Leon Retief. Die prins van Venosa

 DIE PRINS VAN VENOSA

Carlo Gesualdo ( 1566-1613) word vandag saam met Claudio Monteverdi beskou as een van die toonaangewende en innoverende komponiste van die laat Renaissance. Toe ek toentertyd die eerste keer na sy Miserere geluister het was die musiek vir my so treffend dat ek mettertyd ook sy ander werke begin verken het en vandag is hy een van my geliefkoosde komponiste uit daardie tydperk. Sy musiek het harmonie verder geneem as enigeen totdat Wagner op die toneel verskyn het en sy innoverende gebruik van chromatisme en dissonansie is betowerend. Hy was finansieel onafhanklik en kon hy sy eie paadjie loop, anders as wat die geval was met so baie komponiste van daardie tydperk en ook vir eeue daarna.

Hier is sy Miserere:  http://www.youtube.com/watch?v=i3JwLnK6Efw

Gesualdo was egter meer as net ʼn ryk, eksentrieke  edelman wat die tyd gehad het om musiek volgens sy eie smaak te skryf sonder om hom te steur aan heersende modes. Hy was ook ʼn moordenaar en die dubbele moord waarvoor hy verantwoordelik was het die res van sy lewe beïnvloed. Om meer oor die moord te wete te kom, kliek op die skakel na Werner Herzog se film wat ek na aan die einde plaas. Demone oor die dood en sonde het hom geteister, sy musiek het net soos die van ander komponiste van die tyd uiterstes van emosie uitgebeeld en dit met religieuse ekstase en na my mening ook met seksuele ekstase in verband gebring maar Gesualdo het hierdie emosies tot ekstreme grense gevoer. Na sy dood het sy musiek grotendeels in die vergetelheid verval totdat die Britse komponis Michael Heseltine (wat onder dis naam Peter Warlock geskryf het) en Igor Stravinsky sy musiek herontdek het. Sedertdien is verskeie operas oor sy werk en lewe gekomponeer en aspekte van sy musiek het baie ander belangrike komponiste beïnvloed.

“He creeps inside and grabs your soul and is in no hurry to let go,” het die komponis Brett Dean gesê en hy is reg. Ek moet byvoeg dat sy musiek vir my soms so intens is dat ek dikwels nie na meer as een werk op ʼn keer kan luister nie, die enigste komponis wat so iets aan my doen.

Carlo Gesualdo het op ʼn eienaardige wyse in my gedagtes opgeduik toe ek onlangs weer gedigte gelees het deur die  Kanadese digter Jan Zwicky oor wie ek al voorheen ʼn bydrae gelewer het. Sy is skynbaar ʼn goeie violis en duidelik ook goed onderleg in filosofie en die natuurwetenskappe.

 

OPEN STRINGS

 

E, laser of the ear, ear’s

vinegar, bagpipes

in a tux, the sky’s blue, pointed;

 

A, youngest of the four, cocksure

and vulnerable, the white kid

on the basketball team – immature,

ambitious, charming,

indispensable, apprenticed

to desire;

 

D is the taylor

who sewed the note “I shall always love you”

into the hem of the village belle’s wedding dress,

a note not discovered until ten years later in New York

where, poor and abandoned, she was ripping uop the skirt

for curtains, and he came,

and he married her;

 

G, cathedral of the breastbone,

Oak-light, earth;

 

it’s air they offer us,

but not the cool draught of their half-brothers

the harmonics, no,

a bigger wind, the body,

snapped out like a towel, air

like the sky above the foothills,

like the desire to drown,

 

 a place of worship,

a laying down of arms.

                                               Open strings

are ambassadors from the republic of silence.

They are the name of that moment when you realize

clearly, for the first time,

you will die. After illness,

the first startled breath.

 

Uit deel 2 van Beethoven Op. 127, Adagio:

 

The rise of the rib-cage,

           its fall: how unlikely this slight

  

shift of fabric: A tea cup,

           a music box.

  

 Air enters, air flows away:

             How this simple thing

 

 goes on and on, cannot

            help itself, on and on.

 

 A-flat: cream’s richness,

           like a good field in April, a blackness

                      you wanted to eat,

 

  or in August, the string’s breath thick

          with heat and dust, like

                   being able to breathe weight,

 

 stoking, to have felt the chest thicken with brightness.

                 as though light were substance, as though it

                              carried the dark field inside itself, gleaming

                                         to have breathed that brightness, have become

 

weight, that roll of hills

          their brocade of wheat and barley.

                    To have lifted to the horizon

  

like earth, fallen

             like a rib-cage, stillness,

 

 a long sigh of dust.

 Werner Herzog  het in ek dink 1995 ʼn ietwat fantasieryke film (slegs ʼn uur lank) oor Gesualdo gemaak. Nie als in hierdie film is die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie maar dis tog insiggewend vir sowel die musiek wat uitgevoer word, die kommentaar wat gelewer word en as voorbeeld van die folklore wat rondom hierdie komponis ontstaan het. Enkele opmerkings: 1) dis onwaarskynlik dat Gesualdo sy jongste seun om die lewe gebring het. 2) Ek betwyfel dit baie sterk dat die twee kadawers wat op ʼn stadium getoon word wel die van Gesualdo se vrou en haar minnaar was – as mens na die manlike kadawer kyk dan het hy ooglopend ʼn taamlik vergrote hart wat na my mening liewer dui op kongestiewe hartversaking as oorsaak van dood as moord, mens verwag nie sulke patologie by ʼn jong man nie. 3) Navorsing wat gedoen is nadat die film gemaak is het bevind dat die gebou wat Herzog aandui as die toneel van die moord inderdaad nie korrek is nie alhoewel dit op daardie tydstip as sulks aanvaar is. 4) Die bed waarin Gesualdo glo sy vrou en haar minnaar vermoor het is nié die een waar die daad gepleeg is nie. 5) Gesualdo se kasteel is in 1980 baie erg beskadig tydens ʼn Aardbewing en restourasie is nog baie ver van voltooi.

http://www.youtube.com/watch?v=B6iaghGYSjc 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Leon Retief. Die prins van Venosa”

  1. Desmond :

    Dankie Leon, lekker gelees hieraan. Ek het nog te min na Gesualdo geluister. Ek sal die saak regstel!