Octavio Paz – vertaling in Afrikaans

Octavio Paz – vertaal deur De Waal Venter  

 

Paraje

 A Denise Esteban

 

El camino sin nombre,               

                                    sin nadie,

fluye entre peñas desgastadas …

 

Plek

vir Denise Esteban

 

Die pad sonder naam,

                                    geen mense nie,

vloei verby verweerde rotse,

dobbelstene van daardie antieke spel

wat die elemente sonder ophou speel

dit gaan aan oor ‘n vlakte,

                                    elke tree

‘n legende van geologie

en raak verlore in ‘n duin van weerkaatsings

wat nie water of sand is nie, maar tyd.

Daar is ‘n bloedrooi boom, swart gras,

sout op die lote van lig.

                                                Die pad

dra die son op sy skouers.

Die lug het opgestapelde afstande

oor hierdie werklikheid wat skaars sal voortduur.

‘n poeletjie: fontein van helderheid.

Oë orals.

Die uur steek vas

om homself tussen ‘n paar klippe te sien deurglip.

Die pad hou nooit op om aan te kom nie.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

Die poëson 

Vir my is daar ‘n konsep wat ‘n belangrike element in die skep van ‘n gedig is. Ek noem dit ‘n “poëson”. Dit is onder andere ‘n skeppende proses wat ‘n digter grootliks onbewus toepas en die werking daarvan kan in ‘n gedig aangetoon word.  Die poëson wat elke leser seker dadelik sal raaksien in die bostaande gedig, is “die pad”. 

Maar daar is ook ander poësons in die gedig. ‘n Belangrike een is “aankoms en vertrek – beweging en stilstand”. Hierdie poëson vleg deur die gedig en beskryf die pad op maniere waaraan mens miskien nie andersins sou gedink het nie. In reël 3 “vloei” die pad, verderaan beweeg dit oor ‘n vlakte, dit dra die son op sy skouers, en dit hou nooit op “om aan te kom nie”. Die lug het “opgestapelde afstande” – mens sien hier afstande wat nie beweeg nie, maar opgestapel lê, soos roerlose geologiese strata.  Die uur “steek vas” (stilstand) om homself “tussen ‘n paar klippe te sien deurglip”. Hier het ‘n mens twee teenoorgestelde konsepte wat deur die dinamiek van die gedig gedwing word om een en dieselfde te wees.Die beweging/stilstand-aankoms/vertrek poëson is in wese die ruggraat van die gedig.  

Dit is waarskynlik dat die digter nie op ‘n bewuste manier aan die poëson gedink het met die skep van die gedig nie (natuurlik sou die digter anders gedink het oor die begrip “poëson”, en sou glad nie so oor die skeppingsproses besin het nie). Die poëson is (na my mening) ‘n hoofsaaklik onbewuste dinamiese element wat die gedig maak wat dit is. In die woorde van John C Holcombe: “A good poem lies somewhere beyond mere words: it is the intangible, an exultation in things vaguely apprehended, something which emerges out of its own form, and which cannot exist without that form.”

Meer inligting oor die poëson is te kry op De Waal Venter se Oeuvre blog by:

http://dewaalventer.wordpress.com/literary-and-critical-theory/the-poeson/

 

*

 

Árbol adentro

 

Creció en mi rente un árbol,

Creció hacia dentro …

 

Octavio Paz :Uit die bundel: Árbol adentro 

 

 

Die boom hierbinne

 

‘n Boom het in my kop gegroei,

‘n boom het ingegroei.

Sy wortels is are,

senuwees sy takke,

sy deurmekaar blare die gedagtes.

Jou blik steek dit aan die brand

en sy skadu-vrugte

is bloedlemoene,

vlammende granate.

                                    Die dag breek

 

in die nag se liggaam.

Daar binne, in my kop,

praat die boom.

                                    Kom nader, kan jy dit hoor?

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

Hierdie gedig is geskryf deur die Meksikaanse digter Octavio Paz wat in 1990 die Nobelprys ontvang het vir sy literêre werk.  Rodney Williamson vertolk die betekenis van die boom in die gedig soos volg:

 

“The writing in the stars – A Jungian Reading of the Poetry of Octavio Paz

 Rodney Williamson ; University of Toronto Press Incorporated 2007

 

The tree symbol so prominent in this poem and central to the volume to which it belongs, Arbol adentro, is the image par excellence of this correspondence of innerness and outerness. The tree is an element of nature, planted by the other, contemplated by the poet, and as we have seen in the circular poems of phase four, an icon closely identified with thepoet’s childhood. But it is also an interior mental tree, Jung’s ‘philosophical tree’ or ‘tree of knowledge,’ a concrete symbol of growth of the psyche and of the self.”

Die leser kan ook in gedagte hou dat die boomin die Maya kultuur ‘n belangrike rol speel. Die boom se sappe simboliseer die vloeistowwe in die menslike liggaam: bloed, moedersmelk, semen. Die boom verenig die manlike en vroulike in een entiteit.

 

 

In Galeanastraat

(POR LA CALLE DE GALEANA)

vir Ramón Xirau

 Octavio Paz

 

Hamerhoue bokant

verpoeierde stemme

van die hoogste punt van die namiddag

kom die bouers reguit af

 

Ons is tussen blou en goeienaand

hier begin die kaal erwe

‘n bleek poeletjie ontvlam skielik

die skadu van ‘n heuningvoëltjie het dit aan die brand gesteek

 

By die eerste huise

oksideer die somer

iemand het die deur toegemaak iemand

praat met sy skaduwee

 

Dit word donker daar is nou niemand in die straat nie

nie eers hierdie hond nie

skrikkerig om alleen hierdeur te loop

mens is te bang om jou oë toe te maak

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

Ramon Xirau Subias (Spaans: [ra’mon ʃi’ɾau], Catalaans: [rə’moɲ ʃi’ɾaw]) (in Barcelona gebore op 20 Januarie 1924) is ‘n Meksikaanse digter, filosoof en literêre kritikus.  Professor Xirau is mostly known in the English speaking world as the co-author of The Nature of Man along with Erich Fromm.

Die kritikus Carlos Pereda skryf die volgende oor Ramon Xirau:

Die Meksikaanse filosoof en digter, Ramon Xirau, is ‘n brug tussen tale, tradisies en dissiplines, maar ook ‘n brug tussen ‘n veelvoud van teenoorgestelde belange.  Xirau het lank in “Galeanastraat” (Calle de San Angel, Meksiko Stad) gewoon. Die straat met sy geluide en klanke, vuurlig en skaduwees, is miskien vir Octavio Paz ‘n metafoor van “die straat van die lewe”.

 

 

 

Die skoenlapper

  

vlieg toe tussen die motors.

Marie-José sê vir my: dit moet Xhuang Tzu wees

op pad New York toe.

Maar die skoenlapper

het nie geweet dat hy ‘n skoenlapper was

wat gedroom het dat hy Chuang Tzu was nie

of Chuang Tzu

wat gedroom het dat hy ‘n skoenlapper was.

Die skoenlapper het nie getwyfel nie.

Hy vlieg toe weg.

 

(La Mariposa , Octavio Paz : uit Spaans vertaal deur De Waal Venter )

 

From Wikipedia

Octavio Paz Lozano (Spanish pronunciation: [ok’taβjo pas lo’sano]; March 31, 1914 – April 19, 1998) was a Mexican writer, poet, and diplomat, and the winner of the 1990 Nobel Prize for Literature.In 1963, he married Marie-José Tramini, a French woman who would be his wife for the rest of his life.

Zhuangzi or Chuang Tzŭ was an influential Chinese philosopher who lived around the 4th century BCE during the Warring States Period, a period corresponding to the philosophical summit of Chinese thought – the Hundred Schools of Thought, and is credited with writing-in part or in whole-a work known by his name, the Zhuangzi. His name Zhuangzi (English “Master Zhuang”, with Zi being an honorific) is sometimes spelled Zhuang Tze, Zhuang Zhou, Chuang Tsu, Chuang Tzu, Chouang-Dsi, Chuang Tse, or Chuangtze.

Another well-known part of the book (titled Zhjuangzi), which is also found in Chapter 2, is usually called “Zhuangzi dreamed he was a butterfly“.

Once Zhuangzi dreamt he was a butterfly, a butterfly flitting and fluttering around, happy with himself and doing as he pleased. He didn’t know he was Zhuangzi. Suddenly he woke up and there he was, solid and unmistakable Zhuangzi. But he didn’t know if he was Zhuangzi who had dreamt he was a butterfly, or a butterfly dreaming he was Zhuangzi. Between Zhuangzi and a butterfly there must be some distinction! This is called the Transformation of Things”. (2, tr. Burton Watson 1968:49)

This hints at many questions in the philosophy of mind, philosophy of language, and epistemology. The name of the passage has become a common Chinese idiom, and has spread into Western languages as well. It appears, inter alia, as an illustration in Jorge Luis Borges’ famous essay “A New Refutation of Time”, and may have inspired H. P. Lovecraft’s 1918 short story “Polaris”. It also appears in Victor Pelevin’s 1996 philosophical novel Buddha’s Little Finger.

 

 

Tussen gaan en bly

(Entre irse y quedarse)

 

Die dag huiwer tussen gaan en bly

verlief op sy deursigtigheid.

 

Die sirkelvormige namiddag is nou ‘n baai

waarin die wêreld stilweg wieg.

 

Alles is sigbaar en alles ontwykend

alles is naby en alles onaanraakbaar.

 

Papiere, ‘n boek, ‘n glas, ‘n potlood

rus in die skadu van hulle name.

 

Die polsende tyd in my slape herhaal

dieselfde onversetlike sillabe van bloed.

 

Die lig verander die onverskillige muur

in ‘n spookagtige teater van weerkaatsings.

 

Ek ontdek myself in die middel van ‘n oog;

ek sien myself in daardie staring.

 

Die oomblik verdwyn. Bewegingloos,

ek kom en gaan: ek is ‘n pouse.

 

(Octavio Paz: Entre irse y quedarse

-vert. De Waal Venter)

 

Nota:

Octavio Paz het in 1990 die Nobelprys vir Literatuur ontvang.

‘n Kritikus het die volgende te sê oor Paz: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. “Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life,” Paz asks. “And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?”  Poets.org

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Octavio Paz – vertaling in Afrikaans”

  1. Desmond :

    De Waal, mooi vertalings hierdie. Ek gaan binnekort Mexiko toe, en het dus weer Paz begin lees. Lekker om dit in Afrikaans ook te kan doen!

  2. De Waal Venter :

    Hallo Desmond. Ek is baie bly jy kan plesier put uit die vertalings 🙂 Ek beny jou voorgenome besoek aan Mexico. Mag dit vir jou besonder inspirerend wees.

  3. Elza Lorenz :

    Nice vertaling, De Waal. Kranige digter en vertaler nou! Elza

  4. Hallo Elza. Ek waardeer jou opmerking 🙂 Ja, ek is in ‘n baie produktiewe stadium van my kreatiewe lewe. Behalwe my eie werk (Afrikaans en Engels) spits ek my veral toe op vertalings van Paz en Tranströmer. Ek wil graag veral later miskien ‘n versameling vertalings van Tranströmer publiseer.

  5. […] Paz yn it Afrikaansk. Lês fierder by Versindaba Dit berjocht waard pleatst yn Blogfragminten, Nij troch […]