Melanie Grobler. Uitstalling. Stanley @ 44: Judith Mason

Uitstalling. Stanley @ 44: Judith Mason

28 Maart 2014

 

Nege kunswerke. nie tekeninge agter glas nie maar ’n mot museum

van skedels en tande, slap figure oor takke en ’n hond versteur deur pyn

 

sy het die strand van papier bemeester met tekens van haar makabere self

 

nou voor die oë van die toeskouer

breek die branders

die gety trek terug en word ’n abyss.

 

En die God van dieptes

Roep uit die dieptes

Verlos jouself!

 

(Melanie Grobler/ 2014)

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.