Marlies Taljard: Die lewe is ‘n werkwoord

Marlies Taljard: Die lewe is ʼn werkwoord

Consciousness is the motive power behind all creation and change, the conductor of the music to which the polar partners of Yin and Yang, Heaven and Earth, male and female dance through the universe. The science of quantum physics has recently verified the decisive role played by consciousness in the transformations of energy and matter, but the I Ching has taught this truth for thousands of years. Its pages provide us with a reliable way to foresee how the intricate interplay between the Three Powers of Heaven, Earth, and Humanity (i.e. energy, matter, and spirit) in a person’s life now give rise to particular results later, and how the tides of change which mold the future may be favorably influenced by timely decisions in the present (Richard Wilhelm).

In sy voorwoord tot die I Ching sê Daniel Reid die lewe is in eerste instansie ʼn werkwoord – dit is die belangrikste beginsel wat dié enigmatiese boek onderlê, die rede waarom dit ook Die Boek van Verandering genoem word. Beweging, aktiwiteit, proses en verandering is die basiese beginsels waarop alles in die heelal funksioneer. Die mens wat dié beginsel van dinamiese balans, Yin-Yang, verstaan, is in staat om op aarde te leef soos in die hemel. Die tweede basiese beginsel wat die I Ching leer, is dat die toekoms bestaan uit ʼn oneindige kombinasie van moontlikhede of toevallighede wat egter op ʼn nie-rasionele vlak deur die deelnemer aan die gebeure beïnvloed word. Reid beweer:

The I Ching offers us a precise view of our present situation, identifies the key currents of change that govern it, and indicates how the situation in question is unfolding, where it’s leading us, and what choices we can make now in order to influence the process of change in a favorable direction.

Die I Ching is een van die oudste tekste op aarde – kenners reken dat dit die gedokumenteerde geskiedenis voorafgaan tot in die mitiese verlede. Volgens Richard Wilhelm, wat die inleiding skryf tot Baynes se vertaling van die I Ching, is dit een van die belangrikste boeke op aarde. Dit werp lig op die werk van Lao Tse en sy dissipels, sowel as op verskeie aksiomas wat in Confucius se werk voorkom. Dit is die enigste belangrike boek wat die boekverbranding onder Ch’in Shih Huang vrygespring het. Die eerste orale weergawes van die I Ching mag moontlik reeds voor 3 000 vC bestaan het. Die oudste manuskrip van die werk dateer uit ongeveer 475-221 vC. Wilhelm skryf oor dié werk:

… a living stream of deep human wisdom was constantly flowing through the channel of this book into everyday life, giving to China’s great civilization that ripeness of wisdom, distilled through the ages, which we wistfully admire in the remnants of this last truly autochthonous culture”

Hoewel die belangrikste kommentare op die boek deur Confucianiste geskryf is, word die I Ching reeds eeue lank deur sowel Taoïste as Confucianiste as etiese en filosofiese teks gebruik. Leke beskou die I Ching gewoonlik slegs as ʼn divinasiesisteem of as ʼn reeks towerspreuke deur middel waarvan die toekoms voorspel kan word, maar Chinese en Japannese filosowe waarsku reeds vroeg teen sodanige onderskatting van die werk. Koning Wên het in 1150 vC die stom heksagramme waaruit die teks tot op daardie datum bestaan het, toegelig met raadgewinge vir die regte gedrag in al die moontlike situasies wat deur die yin- en yang-patrone gesimboliseer word. Dit is veral Confucius se kommentare wat die teks getransformeer het van ʼn divinasiewerk tot ʼn filosofiese teks. Oor die kommentare, wat in ons tyd as integrale deel van die I Ching beskou word, skryf Wilhelm in sy voorwoord:

In its judgments, and in the interpretations attached to it from the time of Confucius on the Book of Changes opens to the reader the richest treasure of Chinese wisdom; at the same time it affords him a comprehensive view of the varieties of human experience, enabling him thereby to shape his life of his own sovereign will into an organic whole and so to direct it that it comes into accord with the ultimate tao lying at the root of all that exists.

Yin-Yang-teken

Yin-Yang-teken

Die I Ching het tallose Chinese filosowe beïnvloed, maar ook Westerse akademici en kunstenaars gebruik dit steeds in uiteenlopende rigtings soos letterkunde, psigoanalise, musiek, dans en drama. Deur bloot die I Ching op enige willekeurige plek oop te maak, behoort dit die leser te tref dat die teks besonder noue ooreenkoms met literêre tekste vertoon, veral weens die gekonsentreerde, simboliese aard van die kommentare. Verder vereis interpretasie van die I Ching besondere insig in die menslike kondisie en die eie psige, asook die vermoë om abstrak te dink en simbole te interpreteer. Dit is daarom nie verbasend dat ook Carl Gustav Jung besondere belangstelling in die I Ching toon om toegang tot wat hy die Onbewuste noem, te verkry nie. Daarom antwoord die I Ching hom waarskynlik op sy vraag: “Wat is u?”: “Ek bevat voedsel vir die siel.” Jung lees in sy vraag aan die orakel verder die antwoord dat ons vandag nie meer die ondersteuning van die wyse orakel geniet nie. Omdat ons nie daarin glo nie, verbeur ons die diepe insig wat uit die teks geput kan word en daarom kan ons onsself nie meer uit die labirint wat die noodlot om ons gespin het en uit die donkerte van ons menslike natuur bevry nie.

Jung wys daarop dat Westerse wetenskap op die beginsel van kousaliteit gebaseer is. Juis daarom is dit vir Westerlinge moeilik om die beginsels wat die I Ching onderlê, te verstaan. Die I Ching aanvaar naamlik nie kousaliteit as aksiomatiese waarheid nie, maar funksioneer volgens die beginsel wat Jung sinchronisiteit noem, met ander woorde die konsep dat aspekte van toevalligheid in gebeure wat in tyd en ruimte plaasvind, meer is as sinnelose toeval, maar dat daar ʼn buitengewone interafhanklikheid bestaan tussen bepaalde objektiewe gebeure en die subjektiewe (psigiese) toestand van die betrokke persoon of persone wat deel is van dié gebeure – ʼn konsep wat ook deur Kant aan die orde gestel word in sy Kritiek van Suiwer Rede. Hierdie beginsel, tesame met ʼn onderbeklemtoning van kousaliteit en chronologie is eweneens belangrike beginsels van modernistiese en postmodernistiese literêre tekste.

Jung wys daarop dat ons in ons verkenning van die onbewuste soms op uiters eienaardige dinge afkom, dinge wat die rasionalis summier verwerp en ontken. Die irrasionele volheid van die lewe het hom as psigoanalis egter geleer om geen moontlikhede uit te sluit nie, selfs nie al weerspreek dit alle voorafgaande teorieë en verwagtinge nie, of al bly dit onverklaarbaar nie. Met hierdie ingesteldheid behoort enige lesing van die I Ching benader te word:

He who has perceived the meaning of change fixes his attention no longer on transitory individual things but on the immutable, eternal law at work in all change. This law is the tao of Lao-tse, the course of things, the principle of the one in the many. That it may become manifest, a decision, a postulate, is necessary. This fundamental postulate is the “great primal beginning” of all that exists … (Richard Wilhelm)

Bookmark and Share

75 Kommentare op “Marlies Taljard: Die lewe is ‘n werkwoord”

  1. Joan Hambidge :

    Pas lesings oor Jung gegee. In die kol!

  2. Leon Retief :

    Marlies kwantumfisika het geheel en al niks met bewussyn uit te waai nie. Stuart Hameroff en Roger Penrose het hard probeer om gewaande kwantumgebeure in mikrotubules met bewussyn te verbind maar bitter min mense in die gebiede van kwantumfisika en neurobiologie neem hulle ernstig op – tereg ook. Penrose word beskou as een van die wêreld se voorste wiskundiges (sien onder andere Penrose tiling) maar hy het hom hier begewe op ‘n gebied waarin hy nie insig het nie. Ek weet nie hoe ‘n goeie narkotiseur Hameroff is nie maar kwantumfisici doen nie eers die moeite om vir hom te lag nie. En as ek nou dink aan wat ons tans weet hoe narkose- en ander middels werk mbt tot veranderings in bewussyn/amnesie/gedragsveranderinge dan wonder ek of hy nie ‘n aantal basiese neurobiologiese beginsels veronagsaam in sy begeerte om kwantumfisika en bewussyn te verbind nie.
    Die jongste poging om kwantumfisika aan die hare by te sleep om bewussyn te verklaar kom van Robert Lanza, op sig self ‘n gerekende wetenskaplike op sy gebied – stamselbiologie – maar werklikwaar, selfs ek, wat net oor ‘n voorgraadse kwailifikasie in fisika beskik kan sien dat hy nonsens praat. Dit bly vir my steeds verbasend hoe mense, heeltemal briljante mense op hul eie gebied, ‘n bee in hul bonnet kry oor iets en dan met die vreemdste idees vorendag kom, idees wat geen verwantskap met die werklikheid het nie. Jy kan meer lees oor Lanza by die blog van Steven Novella, ‘n gerekende neurobioloog:

    http://theness.com/neurologicablog/index.php/biocentrism/

    http://theness.com/neurologicablog/index.php/biocentrism-continued/#more-6122

    Met betrekking tot Jung en sy begrip van sinchronisiteit. Dis baie duidelik dat Jung totaal niks geweet het van statistiek oor die algemeen nie en nog minder van waarskynlikheidsteorie in die besonder. Om selfs net oppervlakkig hierop in te gaan sal meer verg as net ‘n antwoord op ‘n inskrywing, ek sal probeer om een of ander tyd in die toekoms ‘n inskrywing hieroor te lewer. Die enigste probleem is dat ek darem ‘n gepaste gedig of twee sal moet vind om aan hierdie kapstok te hang en ek vermoed dat dit nie maklik sal wees nie .

  3. Leon Retief :

  4. Marlies Taljard :

    Beste Leon, baie dankie vir jou deeglike kommentaar en die skakels wat jy gepos het. Ek dink die meeste van ons besef dat die kwantummeganika van Niels Bohr, Max Planck, Werner Heisenberg, Albert Einstein, Wolfgang Pauli en ander vroeë 20ste-eeuse fisici (en die interpretasie daarvan, veral deur leke) verouderd is en in die laboratorium as onhoudbaar bewys is. Die aanhaling van Friedrich Wilhelm aan die begin van my blog waarin hy verwys na die kwantummeganika kom uit 1950 en is dus reeds amper 65 jaar oud. Ook Jung se bespreking van die I Ching kom uit dieselfde tyd. Beide dié tekste verteenwoordig die tipiese siening van dié tyd oor kwantummeganika en die verhouding daarvan ten opsigte van byvoorbeeld gekonsentreerde breinaktiwiteit van die mens. Beide tekste probeer om vir die Westerse lesers wat die Engelse vertaling in die hand het ‘n aanknopingspunt te verskaf vir begrip van ‘n filosofiese tradisie wat vir baie Westerlinge oer-vreemd is – hulle probeer op ‘n ooreenkoms wys met konsepte wat ook in die Westerse denke bestaan (het). Hoewel sielkundiges lankal nie meer in die praktyk veel waarde heg aan Jung se insigte oor die kollektiewe onbewuste of oor sinchronisiteit nie, kan sulke modelle as nuttige metafore dien wanneer literêre tekste beskryf en bekommentarieer word of ook om die konstruksie van identiteit of ons persepsie van die wêreld waarin ons leef te beskryf. Dieselfde geld die “foutiewe” interpretasie van kwantummeganika en die persepsie dat bewussyn ‘n rol speel by die konstruksie van wat ons graag “die realiteit” noem. Sulke konsepte hoef nie noodwendig wetenskaplik 100% korrek te wees wanneer dit as metafore gebruik word nie. In filosofiese tekste word dikwels gefokus op die verhouding van die mens en sy gedagtes en ingesteldheid ten opsigte van die omringende “werklikheid”, op die wyse waarop die mens sy eie werklikheid skep en daarbinne leef. Die genoemde “foutiewe” wetenskaplike teorieë bied ‘n sinvolle invalshoek aan die hand waarvan oor sodanige temas gedink, gepraat en geskryf kan word. Eintlik is die enigste fout wat gemaak word, dié van benaming: die idee dat die mens deur sy gekonsentreerde bewussyn sekere dinge teweeg kan bring, kom nie primêr uit die kwantummeganika nie, maar uit die oudste filosofiese tradisies wat selfs Pythagoras en Zarathoestra voorafgaan. Die fout wat gemaak is, is om te glo dat dié (mistieke) teorie in die laboratorium bewys is en om dit by die naam van die wetenskap te noem wat eens aanspraak gemaak het dat hy dié antieke teorie in ‘n laboratorium bewys het.
    Een van die bekendste voorbeelde van “onwetenskaplike” feite wat nie afbreuk doen aan die waarde van die gedig waarin dit voorkom nie, is seker die reëls uit “Winternag”: “In elk grashalm se vou / blink ‘n druppel van dou / en vinnig verbleek dit / tot ryp in die kou”. Vandag weet ons dat ryp ‘n neerslag is en nie dou wat verys het nie. Tog doen dié wetenskaplike wanpersepsie geen skade aan die gedig nie en belemmer dit nie die “boodskap” of die interpretasie daarvan nie, omdat die gedig nie ‘n wetenskaplike dokument is nie. In my blog het ek probeer klem lê op die filosofiese aspek van die I Ching wat gebaseer is op die siening dat die “waarheid” nie-tweeledig, geskakeerd, gelaag en ambivalent is, dat “die lewe is wat jy daarvan maak”, dat “jy jou eie waarheid skep en bepaal” – insigte wat dikwels ook in poëtiese tekste voorkom deur gebruikmaking van simbole of metafore, soos in die I Ching. Ook dat die heelal een organisme is en ons slegs “een polsslag in die ritme van die heelal” is. Die persepsie bestaan (veral in Oosterse filosofiese skole, maar toenemend ook by Westerse mense) dat alles in die heelal aan mekaar verbonde is en mekaar onderling (op welke wyse dan ook) beïnvloed – elke mens en ding is dus nie ‘n eiland nie. Om die geykte metafoor te gebruik: die heelal is soos ‘n spinnerak: as jy op een plek raak, tril die hele web. Om hierdie insigte in ons wyse van bestaan te beskryf, pas die metafore van sinchronisiteit en die verouderde, hoewel baie kragtige, metafoor van kwantumfisika soos dit deur Jung, Wilhelm en ander verstaan is, besonder goed.
    Wanneer ek dus aanhaal uit tekste waarin na verouderde teorieë verwys word of na sielkundige konsepte waarmee moderne sielkundiges nie meer werk nie, beteken dit nie dat ek dié teorieë nog glo of wil terugdwing in die kliniese praktyk of die vervaardigingsektor nie. Ek wou maar net aantoon dat daar verskillende “waarhede” is en dat die Westerse wetenskaplike model nie noodwendig alles kan verklaar aan die hand van berekeninge en statistiek nie. Ek besef ook dat dit byvoorbeeld fataal kan wees indien ‘n dokter van dié soort metodologie gebruik sou maak om diagnoses te maak of as onakkurate feite gebruik word om motorenjins te vervaardig. Waarskynlik sou dit vir “harde” wetenskaplikes minder irriterend wees as ons binne die literêre en filosofiese tradisie bloot ander name bedink vir die metafore wat uit die natuurwetenskappe ontleen is en waarmee ons graag werk, maar (soos jy weet) is dit moeilik om sommer op ‘n dag te besluit “hoender” se naam word nou “haas”.
    Ek is seker dat baie lesers dit sal waardeer as jy vir ons ‘n paar blogs kon skryf oor die kwantummeganika soos dit in die praktyk, wetenskaplik noukeurig, beoefen word. ‘n Moontlike gedig waarmee jy sou kon begin, is Johann de Lange se “Schrödinger se kat” uit die bundel “Die algebra van nood” of die eerste gedig in Loftus Marais se bundel “Staan in die algemeen nader aan vensters” waarin na dieselfde kat verwys word. Jy sou waarskynlik veral in De Lange se werk ook ander gedigte vind waaraan jy so ‘n reeks blogs sou kon vasknoop. In die Engelse Letterkunde dalk T.S. Elliot of e.e. cummings …
    🙂 🙂

  5. Marlies Taljard :

    Die aanhaling is natuurlik van Richard Wilhelm en nie Friedrich nie …

  6. Joan Hambidge :

    Memories, dreams, reflections van Jung (Random House, 1961) verduidelik presies die metaforiese konstrukte waarmee Jung gewerk het. Primordiale beeelde of argetipes. Ook die hierosgamos. Die “waarhede” van Jung (et al.) is nie die toetsbare waarhede of feite waarmee die wetenskaplike werk nie. Trouens, ek is die mening toegedaan dat die lewe ‘n onhoudbare plek sou wees as iets soos inspirasie of epifanie in ‘n proefbuis geplaas kon word …

  7. Marlies Taljard :

    Dankie, Joan!Dié boek is ‘n moet-lees.

  8. Desmond :

    Jung is ‘n interresante geval, en as ek weer eendag tyd het sou ek nogal oor hom wil gesels: hy het nog ‘currency’, blyk dit, in die velde van kuns en letterkunde, maar geen geloofwaardigheid hoegenaamd binne die psigologie nie – toenemend nie eers binne die psigoanalise nie.

    Vir die sielkundiges is die probleem die ontoetsbaarheid van sy empiriese uitsprake; vir die psigoanalitici is dit die verleentheid van sy rassistiese uitsprake oor Jode en Afrikane.

    Self wil ek nie naby hom kom nie (ek het wel as student heelwat van sy skrywes gelees, veral ook omrede die skakel met Leroux se werk); maar dit is natuurlik so dat teoretici op uiteenlopende maniere in verskillende velde gemobiliseer word. Dit interesseer my nogal: hoe teoriee van konteks na konteks ‘reis’.

    Dit is seker moontlik om sy konsepte metafories te gebruik, maar Jung self het, soos Freud, wetenskaplike pretensies gehad. Hulle het die spel van die emperiese wetenskappe gespeel, en Leon is dus korrek om ook aan te dring om hulle op daardie vlak te beoordeel.

    In hierdie verband is dit duidelik dat Jung empiriese uitsprake gemaak wat in verskeie velde, insluitende die sielkunde, argeologie, teologie, neurowetenskappe, ens., as verkeerd bewys is. Die vraag is dan seker: tot watter mate kan ‘n konsepte raamwerk empiriese ‘refutation’ oorleef en nog nuttig wees? Of miskien is die vraag (‘n lekker een vir ‘n simposium!): HOE lees mens vandag nog Jung?

  9. Leon Retief :

    Marlies ek vermoed dat jy “ag jirre tog” so by jouselwers gemompel het toe jy my kommentaar lees . Ek is darem bewus van die gebruik van metafore en ek sou nie graag wou hê dat, soos jy skryf, ‘n hoender nou ‘n haas genoem moet word nie want dan sal baie ryk en nuttige metafore verlore gaan. Ding is net, dis soms moeilik (of dan ten minste vir my moeilik) om altyd korrek te kan besluit of iemand maar net ‘n metafoor inspan en of hy/sy daardie metafoor ook nog as die “waarheid” aanvaar – byvoorbeeld baie mense sal die ark as metafoor vir iets gebruik en terselfdertyd ook vas glo dat die arkverhaal die reine waarheid is. Ek dink dat ek darem ten minste sommige metafore in poësie kan begryp – ongetwyfeld gaan sommige by my verby – en dinge soos die ryp in Winternag pla my nie. Wanneer dit by nonfiksie kom soos die geval met jou bespreking dan kry ek nie altyd daai kloutjie by die oor nie so groot askies as ek jou verkeerd “gelees” het. Ek hoop darem jy het my skakel na Deep Thought gesien as metafories .

    Ek is ook nie seker wat jy bedoel met die stelling dat die kwantumteorie van Bohr en andere verouderd is nie – namate kwantumteorie ontwikkel het tydens die eerste helfte van die vorige eeu was daar natuurlik ‘n paar dwaalpaaie gevolg maar oor die algemeen staan die bevindings (teoreties sowel as eksperimenteel) steeds, trouens, kwantumfisika is een van die suksesvolste teorieë wat fisika geskep het. So ver ek weet is elke voorspelling wat deur kwantumteorie gemaak is korrek bewys.

    By nabetragting dink ek dat ek ‘n fout gemaak het deur my vorige antwoord kort te probeer hou en net gewys het op die onhoudbaarheid van kwantumfisika se betrokkenheid by bewussyn, seker maar omdat dit ‘n besondere “bugbear” van my is. Ek moes ook daarop gewys het dat daar inderdaad fisici is wat die mening huldig dat bewussyn inderdaad betrokke is by die waarnemings van kwantumgebeure. Die bekendste twee is seker Kuttner en Rosenblatt. Of dalk Rosenblum. Wel, Rosen-something-or-other, ek vergeet nou sy presiese van. Hul opinie het fel kritiek ontlok.

    Dankie vir die verwysing na die betrokke gedigte en digters maar ek sit met die probleem dat feitlik al my boeke in bokse in Kaapstad is, ek het baie min kon saambring hierheen en het dus nie toegang tot die twee oor Schrödinger se kat nie, trouens, ek het nie eers Loftus Marais se bundel gelees nie want dit het verskyn nadat ons vertrek het en ek kan nie heeltyd Afrikaanse digbundels van hier af bestel nie. Ek is dus maar aangewese op Noord-Amerikaanse en Engelse digters wat ek hier kan koop of in die biblioteek kry. Ek weet nie of dit die moeite werd is om ‘n inskrywing oor kwantumteorie te pleeg nie, ek vermoed meeste lesers van Versindaba is daarmee bekend.

    Ek stem met Desmond saam dat Jung homself as ‘n wetenskaplike in die konvensionele sin van die woord beskou het, sy teorie oor sinchronisiteit inkluis. Of daar nog ‘n betekenisvolle aantal sielkundiges is wat sy sienings gebruik weet ek nie maar daar is baie ander mense wat sy werke as ‘n soort van heilige skrif beskou en so laat 1990’s en vroeë 2000’s was daar amper ‘n soort van kolonie van hulle in Houtbaai en taamlik onlangs is ‘n boek oor Jungiaanse droomanalise in SA gepubliseer. Hoe lees mens Jung? Waarskynlik as geskiedenis…

  10. Leon Retief :

    Ek weet my kommentaar word nou lank/langdradig maar ek het tog bietjie nagedink oor Marlies se voorstel dat ek ‘n inskrywing doen oor kwantumfisika. Nee. Soos reeds genoem dink ek dat meeste lesers van Versindaba darem reeds insig daarin het en ten tweede is ek nou maar eers aan die beginpunt van die verstaan van Bell se teorema (maar sien ook Richard Feynman se aanhaling later) en as ek nog nie my kop heeltemal daar rondom gekry het nie soos die Ingelse seg dan behoort ek nie ‘n inskrywing daaroor te lewer nie. Instede van ‘n inskrywing gaan ek dus volstaan met enkele aanhalings wat hopelik sal help om die bekoorlike misterie van hierdie nogtans eksakte vakgebied te beklemtoon.

    Ek is nogal entoesiasties oor twee teorieë in die natuurwetenskappe en kwantumfisika is een. John Bell was saam met Richard Feynman een van die groot kwantumteoretici van die laaste klompie dekades van die vorige eeu. FAPP is Bell se afkorting vir For All Practical Purposes:
    “Is it not good to know what follows from what, even if it is not necessary FAPP? Suppose for example that quantum mechanics were found to resist precise formulation. Suppose that when formulation beyond FAPP is attempted, we find an unmovable finger obstinately pointing outside the subject, to the mind of the observer, to the Hindu scriptures, to God, or even only Gravitation? Would that not be very, very interesting?”

    Weer John Bell: “I am a Quantum Engineer, but on Sundays I Have Principles.”

    Niels Bohr: “For those who are not shocked when they first come across quantum theory cannot possibly have understood it.” Waarop Feynman jare later geantwoord het: “I think I can safely say that nobody understands quantum mechanics.” En ook: “…the “paradox” is only a conflict between reality and your feeling of what reality “ought to be.” En my geliefkoosde Feynman-aanhaling: “We have always had a great deal of difficulty i=understanding the world view that quantum mechanics represents. At least I do, because I’m an old enough man that I haven’t got to the point that this stuff is obvious to me. Okay, I still get nervous with it…. You know how it always is, every new idea, it takes a generation or two until it becomes obvious that there’s no real problem. I cannot define the real problem, therefore I suspect there’s no real problem, but I’m not sure there’s no real problem.”

    Michio Kaku: “It is often stated that of all the theories proposed in this century, the silliest is quantum theory. In fact, some say that the only thing that quantum theory has going for it is that it is unquestionably correct. “ En ‘n baie raak opmerking oor die verwarring wat soms ontstaan, deur David Finkelstein: “Quantum theory was split up into dialects. Different people describe the same experiences in remarkably different languages. This is confusing even to physicists.”
    Daar is ‘n moontlik apokriewe storie oor ‘n student war Feynman iets gevra het soos: behalwe dat dit ‘n werktuig is om berekeninge te doen, wat IS die kwantum golffunksie nou eintlik? Die anwtoord was: Sjjjt! Maak eers die deur toe. En wat agter die geslote deur gesê is weet niemand nie…

  11. Desmond :

    Leon, daar is beslis nog ‘n Jungiaanse teenwoordigheid in SA sielkunde, veral in en om Kaapstad, maar dit gedy grootliks buite die universiteit (trouens, ek dink jy sal maar sukkel om vandag ‘n akademiese aanstelling in sielkunde te kry as ‘Jungiaan’ – dit in sigself is nie noodwendig ‘n argument teen die Jungiane nie, ek noem dit maar net).

    In ‘n sekere sin het Jung veral in twee velde empiriese uitsprake gemaak: sielkunde en antropologie. Sy konsepte ‘intra-‘ en ‘ekstraversie’ en aspekte van sy persoonlikheidsteorie het deel van die sielkundige ‘common sense’ geword, maar eintlik het sy naam en sy werk in die sielkunde heeltemal vervaag. Die meer ‘natuurlike wetenskaplike’ vertakkinge in die sielkunde het hom empiries verkeerd bewys; die meer ‘humanistiese’ vertakkinge het beter konseptuale modelle en heuristieke gevind om mee te werk.

    Wat die antropologie betref: sy spesifieke uitsprake oor ander, veral nie-westerse kulture is nie net dikwels (meestal) verkeerd (en eksotiserend) nie, ek dink ook nie enige ernstige antropoloog aanvaar sy idees oor argetipes ens. as ‘n aanvaarbaarbare verklaringsmodel vir kulturele praktyke en diversiteit nie. (Met eksotiserend bedoel ek dat die kulturele ander tot ‘n soort statiese, verkinderlike, ideale vorm verhef word wat dan as skerm dien waarteen westerse idees, begeertes, en identiteite geprojekteer word, tot voordeel van ‘ons’ selfbegrip, nie werklik tot voordeel van ‘n robuuste, dinamiese begrip van ‘hulle’ of kulturele praktyke in die algemeen nie.)

    Maar dalk belangriker: Jung se rassisme is werklik ‘n struikelblok, selfs, meen ek, vir mense wat sy konsepte meer ‘metafories’ wil gebruik. Anders as Heidegger, wat hom, so kan mens dalk argumenteer, vir opportunistiese loopbaanmotiewe by die Nazi’s geskaar het, l^e Jung se rassisme veel dieper; dit is deel van die struktuur van sy verklaringsmodelle.

    Moenie dat sy kritiek op Westerse rasionaliteit ens. jou bluf nie: sy teorie maak dit onmoontlik om ander ‘rasse’ as enigiets anders te sien as minder ontwikkelde weergawes van ‘ons’. Mens ‘cringe’ vandag aan die paternalistiese, koloniale diskoers oor Afrika bv. in sy werk. Sy diskoers oor die nie-westerse wereld is dus nie net empiries verkeerd nie, dit is ook ideologies problematies.

    Goed, hy het verdedigers; en daar is ‘n fassinerende literatuur oor sy rassisme en sy nazisme. In my eie huis word daar oor hierdie onderwerp gestry: my vrou meen ek gooi die baba met die badwater uit, dat Jung die sielkunde dwing om die ‘spirituele’ ernstig op te neem, maar ek voel daai baba was altyd nog ‘n doodgebore monster.

    Dit voel dalk warm and fuzzy om te dink daar spreek ‘n enkele kosmiese logika mee in al die diversiteit van simbole en praktyke wat ons skei, maar ek is oortuig dit is nie die geval nie.

    Dan eerder Freud se materialistiese, simptomatiese opvatting van ‘kultuur’.

  12. Maria Snyman :

    In die begin het daar iets gebeur en dis ‘n geheim. Want, om daarby te wil uitkom sal nie net onmoontlik wees nie, maar dit sal die buitensporige eenmalige besondersheid daarvan reduseer. Alles is vir Derrida spore daarvan – die een is die ander net verskillend-uitgestel in die ekonomie van daardie arche-onderbreking (wat sou moes gebeur het, hier is ons dan, onderbrekend van mekaar en onsselwers).

    Die gevolg – of eenvoudige feit: alles is dieselfde omdat alles absoluut ander(s) is, net so singulêr soos daardie gebeurtenis waarvan dit ‘n spoor is. Dit plaas ons in ‘n sekere paradoksale infiniteit (infiniteit is ‘n woord vir iets wat ons nie kan sien/beleef nie, want ons kan nie buite infiniteit staanplek kry nie). Vanuit die talige mens se perspektief, ‘n infiniteit van teks: daar is niks buite teks nie. (Voor iets nie ‘n naam/die regte naam het nie, is dit nie al is dit – ‘n ander ou storie wat ons in post-Apartheid RSA goed ken). Daar is dus, soos ook die geval is met die heelal wat bestaan uit gekromde ruimte-tyd, niks buite/geen objektiewe posisie nie. Vandag se wetenskap is môre se mite.

    Cantor het by hierdie probleem van infiniteit uitgekom met sy setteorie en sekere ooreenkomste tussen baie onwaarskynlike dinge raakgesien. Wikipedia vertel:
    “The concept of the existence of an actual infinity was an important shared concern within the realms of mathematics, philosophy and religion. Preserving the orthodoxy of the relationship between God and mathematics, although not in the same form as held by his critics, was long a concern of Cantor’s. He directly addressed this intersection between these disciplines in the introduction to his Grundlagen einer allgemeinen Mannigfaltigkeitslehre, where he stressed the connection between his view of the infinite and the philosophical one. To Cantor, his mathematical views were intrinsically linked to their philosophical and theological implications – he identified the Absolute Infinite with God, and he considered his work on transfinite numbers to have been directly communicated to him by God, who had chosen Cantor to reveal them to the world.”

    Epifanie – die woord is nie in my HAT 2010 nie. Driekoningsfees. Verskyning-verdwynings aan Wyse Manne. Mal momente van die bewussyn, uitvindings van die ander. Filosofie is ‘n braakveld vir hoe die bewussyn werk – dit gaan die verstand te bowe.

    Jung mag twak gepraat het, maar:
    Derrida doen op ‘n manier niks anders as om te wys “hoe mense, heeltemal briljante mense op hul eie gebied, ’n bee in hul bonnet kry oor iets en dan met die vreemdste idees vorendag kom” nie, maar in teenstelling met wat Leon beweer is dit “idees wat [‘n sekere buitensporige] verwantskap met die werklikheid het,” wat buitensporig insigvol en produktief is en wat die produseerder daarvan nie self raakgesien het nie. Maar, soos ons weet, feite is vreemder as fiksie.

    Ek verstom my tans weer oor die Gukurahundi (Zimbabwe, 1980’s, vergelyk Wikipedia) – ek is ’n groot aanhanger van Marechera. (want) Ek is ook ‘n groot aanhanger van daardie “momente van malheid” (of “by in die boonste” momente) wat Derrida vir mens voorsit in sy tekste – of soos tydbomme plant daarin. Dit is ook soos swartkolke, of geometriese feëverhale in Joubert (1997) se Die Groot Gedagte. Abstrakte weefsel van die kosmos terme. Dit is moeilik om daaroor te praat, maar dit kan gelees word, want dit moet eerstehands ervaar word om te kan glo dat so iets bestaan.

    Om terug te kom by ‘n moment van malheid.
    So kom ek, groot genieter van hierdie nosie van die moment van malheid, noem dit ook geskenk van die dood of letterkunde in die geheim (Derrida 2008), onlangs af op Mugabe wat die Gukurahundi (Zimbabwe 1980’s) as ’n “moment of madness” beskryf het. http://www.newzimbabwe.com (2009) stel:
    Msika said for the sake of unity, the late Vice President Joshua Nkomo had the final say: “What’s in a name?” he asked. Zanu PF was adopted as the new party name.
    Zanu PF national spokesman Nathan Shamuyarira recently ignited the debate over the killings by suggesting that he did not regret the massacres executed by a specially-trained unit called the 5 Brigade.
    Significantly, Mugabe has admitted some responsibility. Referring to the massacres, Mugabe has described them as a “moment of madness that should never be repeated”.

    Derrida wys juis hoe hierdie moment van malheid, van gruwelike geweld, van buitensporige twak, van ‘n by in die boonste, geskenk van die dood, letterkunde in die geheim, spel van die spoor, noem dit wat jy wil, noodwendig herhaal moet word! Hy ontbloot
    ‘n sekere “algebra van nood” in De Lange se terme. Hy maak mens bewus van die ( byna onsigbare) dun lyntjie waarop ons loop. Dis duiselingswekkend.

    Teorieë is leesgereedskap, mens gebruik dit – en volgens Heidegger hoe hardhandiger hoe beter (vergelyk Steiner 1989) – want dit verskaf ‘n ryker insig, en “not a blind one,” alhoewel dit inderdaad van sig “own kind of sight” is. Heidegger maak dit elders ook duidelik dat, alhoewel (deeglike, hardhandige) gebruik (van gereedskap, tradisie, teorieë, ens.) ‘n luiering in die lewe moontlik maak, dit ook tot petrifikasie kan lei en gebruik “boils” uiteindelik “down” tot wanorde (dubbelsinnigheid, aporia, kruisweg,…). Derrida se uiteindelike punt is: hou die gesprek aan die gang, hou die oog vir ooreenkomste à la Aristoteles oop, dit moet daar wees gesien dat alles kinderstjies van daardie ongelooflike geweldadige oer-onderbreking is.

    Jung mag gejol het in illusies, maar verskeidenheid in diskoers is belangrik. Hoe komplekser dinge, hoe harder moet ons dink, hoe fyner moet ons oog werk om ooreenskomste raak te sien. Kwantumteorie is kwantumteorie, maar dit verskaf ook vreeslike goeie metafore vir daardie onbegryplike geweldadige momente van malheid wat die geskiedenis, soos ook die bewusssyn, kenmerk.

    Die lewe is ‘n werk (met gereedskap) woord.

  13. Hilda Smits :

    Interessante eight part series in die Guardian oor Jung, ook sy biografie deur Deirdre Bair waarin sy die Nazi-bewerings teen hom ondersoek.

    http://www.theguardian.com/commentisfree/belief/2011/jun/06/carl-jung-freud-nazis

    http://www.theguardian.com/books/2003/dec/28/biography.features1

  14. Leon Retief :

    Nou ja, wie sou nou kon dink dat ons oor kwantumfisika sou gesels hier op Derrindaba, ek bedoel op Versindaba. Maria ek is dit met jou eens, “mal” gedagtes moet (soms) gekoester word, maar nie alle nuwe gedagtes, mal of andersins, is gelyk nie. Cantor het byvoorbeeld ‘n bee in sy bonnet gehad dat Shakespeare se toneelstukke deur Francis Bacon geskryf is. Gelukkig het dit sy wiskunde nie beïnvloed nie. Sommige mal idees is bloot komies, ek het so klompie jare gelede sommer vir die aardigheid behoort aan die Amerikaanse Flat Earth Society (of iets soortgelyks, ek onthou nie eers meer die naam nie) en die voorsitter of president of wat sy titel ook al was het ‘n PhD in astrofisika van Caltech gehad. Anders as ek was hy doodernstig. Ander mal idees kan plein gevaarlik wees soos die een wat sê dat outisme die gevolg van immunisasie is. As ek nou mag nitpiek: “gekromde ruimtetyd”: die Wilkinson Microwave Anisotropy Probe (ek gaan nie probeer om dit in Afrikaans te vertaal nie) het getoon dat die heelal se ruimte-tyd geometrie byna plat is. Dit is ook nie so dat vandag se wetenskap noodwendig môre se mite is nie. Natuurlik maak “die wetenskap” foute, dis ‘n menslike aktiwiteit met al die geleentheid vir foute en moontlik nog meer, wat sulke aktiwiteit meebring en dit is so dat ons begrip van die materiële werklikheid wat ons omring en waarvan ons ook deel is noodwendig onvolledig sal bly, maar ons weet darem nou a geruime tyd dat die aarde om die son wentel en ek kan nie sien dat dit sommer maklik in ‘n mite sal ontaard nie.

    Desmond, kom ons neem argumentshalwe aan dat Jung se idees oor sielkunde korrek was en dat hy ook nog sy sienings oor antropologie ensovoorts gehandhaaf het, hoe sou die sielkunde-gemeenskap hom vandag beskou het? Ek word herhinner aan Philipp Lenard wat in 1905 die Nobelrpys vir fisika ontvang het. Hy was ‘n aktiewe Nazi en anti-semiet. Die werk wat hy gedoen het word vandag nog gebruik, alhoewel ek dink dat baie min fisici eers weet van hom, laat staan nog sy idees.

  15. Wysneus :

    Leon, as jy nie weet hoe die bewussyn werk nie, en niemand kwantum-meganieka verstaan nie, hoe kan jy so seker wees “kwantumfisika het geheel en al niks met bewussyn uit te waai nie”?

    Max Planck: Die heelal lyk meer na ‘n groot gedagte as na ‘n groot masjien.

    Amen, broer.

  16. Joan Hambidge :

    Freud en Jung is relevant vir die literatuurteorie en lankal nie meer vir die empiriese wetenskappe nie waar albei aanvanklik aspirasies gehad het. Om ‘n denker of skrywer nadoods uit te vang as anti-Semities gebeur al om die hawerklap. Die geval Paul de Man is bekend. En Derrida se verdediging van hom. ‘n Mens kan egter nooit die belangrikheid van Blindness and insight of Allegories of reading ignoreer nie. Trouens, ek is die mening toegedaan dat De Man juis vanweë sy ingewikkelde persoonlikheid in staat was om Rilke se ellendes te begryp. Terloops, ‘n digter wat geweier het om psigoanalise te ondergaan en die digkuns as self-terapie gesien het.
    Jung is ‘n komplekse intellektueel en ek het die afgelope semester indringend oor hom klasgegee. Waarom is hy onder meer die afgelope paar dekades uit literatuurteoretiese kompendiums gehaal? Ten spyte van navolgers soos Maud Bodkin en Northrop Frye.
    Sy siening van argetipes – wat dui op primordialiteit – kan wel van toepassing gemaak word op ‘n skrywer soos Etienne Leroux. Wanneer jy ‘n teks analiseer met begrippe soos argetipe, skadukant, projeksie, mandala (ons onthou immers Patrick White se The solid mandala) aanvaar jy sy teoretiese raamwerk vir die eise wat ‘n bepaalde teks stel. Net soos Jungiane – en ek het al van die lesings van besoekende geleerdes bygewoon in Kaapstad – kwessies mag ontsluit. Dieselfde geld D.M. Thomas se The white hotel, ‘n puik roman, wat ‘n fantasie róndom psigoanalise uitwerk. Ons vind hier ‘n gefiksionaliseerde Sigmund Freud en indien ‘n mens die geskiedenis van Freud se lewe teenoor die roman plaas, word dit ‘n fassinerende kommentaar op Freud se denke, erotiek en tekste soos Die wolfman en die Dora-saak. Waar Dominique Botha se roman Valsrivier eindig met ‘n gedig, begin hierdie roman met ‘n gedig na ‘n briefwisseling. Botha se roman is ‘n Bildungsroman en ek dink The white hotel (my kopie val al uitmekaar) sou ‘n mens as ‘n briefroman kon beskryf met ‘n dosis historisisme. Botha se teks fiksionaliseer eweneens haar lewe; trouens, dit is meer as haar lewe en die “valsrivier” is die onbewuste … In sy voorwoord tot sy roman skryf Thomas dat ‘n mens nie die terrein van histerie kan besoek sonder om van Freud kennis te neem nie. Hy skryf:”Freud becomes of the dramatis personae, in fact, as discoverer of the great and beautiful myth of psychoanalysis. By myth, I mean a poetic, dramatic expression of a hidden truth …” Hy verwys ons verder na volumes 3, 8 & 9 van die Pelican Freud library. Oor die “scietific validity” verskil ek van hom. Die roman handel ook oor die holocaust en die vraag is: waarom die soektog na die “hidden”, dit wat weggesteek is. Die film Caché (Hidden) van Michael Haneke gee waarskynlik weer ander sleutels oor dit wat ons represseer of berg, net om iewers uit te spring … (Hieroor gesels Haneke uiters insiggewend in ‘n onderhoud.)
    Kommentators binne die moderne sielkunde is geregtig op hul afwysing van Freud en Jung. Die relevansie lê in die transportasie van en na die letterkunde en filmkuns.
    Dankie vir hierdie gesprek. Ek gaan nou weer the White hotel lees … En nadink oor die operasangeres en die gedig in die afdeling Don Giovanni.

  17. Leon Retief :

    Wysneus, ‘n heeltemal redelike en rasionele vraag. Om dalk ‘n effens banale voorbeeld te gee: niemand het eintlik geweet wat die destyds gepostuleerde eter is nie en dit is toe op die ou end verwerp omdat daar geen ondersteunende data was nie. Ek weet nie van data wat die bewussyn/kwantummgenika verwantskap ondersteun nie. Dis op hierdie stadium spekulasie – niks daarmee verkeerd nie, spekulasie is nodig maar ek is nog nie oortuig nie. Laat ek dadelik noem dat dit nie my eie, self-uitgedinkte opinies is nie. Kyk dalk weer na die skakels wat ek gegee het na Steven Novella se blog, asook na hierdie twee:

    http://space.mit.edu/home/tegmark/brain.pdf

    http://watarts.uwaterloo.ca/~pthagard/Articles/quantum.pdf

    Ek moet ter wille van redelikheid en balans dadelik ‘n caveat byvoeg: dit beteken nie dat daar nie inderdaad kwantumprosesse in lewende organismes kan plaasvind nie. Dit is vir my redelik duidelik dat fotosintese ten minste deels op kwantummeganika berus (skakel onder indien jy belangstel). Dit is dus nie heeltemal vergesog dat ek eendag verkeerd bewys kan word nie, maar tans is ek nie bewus van enige (vir my) oortuigende eksperimentele data of teoretiese oorwegings wat op die teendeel dui nie, onder andere dat ek nie weet van ‘n proteīn in menslike mikrotubules wat dieselfde funksies kan verrig as in chloroplaste nie.

    http://phys.org/news/2013-06-uncovering-quantum-secret-photosynthesis.html

  18. Leon Retief :

    Joan, ek het geheel en al geen problem met wat of wie die letterkunde of ander kunsvorms gebruik as verwysingsveld nie (seg ek nou as non-letterkundige 🙂 ). Die natuurwetenskappe is vir my rilling-langs-die-ruggraat af mooi en beteken vir my baie, dit het ons (die mensdom) baie geleer oor onsself, maar dis nie die allerantwoord op als wat ons op hierdie ondermaanse ondervind nie en as letterkunde en ander kunsvorme alleenlik dit wat die naturwetenskappe ons leer moes gebruik sou die wereld oneindig armer gewees het. Ek weet ek kom soms anders oor (ek is nou maar eenmaal ‘n materialis/empirikus in murg en been) en ongelukkig het ek nie die tyd om meer fiksie te lees as gedigte nie (as ek dit fiksie mag noem) maar ek maak notas van romans waarvan jy skryf en eendag, eendag, gaan ek die tyd he. Hoop ek.

  19. Maria Snyman :

    Leon, plaas The white hotel bo-aan jou lysie – van hierdie boek het ek net so een vyfde verstaan toe ek dit die eerste keer gelees het, maar sjoe, dit het my geroer. Ek wonder of Joan iets van haar hardhandige werk met hierdie roman op haar Woorde Wat Weeg het, sal gaan loer.

    Oor empirici – daar is van hulle wat ‘n wonderlike weg met woorde het, Hume het my heelamal uitge”boul” en so het ek op die filosofiese/letterkunde in die geheim pad beland. Ek het lank terug ook baie lekker gelees aan Leon Lederman se The God Particle: If the Universe is the Answer, what is the Question?. So, ek sien uit na jou volgende skrywe.

    My WAD (Word A Day) – wat vandag gravitas is – sê vandag:

    I cannot stress often enough that what science is all about is not proving things to be true but proving them to be false. – Lawrence M. Krauss, theoretical physicist (b. 1954)

  20. Desmond :

    Joan, dankie. Interessante kommentaar. Hierdie sin: “Waarom is hy [Jung] onder meer die afgelope paar dekades uit literatuurteoretiese kompendiums gehaal?” Dit interesseer my – intellektuele modes en seisoene. In die meer ‘natuurwetenkaplike’ (positivistiese) vertakkinge van die sielkunde word die psigoanalise natuurlik op wetenskapsfilosofiese gronde verwerp, maar selfs in die meer kwalitatiewe tradisies, waar daar deesdae hernude belangstelling in Freud, Klein, Lacan en ander is, is Jung ook ‘verwyder’ uit die argief. Ook buite die sielkunde, in kritiese teorie, verwys mense soos Butler en Zizek nooit na Jung nie. Maar interessant dat jy hom doseer; ek het dit nie geweet nie.

    sal The White Hotel lees; dankie vir die verwysing.

  21. Marlies Taljard :

    En nou, my liewe Marco, ná die High Roads
    en die Low Roads, breek vir ons tesame
    –die twee mislukte houbous van die Here–
    die uur van die laaste doppe aan,
    verby die marmerboog van die Rialto
    eerder en toepaslik by El Alamein.

    Jy drink jou chianti, maar ék
    wat nou fonteine ken van die woestyn
    en aan boekette van oerbronne proe,
    weet hoe eufories helder water skop.

    In elk geval, ‘n rukkie Rommel, ‘n oer Germaan
    (of Dingaan!) drink graag uit jou kop sy dop!

    Ek het jou geroep, my liewe Marco, vir my skyndood
    op hierdie reis – aanvanklik Italiaans
    waar ek kryglustig renaissance in Afrikaans.

    Boelala! Ek hang jou kop graag teen die muur
    as trofee, nog ‘n gipsgesig wat moet getuig.
    Laat daardie lippe wat formaliteite ken,
    dan vir oulaas as heildronk ietsie prewel:

    ,Deo Gratias. Amen. Amen’

  22. Marlies Taljard :

    Ek geniet hierdie debat met elke haartjie wat op my arms orent staan! Nog lank nie die o-jirre-tog-fase bereik nie, Leon!! Wanneer iets in die openbare domein geplaas is, is dit almal s’n om te gebruik/misbruik/aas/interpreteer … Ons almal vier fees op ons eie manier – die “aasvoels” vra nie of die vleis bedorwe is nie, ons steel maar almal soos ons nodig het – hoe sal ons dan anders sin maak van die lewe?

  23. Leon Retief :

    Maria, Lederman het skynbaar niks van die titel van sy boek gehou nie maar is glo deur die uitgewers oorreed om dit te gebruik. Krauss en sy voorgangers is natuurlik korrek maar in ons daaglikse handel en wandel moet ons maar noodgedwonge optree asof dinge korrek is.

  24. Maria Snyman :

    Interessant Leon, goed dat ek dit oor een van my lankterug lekkerleesboeke weet. Lederman het sekere geweet beide die vraag en antwoord lê êrens tussen die vraag en antwoord. Heidegger se ontleding van die vraag in sy inleiding tot Sein und Zeit is so vrek snaaks, mens word skoon bang om vrae te formuleer …

    En weliswaar – in beperkte kontekste is dit maklik(er) om te weet wat is wat, maar waar trek mens die grens van die konteks van die ding tussen mense … van die ding wat mense aan mekaar doen … Dít gaan tog mos mens se verstand te bowe! Soos The White Hotel dit in al sy gekheid baie mooi duidelik maak.

    So, ja: “Laat” ons “lippe” “formaliteite ken,” maar net om “dan vir oulaas as heildronk ietsie [te] prewel”! DRINK sê Derrida aan die einde van “At this very moment in this work here I am.”

  25. Buiteblaf Breytenbach :

    Beste Leon: Mens weet Kanada is ‘n groot plek maar as blyke van troos en om te sê jy’s darem nie alleen op die wêreld nie, die volgende –
    http://www.tickld.com/x/i-wish-this-man-was-my-father-hes-hilarious
    En siende dit Hemelvaart is mag mens seker hoop Merrida Sny Man is elders aan diens en kry nie kans om dit raak te lees nie.
    Groete!

  26. Leon Retief :

    Breyten, skreeusnaaks, baie dankie! Weet jy van FSM? http://rationalwiki.org/wiki/Flying_Spaghetti_Monster

  27. Buiteblaf Breytenbach :

    Leon, sover ek weet staan dit vir Moerse Slim Filistyne.

    Maar ernstig: die Pastafarisme is ‘n gerekende praktyk in Frankryk, en in Spanje is die Monstruo de Espagueti Volador ook ‘n bekende figuur – al word hy soms verwar met Rajoy. Seker maar die bril.

    FSM_Logo.svg – copie

  28. Maria Snyman :

    Ek hou van hierdie Pastafarians – dalk was ek lank terug as kunstenaarsmodel ‘n tweederangse randfiguur in hulle hemel. Dalk is ek uitgeskop omdat ek teveel na knoffel geruik het – my gunsteling dis was toe pasta, knoffel en kaas! Maar nee, ek is nie uitgeskop nie – Jan Visser se vis en wyn daar op die Wilde Weskus (waar die koue windjie so regdeur jou sny) het aantrekliker geraak… Goeie ou Koos van die kafee om die hoek het ek laas gehoor het ‘n goeie lotto raak geslaan en ‘n wildsplaas in Botswana gekoop … dit was mal en “merry” dae. Man, maak hierdie Pastafarians my nou nostalgies …

  29. Leon Retief :

    Maria, DAAR IS NIE SO IETS SOOS TE VEEL KNOFFEL NIE!

  30. Pastafarianisme raak al hoe gewilder op die Potch kampus … die redes dalk té voor die hand liggend …

  31. Maria Snyman :

    Ag liewe land, Leon, laat jy my nou na meer as ‘n halwe leeftyd later beter voel! Hie-hie.

  32. Maria, viva knoffel!

  33. Joan Hambidge :
  34. Wat Joan hier doen, is inderdaad ‘n antwoord op vele vrae wat hierbo gevra is. ‘n Uiters insiggewende blog en ‘n praktiese demonstrasie van hoe psigoanalise vandag nog in die kuns as analitiese instrument én as teoretiese onderbou gebruik word. Dankie Joan!

  35. Maria Snyman :

    Dankie Joan. Freud as “”discoverer of the great and beautiful myth of psychoanalysis.”” “waarom die soektog na die “hidden”, dit wat weggesteek is.” Pragtig gestel. Dis die geheim waarin ons is.

    Psigoanalise en die sielkunde is unheimlich wetenskappe. Letterkundes in die geheim. Kyk hoe goed werk dit (soos byvoorbeeld in die biljoenerand waardevolle domein van (panem et circenses) sport (ons praat nie eers van politiek nie), en dit terwyl daar na regte absoluut geen gronde (behalwe fantastiese stories) daarvoor is nie. ’n Malheid moet oor denke daaroor waak, anders sal mens mal word… (Dit gaan my verstand (vir wat dit werd is) nog altyd te bowe hoe iemand ‘n sielkundige kan wees alvorens hy/sy nie ten minste beide ’n linguistieke en literatuurwetenskaplike meestersgraad het nie). Die mens is egter aan die ander kant inderdaad ’n kreatuur van gewoonte en in sulke beperkte omstandighede is daar inderdaad voorspelbare patrone. Maar, soos Derrida (2008:92) dit byvoorbeeld redelik reguit in The Gift of Death and Literature in Secret:

    How can another see into me, into my most secret self, without my being able to see in there myself and without my being able to see him in me? And if my secret self, that which can be revealed only to the other, to the wholly other, to God it you wish, is a secrt without relexivity, one that I will never know or experience or reappropriate as my own, then what sense is there in saying that is “my” secret, of a secret “of mine,” or in saying more generally that a secret belongs, that it is proper to or belongs to some “one,” or to some other who remains someone? It is perhaps there that we find the secret of secrecy, namely that there is no knowledge of it and it is there for no one. A secret doesn’t belong, it can never be said to be at home or in its place [chez soi]. Such is the Unheimlichkeit of the Geheimnis and we need to systematically question the reach of the former concept such as it functions, in a regulated manner, in two systems of thought and extend equally, although in different ways, beyond an axiomatic of the self or the chez soi as ego cogito, as consciousness or representative intentionality, for example, and in an exemplary fashion, in Freud and Heidegger. The question of the self: “who am I?” no longer in the sense of “who am I” but “who is this ‘I’” that can say “who”? What is the “I” and what becomes of responsibility once the identity of the “I” trembles in secret?
    This dissymmetry of the gaze leads us back to what Patočka suggested concerning sacrifice and back to the tradition of the mysterium tremendum.

    As delirieuse dronk (katdol) Derrideaan (wat nie haar drank kan vat nie) hou ek van die woord “horries” (in die plek van histeries):
    Akute toestand van dronkmanskap, gekenmerk o.a. deur motoriese onrus, sinsbegogeling, ens.; delirium tremens, dronkmanswaansin. Skielike groot woede; geweldige skrik. (HAT 2010:424). Hopelik ’n geval van mysterium tremendum – die hoop beskaam nie.

    “Laat daardie lippe (…) vir oulaas as heildronk ietsie prewel”!(Ek is nie seker of my lippe al die “formaliteite ken” nie so ek laat dit eers uit).

  36. Desmond Painter :

    Joan, interessante stuk op jou blog, en ek stem saam dat die psigoanalise as leesstrategie die aanslae daarop vanuit die meer positivistiese vertakkinge van die sielkunde kan en sal oorleef. Die wyse waarop mense soos Butler en Zizek daarvan gebruik maak, dien as goeie voorbeelde – hulle analises van die hede is gewoonlik veel meer verhelderend as enigiets wat vanuit die sielkundige laboratoriums te voorskyn kom.

    Nogtans, die feit dat mens die psigonalise KAN gebruik, ‘n gebruik wat jy dan ook effektief illustreer, beteken nie dit is die BESTE leesstrategie nie, of dat mens jou nie daarteen moet verset nie. Ek bedoel nie dat dit empiries te kort skiet nie, maar dat daar ander – noem dit maar ideologiese – vrae is wat die gebruiker van psigoanalise vir die lees van letterkundige tekste moet beantwoord.

    Die psigoanalise is bv. nie net transgressief nie, dit is dikwels ook normaliserend – wat betref die uitbeelding van die gesin, gender, seksualiteit, ens. – maar ook wat betref die daarstel van nou al amper geykte kodes vir lees en interpretasie (bv. die oorwerkte ‘oedipus kompleks’). Wanneer word dit dalk meer produktief om mens te verset daarteen om ‘n teks psigoanalities te lees? Op watter maniere word ‘n teks ‘genormaliseer’ deur dit psigoanalities te benader? Wat binne die teks bied weerstand teen ons ‘psigoanalitiese kultuur’ (die manier waarop die psigoanalise deel van die alledaagse woordeskat geword het)?

    ‘n Mens sou (as voorbeeld) Breyten Breytenbach sekerlik ‘psigoanalities’ kon lees; maar jy sou sy oeuvre dalk ook kon lees as soveel pogings om die psigoanalitiese self, en die psigoanalitiese kolonisering van die droom- en verbeeldingswereld, juis te ontsnap. Om dit terug te wen.

    Dus: natuurlik kan mens psigoanalise gebruik om letterkundige en ander tekste te lees – maar wat is die implakasies daarvan om psigoanalities te lees? Waarom psigoanalities lees eerder as anti-psigoanalities? Wanneer is psigoanalise transgressief, en wanneer konserwatief?

    Vandag, byvoorbeeld, vind die hoofstroom Lacaniane in Europa hulle in dieselfde kamp as ander konserwatiewe groepe wat hul opponering van huweliksregte en aanneemregte vir gay mense betref. Dit beteken nie mens behoort nie Lacan te lees nie (some of my best friends are Lacanians…), maar mens behoort jouself te vra, wat omtrent Lacan se idees maak hierdie konserwatiewe posisie oor seksualiteit – nie as onderdrukte vooroordeel nie maar as uitgesproke beleid – moontlik?

    Myns insiens het dit te make met ‘n statiese, amper outoritere konsepsie van die sg. ‘simboliese orde’; en ek sou nogal daarvan hou as die letterkunde aanslae kon loods op hierdie ordening van die simboliese, eerder as om dit verder te fortifiseer.

  37. Joan Hambidge :

    A couple is a conspiracy in search of a crime. Sex is often the closest they can get. – Adam Phillips.
    So lui die motto tot Tirza van Arnon Grunberg. Beide Grunberg en D.M. Thomas eis dat jy psigoanalise ken. D.M. Thomas in sy voorwoord verwys die leser na tekste van Freud. Phillips is uitgesproke daaroor dat psigoanalise nie in die domein van die empiriese begryp of toegepas moet word nie, maar as literêre tekste gelees moet word.
    Die toepassing en oopmaak van hierdie tekste is dus omdat hierdie tekste dit so aan bod bring. Grunberg is waarskynlik ook satiries oor die Freudiaanse beginsels onderliggend aan sy teks, maar hy kan dit nie ontsnap nie. Selfs die Anti-Oedipus- aanslag van Deleuze & Guattari kan eweneens nie die impak van Freud wegredeneer nie. Aldrie tekste op my blog bespreek, kan gelees word as aanslae en nie as fortifikasies van die Simboliese orde nie, ofskoon ons nou Lacan in die agtergrond hoor. Trouens, goeie letterkundige tekste, selfs in die oproep of betrekking van figure soos Freud, Jung, Lacan, Žižek, Phillips, wieookal, is tog besig om dit te verander of toe te pas.
    So my leesstrategie was gewoon, omdat die tekste sélf met hierdie denkers in gesprek tree.

  38. Joan Hambidge :

    Adam Phillips, die Britse psigoanalis, is ook resensent vir die London Review of Books en sy besprekings van letterkundige tekste is gesaghebbend. ‘n Knap oorgang van psigoanalise na letterkunde: Shakespeare, Larkin – ensomeer. Martin Amis loof hom (en dit wil gedoen wees) en hy is al vergelyk met Emerson.

  39. Leon Retief :

    Joan jou blog-inskywing is hoogs interessant, baie dankie. Ek dink dat wat die inweef van psigoanalise en letterkunde betref sit ons aan dieselfde kant van die vuur – vir wat my mening nou ook al werd mag wees – en dis wat ek probeer sê het met my inskrywing van 28 Mei. Maria, nee, duisend maal nee vir die praktyk van sielkunde/psigiatrie met letterkunde as soort van sentrale verwarmingsisteem in die kelderverdieping (al sal Desmond moontlik verskil). Die praktiserende sielkundige/psigiater het as doel om iemand se probleme op te los, hom/haar te “genees” en ek kan nie sien dat die lees van The White Hotel noodwending daartoe gaan bydra nie.
    Let asseblief op dat ek hier spesifiek praat van psigoanalise as terapie, nie na dit waarna Joan verwys het nie. Ek dink een van die beste beskrywings van psigoanalise is deur Peter Medawar: “psychoanalysis has now achieved a complete intellectual closure: it explains even why some people disbelieve in it . To other psychoanalysts, of course, it explains that, to me it explains nothing. With irritating ‘Olympian glibness’ claims to be able to explain everything: A lava flow of ad hoc explanation pours over and around all difficulties, leaving only a few smoothly rounded prominences to mark where they might have lain”

  40. Maria Snyman :

    “All one can say is that something of the extra-ordinary emerges” …

    Rob Weatherill (2006) dui in sy artikel “Bataille and Levinas at the Limits of Psychoanalysis” op ‘n “an impasse that psychoanalysis maybe inclined to ignore” wat ek verstaan as die ontologisering van konsepte/idees, die reduksie van ‘n onbegryplike kompleksiteit, van ‘n buitensporige baldadige spel van merke/spore, van ‘n verplatting van “a few smoothly rounded prominences [that] mark where they might have lain)”:

    “‘Please explain’, asks a young analyst of the contemporary Millerian-Lacanian school, ‘why an analyst might read Levinas, Bataille, Baudrillard and others that you say you read? How could they help in the clinic?’
    ‘Not an easy question to answer’, I replied, sensing that she was not enthusiastic, merely polite. For, I might have added, there is no reason and no explaining as such. All one can say is that something of the extra-ordinary emerges from these texts that creates an opening that recuperates nothing but unsettles everything – an impasse that psychoanalysis maybe inclined to ignore.”

    Skakel http://www.psychoanalysis.ie/index.php?id=87 na Weatherill se artikel (“Paper presented to a one day conference held by the College of Psychoanalysis. “Trauma, Body, Impasse.””)

  41. Joan Hambidge :

    Leon, wat het jy gedink van die afdeling waarin hy buikspreek namens Freud in The white hotel?

  42. Buiteblaf Breytenbach :

    Desmond: Jy kielie mens op plekke waar mens nie weet of jy maar mag lag of moet huil nie. Jou verduideliking van die repressiewe uitwerking (en bedoeling?) van die psigoanalities gefundeerde ‘simboliese orde’ is klinkhelder en klaar.

    En die gesag wat daarmee saamgaan! Die foutaises van die Mères Fouettardes en ander fouetteuses tog… Jy verwys tereg na die ‘kolonisering’ van die droom- en verbeeldingswêreld. Dit herinner my darem net te veel aan die tronk (die kripta, die Weste se ‘onderwêreld’ waar deure ‘ontsluit’ moet word (of geaktiveer) sodat jy as begenadigde uitverkorene toegang mag hê tot die Grot, die Geheim waar Dood vir jou sit en wag soos ‘n kokaïensnuiwende minotaurus.

    Van die os op die jas (by wyse van afleiding), ek lees waar Catherine Malabou (“Plasticity at the Dusk of Writing”) die arms ou Freud horinggaffel deur daarop te let dat, “Freud cannot conceive of a cerebral event, one that comes from outside and cannot be mentally connected or assimilated into a subject’s psychic processes.”

    Sy argumenteer insgelyks, in ‘n handeling van meesterslastering waar sy haar bulletjie aanvat (Snyman se derribeer, ek huiwer om die naam te noem uit vrees vir die woordwaters wat alle hyging gaan oorspoel): “Deconstruction ruins standard travelogues or ethnographical accounts of uncharted areas of thought and practice, because his work consists of a strange and perilous adventure that consists in arriving without deriving.” (Op Frans beteken ‘dériver’ iets soos om van koers re dryf sonder kompas of ‘gids’ wat met sweep in die een hand en sleutel in die ander jou kan lei na ‘n Lampedusa.) Praat nou van die keuse uitoefen om enige kleur kar te koop solank dit maar swart is!

    Hoe het dit gekom dat ons ons eie gaaie so gaan verabsoluteer het? Wat is dit tog omtrent die Westerling wat so sukkel met ‘n ‘siel’?

  43. Leon Retief :

    Joan ek maak wel notas van die boeke waarvan jy ‘n hoë opinie het met die doel om hulle eendag te lees, wanneer daai eendag ook al mag aanbreek. Ongelukkig het ek tans nie die tyd om fiksie te lees nie en beperk ek my maar tot poësie. The White Hotel is wel op my lysie soos ek dink ek genoem het, maar ek het dit nog nie gelees nie, dus kan ek ongelukkig nie jou vraag antwoord nie. Jammer.
    Maria, ‘n baie relevante opmerking van jou kant af. Ek sal vir oulaas nog een aanhaling van Peter Medawar plaas: “it… has led modern psychoanalysts to dismiss as somewhat vulgar the idea that the chief purpose of psychoanalytic treatment is to effect a cure. No: its purpose is rather to give the patient a new and deeper understanding of himself and of the nature of his relationship to his fellow men. So interpreted, psychoanalysis is best thought of as a secular substitute for prayer.” Daar is interessant genoeg vir my nogal ooreenkomste tussen psigoanalise en eietydse fisika/kosmologie – trouens, ek dink so iets is nogal ‘n blog werd. Jirre weet waar ek gedigte gaan kry wat ek aan so ‘n kapstok kan hang.

  44. Joan Hambidge :

    Gelukkig koloniseer Britse psigoanaliste soos Adam Phillips juis nie die onbewuste nie.

  45. Leon, jou aanhaling oor die verhouding tussen psigoanalise en gebed is fassinerend … beslis ‘n blog werd!

  46. Maria Snyman :

    “The oscillation continues with the distinction between “primary” relation and “psychic” relation. Husserl gave the name of “collective connections” (collective Verbindungen) to the relations that unified the plurality of objects into a totality,” skryf Derrida (1953/54:22) in sy mémoire (verhandeling).

    Hy (2001:41) sê in A Taste for the Secret ook:

    “Memoirs, in a form that does not correspond to what are generally called memoirs, are the general form of everything that interests me – the wild desire to preserve everything, to gather everything together in its idiom. To gather together even that which disseminates and, by its very essence, defies all gathering.”

    Ek dink mens kan hom ‘n monster psigoanalis noem. In “Geschlecht II: Heidegger’s Hand” (waarby ek onlangs eers uitgekom het) sien hy (1987:173) byvoorbeeld die volgende moment in Heidegger se diskoers raak:

    ““Apes, for example, have organs that can grasp, but they have no hand (Greiforgane besitz z.B. der Affe, aber er hat keine Hand).””

    Mnr. Buitensporigesnaaks Breytenbach – en dink die ding/gesukkel met die Westerse ‘siel’* is omdat dit so skreeusnaaks raak in sig totaliserende pogings, wat dink u? (Het u dalk al Jackie (soos sy ma hom genoem het) se “Justices” gelees? Ook lieflik snaaks, Hopkins kom onder andere ter sprake – pragtig vir my).

    *Laat ons nie die wasgoedpennetjies (“”) vergeet nie, i.e., soos Heidegger dit skielik weggelaat/vergeet het in sy Rektorsrede nie. Vergelyk J.D. se “Of Spirit.”

    Wat het die aap vir die skaap gesê toe hy die tak misvang en in die skaapkraal land?

  47. Waldemar Gouws :

    Voor iets oor Samuel Beckett en die psigiatrie, kan mens oor Maria se vraag hierbo net wonder of sy dalk ‘n blouapie in gedagte het, want die standaardvraag by hulle is maar “Wat gaan met julle aan?”

    Toe Murphy (in “Murphy,” 1938) in die Magdalen Mental Mercyseat begin werk, het hy gou besef dat “the function of treatment was to bridge the gulf, translate the sufferer from his own pernicious little private dungheap to the glorious world of discrete particles, where it would be his inestimable prerogative once again to wonder, love, hate, desire, rejoice and howl in a reasonable balanced manner, and comfort himself with the society of others in the same predicament.”

  48. Waldemar, is dit nie maar ook ‘n soort definisie van gebed nie …?

  49. Waldemar Gouws :

    Marlies, is mense wat bid veronderstel om te weet wat hulle doen? Dalk kan iemand wat van bid weet jou vraag probeer beantwoord.

  50. Maria Snyman :

    Dalk som H.D. (Hilda Doolittle) die nuttigheid van onder(duimse)handelinge tussen psigo-analise, literatuurwetenskap, taal en die konkrete wêreld met sy momente van malheid waarin die koppe soms letterlik waai goed op:

    “…if you do not even understand what words say,
    how can you expect to pass judgement
    on what words conceal?”

    ― H.D., Trilogy: The Walls Do Not Fall / Tribute to the Angels / The Flowering of the Rod

    Bron: https://www.goodreads.com/quotes/tag/poets

  51. Waldemar Gouws :

    Modelle in die simboliese ruimte het my aan Saul Bellow se aardse verklaring herinner. In “The Dean’s December” (1982)skryf hy: “Psychoanalysis pretends to investigate the Unconscious. The Unconscious by definition is what you aren’t conscious of. But the Analysts already know what’s in it. They should, because they put it all in beforehand. It’s like an Easter Egg hunt. You hide the eggs and then you find ém.”

  52. Joan Hambidge :

    ‘n Romankarakter se uitspraak is nie gelyk aan ‘n skrywer se lewensfilosofie nie. Kyk in hierdie verband ook na Philip Roth:

    My traducers propound my alleged malefaction as though I have spewed venom on women for half a century. But only a madman would go to the trouble of writing 31 books in order to affirm his hatred.
    It is my comic fate to be the writer these traducers have decided I am not.

    http://www.nytimes.com/2014/03/16/books/review/my-life-as-a-writer.html
    My life as a writer NY Times

  53. Waldemar Gouws :

    Joan, dankie vir jou definisie. Jy is doodreg – ek sien nou my gedagte is so onpresentabel geprakseer dat dit glad nie deur die (argetipiese) ring getrek kan word nie.

    Maar wat Bellow vir die personasie Albert Corde, die dekaan van die titel van “The Dean’s December” laat dink, gee my hoop vir diegene wat nie net die lakens (klink bietjie soos ‘Lacans’) aanvat wat uitgedeel word nie.

  54. Joan Hambidge :

    Soos James Joyce opmerk in Finnegan’s wake: “grisly old Sykos” who pronounce “on ‘alices, when they were yung and easily freudened” –

    Miskien ken jy die geskiedenis van Joyce en Jung? Joyce se dogter, Lucia, ‘n skisofreen, is in die 1930’s deur Jung behandel.

    “Most troubling to Joyce was Lucia. He had shuffled her from doctor to doctor and clinic to clinic looking for some sort of hope, or some support for his refusal to accept the bleak conclusions at which everyone but him eventually arrived. Latest on this list was Carl Jung, and his attempts to treat Lucia in the mid-1930s had ended with the double diagnosis that she and her father were like two people heading to the bottom of a river, one falling and the other diving. Joyce had a psychological style that was “definitely schizophrenic,” however reclaimed or transformed his books were by literary genius: “In any other time of the past Joyce’s work would never have reached the printer, but in our blessed XXth century it is a message, though not yet understood.”

    http://www.todayinliterature.com/stories.asp?Event_Date=1/13/1941

    Letterkundige tekste, soos The white hotel, spreek die problematiek aan. Dit is wel so dat kundige psigoanaliste hulp kan verleen – al is dit net om gebrokenheid te aanvaar.
    In gesofistikeerde tekste word dit ook geproblematiseer. Die slot van The white hotel intimeer dat psigoanalise niks kon doen oor die holokaust nie.

    Hierdie debat het dalk iets van kreasioniste versus ewolusioniste.

    Wat my interesseer is hoe skrywers reageer op ‘n bepaalde denkrigting (hetsy Marxisme, Feminisme, Freud, Zen-Boeddhisme, ofwatookal) en dit in ‘n teks vergestalt.

    So as ek Jung en Freud voorskryf, is dit as letterkundige teks – om metaforiek te begryp, o.a. of hoe hulle ‘n bepaalde tydsgees opgevang het.

  55. Leon Retief :

    Joan na my mening darem nie soo evolusie/kreasionisme nie, kreasionisme het geen ondersteunende data nie terwyl evolusie ‘n feit is. N hierdie geval is daar darem meriete aan beide kante. In watter opsig kon psigoanalise niks “doen ” oor die holocaust nie? Ek vra uit onkunde.

  56. Waldemar Gouws :

    Joyce se “Finnegans Wake” vs die “I Ching” op grond van relevansie, sou nogal ‘n debat op die been kon bring. “… Mynfadher was a boer constructor …” uit “FW” bly vir my op persoonlike vlak ‘n belangrike gedagte. Ook, van evolusie gepraat, sy “naturel rejection” en die siening dat “We’re all found of our anmal matter.”

    “Where flash becomes word and silents selfloud,” bring my by Susan Sontag se vraag in haar opstel “The Pornographic Imagination”: Where does fantasy, condemned by psychiatric rather than artistic standards, end and imagination begin?

  57. Buiteblaf Breytenbach :

    Joan, ‘n voetnoot tot jou aangehaalde Adam Phillips uitspraak (“A couple is a conspiracy in search of a crime”) sou aanvullend die volgende uit Baudelaire se Intieme Joernaal kon wees: “What is annoying about Love is that it is a crime in which one cannot do without an accomplice.”

    En sommer so in die bondel – mens wonder tog of dit die debat nie na die oppervlak van Victor Hugo se swart lig kan bring deur eenvoudig te verwys na Verbeelding as ‘common sense’ teenoor psigoanalitiese Selfaaiery (“aai aai die witborskraai…) as ‘gesogte sense’ nie? Of bedoel ek nou ‘gesoog’? (Soos in ‘eksoogties’.) (“O goots, ma – kyk, hy maak ogies vir my!”)

  58. Joan Hambidge :

    Hoor jou, Breyten, maar ek lees Adam Phillips ook vir sy insigte oor die digkuns:

    “It is as though Freud invented a setting or a treatment in which people could not exactly speak the poetry that they are, but that they could articulate themselves as fully as they are able. [A session] lasts 50 minutes, and it’s always at the same time each week, just like a sonnet is always 14 lines. It’s a similar thing. The form makes possible the articulation.”
    http://www.economist.com/blogs/prospero/2012/03/qa-adam-phillips

    Ek het deur hierdie tekste te lees al dikwels insigte gekry en Phillips se tekste werk met slim toespelings na klassieke letterkundige tekste.

    Ander lesers/skrywers verkies wel die metafisika van die oppervlak of deursigtigheid.

    Elkeen moet lees/dig soos hy/sy gebek is.

  59. Waldemar Gouws :

    Buiteblaf, sou jou een opsie hierbo, “gesoogde sense,” wat verband hou met suig, nie die uitdrukking “om iets uit jou duim te suig” in ‘n ander lig stel nie?

  60. Maria Snyman :

    Mnr. Beautiful Buiteblaf, ek is nie so seker of verbeelding so algemeen uitgedeel is nie, alhoewel dan ook, is Nkandla nie ook erg verbeeldingryk nie? Terloops, het u al Marechera se “Black Sunlight” gelees?

    Jungpraatjies: Begrypend dat die skakel wat simbolisme maak ’n ekonomiese tussen-in onderhandeling “tainted with vice yet sacred” (Mallarmé, in Derrida 1981:209) is, praat Cirlot (1971:xii-xiii) nogal interessant as hy soos volg na Jung (wat heerlik op twee hande argumenteer/kopstaan?) verwys:

    “Carl Gustav Jung, to whom present-day symbology owes so much, points out in defence of this branch of human thought that: ‘For the modern mind, analogies—even when they are analogies with the most unexpected symbolic meanings—are nothing but self-evident absurdities. This worthy judgement does not, however, in any way alter the fact that such affinities of thought do exist and that they have been playing an important rôle for centuries. Psychology has a duty to recognize these facts; it should leave it to the profane to denigrate them as absurdities or as obscurantism’ (32). Elsewhere Jung observes that all the energy and interest devoted today by western Man to science and technology were, by ancient Man, once dedicated to mythology (31). And not only his energy and interest but also his speculative and theorizing propensities, creating the immeasurable wealth of Hindu, Chinese and Islamic philosophy, the Cabbala itself and the painstaking investigations of alchemy and similar studies. The view that both ancient and oriental man possessed a technique of speculative thought which assured them of some success in prophecy is affirmed by, for example, the archaeologist and historian, Contenau, who maintains that the schools of soothsayers and magicians of Mesopotamia could not have continued to flourish without a definite proportion of correct prognostications; and again by Gaston Bachelard (1), posing the question: ‘How could a legend be kept alive and perpetuated if each generation had not “intimate reasons” for believing in it?’ The symbolist meaning of a phenomenon helps to explain these ‘intimate reasons’, since it links the instrumental with the spiritual, the human with the cosmic, the casual with the causal, disorder with order, and since it justifies a word like universe which, without these wider implications, would be meaningless, a dismembered and chaotic pluralism; and finally, because it always points to the transcendental.”

    Cirlot (ibid., xiv) vervolg later:

    “Given our contemporary psychoanalytic concept of the ‘unconscious’, we must accept the placing within it of all those dynamic forms which give rise to symbols; for, according to Jung’s way of thinking, the unconscious is ‘the matrix of the human mind and its inventions’ (33).

    Die onbewuste is ’n matriks is ’n bron/oorsprong = ‘n bron/oorsprong is ’n matriks is die onbewuste. In wiskunde is ’n matriks “a rectangular array of numbers, symbols, or expressions, arranged in rows and columns,” sê Wikipedia. Dit wil sê, ’n sekere vervierkanting van ’n sekere sirkel (naamlik onder andere van die ellips wat ’n platterige sirkel is wat wankelrig om (die) twee (stil) middelpunte (van ons verlange?) sirkel).

    En nog later skryf Cirlot (ibid., xl) ook die volgende pragtige poëtiese stukkie oor analogie:

    “Analogy, as a unifying and ordering process, appears continuously in art, myth and poetry. Its presence always betrays a mystic force at work, the need to reunite what has been dispersed. Let us quote two cases—one of art criticism, the other literary but bearing upon the first—which have analogy as their sole foundation. Cohn-Wiener says ‘Reliefs enable us to appreciate that there (in Babylon) clothes do not emphasize the shape of the body, as in Egypt: they hide it, in the way that murals conceal the rough marks of a building.’ Théophile Gautier characterized Burgos cathedral as: ‘Vast as a stone pyramid and delicate as a woman’s curl’, and Verlaine called the Middle Ages (which had created this cathedral): ‘Vast and delicate’.”

    Hier sê hy (ibid.) hier ook reguit (vierkantig (ons moet ons grammatika ken as ons kop of stert van die unheimlich onbewuste wil uitmaak)):

    “We have to persist in our study of analogy, for it is perhaps the corner-stone of the whole symbolic edifice. If we take two parallel actions, as expressed in the phrases: ‘The sun overcomes the darkness’, and ‘The hero slays the monster’, there is a correspondence between the two phrases (and the two actions). We have to conceive of each one as a three-part series: subject, verb, predicate.”

  61. Maria Snyman :

    Ene Drew Johnson skryf oor Marechera wat glo ‘n psigoanalis se droom moet wees:

    Marechera’s knack for surprise and ambush would be the envy of any airport thriller writer, yet here it’s entirely divorced from plot. Surprise is managed in a way that I don’t know how to explain or what exactly to compare it to—it’s just genuinely unexpected. The House of Hunger shocked me, not because it brought me the news about some bit of brutality or another—literature from every continent and era has made that more or less routine—but because I was shocked by the words on the page, the book in my hands. Marechera seemed to be coming at me with everything, yet with an enormous artistry. His life seemed to be at stake in his words and, while I was reading, so did mine.

    Hy klink na ‘n soort geomant:

    ‘A writer drew a circle in the sand and stepping into it said “This is my novel,” but the circle, leaping, cut him clean through….’
    —from The House of Hunger by Dambudzo Marechera

    Bron: http://therumpus.net/2009/11/drew-johnson-the-last-book-i-loved-the-house-of-hunger/

  62. Buiteblaf Breytenbach :

    Ons profeteer seker maar almal dieselfde profaniteite. Ons waarnemings oortuig ons daarvan dat die wêreld plat is en Allah (oftewel Al-Illah) is hêppie in Sjaar onomskryfbaarheid – maar darem sekser besig om pasta te maak vir ‘n mensdom wat dit nie verdien nie.

    1. Nie enige denkkonstruksie wat mens kan sistematiseer en waaraan jy daarom ‘n mate (en metrum) van voorspelbaarheid kan of wil toeskryf is ipso facto ‘n wetenskap nie. (Gelukkig ook nie…) Psigologie, en soveel te meer die Onderbewuste wat ons naarstiglik aan die pen laat probeer ry, is nie ‘n Wetenskap nie. Ek sou dit ‘n Vermoedeskap noem. (‘n Bespiegelingskap? Is dit dan nie maar net ‘n spieël nie? En maak ons dan nie maar net ogies vir die skaap in die kykglas nie?) Dis immers nie omdat ons iets wil verstaan dat dit daarom bestaan nie. Hierdie Spesmasery, die Vermoedeskap, bied ons ‘n lekker werkshipotese en weerklinkende illusies. Sonder skyn het ons nie ‘n kat se kans om die muis van syn te vang nie, bly sit ons met ‘n knaende pyn in die agterwêreld. Waar sou die sout van ons bestaan (bewussyn) tog vandaan kom as dit nie sou wees vir die see wat ons nie van weet nie? (So, altans, is die deuntje wat ons in die begraafplaas fluit om nie te hoor hoe skarrel die muise nie.)

    2. Natuurlik is die woord – soos ons dit in die mond neem om glad te lek – ‘n banalisering van dit wat jy op ‘n gegewe moment wil uitdruk. Die duim waaruit ‘betekenis’ gesuig of gesoog word is ‘n skilderstok vir die hand se dooierus wanneer jy die duisternis probeer inkleur. Die duim is egter nie die bestemming waartoe jy ryloop nie. Dit, die woordekonstruk, het ook ‘n autonome bestaan, ‘n eie geskiedenis vol muisvalle en lewe. Die ‘metafisika van die oppervlak’ lê vir my in die lewende interaksie (dialektiek) tussen die materiële en die materiaal wat jy probeer ver-taal. (Verhaal?) Noem daardie materialisering dan maar sin-teling. Dit is ‘n verhouding. Skryf is die bedryf van die onsekere met lukrake middele.

    3. Met alle respek en deernis: die behoefte om in vervoering te gaan is so oud soos die omdop van die mensdom se oë. Of soos die verrukking van ‘n sonsondergang, met rukkings en al. Die ritueel, waarvan ‘n vasgelegde periodisiteit ‘n belangrike versoeter is, vergemaklik die ‘oorgaan’ in die transendentranedal. Dat die vorm die artikulasie moontlik maak was nog altyd wors. Verband en omlyning is bevrydend as die muis die kaas uit die val wil knibbel. So soos geleende vere die mens forseer om hom te verbeel sjy is engel. Maar soos Orfeus vir die kwaksalwer wat die sakhorlosie voor sy oë swaai (en die digter is éérs ‘n kwaksalwer) gevra het: “Hoe laat is dit nou? En wat is daar vir aandete?”

  63. Buiteblaf Breytenbach :

    Hierdie inskrywing is vir Leon…. wat toesien hoe ek spartelend verdrink maar nie ‘n reddende hand uitsteek om te help nie…

    Tolerance – Amen

    Jiggs McDonald, NHL Hall of Fame broadcaster speaking in Ontario, says:
    “I am truly perplexed that so many of my friends are against another mosque being built in Toronto. I think it should be the goal of every Canadian to be tolerant regardless of their religious beliefs.
    Thus the mosque should be allowed, in an effort to promote tolerance.
    That is why I also propose that two nightclubs be opened next door to the mosque, thereby promoting tolerance from within the mosque. We could call one of the clubs, which would be gay, “The Turban Cowboy,” and the other a topless bar called “You Mecca Me Hot.” Next door should be a butcher shop that specializes in pork, and adjacent to that an open-pit barbecue pork restaurant, called “Iraq of Ribs.”
    Across the street there could be a lingerie store called “Victoria Keeps Nothing Secret,” with sexy mannequins in the window modeling the goods. Next door to the lingerie shop there would be room for an adult sex toy shop, “Koranal Knowledge,” its name in flashing neon lights, and on the other side a liquor store called “Morehammered.”
    All of this would encourage Muslims to demonstrate the tolerance they demand of us, so their mosque issue would not be a problem for others.”
    Yes, we should promote tolerance, and you can do your part by passing this on. If you are not laughing or smiling at this point it is either past your bedtime, or it’s midnight at the oasis and time to put your camel to bed!!!!

  64. Desmond Painter :

    Joan, ek stem absoluut saam dat letterkundestudente met vrug Freud kan lees, soos hulle met vrug Plato, Hume, Kierkegaard, Die Bybel, die Koran, of Mao se Rooi Boekie kan lees; Freud se tekste is fassinerend en selfs sy foute het die kultuur so deursuur dat amper alle Westerse mense vandag tot ‘n mate ‘Freudiane’ is, net soos ons almal tot ‘n mate ‘Christene’ is. (En weens die vervlegting van die Christendom en psigoanalise histories met imperiale projekte, nie net Westerlinge nie…)

    Die rede vir hierdie ‘kulturele sukses’ van die diskoers wat Freud as’t ware in die lewe geroep het, kan nie toegeskryf word aan enige ‘ontdekking’ wat hy gemaak het nie – hy het nie; nie in die empiries-wetenskaplike sin nie – maar moet histories verklaar word. Wat omtrent ons kultuur het ons ‘vatbaar’ gemaak, tot ‘n heel dramatiese vlak, vir die psigoanalise? (Eli Zaretsky se boek Secrets of the Soul: A Social and Cultural History of Psychoanalysis is die moeite werd in hierdie verband). En verder: wat wen ons en wat verloor ons deur die ‘psigoanalitisering’ (!) van ons self te aanvaar eerder as te weerspreek?

    Omdat Freud se teorie nie ‘n ontdekking in die wetenskaplike sin is nie, maar ‘n bepaalde, kultureel spesifieke en (dikwels) maatskaplik-polities produktiewe ver-taling van ons ervaring van onsself, verhoudings, verbeelding en begeertes, dink ek kan mens met reg praat van ‘n proses van kolonisering; psigoanalise as taalpolitiek… Ja, die gekoloniseerde kry dit soms reg om in die taal van die koloniseerder ‘terug te praat’ – kyk bv. Fanon se gebruik van psigoanalitiese begrippe ens. – maar dit gebeur nie sommerso nie. Die psigoanalise is nog ver daarvan om werklik ‘gedekoloniseer’ te wees in hierdie sin, en ontsnap in ‘n sekere sin hierdie soort kritiek juis deur die ‘postmodernistiese’ systappie van ‘dit is net nog ‘n narratief’.

    Wat ek bedoel: vir my is die ‘conceit’ van mense soos Adam Philips dat hulle maklik toegee dat die psigoanalise nie ‘n wetenskap is nie, en nooit moes probeer het om een te wees nie; hulle deklameer dat die psigoanalise ‘net ‘n storie’ is, ‘n storie wat party mense nuttig sal vind en ander nie. Die effek is dat die psigoanalise kritiek (soos in critique) wereens ontglip – van sy historiese en kultuurpolitieke voorwaardes asook die mate waartoe dit steeds ‘n magsbasis is en ‘n bron van kulturele outoriteit (en stemhebbendheid: selfs wanneer hulle die wetenskaplikheid van psigoanalise ontken, bly hulle, soos Zizek en vele ander, steeds maar in die posisie van die een wat die laaste woord spreek…)

    Ek hou ook van Philips. Ook van Butler en Zizek. Maar hulle is te gou om die psigoanalise amper pragmaties te dehistoriseer en voor te hou as ‘n produktiewe, amper noodsaaklike hermeneutiese sleutel vir sosiale en politieke analise. Die rede, dink ek, is omdat dit hierdie skrywers, selfs in hierdie pomo-tye, ‘n sekere mate van mag gee: hulle kan dalk nie veel aan die werklikheid verander nie, maar hulle bly in beheer van die manier waarop daar oor die werklikheid gepraat word…

    Ek druk myself nie goed uit hierbo nie; maar vir wat dit werd is… Ek lees ook Freud, maar ek stel belang in hoe ons onself anders kan verbeel – ook dit wat ons ‘begeerte’ en ‘verhoudings’ noem – verby die sielkunde en die psigoanalise. So ‘n herverbeelding sal maar sukkel as die letterkunde self in die ban van die sielkunde en die psigoanalise bly…

  65. Leon Retief :

    Breyten, ek smaail oor jou storie. Die rede waarom ek nie vir jou ‘n reddende hand uitsteek nie is omdat ek self te styf aan my reddingsboei vasklou. Laat ek maar vir Demokritus aanhaal: “Niks bestaan nie behalwe atome en die leegte.” Ons moet maar elkeen van ons leegte maak wat ons kan/wil.
    Ken jy hierdie?
    http://www.jesusandmo.net/2007/03/27/added/

  66. Desmond Painter :

    Leon, interessant jou opmerking oor die leegte en wat ons daarvan maak; dit laat my nou dink aan iets wat Wittgenstein geskryf het, juis in verwysing tot die psigoanalise (en die idee van ‘die onbewuste’ as ‘n soort entititeit, ‘n ding met ontologiese status):

    “Imagine a language in which, instead of saying ‘I found nobody in the room’ one said, ‘I found Mr. Nobody in the room.’ Imagine the philosophical problems that would arise out of such a convention.”

    Sy punt is dat die psigoanalise, in ‘n sekere sin, presies so ‘n taal is. Hy’t ook geskryf, ‘Waaroor ‘n mens nie kan praat moet ‘n mens sjarrap’. Miskien moes hy eerder geskryf het: ‘Waaroor ‘n mens nie kan praat nie moet mens dig (hou).’

    Ek moet darem ook byvoeg, Wittgenstein (wat in Wene grootgeword het terwyl Freud sy psigoanalise daar ontwikkel het) se verhouding met Freud is meer kompleks as wat die aanhaling hierbo dalk aandui. Hy’t ‘n enorme klomp fragmente en aforismes oor Freud en die psigoanalise nagelaat.

  67. Leon Retief :

    Desmond jawellnofine, baie (let wel, nie als nie) van wat hier en elders geskryf is oor psigoanalise en baie aspekte van filosofie is vir my (weereens, let wel – vir my) soos om in ‘n swembad te piepie. Mens kry so ‘n lekker warm gevoel maar niemand anders kom iets agter nie en met die dat uriene sterile is(wanneer daar nie ‘n blaasinfeksie is nie) gaan dit ook nou nie juis aan enigeen saak maak nie. Solank mens nou net nie daai swembadwater gaan staan en drink nie…

  68. Desmond Painter :

    Leon, ja – moet nou net vir Freud gaan vertel van jou swembadfantasie nie! – maar ek voel tog die stories wat ons besluit om oor onsself te vertel, of dit nou filosofiese stories is of juridiese stories of sprokies, rolprente of romans, maak wel saak.

    Ons is nie onbemiddeld onsself nie; ons vertel verhale oor onsself en leef in kulture waar magtige verhale OOR ons vertel word. So word ons ‘ek’, ‘jy’ en ‘ons’. Dit is verbeeldingswerk.

    In hierdie opsig stem ek saam met Joan: die feit dat Freud moontlik, wetenskaplik gesproke, 90% kwak was (hy’t in die swembad gekwak?) beteken nie die verhaal wat hy vertel het is (kultureel) onbeduidend nie.

    My punt is egter dat die verhaal ook nie onskuldig is nie; en dat dit dalk tyd is om doelbewus TEEN die Freudiaanse narratief in te dink.

    Ek gee egter toe, Joan het goeie redes om van my te verskil: Freud word produktief aangewend deur etlike prominente filosowe en literere teoritici vandag.

    (Die hernude pogings om aan Freud wetenskaplike status te gee, in die sg. neuropsigoanalise, is ‘n ander storie. Smoke and mirrors, meeste van die tyd.)

  69. Leon Retief :

    Desmond, ek stem saam. Smoke and mirrors, verseker. Maar dat die oubaas ‘n geweldige invloed gehad het op die 20e eeu is gewis en daarvan kan ons nie ontsnap nie, en ons moet dalkies ook nie probeer nie. Dalk nie. Slaaptyd hier, lekker dag vir julle, ek verstaan dis jeugdag of so iets.

  70. Waldemar Gouws :

    Ek wil voorstel dat die hele veld van die Sielkunde (en alles wat nog bokant of onder daardie veld mag wees) herbenoem word tot Kopkunde (Kephalogie).

    In ons post-Nietzsche era, en synde aan die verkeerde kant van die grootste mense-uitdelgings ooit, is so ‘n eerlike aanpassing nou nodig.

  71. Maria Snyman :

    Ek weet nie presies wat met ‘n metafisika van oppervlaktes bedoel word nie, maar gesien dat mens nie moet grawe vir dieper betekenisse nie en dit maar net moet vat soos dit kom, beskou ek die volgende sensuele filmpie as ‘n mooi poëtiese voorbeeld van wat ek verstaan met ‘n metafisika van oppervlaktes. Dit is genaamd “The Parallel Bars” (4:18 min.) en is deur Pierre Klossowski:

  72. Joan Hambidge :

    “Everybody is dealing with how much of their own aliveness they can bear and how much they need to anesthetize themselves.”

    – Adam Phillips

    *

    Žižek in The pervert’s guide to ideology verwys ook na Marx en ek dink nie psigoanalise dehistoriseer nie. Inteendeel. En kreatiewe tekste wat self met psigoanalise omgaan, beperk nie kreatiwiteit nie. D.M. Thomas, byvoorbeeld, fiksionaliseer Freud se lewe. Jy moet as leser weet wat is histories werklik, wat is versin.

    En enige hermeutiese benadering is uiteindelik vasgevang in daardie manier van lees of skryf. Geen teoretikus kan dit ontsnap nie.

    My lesings was gefokus op tekste wat met die Freudiaanse problematiek werk en dit ontgin, selfs opstuur soos Arnon Grunberg in Tirza wat kennelik satiriese kommentaar lewer.

  73. Desmond Painter :

    Joan, terloops, ‘n kollega van my, ‘n Suid-Afrikaner wat tans by Birkbeck College in Londen werk, Derek Hook, het ‘n nuwe boek ‘(Post)apartheid conditions’ gepubliseer. Dit is ‘n Palgrave publikasie maar HSRC Press versprei dit plaaslik (ek het my kopie by Book Lounge gekoop). Ek dink jy sal dit interessant vind: Hook gebruik psigoanalise, veral Lacan, om postapartheid SA te ‘lees’. Dit is die moeite werd om van kennis te neem.

  74. Maria Snyman :

    Derrida (1978:10), algemeen bekend vir sy ontbloting van die onmoontlikheid van self-teenwoordigheid, verwys in “Force and Signification” ironies juis op die nodigheid van “an absolute subject” as hy skryf: “To write is not only to conceive the Leibnizian book as an impossible possibility” nie, maar ook om te weet dat ““all books contain the amalgamation of a certain number of age-old truths” en dat daar gevolglik, soos Verlaine (ibid.) dit gestel het, ““actually (…) only one book on earth”” is, naamlik ‘“the law of the earth, the earth’s true Bible,”” wat wel ook beteken dat daar “forever” net “books” is, en waaroor hy dan ook stel, waarteen “the meaning of the world” verpletter (“shattered”) sal word indien “not conceived by an absolute subject.” (Lees ook JD se eksistensiële (“Crime & Punishment”/”Faith & Knowledge”)dimensie).

    Vergelyk Jaco Barnard-Naudé se “Die denker as digter, die digter as denker: D.J. Opperman, N.P. Van Wyk Louw en die digkuns/filosofie-debat in die Afrikaanse letterkunde (Deel 1)” op Litnet.

    Hy dui hierin byvoorbeeld op Opperman wat juis filosofies/metafisies was in sy waarskuwing teen die gebruik van/steun op filosofie (lees ook teorie, soos bv. psigoanalise, ens.) in skepping van gedigte, en hoe sy kennis van filosofie hom bepaald gehelp het om gedigte met diep insig te kan lees/kritiseer/waardeer.

    In Deel II van Barnard-Naudé se artikel verwys hy na Van Wyk Louw se argument oor hoe die skepping van die gedig en die kritiek/literatuurwetenskaplike gekombineer word. Barnard-Naudé gebruik die woord “hibridisering” vir die onderhandeling tussen die twee pole van die digter en denker waarmee ek nie heeltemal saamstem nie, want dit is eerder ‘n sekere harde ekonomiese onderhandeling, een waarin mens wen en verloor “at every turn” maar uiteindelik noodwendig tog wen gesien dat dit ‘n sekere transaksie sonder reserwe is.

    Kortom: Daar is niks buite skryf/skrif nie. Daar is wel baie style/soorte/generasies van skryf/skrif – met of sonder ‘n pen in die hand of orgaantjies hamerend op die tikbord, as jy kyk, skryf/interpreteer/oordeel jy en wat kan meer konkreet wees as hierdie soort “apartheid” wat mens pleeg met jou gekyk en koekeloerdery – of jy ‘n boom of ‘n boek gebruik om te skryf, solank daar net gepoog word om so hartroerend soos ‘n digter te skryf …

  75. Maria Snyman :

    J. Laçan: “The reason we go to poetry is not for wisdom, but for the dismantling of wisdom”; T.S. Eliot: “Poetry is punctuation”; J. Derrida: “Punctuations: The Time of a Thesis”?

    Waar begin en eindig ‘n gedig?

    Skakel vir onderhoud deur Will Aitken met Ann Carson:
    http://www.theparisreview.org/interviews/5420/the-art-of-poetry-no-88-anne-carson