

“lizards” Deur Toast Coetzer 

through the city we walk like ghosts
in the absences of one another
without shadow or sound
our memories and thoughts
occupied elsewhere
bridled by friends and work
and traffic and the news
and a cloud in the sky
or a wave holding its pose
but when we face each other for a moment
when the surprise slices us open
and all the things we know
run out of our eyes
and back into the other’s lungs
like the air from a long locked-up library
then we retreat into our crevices
like lizards
and the sun slips across dust
and we realise we have lost
the use of our hands
and that our tongues
have been dissolved
by all the silence
all the stone

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Hannalie Taute. Binneblik se visblik”

  1. Lara :

    So mooi gedig van Toast Coetzer. Skryf hy dan in Engels ook. Ek ken net sy Afrikaanse skrywes. Dit gaan my visverstand te bowe dat Toast dan nog nooit ‘n bundel gedigte uitgegee het nie. Of het hy? Waarom is daar altyd mense wat hierdie groot talente het en dit net ‘opvoer’ voor klein gehore. Toast moes nou al sy tiende bundel op die rak gehad het! Groot visse, maar die dam bly so klein, omdat hy dit so verkies? En oral is daar klein digtende bytende vissies wat wil sorg jy moet hulle raaksien. O hulle kneus my visserige siel. Ja wel, sovele visse innie sie.

  2. Dankie vir die kommentaar Lara, dit sorg vir n bietjie opwinding in hierdie nat weer. Tussen i and djy: ek het die vers op Toast se webwerf gekry- gaan loer gerus: http://www.toastcoetzer.com. Ek hou ook van sy sketse. Miskien verkies sommige visse om hulself nie by n skool te skaar, en eerder hul eie ding te doen. Of dalk het hul nog net nie n vis-fabriek (lees publisher) gevind. Nou wonder ek vind die fabriek die vis of die vis die fabriek?

  3. Lara :

    Ek vermoed die vis vind die fabriek. Die vis tuit sy lippe, fladder sy pikante vinnetjies en smeek dan: lees my tog, maal my fyn, kap my op, verpak my in ‘n boksie en verkoop dit aan die hongeriges. Daarna is hy net ‘n (soms bewende) graat en mag homself ‘n digter van graatformaat noem. Mits die leser & resensent hou van wat hy eet. En die graat sal dan hard moet werk om weer sy vlesige woorde op te bou vir die volgende aanmelding. Miskien sien Toast nie hiervoor kans nie, om so ge-toast te word nie. ‘n Fabriek sal nooit jag om visse te vang nie, hulle het genoeg wat aanmeld. Hulle kan mos kies en keur uit die aanloop skole deesdae. Interessante werf, dankie!

  4. Hilda Smits :

    Ek stem saam met jou, Lara! En oor skole visse & haaie met menopause & grate ook. Op hierdie stunning gedig afgekom. Dankie vir die link, Hannalie.

    “ek kan jou glimlag nou volg
    deur die dik en dun van nag
    in die fyngevoel tussen
    wysvinger en duim
    waar stof en grassaad,
    soms kerriepoeier en klei
    losgevryf word in die wind
    en die reuk van tamaties
    vir weke lank rus

    nou is die telefone stil
    en jy slaap met jou ooglede
    soos motte teen die drome
    en jou bril op die bybel op die bedkas
    is onnodig vir waar jy onderwater swem
    en ons hande vat deur kinderjare
    en deur die lewe lei
    en kuddes beeste
    en bok

    wanneer die daglig oor die berg verskyn
    is jy gereed om melk by te gooi
    en suiker, en te roer
    want jy weet waar elke ding staan
    op die werf en tuin en land
    en dat alles buite hier
    omgespit kan word met kompos
    politiek en leiers en lyding
    om braak te laat blom
    leem te laat leef

    ek hoor nou jou stem
    in die nat drup van voëlgesang
    by die rivierwilg en visdam
    die vuurpyle en palmiet
    en die insekte leef
    onder ons voete
    en die honde kyk met hartseer ore
    na die voorstoepdeur
    waar iets roer
    en die tyd stop”

  5. Sjoe Hilda:
    “ek hoor nou jou stem
    in die nat drup van voëlgesang
    by die rivierwilg en visdam….
    …..
    en die tyd stop”
    Inderdaad n pragtige gedig.
    Dankie dat jy dit deel.

  6. Lara :

    Dankie Hilda, ek het die gedig so stromende en lugtig gevind. Maar wie is die digter? Jy sê nie?

  7. Hilda Smits :

    Lara, dis een van Toast se gedigte wat ek op sy website raak gelees het…