Karen Kuhn. Binne Afwesigheid

Op 26 Januarie besoek ek en my pa die dorpie Oświęcim (Auschwitz) in die suide van Pole, waar ons na Auschwitz I en Auschwitz-Birkenau konsentrasiekampe toe gaan. Presies ’n dag voor die kampe op 27 Januarie 1945, 68 jaar later bevry is.

 

Ongeveer 1.1 miljoen mense het in hierdie twee kampe gesterf, hetsy in die gaskamers, van hongerte, siektes, koue, marteling of mediese eksperimente.

Maar na al die films, boeke, dokumentêre en maande in Pole, is daar niks wat ’n mens kan voorberei op dié besoek nie.

 

Met die temperatuur wat gedaal het tot -19 grade was dit ietwat warmer as die winter van 1945.

 

Die besef van die afwesigheid van warmte

Magdalena Klein, gebore in 1920 was die jongste kind van ’n Joodse familie van Noordwes Roemenië. Saam met haar familie is sy met geweld verwyder na ’n Joodse ghetto in Oradea, Roemenië en is later na Auschwitz-Birkenau gedeporteer.

Die besef van die afwesigheid van veiligheid

Pearls and Lace is ’n bundel wat saamgestel is uit ’n keur verse uit Klein se dagboek en vertaal is uit Hongaars deur haar niggie Susan Simpson Geroe.

 

It’s Springtime

 

It’s a sad, cloudy day.

It’s snowing, since it’s still March.

Perhaps tomorrow the sun will shine

And the children’s snow balling will be divine.

 

And trees will put on lovely jewels,

Nature will make everything bloom.

We will enjoy summer again,

All will be joy, no sadness will remain.

 

We will walk in the fields, among flowers,

We will lie on the grass, behind wheat stalks,

We will greet everything with an innocent smile,

It’s spring again; once again it’s springtime!

Die besef van die afwesigheid van lig

 

Die gedigte lewer getuienis van die sterk paradoks tussen die koue realiteit van haar omstandighede en haar jeugdige liefde vir die lewe.

 

A Little Bird

 

A little bird

Perches on a branch.

A beautiful, golden-feathered

Little bird.

 

Her eyelids

Are closed in sleep.

She may have beautiful dreams,

Perhaps.

 

How wonderful to be

A little bird,

To wake up

And fly away.

 

Die besef van die afwesigheid van vryheid

Klein se familie sterf in Birkenau. “I always Knew” is een van ’n reeks verse wat sy vir haar oorlede moeder skryf:

I Always Knew

 

I always knew how much I loved you,

That I could never leave you behind.

My body may be a worthless worm,

But my soul from yours will never be torn.

 

Years were passing and the horrible curse came true.

They locked us millions in cattle cars,

And even to you, so faithful to the Almighty,

The murderers denied immunity.

 

I couldn’t do for you a thing.

Watching you my eyes were weeping.

I wanted to follow you everywhere – even

At the price of my life, I thought then.

 

But on a horrible night, as our train

Slowed down and stopped in the open plain,

They stole you from me, my only treasure.

And yet, I could continue on further.

When the snow fell, I worried about you only,

You were by my side at every step.

When I got tired, you led me ahead,

You stroked me, you held my hand.

 

This is how I survived the dreadfully big struggle

And I returned to the old abode.

Since then I always search to find you, to reunite,

I expect you morning, noon, and night.

 

I always knew how much I loved you.

My soul has never left you, followed you even then.

And down here, lifelessly, I play a farce – I mime,

This world is no longer mine.

 

Die besef van die afwesigheid van liefde

 

Klein het die gebeure oorleef, maar egter nie haar verlies nie. Sy raak na die oorlog al hoe meer ’n kluisenaar en sterf in Junie 1946 aan ’n oordosis medikasie.

’n Oorweldigende besef wat jou na die tyd bybly, jou jaag, by jou spook en jou aanhou herinner:

Die besef van die noodsaaklikheid

van digkuns

en bo alles die aanwesigheid van Menslikheid.

 

Bibliografie:

Klein, M. & Geroe, S.S. 1996. Pearls and Lace. Santa Barbara, Calif: Fithian Press.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Karen Kuhn. Binne Afwesigheid”

  1. Gisela Ullyatt :

    Karen, dankie vir hierdie blog. Ek lees juis Viktor Frankl se Man’s search for meaning op die oomblik. Dit maak nie saak hoeveel boeke ek oor die Holocaust lees of hoeveel dvd’s ek daaroor kyk nie, ek sal nooit kan verstaan hoekom hierdie uitwissing ooit kon gebeur het nie. Dankie vir die foto’s ook.

  2. Maria :

    ‘n Baie mooi blog – mooi fotos, om dit in die regte lewe te moes beleef, so met daardie lig, moes aangrypend gewees het.

  3. Hilda Smits :

    So mooi, Karen. My man is Joods & ek het toe verlede jaar Primo Levi se “If this is a man” gelees & kon vir weke aan niks anders dink nie. Sy gedig, Shema, is vir my baie roerend. (Shema – die naam van ‘n Joodse gebed).

    “You who live secure
    In your warm houses
    Who return at evening to find
    Hot food and friendly faces:

    Consider whether this is a man,
    Who labours in the mud
    Who knows no peace
    Who fights for a crust of bread
    Who dies at a yes or a no.
    Consider whether this is a woman,
    Without hair or name
    With no more strength to remember
    Eyes empty and womb cold
    As a frog in winter.

    Consider that this has been:
    I commend these words to you.
    Engrave them on your hearts
    When you are in your house, when you walk on your way,
    When you go to bed, when you rise.
    Repeat them to your children.
    Or may your house crumble,
    Disease render you powerless,
    Your offspring avert their faces from you”.

    Gisela, ironies genoeg is Frankl se boek vir my Meesters in psigoterapie voorgeskryf vir sy bydrae tot eksistensiële terapie. ‘n Fassinerende boek. Ek is nog effens onnosel op die oomblik, maar sal graag bietjie meer oor eksistensiële filosofie wil leer.

  4. Gisela Ullyatt :

    Hilda, Frankl se logoterapie is veral interessant. Ek dink die volgende sin som op hoe hy vier konsentrasiekampe kon oorleef: “At any moment, man must decide, for better or for worse, what will be the monument of his existence”.
    Ontroerende gedig van Primo Levi, dankie Hilda.

  5. Karen Kuhn :

    Dankie vir die terugvoer en insette, sal Frankl gaan oplees, die vers – roerend! Is werklik ‘n besoek wat oorweldig, so ook ‘n deel geskiedenis wat sekerlik altyd onverklaarbaar sal wees.