Leon Retief. Gedugte geoloë en gedigte Geologie

 

Op die kruin van die Sunwapta-pas in die Rockies:

 my vrou Lesli kyk terug na die pad wat ons so pas gery het.

 

Gedugte geoloë en gedigte Geologie

 

 We find no vestige of a beginning – no prospect of an end. James Hutton (1726-1997)

 

The Geology of Norway

 

I have wanted there to be

no story. I have wanted

only facts. At any given point in time

there cannot be a story: time

except as now, does not exist.

A given point in space

is the compression of desire. The difference

between this point and some place else

is a matter of degree.

This is what compression is: a geologic epoch

rendered to a slice of rock you hold between

your finger and your thumb.

That is a fact.

Stories are merely theories. Theories

are dreams.

A dream is a carving knife

and the scar it opens in the world

is history.

The process of compression gives off thought.

I have wanted

the geology of light.

 

They tell me despair is a sin.

I believe them.

The hand moving is the hand thinking,

and despair says the body does not exist.

 Something to do with bellies and fingers

Pressing gut to ebony,

thumbs on keys. Even the hand

writing is the hand thinking. I wanted

speech like diamond because I knew

that music meant too much.

 

And the fact is, the earth is not a perfect sphere.

And the fact is, it is half-liquid.

And the fact is there are gravitational anomalies. The continents

congeal, and crack, and float like scum on cooling custard.

And the fact is,

the fact is,

and you might think the fact is

we will never get to the bottom of it,

but you would be wrong.

There is a solid inner core,

fifteen hundred miles across, iron alloy,

the pressure on each square inch of its heart

is nearly thirty thousand tons.

That’s what I wanted:

words made of that: language

that could bend light.

 

Evil is not darkness,

it is noise. It crowds out possibility,

which is to say

it crowds out silence.

History is full of it, it says

that no one listens.

 

The sound of wind in leaves,

that was what puzzled me, it took me years

to understand that it was music.

Into silence, a gesture.

A sentence: that it speaks.

This is the mystery: meaning.

Not that these folds of rock exist

but that their beauty, here,

now, nails us to the sky.

 

The afternoon blue light in the fjord.

Did I tell you

I can understand the villagers?

Being, I have come to think,

is music; or perhaps

it’s silence. I cannot say.

Love, I’m pretty sure,

is light.

                You know, it isn’t

what I came for, this bewilderment

by beauty. I came

to find a word, the perfect

syllable, to make it reach up,

grab meaning by the throat

and squeeze it till it spoke to me.

How else to anchor

memory? I wanted language

to hold me still, to be a rock,

I wanted to become a rock myself. I thought

if I could find, and say,

the perfect word, I’d nail

mind to the world, and find

release.

The hand moving is the hand thinking:

what I didn’t know: even the continents

have no place but earth.

 

These mountains: once higher

than the Himalayas. Formed in the pucker

of a supercontinental kiss, when Europe

floated south of the equator

and you could hike from Norway

down through Greenland to the peaks

of Appalachia. Before Iceland existed.

Before the Mediterranean

evaporated. Before it filled again.

Before the Rockies were dreamt of

And before these mountains,

The rocks raised in them

chewed by ice that snowed from water

in which no fish had swum. And before that ice,

the almost speechless stretch of the Precambrian:

two billion years, the planet

swathed in air that had no oxygen, the Baltic Shield

older, they think, than life.

 

So I was wrong.

This doesn’t mean

that meaning is a bluff.

History, that’s what

confuses us. Time

is not linear, but it’s real.

The rock beneath us drifts,

And will, until the slow cacophony of magma

cools and locks the continents in place.

Then weather, light,

and gravity

will be the only things that move.

 

And will they understand?

Will they have a name for us? – Those

perfect changeless plains,

those deserts,

the beach that was this mountain,

and the tide that rolls for miles across

its vacant slope.

 

         Jan Zwicky

 

Wanneer mens sekere wêrelddele besoek, en in Kanada veral veral Nova Scotia, die Rockies en Newfoundland kan mens nie help om te wonder oor die geologiese agtergrond van die tonele wat mens gadeslaan nie. Waarom lyk die landskappe soos hulle lyk? En as mens die vraag geografies verder voer: waarom lyk die oppervlak van die aardbol soos dit lyk? Waarom word sommige verwante gesteentes duisende kilometer uitmekaar aangetref? Wanneer mens dieper begin delf, nie net in die geologie op sig self nie maar ook in die geskiedenis van hoe ons tans weet wat ons weet dan kom mens af op ‘n fassinerende maar grootliks onbekende stukkie geskiedenis van die natuurwetenskappe, geskiedenis van dinge wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar maar wat destyds die onderwerp van hewige meningsverskil was.

 

Fjord in die Gros Morne National Park in Newfoundland.

Drie mense het ‘n reuse-bydrae gelewer op die gebiede van biogeografie en geologie: hulle het die fondament gelê vir een van die belangrikste begrippe in geologie, fundamenteel tot hierdie vakgebied en ons verstaan van die planeet waarop ons leef:  plaattektonika, oftewel sogenaamde kontinentale dryf. Die eerste was Alfred Russel Wallace, net een “l” in sy tweede naam as gevolg van ‘n spelfout toe sy geboorte geregistreer is. Meeste lesers van Versindaba is seker bewus  van sy bydrae tot die ontstaan van die evolusieteorie maar hy het ook op ‘n ander gebied diep spore getrap, te wete biogeografie, ‘n vakgebied wat nie net van integrale belang is vir die studie van evolusie nie maar wat ook jare na sy dood sterk bevestiging gelewer het vir plaattektonika.

Alfred Russel Wallace (1823-1913)

Wallace se naam leef vandag voort in ‘n denkbeeldige lyn wat Indonesië naastenby in die helfte verdeel. Eilande aan die weste van hierdie lyn sluit in Sumatra, Borneo, Java en Bali, aan die ooste lê onder andere Lombok, Sulawesi en Timor. Daar is sedertdien ook twee ander lyne in daardie gebied getrek maar dis nie nou nodig om daaroor uit te wei nie.

Die Wallace Lyn

Tydens sy omswerwinge het Wallace opgemerk dat die dierelewe in die eilande van die westelike deel van die argipel ooreenstem met die fauna in kontinentale Asië terwyl die eilande aan die oostekant weer diere het soos wat in Australië aangetref word. Die skeidslyn tussen hierdie twee groepe fauna is later na Wallace vernoem. Wat hom veral getref het was dat sommige van die eilande met ooreenstemmende dierelewe  ver van mekaar geleë was terwyl ander wat weer naby aan mekaar was geheel en al verskillende spesies bevat het. Dit was veral opmerklik in die eilande Bali en Lombok wat deur slegs 35 kilometer seewater geskei word. Sy bevindings is op 3 November 1859 in sy afwesigheid aan die Linnean Society voorgedra, sewentien maande na Darwin se voordrag oor evolusie. Terwyl hy nie ‘n duidelike verklaring vir hierdie verskynsel kon gee nie het hy wel gespekuleer: “Facts such as these can only be explained by a bold acceptance of vast changes in the surface of the earth”, en hy praat ook van ‘n “great Pacific continent (which) probably existed at a much earlier period.”

Dit het meer as ‘n eeu geneem voordat daar ‘n verklaring vir Wallace se lyn gevind is. Ek dink dat hy baie in sy noppies sou wees as hy kon weet watter noue ooreenstemming daar is tussen die lyn wat hy getrek het en die grense van die tektoniese plate soos later vasgestel. Eone gelede was die gebiede waar Wallace sy ekspedisies onderneem het se posisies heeltemal anders as vandag en kon diere vrylik migreer omdat sommige van die betrokke eilande deur landbrue verbind was. Daar was egter geen sodanige brue tussen die plate self nie. Met verloop van tyd het die bewegings wat deur die plate veroorsaak is tot gevolg gehad dat die eilande nader aan mekaar beweeg het om uiteindelik in die posisies te lande te kom waar ons hulle vandag vind.

Wallace was egter nie die eerste wat gewonder het oor “vast changes” nie. Francis Bacon het al in 1620 geskryf oor hoe die vastelande “pas” en die Comte de Buffon het in 1778 ook oor hierdie verskynsel gespekuleer. ‘n Jaar voor Wallace se voordrag het die Fransman Antonio Snider-Pellegrini  ook vermoed dat die kontinente eens op ‘n tyd saamgevoeg was in ‘n superkontinent wat hy Pangea genoem het, na die Grieks vir “totaal” en “Gaia’ vir moeder aarde. Wikipedia se stelling dat hierdie woord eers in 1927 geskep is tydens ‘n kongres waar Wegener se teorie bespreek is (meer oor hom en sy teorie later) is verkeerd. Dit was in elke geval nie rocket science om te sien dat die buitelyne van sommige kontinente pas nie en met verloop van tyd is uitgewerk hoe Pangea destyds daar uitgesien het. 

Pangea

Wallace se spekulasies ten spyt was die algemeen aanvaarde opinie destyds dat kontinente slegs in vaste vorms bestaan en dat hul morfologie alleen verander wanneer dele van vastelande of eilande onder die oppervlak van die see verdwyn of weer bo seevlak verskyn. Die eerste persone wat met meer as net spekulasies te voorskyn gekom het was Alfred Wegener en Alexander du Toit.

Alfred Lothar Wegener (1880-1930)

Alfred Wegener was ‘n weerkundige. Dat hy geen formele opleiding in geologie gehad het nie het heelwat weerstand uit geologiese geledere tot gevolg gehad maar ek vermoed dat die kopskuif om te kan aanvaar dat kontinente in werklikheid van posisie kan verander vir baie geoloë nie maklik was nie. Hy het opgemerk dat daar besliste diskontnuïteite bestaan (wat ek nie verder gaan bespreek nie) in die fossielrekords wat in verskillende kontinente aangetref word. Verdere oorweging sowel as sekere geologiese waarnemings het hom laat besluit dat hierdie probleem elegant opgelos kan word as die kontinente in die jaar toet as een groot superkontinent saamgevoeg was.

In 1915 publiseer hy “Der Entstehung der Kontinente und Ozeane”, oftewel, “Die Ontstaan van Kontinente en Oseane” waarin hy postuleer dat kontinente in die verre verlede met mekaar in kontak was as een groot vasteland. Die boek het fel kritiek ontlok, meestal omdat Wegener nie ‘n meganisme kon voorstel wat die verskuiwing van die vastelande kon verklaar nie. Hierdie kritiek het hom skynbaar nie veel gepla nie. Volgens wat ek oor Wegener kon uitvind was hy ‘n besonder aangename persoon en hy het maar net doodluiters voortgegaan met sy weerkundige navorsing. In 1930 was hy deel van ‘n ekspedisie in Groenland en op 1 November het hy en sy metgesel Rasmus Villumsen ‘n reis vanaf die binneland na die kus aangepak. Nie een van die twee is weer lewend gesien nie. In Mei die volgende jaar is ‘n ekspedisie gestuur om na hul lyke te soek. Wegener se liggaam is in ‘n tent gevind waar hy in sy slaapsak lê, waarskynlik is hy in sy slaap dood as gevolg van ‘n hartaanval. Villumsen, so word gedink, het op sy eie die kus probeer bereik maar hy is ook iewers dood en sy lyk is nooit gevind nie. Wegener se liggaam kon nie afgevoer word nie en die ekspedisie het ‘n kruis opgerig langs sy lyk, op die gletser waar hy gesterf het. Iewers in die 1950’s het nog ‘n ekspedisie weer daar verby gereis. Die gletser het teen daardie tyd alreeds verder beweeg, die kruis en Wegener se liggaam was nie meer te sien nie.

 

Alexander Logie du Toit (1878-1948)

 

 Alexander du Toit, ‘n Suid-Afrikaanse geoloog, het Wegener se teorie entoesiasties ondersteun in “Our Wandering Continents” wat in 1937 gepubliseer is. Anders as Wegener was hy bereid om in polemieke betrokke te raak en hy en die beroemde paleontoloog George Gaylord Simpson het hewige meningsverskille in wetenskaplike joernale gehad. Ten spyte van Wegener en du Toit se pogings is die teorie egter nie algemeen aanvaar nie alhoewel dit tog ‘n betekenisvolle groepie ondersteuners gehad het.

Die bevestiging van Wallace, Wegener en du Toit se werk het uit ‘n onverwagte oord gekom. Keith Runcorn (1922-1995) was ‘n geofisikus met ‘n belangstelling in geomagnetisme en wat graag wou weet of die aarde se magnetiese veld met verloop van tyd verander het. Dit was reeds bekend dat gesmelte rotse (basalt, die produk van vulkaniese aktiwiteit) tydens die proses van afkoeling die polariteit en rigting van die heersende magnetiese veld, dit wil sê van die aarde, tydens die afkoelingsproses aanneem. Hierdie verskynsel staan bekend as remanente magnetisme. Interessant genoeg was dit Pierre Curie, Marie se eggenoot, wat hierdie verskynsel beskryf het en die temperatuur waarby rotse (of enige ander geskikte materiaal) die karaktertrekke van die omringende magnetiese veld aanneem staan bekend as Curie punt of Curie temperatuur.

Runcorn en sy medewerkers het in 1954 hierdie paleomagnetisme bestudeer, onder andere met behulp van ‘n sfeer bestaande uit 18,7 kilogram suiwer goud (wat deur ‘n baie skeptiese Koninklike Britse Munt aan hulle geleen is) en verskeie gesteentes in Engeland ondersoek. Hulle het gevind dat daar inderdaad betekenisvolle variasies was in die magnetisme van rotse in verskillende geologiese eras en dat daar slegs een van twee verklarings kon wees: óf die aarde se magnetiese pole het met verloop van tyd van posisie verander óf die kontinente self het verskuif.

As die magnetiese pole inderdaad sou verskuif het sou dit een stel bevindings gelewer het, as die vastelande wel van posisie verander het sou geheel en ander data gevolg het. Die paleomagnetisme van ander kontinente is ondersoek en dit het ondubbelsinnig getoon dat ja, die kontinente HET bleddiewil beweeg!

Die volgende ooglopende vraag was: hoe op aarde kon die kontinente verskuif het? Watter meganisme was hiervoor verantwoordelik? Al manier waarop dit kon gebeur sou wees as die seebodem uitsprei, maar empiriese gegewens was nie beskikbaar nie.

Ron Mason van Caltech is die persoon wat die antwoord gevind het. Hy was bewus van geklassifiseerde inligting wat tot die beskikking was van die VSA se vloot – navorsing oor ondersese magnetisme wat die vloot wou gebruik om aan hul duikbote skuilplekke te verskaf. Hoe op aarde hy dit reggekry het weet ek nie, maar hy het daarin geslaag om aan te sluit by Project Magnet soos die vloot dit genoem het. Hulle het ingestem dat ‘n skip van die Kuswag, die Pioneer, Mason se magnetometer agteraan die skip sleep terwyl dit waarnemings doen.

Die Pioneer het sy opnames begin in die Noord-Atlantiese Oseaan, naby Vancouver Eiland in Kanada. Vir maande het die skippie heen en weer gevaar teen ‘n konstante vyf knope per uur en die resultate, daar en elders, was onbetwisbaar: die seebodem was besig om stadig uit t sprei, soos ‘n laken wat tussen twee aaneenpassende matrasse ingedruk is en stadig uiteen getrek word. Uiteindelik was daar ‘n antwoord vir Wallace se waarnemings, vir Wegener en du Toit se teorie.

Groot ondersese riwwe is besig om magma na die seebodem se oppervlak te stoot en dit veroorsaak dat sommige kontinente weg van mekaar beweeg en in ander gevalle weer nader aan mekaar. Dit gebeur natuurlik nie net onder die see nie maar ook op vastelande, die Rockies en die Himalayas is voorbeelde van kontinentale plate wat teen mekaar vasgedruk word en berge tot gevolg het. Dit was vir my nogal iets besonders om op Signal Hill in St. John’s, Newfoundland te staan en te weet dat hierdie rotse onder my voete eens op ‘n tyd deel was van gesteentes wat tans in Marokko aangetref word.

Sedertdien is die grense van die verskillende plate gekarteer .

Kontinentale plate

Die volgende paar verse is deur Don Mckay wat in 2007 die Griffin Poësieprys gewen het vir sy bundel Strike/Slip waaruit ek ‘n paar gedigte gaan plaas, maar eers sy voordrag by ‘n poësie voorlesing uit hierdie bundel:

http://www.youtube.com/watch?v=8XquE0jlUtU

Oor die term strike/slip, ek gaan dit maar verduidelik in die taal van die veroweraar (soos Engels in my prille jeug aan my beskryf is deur ‘n stok-horing ou omie wat in sy eie prille jeug aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem het) want ek weet nie wat die Afrikaanse woorde is nie, indien dit bestaan: “ a strike/slip fault (in contrast to a thrust fault) is a high-angle fault along which rocks on one side move horizontally in relation to rocks on the other side with a shearing motion. Examples are the famous San Andreas Fault… the Great Glen Fault in Scotland and the Creek-Leach River Fault on Southern Vancouver Island.” Bogenoemde kom uit die notas wat Mckay hulpvaardig agter in sy bundel verskaf.

Resensente van Mckay se bundel skryf onder andere: “(he) walks us out to the uncertain ground between the known and the unknown, between names we have given things and things as they are… “ en” He walks the strike/slip fault between poetry and landscape, sticks its strange nose into the cols silence of geologic time, meditates on marble, quartz, and gneiss… “

 

DEVONIAN

 

Then someone says “four hundred million years” and the words

tap dance with their canes and boaters through

the spotlight right across the stage unspooling out the

stage door down the alley through the dark

depopulated avenues (for everyone is at the theatre) toward

the outskirts where our backyards bleed off into

motel

               rentall

                                stripmall

                                                       U-haul past willowscruff, past ancient

rusting mercuries along the lovers’ lanes the coyotes lure

our family pets down all those creekbanks where we

always did whatever anyway and left our bodies

blurring into brush the words slur into is it sand or

is it snow that blows its messages across

the highway through the headlight beam the dried-up

memories of water how the waves were how

the light that fell so softly through the depths was

intercepted by the lobe-finned fishes flickering among the

members of the audience still staring at the empty stage – four

hundred million years, yes, that’s a long

long time ago.

 

QUARTZ CRYSTAL

 

It rests among the other stones on my desk – small chunks of

granite, wafers of schist and slate – but it has clearly arrived

from another dimension. While the others call, in the various

dialects of gravity, to my fingers, the quartz crystal is poised to

take off and return to its native aether. Some act of pure atten-

tion – Bach’s D Minor concerto for instance – was hit by a

sudden cold snap and fell, like hail, into the present. Here it

lives in exile, a bit of locked Pythagorean air amid the pleasant

clutter of my study: simple, naked, perilously perfect.

 

Just the same, I can pick it up, I can number its faces, I can

hold its slim hexagonal columns in my fingers like empty

pencils. Who do I think I am, with my little dish of stones, my

ballpoint pen, my shelf of books full of notions, that I should

own this specimen of earth’s own artifice, this form before

mind or math, its axes reaching back to the Proterozoic, its

transparence the Zen before all Zen? It becomes clear that I

must destroy my watch, that false professor of time and free

its tiny slave. No problem – a few taps with a piece of Leech

River schist and the deed is done. But more is required. What?

Off with my clothes; how else but naked should we approach

the first of symmetries? Still insufficient, I can tell, although I

can also feel waves of dismay radiating from my reference

books, their mute embarrassments on my behalf. It is just the

sort of thing they feared might happen when the first stones

moved into the neighbourhood.

 

What next? Unfortunately, it appears I must set aside my

fingers and thumbs, those tricky manipulators who have so

busily converted rock to stone, who perpetrated the pyramids

and silicon valley: go clasp yourselves in the dark until you

learn to sit still and attend. More?

 

                          I give up baseball, with its derivative threes

                          and dreams of diamond.

                          I foreswear the elegant pairs and numbered runs

                          of minuet and cribbage.

                          I renounce the fugue. Dialectic,

                          I bid you adieu. And you,

                          my little poems, don’t imagine I can’t hear you

                          plotting under your covers, hoping to avoid

                          your imminent depublication.

 

While the crystal floats like a lotus on my palm, bending the

light from a dying star to dance upon my coffee cup this

fine bright Cenozoic morning.

 

‘n Varve (ek weet nie wat die Afrikaans is nie) is die jaarlikse neerlegging van sediment in gesteentes soos byvoorbeeld sandsteen.

 

VARVES

 

As I approach the high sandstone cliff with its stacked, individual,

terribly numerable varves, I think of George from group,

who was unable either to stop collecting newspapers or to

throw them out. He would describe – not without some pride,

or at least amazement at his own extremity – how his basement,

then living room, then bedroom had over the years

become filled in with stacks of the Globe and Mail, the Sun, and

the Glengarry News, all layered sequentially, until he was

reduced to living in the middle parts of his hallway and kitchen, his

life all but occluded by sedimented public time. Unlike George’s

collection (which of course I saw only in my mind’s eye), the

cliff’s is open to the eroding elements, so that bits have fallen

off to form a talus slope of flat, waferlike platelets at its base.

This one in my hand has been clearly imprinted by a leaf –

simple, lanceolate, probably an ancestor of our ash or elder.

Published but vestigial, gone like an anonymous oriental poet,

its image still floating on the coarse grains of summer.

           On the flip side, winter. Under the eyelid of the ice. How

often I thought of writing you, but the pen hung over the page.

All the details on the desk too shy to be inscribed. To settle, to

hesitate exquisitely, at last to lie, zero among zeroes. Much listening

then, but no audience. Rhetoric elsewhere. Language

itself has long since backed out of the room on tiptoe.

 

          Sometimes we believe that we must diagnose the perils of

the winter varve, and so do our talk-show hosts and shrinks,

who number its shades and phases as though it were pregnancy

renversé, with suicide at the end instead of a baby. As though

death were really death. As though the unspoken were failure.

Having misread even the newspapers. Having been deaf to the

music of the beech leaves, who will cling to their branches until

spring, their copper fading to transparency, making a faint

metallic clatter.

 

GNEISS

On the Isle of Lewis, be sure to stop at Callanish and spend some time

at the circle of standing stones erected by our neolithic ancestors.

          Touring Scotland by Automobile

 

There is not much raw rock in that sentence, with its persuasive

sibilants, not much scarp or grunt to remember the penalties

paid – the load of it, the drag, the strained backs, smashed

hands, and other proto-industrial injuries. It was not so long

before this, not one whole afternoon as measured in the life-

times of those upright slabs, that our ancestors had themselves

achieved the perpendicular. Now they required that some of the

rocks that comprised their island should stand up with them

against the levelling wind and eroding rain. And further, that

they should form lines leading to the most common and

hopeful of human signs – the circle of connection, of return.

They insisted that rock be stone.

 

           From across the heath it appears – and perhaps this testifies

to the brilliance of our ancestors as landscape artists – that

the amiable rocks have taken this on themselves, getting up as

you or I might do, as a sign of respect. By presenting themselves

in a rough circle they are simply performing a courtesy,

 like ships flying the flag of a country they are passing though.

They arrange themselves into an image of the eternity we

crave rather that the brute infinity we fear.

 

            But close up it is more likely to be the commotion of stress

lines swirling within each slab that clutches at the heart – each

stone a pent rage, an agon. None of the uniform grey of limestone,

that prehistoric version of ready-mix concrete, in which

each laid-down layer adds to the accumulated weight that

homogenizes its predecessors. Think instead of Münch’s The

Scream with its contour lines of terror; then subtract the face.

Or you could turn on the weather channel to observe those

irresponsible isobars scrawling across the planet. Imagine our

Ancestors tracing these surfaces, whorled fingertips to gnarled

rock, reading the earth-energy they had levered into the air.

They had locked the fury into the fugue and the car crash into

the high-school prom. They engineered this dangerous dance.

Better stop here. Better spend some time.

 

 

Bookmark and Share

40 Kommentare op “Leon Retief. Gedugte geoloë en gedigte Geologie”

  1. Maria :

    Sjoe Leon, ‘n wonderlike artikel!

    Ek werk aan ‘n verhandeling voorlopig getiteld “‘n Smaak vir die geheim van klip. Klip in die gedigte van Ina Rousseau, Wilma Stockenström en Antjie Krog gelees vanuit die perspektief van Jacques Derrida se oeuvre”. Dit behels o.a. ‘n poging om aan te dui dat ‘n verstaan van klip as ‘n spoor/trace (Fr.)/lyn, en dus ook ‘n soort il faut/”fault”/vou/fout, iets is waarvoor ons ‘n smaak (“taste”/”style”/”spur” /Spur/styl) moet ontwikkel – ek is van mening die drie onderhawige digters openbaar so ‘n smaak vir die geheim van klip, d.w.s. vir ‘n “thinking about thinking” in die laaste instansie.

    “This is the mystery: meaning”

    Betekenis/denke/doen/die lewe/klip is ‘n sekere gekheid, ‘n gekheid wat moet waak oor denke, ‘n geheim/”secret”/L. secernere/ seperasie/sekresie, iets waaraan ons kan deelneem, maar nie aan kan behoort nie. Dit gaan die verstand letterlik te bowe, dit is buiten-sporig van aard.

    “even the continents / have no place but earth”

    Geen plek, behalwe die aarde: maar die aarde is ook ‘n soort geen-plek, want sonder die kontinente is dit nie meer die aarde nie. Derrida (1962, First Bison Book: 1989) dui in ‘n voetnota (87, p. 84-6) in sy “Edmund Husserl ‘s Origin of geometry: an introduction” op Husserl wat in “Fundamental Investigations on the Phenomenological Origin of the Spatiality of Nature”(1 934) praat van twee aardes, die een onder ons voete en die ander wat ons vanuit die ruimte sien. Derrida skryf:

    But toward the end of the text, the Earth takes on a more formal sense. No longer is it a question of this Earth here (the primordial here whose factuality would finally be irreducible), but of a here and a ground in general for the determination of body-objects in general. For if I reached another planet by flying, and if, Husserl then said, I could perceive the earth as a body, I would have “two Earths as ground-bodies.”” But what does two Earths signify? Two pieces of a single Earth with one humanity” (pp. 3 17- 18) . From then on the unity o f all humanity determines the unity o f the ground as such. This unity of all humanity is correlative to the unity of the world as the infinite horizon of experience, and not to the unity of this earth here.

    Die spreker in “The Geology of Norway” smag na standvastigheid, sekerheid: “I wanted language / to hold me still, to be a rock, /I wanted to become a rock myself.” Hy soek ‘n soliede, vaste, betroubare kern (“the pressure on each square inch of / its heart / is nearly thirty thousand tons”) – “That’s what I wanted:/words made of that: language/that could bend light.”

    Swart kolke buig lig.
    Rotse verkrummel.

    L’érection tombe, dit (sou moes) vou.

    “And the fact is there are gravitational anomalies.”

    Is dit nie wonderlik nie, hierdie konkrete, feitelike, empiriese, spel van die spoor (wat verdwyn as dit verskyn – ‘n spoor is dit wat uit die staanspoor heenwys, en soos Derrida via Levinas aandui, na iets wat nie teenwoordig was nie)? Die infiniteit wat ons tog tot ‘n sekere mate in ons beperkte bestaan kan akkommodeer, via die idee daarvan:

    “This is what compression is: a geologic epoch / rendered to a slice of rock you hold between / your finger and your thumb. / That is a fact.”

    Om ‘n geheel te kan snap moet ons buite dit kan staan, oor die grens daarvan kan gaan, ‘n sekere transgressie begaan, en ons doen dit, of ons nou wil of nie – ons intensies en ons intuïsies kom nie ooreen nie, ons intuïteer meer as wat ons bedoel en bedoel meer as wat ons intuïteer – maar die buite is binne, want geen buite sonder binne.

    Poësie is na dese vir my die vergestalting van hierdie onbeperktheid/oneindigheid waartoe ons instaat is via ‘n beperkte/eindige woordeskat – ‘n sekere prelogika word vereis om dit te kan begryp.

    “You know, it isn’t
    what I came for, this bewilderment
    by beauty.
    (…)
    So I was wrong.
    This doesn’t mean
    that meaning is a bluff.
    History, that’s what
    confuses us. Time
    is not linear, but it’s real.
    The rock beneath us drifts,”

    Viva différance!
    “The hand moving is the hand thinking”

    Deborah White (2010) skryf in “Menace to Philosophy: Jacques Derrida and the Academic Sublime”:

    What is the relation of stone to writing and to allegorical writing in particular? The “colossal” (like the Medusa) alludes to pagan traditions, but St. Peter’s participates in still other networks of allusion that bring writing to the fore.
    For Paul, the error of the Jews is that they read their Bible literally and assume that its law can save them. In contrast, the Christians read the same Bible spiritually, interpreting its law from the perspective of faith …
    Reading literally corresponds to writing in stone; it leads to petrification and death. Reading spiritually corresponds to writing in the heart; it leads to glory and eternal life.
    Stone becomes a crucial sign of the interpretive blindness to which any (…) system falls prey when it fails to read allegorically.

    Want, “(w)aar omtrent begin / ’n klip, en waar eindig / ’n klip” (Stockenström)? “Klip verduur” immers “teen die eindigheid / uit” (Rousseau), met die gevolg, “om teen [klip] uit te hou nodig jy / God én Jesus en ’n fokken klomp gees / όf drank” (Krog).

    NS. Is jy bekend met Krista van den Berg “Dit wat klip is” (1978) en “Van klippe gepraat” (1982)- hier ‘n skakel na ‘n skrywe oor haar dood veroorsaak deur ‘n rots Bainskloof: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2010/05/29/BJ/10/NewsBJ0yA-BJ-400.html

    Rachelle Greef (2008:63) haal Thomas Bain aan wat in sy toespraak by die opening van die Bainskloof gesê het: “I would rather make another road than another speech … being but a common highwayman more accustomed to blasting and blazing.” Sy skryf: “Dié padmaker misken natuurlik sy eie woordvaardigheid. Dis so duidelik soos ‘n pas deur ‘n berg dat hy sy woorde ken soos sy klippe.”

    Derrida, wat ook “sy woorde ken soos sy klippe” (daar is baie verwysings na klip in sy werk) is ook ‘n soort “common highwayman more accustomed to blasting and blazing” want soos hy in A Taste for the Secret vertel, sien hy hoe hy bomme plant “on the railway: blowing up the enemy structure, planting the delayed-action device [devices that all of a sudden put a transit route out of commission, my invoeging] and then watching the explosion or at least hearing it from a distance”.

    “Ancestors tracing these surfaces, whorled fingertips to gnarled

    rock, reading the earth-energy they had levered into the air.

    They had locked the fury into the fugue and the car crash into

    the high-school prom. They engineered this dangerous dance.

    Better stop here. Better spend some time.”

  2. Lollos :

    Jy is maar net ‘n genius, Leon!! Ek verwonder my aan jou kennis, en veral jou dors na kennis, en jou wonderlike gawe om dit vir ons beskikbaar te stel deur jou mooi taalgebruik, en ook die feitelikheid daarvan. Hou aan om ons in te lig, en op te voed.
    Is daar enigiets waarvan jy NIE weet nie??

  3. marlise :

    Ja Lollos, stem saam! Leon is ‘n man wat iets van alles af weet, en nie sommer bolangs nie, maar hy het deeglike en in diepte kennis daarvan. Musiek, renne en karre, kookkuns, letterkunde, mediese sake, ens. ens. En nou kan ons die geologie ook daarby voeg…

  4. Leon Retief :

    Marie, ek’s bly jy het daarvan gehou – ek was bietjie huiwerig om hierdie inskrywing in te stuur want ek het nie geweet of dit enigiemand gaan interessEeer nie. Ek het nog nooit van Krista van den Berg gehoor nie maar eienaardig genoeg het ek so in my agterkop ‘n vae herhinnering dat ek in ‘n koerant gelees het van ‘n vrou wat op daardie wyse gesterf het – ek onthou nie haar naam nie maar dit moet sekerlik sy wees want min mense kom op so ‘n wyse aan hul einde. Die naam Nardus Nienaber met wie sy ‘n verhouding gehad het is ook aan my onbekend, nie dat ek nou weet van alle Afrikaanse digters nie maar ek kon niks oor hom op die internet opspoor nie. Wie was die skrywer van die artikel in die Burger, daar verskyn twee verskillende name bo- en onderaan.
    Klip en water is sekerlik die twee oer-elemente van ons ondermaanse en daar is vir my ‘n mooi simmetrie daarin in die opsig dat lewe in een ontstaan het en dat die ander die record hou van daardie selfde lewe deur al die biljoene jare.

  5. Leon Retief :

    Lollos en Marlise: ek bullshit mense al jare lank en julle val so wragtag daarvoor! 🙂

  6. Susan Smith :

    Uitstekende artikel, Leon, en so ook die bydrae van Maria. Die narratiewe van die niemenslike en nielewende, klip en water ingesluit, interesseer my baie. Dankie vir die bydraes.

  7. Leon Retief :

    Dankie Marlene!

  8. Leon Retief :

    NS: askies my onkunde, maar wat is ‘n oud-BTK’er?

  9. BTK = die Universiteit van Stellenbosch se Berg en Toer Klub, oftewel Bok en Trou Klub. (Bok = vry)

  10. Maria :

    Danie Marais is volgens my bibliografie, die skrywer van die artikel oor Krista van den Berg – die skakel na die oorspronklike artikel in Die Burger werk nie meer nie. En ja, dit is vreemd van Nienaber – ek het al vergeet van dié detail in die artikel.

    N.a.v. klip as houer van rekord – Marian Hobson (1998:12-3) haal die biogenetikus H.H. Pattee (1971) aan wat in die 1960’s werk gepubliseer het oor die oorsprong van lewe (“relating the problem of measurement in quantum mechanics, where, notoriously, the observed and observer cannot be divorced”) en wat die probleem van die verhouding tussen “inorganic structure and the genesis of living organisms” ondersoek het. Pattee het voorgestel dat die verskil tussen “living and inert matter (…) might be properly expressed in terms of keeping and writing records” en skryf:

    “In biological terminology we describe the recording process as the accumulation of genetic information by natural selection. But this accumulation is now apparent only in highly evolved cells in complex ecosystems. The origin of life problem is to explain how this record began and why it can survive the universal tendency towards loss of records which occurs in non-living matter … Symbols and records have existed since life existed … Writing symbols is the preservation in space of time-dependent activity.”

    Die “mooi simmetrie” waarvan jy praat tussen klip en water is ‘n sekere onstabiele of dinamiese simmetrie, of ekonomie (oikos, huis, Heim, heimsuchen, besoeking,om absoluut te oorweldig(“to devastate”),tombe; nemein, om te bestuur) – die een is die ander net verskillend-uitgestel-verander, dieselfde maar nie identies nie – as ons Derrida se opstel “Che cos’è la poesia ?” (“What is poetry?”) in gedagte hou en waarin hy op ‘n sekere kriptiese manier speel met Heidegger se werk. Vir Heidegger was dit die dood (waarvan klip ‘n soort simbool is, as die vergestalting van iets wat dood/anorganies is) wat aan elkeen sy eie uniekheid verskaf het – elkeen kan uiteindelik net sy eie dood sterf. Outentieke Dasein is dus Dasein wat sy dood altyd in gedagte hou – Derrida sê ‘n paar keer hy dink elke paar minute aan die dood, en aan Hillis J. Miller dat hy bekommerd is oor wat van sy oorskot en werk gaan word na sy dood – as ‘n mens dood gaan dan is jy finaal, letterlik en konkreet, oorgelaat in die hande van die ander … In “Che cos’è la poesia?” verwys Derrida dan na die krimpvarkie (hérisson vanaf hérisser (v.) wat “hare wat rys” (uit vrees of plesier) denoteer). Die krimpvarkie gaan par coeur/op weg/’n soort kruisweg/Holzwege/ dwaalspoor, hy land op ‘n besige snelweg en as hy die gevaar hoor aankom, dan rol hy homself op uit verdediging! Oor die krimvarkie sê Derrida dan hy is “very lowly, low down, close to the earth” (vgl. die “Koda” in Marlene se gedig hierbo), d.w.s. daar is iets buitensporigs fundamenteel aan die krimpvarkie, so bruin, hard en weerstandbiedend-dog-ook-weerloos soos klip,’n fundamentaliteit wat so fundamenteel is dat dit nie meer fundamenteel genoem kan word nie, d.w.s. nie net ‘n blote negatiewe (versus positiewe) infiniteit is nie. Kortom, daar is iets gek verbonde aan klip – ‘n geologie word ‘n soort geometrie, ‘n ontelbare (“incalculable”) geometrie, ‘n geometrie van die paradokse verbonde aan infiniteit. Hobson doen ‘n mens die guns om Derrida se oeuvre in konteks van sy tyd te plaas, of soos sy skryf:

    “this further exemplifies how much the relations of containing and being contained, belonging and not belonging, act as a filament in the Derridean text. These are involved in the paradoxes of infinite sets and self-reference, which, (…), caused such tremors at the beginning of the century, and which provoked the discoveries made by Gödel”. Gödel is bekend daarvoor dat hy gedemonstreer het hoe daar “‘formally undecidable sentences’” is, “sentences which were true, but not provable within any given version of formalized arithmetic.” (Hobson (1998: 54) Hobson (ibid.)skryf: “Some of the questions to which Derrida returns again and again develop a Husserlian and Heideggerian heritage; but they have nodes of concern common to the more general logical reflection of their time: the problems associated with infinite sets; the nature of the development of logical thought (is it inventing in the sense of finding something there to be discovered, or it is a kind of construction?). In Derrida’s work, these all point to the problem of the nature and consistency of limits. In that way, they abut on the question of human finitude.”

    Kortom, jy het dalk nie heeltemal geweet wat jy skryf toe jy jou teks “Gedugte geoloë en gedigte Geologie” betitel het nie, daar was ‘n sekere seperasie (“secret”, kriptiese geheim, (lapidêre)lapsus) tussen jou intensie en jou intuïsie, dit “verskyn aan my” as eintlik ‘n baie gedugte blog oor gedigte.

    Derrida(1962/1989:14-15) skryf byvoorbeeld in “Edmund Husserl’s Origin of Geometry: An Introduction”:
    Geology is as radically impossible, then, as is an objective science of transcendental subjectivity. And geometry is possible only insofar as the above is true, since phenomenology’s basic principle of finitude always interplays with an infinite (and nonobjective) ideal pole – here, our Earth – the zero-point of all perception, the ” infinite horizon ” of every object.

    Hierdie blog van jou is volgens my ook nuttig vir ‘n lees van die titel van Marlene van Niekerk se “Kaar” – so dankie nogmaals, ons lees lekker aan jou inskrywings.

  11. Maria :

    Die krimpvarkie is natuurlik ‘n (soort) metafoor vir dit wat Derrida dink ‘n gedigis, maar hy sien poësie in meer plekke as gedigte en die krimpvarksie is dus ook ‘n metafoor vir enige ander sisteem. Sisteme rol ditself op uit beskerming net omsigself bloot te stel aan die ergste. ‘n Sisteem is dus nooit heeltemal “@home” met sigself nie – sukkel om met sigself huis te hou, soos die aarde met haar “faults”, soos klip (en water) wat beide lewe en dood kan beteken. Vir Derrida is hierdie dubbel-sinnig-heid poësie, hy vind dit pro-vokatief – dit maak hom liries, dit sit hom aan die skryf…

  12. Maria :

    Marlene van Niekerk en iets meer oor massiewe sisteme:

    Ek weet nie of Marlene van Niekerk ‘n bewustelike of onbewustelike Derrideaan is nie – wat dit ookal mag wees – maar wat sy in haar onderhoud met Theunis Engelbrecht (1992)kwytraak oor Die vrou wat haar verkyker vergeet het (een van my absolute gunsteling boeke in Afrikaans!), klink vir my na ‘n klassieke geval van “demonstruksie” soos Tom Gouws (1988:60-61) na dekonstruksie verwys:

    “”Die stories probeer waarsku, hulle ondermyn, hulle is spelbederwers. Hulle probeer altyd die pogings tot sisteme, tot volledigheid, tot finaliteit teregwys, probeer altyd herinner aan toeval, aan oormoed, aan eindigheid, aan die absurde weerstand van die materie, aan die onagterhaalbare wonder van die bestaan, die
    onverklaarbare misterie van die dinge soos hulle is, die onvoorspelbaarheid van mense.

    “In die verhale in Die vrou wat haar verkyker vergeet het het ek baie plesier daaruit geput om die karakters te help om oortredings
    te begaan, dis alles oortredings van die verbeelding, en verbeelding is ‘n oortreding van die ego. Ambisieuse ego’s se skemas lyk almal dieselfde, maar hulle het net verskillende name. Dis nou skemas soos
    die perfekte revolusie, die perfekte beesplaas, die perfekte gedenkingsmonument, ensovoorts.

    “Dan put ek groot plesier daaruit om hierdie ambisieuse skemas te help bedink en dan span ek vir die karakters ‘n geweldige strik. Dis kinderlik en primitief, en gebore uit magteloosheid en woede om te lewe in ‘n land waar daar so baie fout is, en ‘n mens wil iets
    daaromtrent doen, maar jy weet nie hoe nie.”

    Bron: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1992/11/5/2/10.html

  13. Waldemar Gouws :

    Marlene van Niekerk se gedig oor Stellenbosch kort m.i. meer kommentaar as een blote verduidelinkie van ‘n tekselement. Die gedig tref my weens die gewigtigheid vd strekking (swaartillend,ja)asook die gewig vd segging – lg. so swaar soos ‘n kubieke meter ystererts van Sishen. Mineraallomp enersyds, en mensdun andersyds.
    Ek sou ‘n titel verkies het wat iets meer efemers verteenwoordig as die nedersetting self.

  14. Maria :

    Waldemar, “Stellenbosch” bevat ‘n spoor van “‘n stelling ingeneem in ‘n bos”, en wat Marlene in hierdie gedig doen is om ons/hierdie stelling in die bos op ‘n sekere dwaalspoor of Holzwege (dink Heidegger) te plaas totdat sy ons uiteindelik “afbring aarde toe” in die “Koda” (stertjie, of rafeltjie (vgl. Ina Rousseau se “Broderie anglaise”)) – dit is wat dit ‘n sekere “gewigtigheid” (pe(n)ser, denke + gewig)gee, swaartillend maak, ‘n sekere “gedugte geo-logie” verskaf. Dit is dus nie “mensdun” nie, sy bring ons net met ‘n sekere buitenspsorige omweg of kruisweg by die mens uit. Sy speel soos altyd ‘n sekere buitensporige spel, ‘n soort passiespele, sy bied nie ‘n “straightforward” (ek dink hier aan Levinas se afkeur aan ondeursigtige digterlike taal, vgl. Derrida se “At this very moment in this text here I am”)”final solution” nie. Sy bied ons hier ‘n “gedugte gedrog” wat ons oë weer kan oopmaak op die “gedrogte van Gondwana”, die oer- of arche- geweld, die “steierende aan magma herinnerende hange”. Heer-lik (hoog-drawend)! Genade-loos.

  15. Johann de Lange :

    Die digter as selfeksegeet – ek dag ons is lankal klaar met dié praktyk. Of is M bang haar resensente is te dom om al haar verwysings te snap?

  16. Waldemar Gouws :

    Maria, Vrou van die Internet, ek het veel om te verteer (Sondagmiddag, maar nie op Stellenbosch nie) en sal eers later kommentaar kan lewer op wat ek kon assimileer.

  17. Joan Hambidge :

    Die skrywer van die artikel oor Krista van den Berg was Loftus Marais, as ek reg onthou.
    En dit is J. Hillis Miller. Nie Hillis J. Miller nie.

  18. Desmond :

    Joan onthou reg, Loftus Marais het die amusante stuk oor “Krista van den Berg” geskryf.

  19. Maria :

    Dankie vir die korreksies Joan – dit is belangrike details.

  20. Webmeester :

    Die gedig wat Marlene van Niekerk hier goedgunstelik geplaas het vir Leon Retief (en ander belangstellingdes), word op haar versoek verwyder. Die kommentare deur Maria is nie die skuilnaam van Marlene van Niekerk soos wat daar in ‘n ander kommentaar gesuggereer is nie. Maria lewer soms kommentare op Versindaba al die afgelope 4 jaar. Miskien kan Maria ook van haar (of sy) kant bevestig dat sy/hy ‘n skuilnaam gebruik en nie namens of in medewerking met ander digters optree nie? Dis altyd jammer as skuilname gebruik word. Dit lei net soms tot onnodige verwarring of verkeerde afleidings.

  21. Maria :

    Maria is nie ‘n skulnaam nie, dis my regte naam, my van is Snyman. Ek maak tog mos melding van die feit dat ek besig is met ‘n verhandeling. Hoe kon Johann dink dit is Marlene wat haar eie gedig interpreteer??

  22. Maria Snyman :

    Hier is my volledige naam en ek hoop die foto’tjie het ook gelaai.

  23. Webmeester :

    Dankie Maria Snyman!Die fototjie is mooi.

  24. Johann de Lange :

    Groot apologie, Maria, dat ek jou so gruwelik te na gekom het.

  25. Maria Snyman :

    Johann, ek dink jou kop haak soms uit, want na jou flater vra jy nou ook weer vir die verkeerde persoon om verskoning – jy moet Marlene van Niekerk, Leon Retief en Versindaba om verskoning vra, want ons sit nou sonder die gedig op hierdie oorspronklik wonderlike bloginskrywing!

  26. Maria Snyman :

    Aardbewings, soorte geweld en een van die groot lesse van Derrida se oeuvre – of ‘n poging om via Johann se onderbreking van die blog (wat Marlene se gedig laat verdwyn het) weer terug te kom by Leon se skrywe waarin die aarde ter sake gekom het:

    Derrida kom aan die einde van die ses onderhoude in A Taste for the Secret (2001) by die kwessie van geweld uit.

    Hy vergelyk die noodwendige gebeurtenis wat hy probeer aantoon het (konvensioneel bekend as dekonstruksie) ‘n paar keer met aardbewings in hierdie onderhoude.

    Aardbewings moet gebeur, dit is onvoorspelbaar en dit skud die aarde in geheel, dit sollisiteer. Aardbewings word algemeen beskou as geweldadig, maar Derrida herinner ons daaraan dat daar geen natuurlike geweld is nie. Aardbewings is net geweldadig in soverre dit menslike belange skade berokken.

    Hy (2001:92) sê dan aan Ferraris en Vattimo: “If we agree that there is no natural violence in the sense of naturality, then we ought to call violence that which does not let the other be what he is, does not leave room for the other. I have often been reproached, as you know, for not arguing; I find this reproach very unjust. I think, in fact, that I try never to be brutal or dogmatic, or to say: that’s just how it is.
    Brutality is not only an unrefined violence, it is a bad violence, impoverishing, repetitive, mechanical, that does not open the future, does not leave room for the other. And it is clear that brutality has an aesthetic connotation, even if I do not wish to give the aesthetic dimension final jurisdiction here. Nevertheless, it’s true that brutality reduces to the amorphous, impoverished form, leads to a loss of differentiation. (…) brutality homogenizes and effaces singularity.”

    Hierdie woorde oor brutaliteit is Derrida se laaste woorde in A Taste for the Secret – ek dink dit is duidelik nie om dowe neute nie.

  27. Johann de Lange :

    Maria Snyman, daar is niks met my kop verkeerd nie, maar jou leesagtergrond is duidelik gebrekkig. By al jou Derrida moet jy miskien ook bietjie gaan nalees oor sarkasme & ironie. Dan beland ons dalk op dieselfde bladsy.

  28. Johann de Lange :

    En vir jou is ek Johann de Lange, ek & jy is nie ou kennisse nie.

  29. Anna :

    En hier is die Johann De Lange polisie vangwa weer, gyselaar en al. Ek dog ek hoor ‘n sirene. P.S. Johann, miskien moet jy bietjie nalees oor etiket. Dit en hoe om op ‘n meer interessante manier sarkasties en ironies te wees.

  30. Alet :

    Haai, julle wat so LEKKER gesels.Help my asb. hier… Ek kry algemene verwysings soos: “Die kouewaterkraan gor…””My mat rafel uit” ens. wat as personifikasie deur kenners soos Dana Snyman as personifikasie geidentifiseer is, maar n kollega van my sê dat …
    ” die maan steek sagter as die son” nie n voorbeeld van personifikasie is nie. Vir my lyk dit na personifikasie want dis tog n menslike handeling…Gee asb. raad.. Dankie.

  31. Maria Snyman :

    Stellenbosch as toponiem? My daaglikse WAD (Word-a-day) vertel dat Stellenbosch ook as werkwoord funksioneer en beteken: “To relegate someone incompetent to a position of minimal responsibility”.

    Die storie agter die woord:
    “Stellenbosch, near Cape Town, was a British military base during the Second Boer War. Officers who had not proven themselves were sent to Stellenbosch, to take care of something relatively insignificant, such as to look after horses. Even if they kept their rank, this assignment was considered a demotion. Eventually the term came to be applied when someone was reassigned to a position where he could do little harm.”

    Die voorbeeld van gebruik:
    “His erstwhile colleague acknowledged Mr Myers’s absence. Has Mr Myers been stellenbosched?”

    Bron: http://wordsmith.org/awad/archives.html

  32. Maria Snyman :

    Unearthing the Earth: A Phenomenological Excavation op Footnotes 2 Plato – Leon, hierdie is ‘n baie oulike artikel (vind skakel onder) sonder enige Derrida – Husserl en Heidegger is wel betrokke, maar dit is geskryf in goeie helder Anglo-Amerikaanse styl, (d.w.s. wat ek kan lees op Virgin Active se trapstoel of stapstreep – vir duiselingwekkende geesdrywende Derrida het ek altyd duisend potlode nodig vir merke in die marge!).

    Die motto behels byvoorbeeld die volgende:

    “Eco-phenomenology offers a methodological bridge between the natural world and our own, or rather the rediscovery of the bridge that we are and have always been but—thanks to our collective amnesia—have forgotten, almost irretrievably. It is not enough to disguise our forgetting; there is also a matter of remembering—remembering the earth.”

    -Charles S. Brown and Ted Toadvine (“Eco-phenomenology: Back to the Earth Itself,” p. xx).

    Hierdie artikel van jou spook by my – so jy is dalk net ‘n onintensionele maar deurgrondelik intuïsionele Derrideaan – alle diep denkers is Derrideane (of Aristoteliane, ons is almal dieselfde in die opsig dat ons almal so “wholly other” is) volgens my, want hulle kan ongehoorde ooreenkomste raaksien, d.w.s. ‘n mens hoef nie te glo aan eidos (vorm wat mag het) wat eidos (idee of ideaal) geword het om so ‘n buitengewone dom krimpvarkie te word wat ander se hare orent laat staan nie.

    Heerlike skrywe daar tussen die hoge berge – Collins & Selena se Heidegger, a graphic guide (2010) som Heidegger se (verregaande) lesing van Hölderlin se “Homecoming” goed op en gee byvoorbeeld die volgende gegewe om gelees te word:

    “Here dwells the “high one”, who is who he is; the Joyous ONE, the high father heaven (if he is a person) …”

    Ek sien uit na die volgende beduiwelende blogs wat jy ons bring.

    Groete
    MS poskantoortjie

    Skakel: http://footnotes2plato.com/2009/04/12/unearthing-the-earth-a-phenomenological-excavation/

  33. Maria Snyman :

    Rilke en Hölderlin word aangehaal, vergeet om dit ook te vermeld. En toe onthou ek ook iets wat ek al moes gesê as so blêrrie bekkig oor Derrida, (d.w.s. daardie pilaarbyter “dame in Seepunt wat by die dienders gekla het oor die obsiene spektakel van naakte manlyke sonaanbidders op die rotse van Graaff se poel”!! – vergelyk “White mythology”) – Derrida is net ‘n indeks van “wat (moet) gebeur”, (soos ‘n aardbewing). En toe kom die volgende gedagte ook by my op – dalk kan ons sê Derrida is ‘n indeks van en na gedugte digkuns, na “GEDUGTE GEOLOË EN GEDIGTE GEOLOGIE”!

  34. Leon Retief :

    Maria ek was seker so 2/3 met my antwoord op jou toe flippin “crash” my rekenaar, wat ek darem gou kon uitsorteer maar als wat ek geskryf het is bleddiewil verlore! ek is nou so die moer in dat ek nie eers lus is om dit weer te skryf nie maar gee kans, ek sal dit wel doen oor die volgende paar dae. Mompel, brom…

  35. Leon Retief :

    Maria, dis vir my ironies dat Segall praat van “remembering the earth” terwyl Jan Zwicky se gedig oor die geologie van Noorweë afkomstig is uit haar bundel “Songs for Relinquishing the Earth.”
    Kyk, ek het Heidegger nog laas in SA gelees, dit was ‘n moeilike maar interessante reis en ek het nie nou op die internet gaan soek oor hom nie want die Winter Olimpiese Spele het my te besig gehou. So help my asseblief reg as my geheue my in die steek laat. Nietemin, ek kry die indruk (dalk verkeerdelik) dat meeste fenomenoloë se kermknoppies permanent aangeskakel is en dis beslis die geval met Segall. Wat nie beteken dat hulle nie soms geldige argumente het nie, sowel Heidegger as Segall huldig standpunte waaraan mens beslis moet aandag skenk, maar ek dink ook dat so bietjie historiese perspektief ter sake mag wees. Laat ek ook byvoeg dat ek nie ‘n nasaat is van dr. Pangloss is nie – ek dink dat ek bewus is van ten minste sommige van die probleme waaroor Heidegger en Segall praat.
    Husserl, Heidegger en veral Segall skyn onder die indruk te wees dat mense eens op ‘n tyd, dit wil sê pre-industrieël, in ‘n soort van idilliese Eden geleef het waar almal genoeg tyd gehad het om hul naeltjies te kontempleer en met moeder natuur te kommunikeer, dikwels deur “vibrasies” soos Merleau-Ponty aangehaal word. Interessant hoe gewild vibrasies in sulke kringe is. Daardie Eden het nooit bestaan nie. Soos Hobbes tereg beskryf het: “Whatsoever therefore is consequent to a time of Warre, where every man is Enemy to every man; the same is consequent to the time, wherein men live without other security, than what their own strength, and their own invention shall furnish them withall. In such condition, there is no place for Industry; because the fruit thereof is uncertain; and consequently no Culture of the Earth; no Navigation, nor use of the commodities that may be imported by Sea; no commodious Building; no Instruments of moving, and removing such things as require much force; NO KNOWLEDGE OF THE FACE OF THE EARTH (my hoofletterrs); no account of Time; no Arts; no Letters; no Society; and which is worst of all, continuall feare, and danger of violent death; And the life of man, solitary, poore, nasty, brutish, and short.” (As mens die ‘poore” wegneem klink Solitary, Nasty, Brutish and Short soos ‘n prokureursfirma. Askies as daar regsgeleerdes op Versindaba is, ek bedoel dit darem nie ernstig nie maar ek kon nog altyd alles weerstaan behalwe versoeking).
    Die gewraakte tegnologie, sowel as Segall se ewe gewraakte naturalistiese wetenskap, is daarvoor verantwoordelik dat baie mense in ten minste die eerste wêreld die geleentheid het om ‘n veel ryker leefwêreld (lifeworld) te ervaar as wat in pre-industriële tye moontlik was. Ek dink dat die mees oppervlakkige leefwêreld van mense vanaf sê maar die 19e eeu veel ryker is as wat 500 jaar gelede moontlik was. Ek stem saam dat baie mense sal ek maar sê “kontak” verloor het met moeder Aarde maar die vraag is of dit veel saak maak. As mens kyk na mense oor die algemeen, ten minste hier waar ek woon, in die VSA en Europa, dan is daar ‘n sterk ekologiese bewussyn maar ongelukkig word dit veels te dikwels gestoomroller deur groot korporasies wat oor genoegsame geldmag beskik, veral in die VSA en ongelukkig ook in toenemende mate in Kanada.
    My volgende beswaar is teen Segall se stellings dat naturalistiese wetenskap “oppervlakkige denke” het, sowel as dat” (it) prevents the blossoming of thought as the flower of the mouth by alienating consciousness from the body, from the earth, from the sky, and from the divine.” Ek is nie seker wat hy bedoel met “the divine” nie, dalk is dit figuurlik gesproke, dalk ook nie. Natuurwetenskaplike denke is alles behalwe oppervlakkige maar meer daaroor later.
    Die enigste wyse waarop die natuurwetenskap te werk kan gaan is met metodologiese naturalisme. As dit nie as ‘n werkwyse aanvaar word nie dan laat dit die deur oop vir allerhande sogenaamde bonatuurlike verskynsels, ek kan in my geestesoog sien hoe een navorser aan ‘n ander een sê: “Flippit! Dis onverklaarbaar en sal altyd so wees! Dis ‘n mirakel! Loof die Here!” (of loof Mohammed, of die Flying Spaghetti Monster of wie jy ook al verkies). Net vir die rekord, ek is ‘n Pastafarian, as jy dalk nie daarvan weet nie, wat ek betwyfel, kan jy oor my “geloof” lees by: http://en.wikipedia.org/wiki/Flying_Spaghetti_Monster.
    Meanwhile, back at the ranch, is daar die God of the gaps…
    Grappies op ‘n stokkie: Segall verwys ek dink een keer na “scientism” wat so raak deur Breyten beskryf is a wetenskak. Daar was al vir eeue sulke wetenskaklikes en sal altyd wees, maar hulle geledere is maar dun. Min wetenskaplikes is aanhangers van scientism. Mens moet die natuurwetenskappe sien vir wat dit is: ‘n poging om modelle te bou wat so na as moontlik ooreenstem aan die objektiewe werklikheid as wat moontlik is, maar elke wetenskaplike wat sy/haar sout werd is weet dat hierdie modelle op hul beste slegs approksimasies is – soos Heidegger self gesê het: die waarheid is onwaarheid, of woorde wat min of meer so iets beteken. Oftewel, dit wat ons ondersoek deins heeltyd van ons terug. Approksimasies is dikwels baie akkuraat maar is nog steeds niks meer as dit is nie. Nogtans, die feit bly staan dat die wetenskappe en die tegnologie wat daaruit vloei (meestal) werk. Ek twyfel of mens ‘n postmodernis of fenomenoloog sal kry wat sy of haar standpunt sal handhaaf wanneer hulle langs jou sit in ‘n vliegtuig wat 10 000 meter bokant die see vlieg.
    Ek kan nog meer sê, onder andere oor Segall se stellings oor Lacan se gediskrediteerde sogenaamde spieëlstadium maar my antwoord word nou ennieway veels te lank.

  36. Maria Snyman :

    Dankie vir jou lekker lang respons Leon, ek voel geëerd om jou so in die versoeking te kan bring.

    Om op my beurt te respondeer en dit kort en kragtig en reguit op die man af (ek spot uit liefde met Levinas se droiture, die digkuns het vir hom nie beantwoord aan wat vereis word om reg aan die absolute ander/Absolute Ander te laat geskied nie) te probeer hou.

    Wat soek ek hier op Versindaba? Nie om te weet wat ek moet dink as ek in ‘n vliegtuig hoog bo die aarde sit wat wankel nie – op daardie oomblik is die konteks bo-menslik beperk en is ‘n mens prakties, jy dink so kousaal en naturalisties as moontlik ( ! Dit is dalk hoekom ek so ongoddelik is, om reg te wees vir sulke ongoddelike momente). ‘n Paar fyngevatte WOORDjies sal inderdaad ook help – ‘n mens sal die histerieses moet probeer kalmeer sodat die piloot en waardige lug-“waardinne” hulle joppe “properly” kan doen.

    Wat ek met my “navel gazing” op Versindaba soek – ‘n sekere mysterium tremendum want dié indaba sollisiteer my gereeld tot in my fondamente – hou verband met wat MENSE AAN MEKAAR DOEN en dit gebeur deur TAAL en taal is mal, unheimlich, geheimsinnig (“secret”, secernere, seperasie, sekresie), kripties (Grieks kryptikos “fit for concealing”).

    Die digkuns is wonderlik in sigself, maar dit gee ‘n mens OOK ‘n smaak vir die geheim van taal. Dig digters nie OOK omdat hulle ‘n smaak vir die geheim van taal het nie? ‘n Gedugte digter sanik nie net nie. Ek vat die digkuns dus aan met TWEE hande – een vir plesier en een vir leer – dinge raak gewoonlik ook gou deur-mekaar, ubuntu se moses!

    Die metodologie van TAAL is ‘n sekere kruisweg, of passiespel – “the fruit thereof is uncertain” – daar is niks naturalisties daaraan nie – en dit is hoekom my “kermknoppies permanent aangeskakel” is.

    (Hjel, wat ‘n heerlike beeld verskyn darem nie uit hierdie woorde van jou nie, wat ‘n malligheid, hoe verklaar jy dit?!)

    Ek respekteer jou punt – ons moet verskil – verskeidenheid is die wagwoord – dit hou ons op ons tone en ons tone op die aarde – dit laat ons kerm!

  37. Leon Retief :

    Maria dit sal maar vervelig wees as ons altyd met mekaar saamste, maar net my laaste straaltjie voordat ek dit afknyp. Oor die “naturalistiese” aspekte van taal: kyk gerus na die FOXP2 geen, sowel as ANKK1 en DRD2, sowel as die verskeie tipes afasie. En vra jouself af of jy nog dieselfde dopamien-kick uit digkuns en taal sal kry as jy ‘n pre-frontale lobotomie gehad het. Ek probeer nie voorgee dat die voorbeelde wat ek noem die allerantwoord is nie, maar as mens nie ‘n grootliks intakte sentrale senuweesisteem het nie kan jy vergeet van taal, grammatika en dies meer, laat staan nog digkuns.

  38. Maria Snyman :

    Interessant Leon, en inderdaad. Ons gaan egter nie vir iemand stem (nie eers op plaaslike vlak nie) wat ‘n pre-frontale lobotomie gehad het om ons land/dorp te regeer nie, alhoewel dit ook nie altyd maklik is om die verskil te sien nie – party het nie ‘n pre-frontale lobotomie nodig om wel gelobotimiseerd voor te kom nie – dit bly “undecidable”.

    Aan die anderkant – aan jou kant – ken jy die ongelooflike verhaal van Lena Zavaroni, die dogtertjie wat “Ma, he is making eyes at me” gesing het en die wêreld aan haar voete gehad het in die sewentigs (ek sien sy is steeds die rekordhouer vir die jongste persoon om ‘n album op die Top 10 te hê) – genutig, dit is ‘n stem wat ‘n mens mis!

    My en jou verskil bly dus “undecidable” volgens my, maar – ‘n punt vir my – ons leef in ‘n wêreld met oneindige moontlikhede en dinge soos verrassings en “wonderwerke” (moet) gebeur! Vergeet nou eers van ons verskil en skryf vir ons nog ‘n blog.

    O ja, nou onthou ek – jy en jou F1 – het jy geweet Derrida het ook ‘n ding vir “verbysteek” gehad, hy was blykbaar maar ‘n roekelose ryer (vergelyk sy “Circumfession” – ‘n vrolike intertekstuele gekkeparadys, maar goed vir algemene kennis). F1 is dalk nie verniet ook die “Help!” knoppie op ons rekenaars nie – daar is niks buite taal/teks nie (ons moet altyd die ompaadjie van taal vat om dinge gedoen te kry, self ‘n pre-frontale lobotomie – Zavaroni het daarop aangedring, sy was desperaat), en as ons dit probeer verbysteek kom ons (bewustelik of onbewustelik) in ‘n soort “Help!” situasie – “Here I am at this very moment in this text – interrupt me” (with Help!) … om Leon uit te los dat hy vir ons kan skryf! Lekker skryf, Leon!

  39. Leon Retief :

    Maria, vir ‘n vlietende oomblik het ek dit oorweeg om iets oor F1 (en motorsport oor die algemeen) te skryf maar hierdie keer sal ek die versoeking weerstaan want ek dink dat op hierdie blog sal net Louis en ek dit interessant vind en ek wil mense nie verveel nie. Ek het nog nooit van Zavaroni gehoor nie en moes haar eers gaan gogel.

  40. Maria Snyman :

    Watwou, ek sou ‘n F1-storie dalk lekker kon “de-ride” – ‘n klip (of modder) in die pad gooi. Dink net aan die gawe gemors wat ons dan sou hê – nog ‘n deeg-like diskoers oor be-teken-is. Wat skryf Breyten in “die maak van poësie”, hy skryf:

    (…)
    ry saggies vry saggies
    met vaseline

    Die woordjie “met” in die gedig gee ons ‘n parallelisme met

    met ‘n eerbiedige tong

    Sien die internet re “le parallélisme de ma voiture” …