Johannes Prins. Get over yourself

get over yourself

Ek weet byna presies wat’s fout met ons. – Toast Coetzer

 

 

daar sit

’n rooi sekelmaan

langs my linkeroog

se kornea,

bloed

het deur die nag

uit die hoek uit

gesyfer

 

my een

onderste molar

is al vir jare lank

’n oopgroefmyn

wat ek met

repair & protect

wegborsel,

wegdink

 

meer suid,

in my lae rug,

sit ’n haarlynbreuk

ná die lyf

’n vallende

gimnas

van die rekstok

moes red

 

maar gelukkig

werk

die hydraulics nog,

en die onderstel

hang net

so nou

en dan

uit

 

(c) Johannes Prins / 2014

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Johannes Prins. Get over yourself”

  1. Elza Lorenz :

    Eina, maar dankie…Ook sien mens ander wat way erger lyk en moet voel.

  2. Maria Snyman :

    Van donker na lig – lieflik! My glimlag is amper pynlik!