Hilda Smits. Oor Tarkovsky, Tyd, Spieëls en Polaroid Foto’s

 Tarkovsky op die filmstel van The Sacrifice, 1986.

“…a stone is a kind of diary of the weather, a meteorological concentrate as it were.  A stone is nothing but weather excluded from atmospheric space and put away in functional space.  Meteorology is more basic than mineralogy: it encompasses it, washes over it, it ages and gives meaning to it.  [It] is not only the past, it is also the future: there is periodicity in it”, (Mandelstam, 1933, bl.  103).

Hierdie aanhaling van die Russiese digter, Osip Mandelstam, voel vir my soos ‘n metaforiese beskrywing van my gunsteling regisseur, Andrei Tarkovsky se outobiografiese film, Mirror.  Tarkovsky se poëtiese film voel soos ‘n steen wat al die elemente – vuur, water, wind aarde – van die seisoene oor jare absorbeer. Sy film praat in stemme van Bach, die wind oor die lang gras, die knetter van ‘n vuur terwyl ‘n skuur afbrand, die drup-drup van ‘n lekkende dak, blare onder voet…“Above all, I feel that the sounds of this world are so beautiful in themselves that if only we could listen to them properly, cinema would have no need for music at all” (Tarkovsky, 1986).  In ‘n stroom van bewussyn duik fragmente van sy kinderjare op,  vervaag die grense tussen swart/wit en kleur, verlede en hede,  tussen surrealisme en werklikheid, word jy meegesleur in ‘n vloed van onthou.

Oor herinneringe aan ons kinderjare skryf Tarkovsky (1986), “Generally people’s memories are precious to them.  It is no accident that they are colored by poetry.  The most beautiful memories are those of childhood…There’s an enormous difference…between the way you remember the house in which you were born and which you haven’t seen for years, and the actual sight of the house after a prolonged absence.  Usually the poetry of the memory is destroyed by confrontation with its origin”. (Tarkovsky, 1989, bl. 29).

Tarkovsky en sy pa, die digter Arseny Tarkovsky

 

Sy pa, die Sowjet digter en vertaler Arseny Tarkovsky, het die gesin verlaat gedurende Tarkovsky se kinderjare, en sy gedigte vleg deurgaans deur die film soos ‘n stem.  ‘n Stem van wyse alomteenwoordigheid, maar ook van afwesigheid en verlies.  Een so ‘n gedig wat voorgelees word is “First Meetings”,

 

We celebrated every moment

Of our meetings as epiphanies,

Just we two in all the world.

Bolder, lighter than a bird’s wing,

You hurtled like vertigo

Down the stairs, leading

Through moist lilac to your realm

Beyond the mirror.

 

When night fell, grace was given me,

The sanctuary gates were opened,

Shining in the darkness

Nakedness bowed slowly;

Waking up, I said:

‘God bless you!’, knowing it

To be daring: you slept,

The lilac leaned towards you from the table

To touch your eyelids with its universal blue,

Those eyelids brushed with blue

Were peaceful, and your hand was warm.

 

And in the crystal I saw pulsing rivers,

Smoke-wreathed hills, and glimmering seas;

Holding in your palm that crystal sphere,

You slumbered on the throne,

And – God be praised! – you belonged to me.

Awaking, you transformed

The humdrum dictionary of humans

Till speech was full and running over

With resounding strength, and the word you

Revealed its new meaning: it meant king.

Everything in the world was different,

Even the simplest things – the jug, the basin –

When stratified and solid water

Stood between us, like a guard.

 

We were led to who knows where.

Before us opened up, in mirage,

Towns constructed out of wonder,

Mint leaves spread themselves beneath our feet,

Birds came on the journey with us,

Fish leapt in greeting from the river,

And the sky unfurled above…

 

While behind us all the time went fate,

A madman brandishing a razor.

 

@Arseny Tarkovsky. Uit Life, Life: Selected Poems by Arseny Tarkovsky (1997)

 

Die konsep van Tyd, van die wêrelde wat dit omsluit, is iets wat Tarkovsky na aan die hart lê in nie net sy films nie, maar ook sy boek Sculpting in Time (1986) en sy dagboek Time within Time (1970 – 1986).  Soos in T.S.  Eliot se gedig Burnt Norton skryf Tarkovsky (1986) oor Tyd:

“Time is said to be irreversible.  And this is true enough in the sense that ‘you can’t bring back the past’, as they say.  But what exactly is this ‘past’? Is it what has passed? And what does ‘passed’ mean for a person when for each of us the past is the bearer of all that is constant in the reality of the present, of each current moment? In a certain sense the past is far more real, or at any rate more stable, more resilient than the present.  The present slips and vanishes like sand between fingers, acquiring material weight only in its recollection.  King Solomon’s rings bore the inscription, ‘All will pass’; by contrast, I want to draw attention to how time in its moral implication is in fact turned back.  Time cannot vanish without a trace for it is a subjective, spiritual category; and the time we have lived settles in our soul as an experience placed within time.”   (Tarkovsky, 1986, bl.58).

Ter gedagtenis aan Tarkovsky vertaal ek sy pa se gedig жизнь жизнь of Life, life.  Ek het ook so tussen die lees en Google op ‘n spul van Tarkovsky se polaroid foto’s afgekom, en het ge-inspireerd ‘n paar eksperimente hieronder vasgepen.

 

1

 

Ek glo nie in tekens en vrees nie

voorbodes nie.  Ek vlug nie weg van laster

of van gif nie.  Die dood bestaan nie.

Almal is ewigdurend.  Alles is ewigdurend.

Geen punt om die dood op sewentien,

of op sewentig te vrees nie.  Daar is net die hier en nou, en lig;

geen dood of duisternis bestaan nie.

Ons staan almal reeds op die strand;

ek is een van die wat die nette sal insleep

wanneer ‘n skool van onsterflikheid verby swem.

 

2

 

As jy in ‘n huis woon – die huis sal nie ineenstort nie.

Ek sal enige van die eeue oproep,

binne gaan en ‘n huis daar bou.

Dit is waarom jou kinders en jou vroue

saam met my om een tafel sit  –

dieselfde vir stamvader en kleinseun:

die toekoms word nou volbring,

en wanneer ek my hand effens lig,

sal al vyf balke lig met jou bly.

Elke dag het ek my sleutelbeen gebruik

om die verlede mee op te stoor, en asof dit uit hout bestaan

het ek tyd gemeet met geodetiese kettings

en oor dit gemars, asof deur die Ural berge.

 

3

 

Soos ‘n kleremaker het ek die tyd verstel om my te pas.

Ons het na die Suide gestap, stof bo die trappe laat rys;

die lang onkruid het gebrand; die sprinkaan het gedans,

sy antenna aan die perdehoef geraak – en ‘n voorspelling gemaak,

my gedreig met vernietiging.  Soos ‘n monnik

het ek my lot gegord tot die saal;

en selfs nou, in hierdie komende tye,

staan ek in die stiebeuels soos ‘n kind .

 

Ek is tevrede met onverganklikheid,

vir my bloed om van tydperk tot tydperk te vloei.

Tog, vir ‘n knus hoekie waarop ek kon staatmaak

sou ek gewilliglik my hele lewe gegee het

toe haar vlieënde naald

my soos garing regoor die wêreld gepluk het.

 

 

spin die aand kat-suutjies deur die spoel

in die regisseur se hand

die vlak gras is water die wit lig ‘n klank

twee bome waaksaam

jy is ‘n oog omsingel die ronde nag

die grond is vrugbaar hier

waar jy stap

 

wag met die lyf van ‘n hond

elke senuwee soos ‘n harp elke spier gespan

vir die mis prik jou ore

oneindig die veld

haal jou in

 

 

waar jy staan praat die grond

modderig binnesmonds die heining

se taal van slagtand & skaduwee

breek die veld branders

‘n huis soos ‘n babavuis

by jou voete ‘n hond so lojaal

soos die son soos die heining om

 

 

Meer oor Tarkovsky, sy films en boeke:

 

http://andrei-tarkovsky.com/

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Andrei_Tarkovsky

 

Sy films verniet aanlyn:

 

http://www.openculture.com/2010/07/tarkovksy.html

 

Bronne:

Brown, C.  en  Merwins, W.S.  Merwin.  (2004).  The Selected Poems of Osip Mandelstam.  New York: New York Review Books.  (Oorspronklik in 1933 gepubliseer).

Rounding, V, en  Robinson, M.R.  (1997).  Life, Life: Selected Poems by Arseny Tarkovsky.   Maidstone, Kent: Crescent Moon.

Tarkovsky, A. (2006). Instant Light: Tarkovsky Polaroids. London: Thames & Hudson. Aanlyn: http://www.diphotos.net/JJ/Tarkovskij/Web/li.htm

Tarkovsky, A. (1989).  Sculpting in Time.  Texas: University of Texas Press. (Oorspronklik in 1986 gepubliseer).

Bookmark and Share

14 Kommentare op “Hilda Smits. Oor Tarkovsky, Tyd, Spieëls en Polaroid Foto’s”

  1. René Bohnen :

    Dankie, Hilda – ek het nog net een Tarkovsky fliek gesien – hierdie blog is interessant. Ek het verlede week in ‘n essay van John Wood gelees “… we see the future as anticipated memories…” Die verband tussen tyd en geheue is ‘n boeiende onderwerp.

  2. Gert :

    Dankie – ek het nog nooit een van sy flieks gesien nie, maar gaan dit beslis uitcheck.

  3. Hilda Smits :

    Dankie vir die lees, René! Ek is besig om Tarkovsky se “Sculpting in time” te lees. Baie interessant. Ek hou van die manier hoe hy tyd beskryf as iets wat vatbaar en lewendig is. Mooi aanhaling hierdie, “History is not Time; nor is evolution. They are both consequences. Time is a state: the flame in which there lives the salamander of the human soul”. Watse John Wood praat jy van? Google het ‘n hele lys uitgespoeg.

  4. Hilda Smits :

    Laat my weet watter een jy kyk, Gert 🙂

  5. René Bohnen :

    Hierdie ene, Hilda 🙂 ” John Wood holds professorships in both photographic history and English literature at McNeese State University in Louisiana, where he is also director of the Master of Fine Arts Program in Creative Writing. He is the author of four books of poetry and seven books of art and photographic criticism.” Hier is ‘n skakel (http://www.goodreads.com/author/show/5011229.John_Wood)
    en ook: “John Wood is an American poet, photographic historian, and the editor of 21st Editions.”
    Die beeld van die “salamander of the human soul” is onvergeetlik. Sjoe!

  6. carina van der walt :

    Dankie Hilda, dat ek Tarkovsky deur jou kon leer ken. Hieronder ‘n skakel met die beste 38 poësieflieks wat ek van my digtersvriend (Nick Swarth) hier in Tilburg gekry het. Let op nommer 3 en 4. Ek weet wat ek binnekort gaan kyk 😉
    http://www.imdb.com/list/G7pQ4mTyi1U/

  7. Hilda Smits :

    Dankie, René! Ek het aanlyn op ‘n boek met van sy versamelde gedigte afgekom. Baie beeldryk. Pragtig hierdie, “…of instinct held there between the roof and the ceiling of a sun porch, return to hum and spin at once had opened into chambers of genius and comb…”.

  8. Hilda Smits :

    Wonderlik, Carina! Hier is ‘n hele paar wat ek graag sal wil sien…

  9. Gert :

    Hi Hilda

    Ek het gekyk na Solaris en Stalker.

    Stalker is die een wat my aangegryp het – dis die beste soort fliek – ‘n werk van mystery en meaning.

    Bob Dylan het ‘n song met die naam “isis”. Dit gaan oor ‘n ou wat sy vrou verloor en dan op ‘n mal soektog na ‘n skat saam met ‘n vreemdeling gaan. Hulle kry die regte plek en grawe vir die skat. Sy vriend sterf Van uitputting en kort daarna maak hy alleen die skatkis oop, maar daar is niks van waarde.

    Hy besef dan dat die waarde in die reis was. Dat die storie van die skat vir die vreemdeling net die verskoning vir vriendskap en samesyn was. Waarom sal jy saam met ‘n vreemdeling uithang as dit nie is omdat jy glo dat hy jou na ‘n skat sal neem nie.

    Ek het lank gedroom oor ‘n fliek hiervan, maar nou besef ek: stalker is daardie fliek.

    Die metafoor van die sluiper – die nietige outjie wat jou die pad na vervulling kan gee – is rondom ons: in dominees, lovers, seks, politici, sielkundiges, in ouers wat hulle drome in kinders projekteer.

    Dis ‘n taak wat moet misluk, maar (soos hy wys) ‘n taak wat terselfdertyd hoop laat lewe en waardigheid het.

    Elkgeval, weer nie of ek krag het vir nog van hierdie ou nie, maar dankie dat jy my iets mooi en interessant geleer het.

    Groete, gert

  10. Hilda Smits :

    Hallo Gert. Weet jy, Stalker is die een film van Tarkovsky wat ek nog nie gesien het nie. Ek sal binnekort plan maak. Dit klink fascinating. Ek het self Solaris baie langdradig gevind. Nie my gunsteling Tarkovsky film nie. As jy weer kans sien, probeer Mirror. ‘n Fees vir die sintuie. Maar ja, sy films verg beslis ‘n mens se volle aandag. Ek is bly jy het ten minste van Stalker gehou!

  11. Andries Bezuidenhout :

    Hilda & Gert, Geoff Dyer het ‘n boek oor “Stalker” geskryf – ‘n vreemde roman (as mens dit kan noem) waarin die hele film beskryf word en kommentaar daarop gelewer word. Ek kry nie my boek nie, maar kom toe op hierdie af in ‘n soektog na die korrekte titel: http://www.theguardian.com/film/2009/feb/06/andrei-tarkovsky-stalker-russia-gulags-chernobyl

  12. Gert :

    Wat baie indrukwekkend vir my was, was hoedat die wereld van die zone met misterie en moontlikheid gevul is, omdat jy glo in wat moontlik voorlê. Daarsonder is dit net ‘n klomp gras.

    Hy skep die misterie maar neem dit daarna weer uit, sodat jy kan voel hoedat lewe gekom en gegaan het.

    Dit is die inmoontlike taak van kuns – om lewe in dinge te blaas.

  13. Hilda Smits :

    Dankie, Andries. ‘n Baie interessante artikel. Gert, Stalker bekruip my verpak en gepos. Ek sien uit.

  14. Gert :

    Ek het self ‘n stukkie daaroor geskryf.

    http://gertrautenbach.blogspot.com/2014/01/stalker.html