Leon Retief. Winter in Saskatchewan

 

Hold my coffee and watch this… Kanadese is verslaaf aan koffie. Tim Horton’s is ʼn Kanadese ketting “restaurant” (let asseblief tog op die aanhalingstekens) beroemd vir sy koffie, met meer as 3 000 takke. Wanneer mens hier praat van “a Tim Horton’s” is dit sinoniem met koffie. Elke oggend wanneer ek by die werk aankom sien ek hoe baie van my medewerkers – dokters, klerke, verpleegsters en so voorts, selfs ook pasiënte – opdaag met ʼn beker Tim Horton’s in die hand – wat meer is, mens sien dikwels hoe motorbestuurders met ʼn beker koffie in die hand die gladde strate navigeer. Interessant genoeg is daar wetgewing wat belet dat mens ʼn selfoon gebruik wanneer jy in beheer van ʼn voertuig is maar as jy ʼn Tim Horton’s in die hand het is dit nie ʼn oortreding nie. En op pad huis toe na werk word weereens ʼn Tim Horton’s gekoop. Ek moet sê dat ek nou nie juis dooi oor daai koffie nie maar nou ja, Kanadese drink al van kleins af Tim Horton’s se koffie en weet seker nie van beter nie.

Soos alle ander lande het Kanada vier seisoene maar hier het die seisoene ander name: amper winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk. Winters in Saskatchewan, dit wil sê die prêries, is moer lank en moer koud. Ons het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar maar die winter van 2012-2013 was langer, dit het ses maande geneem voordat die laaste bietjie sneeu gesmelt het. Dan het mens nog ʼn maand lank ʼn lelike bruin, modderige pappery voordat als sommer net so somer word. Jirre, ek begin nou klink soos ʼn Kanadees wat aanhoudend wroeg oor die winter…

 Hoe dit ook al sy, wanneer mens hier woon moet jy in die winters aanpas by ʼn hele nuwe lewenswyse. Daar is twee temperature waarop mens ag slaan: die absolute temperatuur, oftewel dit wat die termometer aandui en dan die aanvoelingstemperatuur (wind chill). Laasgenoemde is die belangrikste want dit is wat mens aan jou bas voel wanneer jy buite jou knus, sentraal verwarmde huis of woonstel is. In die winter wissel absolute temperature hier meestal tussen ongeveer -15°C en -35°C, met ekskursies na ʼn soms byna subtropiese +1°C tot -1°C, maar die teenoorgestelde is ook waar en dis veral dan wanneer mens ag slaan op daai aanvoelingstemperatuur. As jy wil weet wat die situasie dan is, dan kyk jy na die verslag van CFB (Canadian Forces Base) Moose Jaw waar 15 Vleuel van die Kanadese lugmag gestasioneer is.

 

Observed at:

CFB Moose Jaw

Date: 8:00 AM CST Sunday 5 January 2014

Condition:

Not observed

Pressure:

104.4 kPa

Tendency:

rising

Temperature:

-33.1°C

Dewpoint:

-37.3°C

Humidity:

66%

Wind: WNW 34 km/h

Wind Chill:

-51°C

 

As mens dus wil uitgaan trek jy maar soos ʼn Eskimo aan en as jy dom genoeg is om nie handskoene te dra nie is jy by -50°C binne drie tot vyf minute jou vingers permanent kwyt weens vriesbrand. Kanadese haat die winter maar na byna ses jaar hier is dit steeds vir ons ʼn avontuur. My vrou Lesli en ek stap gewoonlik na waar ons wil wees – ek moet byvoeg dat dit maklik is want ons woonstel is baie naby downtown Moose Jaw. Nogtans, wanneer die temperature hier by -40°C is, dan raak dit onplesierig wanneer mens langer as sowat 15 minute buite is.

Mens kan spesiale winterbande aanskaf (sagter rubber met dieper en breër  groewe) en dit help inderdaad wanneer mens op sneeu ry. Die ding is egter dat verkeer die sneeu op die strate kompakteer tot ys en dan kan mens net sowel skaatse onder jou kar hê – maak nie saak watse bande jy het nie, die kar glip en gly en volg soms sy eie neus. Dit kan nogal opwindend word…

Ek het al voorheen gedigte van Glen Sorestad van Saskatoon, ook in Saskatchewan, geplaas. Elke winter met die sonstilstand stuur hy ʼn gedig aan sy vriende en hier is drie van vier wat ek van hom ontvang het. Ek deel sy sentimente oor bestuur op ʼn “ice-caked city” alhoewel ek nou nie so gatvol oor die winter word soos hy nie. Die small ghosties and goblins waarna hy verwys is Halloween.

 

Upon Reaching the First Day of Winter

 

So now we have reached the first day of Winter,

why am I already so tired of it? I’m serious.

Can it be because here we’ve been treated to ice

and snow since before the night small ghosties

and goblins stuffed their gobs from their sacks?

Or has it something to do with my undiagnosed

but well advanced  Shoveller’s Back Syndrome?

I have moved greater snow volume this autumn

than an Inuit construction crew at hunting camp.

Yes, I know, I’m sounding like a crabby senior,

one of those forever-carpers everyone ignores.

But this morning when the rising sun cracked

the eggshell crust of snow, off to the southeast

in the general direction of Miami, I’ll confess

my thoughts honed in on sand, sea and sun,

not on a set of practical snow tires to navigate

the banana-peel perils of an ice-caked city.

I had no thoughts – nada — about longest night

ushering in a new season, as if it were an occasion

I would want to celebrate.  It is only a reminder.

Though coming days will mete new light in minutes,

we have learned to be realistic – key to survival.

Three months down, three more months to go.

 

Die prêries, winter en somer, het hul eie bekoring alhoewel dit dikwels afgemaak word as maar net plat en eentonig . Wanneer mens op die hoofweë ry is dit dikwels die geval maar as mens bietjie van die gebaande weë afwyk vind mens soms landskappe wat jy nie sommer verwag nie en waarna mens lank kan staan en kyk. Geen hoë berge of indrukwekkende kranse nie maar in die somer ʼn bekoorlike spel van lig en kleur, opeengestapelde wolke en son, skakerings van groen (koring) en geel (canola), die landskap se sagte groen rondings en die glinster van son op water is byna oral. In die winters ʼn strak, onvergewende wit verlatenheid van horison tot horison, kaal swart boomtakke wat skerp afets teen die sneeu, ʼn waterige sonnetjie na aan die horison – en tog ʼn vreemde bekoring wat tot ons spreek.

George Ault (1891-1948) was ʼn Amerikaanse skilder en alhoewel die prêries in die VSA nie naastenby so koud word soos in Kanada nie het dit net soveel sneeu. Drie van sy skilderye vat vir my die gees van die prêries vas soos geen ander werk waarvan ek weet nie.

 

 Daylight at Russell’s Corner

 

Poem for the Winter Solstice

 

One morning you raise the east window blinds

and there is the sun, hunched on the horizon,

doing its best to break free, shunting aside

a few clouds as it hoists itself in readiness to skate

a frigid rink of sky, firing that cloud layer

with deceptive warmth, an intense roseate glow.

 

This is winter morning, you say to yourself,

but then you realise – and it comes as a shock –

that the sun has risen so far south, you feel

your house has been wrenched a quarter-twist

to the right while you slept. You check your watch –

migod, it’s coming nine o’clock.

When did this happen?

 

The wall calendar tells you it’s December,

but something deep within you has clung

to the lingering warmth of snowless autumn.

The body deplores this retreat towards the dark,

the dimming days, the physical affront of cold.

Already, unseen cervices within us are busy

re-programming the spirit for spring.

Bright Light at Russell’s Corner

 

When Darkness Comes

 

The looming of another winter gnaws

at me like an unwanted appointment.

Each year the condition worsens

and I know darkness is the root

of this malaise, the virus that erodes

and breaks down my spirit.

 

Perhaps it’s the metaphor in all of this

that’s bothering me. Did I fear the dark

as a child? As the sun slinks further south

and sunset plunges us closer to the gloom

of longest night, I watch daylight fade

by four and I feel the familiar dismay.

 

Only the promise of turnaround,

that longest night, after which light,

ever so cautiously, snails its way back,

is a rejuvenating tonic, an intravenous

sufficient to launch the cure, drip by drip,

as minute by minute, the migrant sun

seeks out and finds a fissure in the dark,

enough to usher a return of light.

 

January Full Moon
 
© Leon Retief / 2014 
 
Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Leon Retief. Winter in Saskatchewan”

  1. corne :

    Corne, hierdie lyk interessant.
    Pa