Louis Jansen van Vuuren. Noord van Oktober

Autumn moonlight–
a worm digs silently
into the chestnut.

Matsuo Basho

Noord van Oktober

Tussen September se nagewening en Desember se sonkeerpunt sit Autumnus soos ‘n lewegewende roeskol op die jaar se kalender. Oestyd en snoeityd.  Tyd ook om ’n Jaar se lewering te bereken. Die koring en ook die kaf te skei. Die Romeine het die stewige woord Automnus heel moontlik van die Etruskiese taal geleen en vir ons onder die posklip gebêre. Die woord vervorm en hervorm in duisende monde. Herfs kom seker via die ou Engelse woord: Haerfest na ons. Dit  beteken oestyd. Soortgelyk die Skotse Hairst, die Duitse Herbst en die Hollandse Herfst. Autumn, sê die moderne Engels. Automne, sê Baudelaire se Frans. Whitman noem die melankoliese tyd Fall. Fall of the leaf én Fall of the year

Die woord herfs, in langhand geskryf óf getik, lyk vir my soos ’n meidoringheining in die voorwinter. Die letter f word ’n swierige loot wat koppig aan ‘n laaste blaartjie klou. Die blaartjie is reeds deur die eerste ryp geroes en gerasper.

 

Nothing gold can stay

 

Nature’s first green is gold,
Her hardest hue to hold.
Her early leaf’s a flower;
But only so an hour.
Then leaf subsides to leaf.
So Eden sank to grief,
So dawn goes down to day.
Nothing gold can stay.

Robert Frost

Die herfsseisoen in die platteland ruik na die soet rook van blare en snoeisels wat brand. Takvure. Dit ruik soos wilde sampioene wat oor die blou van ’n gasvlam in botter braai.  Woorde soos Armagnac, Cassoulet, Choucroute & Calvados maak stem dik in ’n praatkoor saam met maters soos, Bouillabaisse, Boeuf Bourguignon, Daube de Sanglier en truffels.

Die najaar is nou op sy herfsste
die bessieboom se rooi is hartvanrooi
hoe het my jeug se oë dan gekyk
die kleur was toe mos nie so brandendrooi
is dit die gawe van die ouderdom
om dieper in die kleuregloed te kyk
aanhoudender na ondergaande son

Boerneef

Dis nou ook die tyd van die Rentreé scolaire, die begin van die skooljaar. Die winkelvensters staan oorlaai met blink fopleer tassies, potlode en skoolpette. Alles word in wit kryt teen afslagpryse aangekondig. Die blinkballe vir die Kersfeesvensters lê geduldig, wagtend, dat die son oor die Eerste November sak. La Toussaint word ieder jaar op 1 November gevier en is aangetroude familie van Aan die dag van die Dode. Dia de Muertos. La Toussaint is ’n Katolieke vakansiedag waarop die heiliges en die afgestorwenes herdenk word. Bosse krisante word op grafte vir geliefdes gelaat. (Dié blom word  in Frankryk uitsluitlik vir dié dag bemin.)  Die blomsoort kom in ’n magdom variante voor, van ‘n eenvoudige magrietjie tot ’n komplekse aster-sfeer met ’n duisend kroonblaartjies. Die aroma van die bont blokke kleur is onthutsend wrang en word reeds op ’n afstand geruik – so kragtig soos ‘n kolonie Stinkafrikaners. Krisant het nie ‘n gewone blomreuk nie, dit ruik eerder medisinaal. Tussen krui en klip: groen verstofte mos.

Sonnet of Autumn

They say to me, thy clear and crystal eyes:
“Why dost thou love me so, strange lover mine?”
Be sweet, be still! My heart and soul despise
All save that antique brute-like faith of thine;

And will not bare the secret of their shame
To thee whose hand soothes me to slumbers long,
Nor their black legend write for thee in flame!
Passion I hate, a spirit does me wrong.

Let us love gently. Love, from his retreat,
Ambushed and shadowy, bends his fatal bow,
And I too well his ancient arrows know:

Crime, horror, folly. O pale marguerite,
Thou art as I, a bright sun fallen low,
O my so white, my so cold Marguerite.

Charles Baudelaire

’n Hengse relaas word  geskryf oor die unieke Franse savoire faire. Die aweregsheid daarvan bly my verstom. Zoem in op enige detail van enige iets op aarde en Voila: jy spoor iets buitengewoon op. Kom ons bly by die geur van die herfskrisant. Serge Lutens is een van die wêreld se bekendste parfuummakers. Die Neus, soos die Franse hom noem. Tydens sy aftreejaar in 2011, ontwikkel hy saam met sy regterhand (kan mens sê neusvleuel?), Christopher Sheldrake, ‘n unieke parfuum wat gebaseer word op die geur van krisant. Sy verwysings vir hierdie komplekse aroma word gebaseer op ’n Kafkaesque mengsel van  melankoliese tradisie en eietydse waagmoed. Hy noem sy nuutste skepping  De profundis.

Psalm 130 se eerste strofe begin soos volg: Uit die dieptes roep ek…. Die Latyn lees: De profundis clamavi… Die psalm is een van die  gunsteling Toties Quoties Indulgence van La Toussaint. Groot komponiste vernoot hierdie droewige psalm in musiekale wonderwerke. Van Bach tot Vangelis. Lorca en ’n duisend ander dig daaroor. Oscar Wilde skryf ‘n roerende minnebrief. (Kyk na die kort film deur Seamas Mc Swiney en luister na Ruper Everet se voorlesing van die brief op You tube. https://www.youtube.com/watch?v=VBx2e6_-GLU. )

  De profundis is ook ’n vlugtige violetkleurige vloeistof  in ’n kristal flacon. Die basnote is krisant en wierook. Die pryskaart – €300.

 As long as I’m alive, so is my Death.
Every hero on a quest for glory is racing towards the proof of his mortality.

The scent of chrysanthemums and incense.

Serge Lutens

 

De profundis clamavi

J’implore ta pitié, Toi, l’unique que j’aime,
Du fond du gouffre obscur où mon coeur est tombé.
C’est un univers morne à l’horizon plombé,
Où nagent dans la nuit l’horreur et le blasphème;

Un soleil sans chaleur plane au-dessus six mois,
Et les six autres mois la nuit couvre la terre;
C’est un pays plus nu que la terre polaire
— Ni bêtes, ni ruisseaux, ni verdure, ni bois!

Or il n’est pas d’horreur au monde qui surpasse
La froide cruauté de ce soleil de glace
Et cette immense nuit semblable au vieux Chaos;

Je jalouse le sort des plus vils animaux
Qui peuvent se plonger dans un sommeil stupide,
Tant l’écheveau du temps lentement se dévide!

Charles Baudelaire

Out of the Depths Have I Cried

I beg pity of Thee, the only one I love,
From the depths of the dark pit where my heart has fallen,
It’s a gloomy world with a leaden horizon,
Where through the night swim horror and blasphemy;

A frigid sun floats overhead six months,
And the other six months darkness covers the land;
It’s a land more bleak than the polar wastes
— Neither beasts, nor streams, nor verdure, nor woods!

But no horror in the world can surpass
The cold cruelty of that glacial sun
And this vast night which is like old Chaos;

I envy the lot of the lowest animals
Who are able to sink into a stupid sleep,
So slowly does the skin of time unwind!

Vertaling. William Aggeler, The Flowers of Evil . 1954

Die herfsmaande is nie alles net tristesse en somberheid nie. Terwyl die natuur veroker trek die hemel  soms oop en blou. Verbeel jouself op ’n kaai langs die Seine tydens die laaste naweek van die maand Oktober. Daar’s wragtig ’n deuntjie wat uit ’n draaiorrel sypel. Au clair de la lune. Dis ’n kasarm van ’n ding. Handgeverf. ‘n Houtkasteel  op vier mooi rooi wiele. Koper pypies net soos dié van die orrel in die Notre Dame de Paris. Die ou man voer die vergulde poorte van die toormasjien met aaneen-gevoude  bladmusiek vol gaatjies. Hy draai die slinger met sy ander hand. Daar’s ’n  geel steen in sy pinkiering. Ek lieg nie. Hy dra ’n swart beret op sy kop en daar’s ’n swart snor onder die boog van sy neus. Daar’s ook ’n swart poedel by sy voete. Swart is die nuwe swart.

Autumn Passed Through Paris

 

Autumn slipped into Paris yesterday,
came silently down Boulevard St Michel,
In sultry heat, past boughs sullen and still,
and met me on its way.

As I walked on to where the Seine flows by,
little twig songs burned softly in my heart,
smoky, odd, sombre, purple songs. I thought
they sighed that I shall die.

Autumn drew abreast and whispered to me,
Boulevard St Michel that moment shivered.
Rustling, the dusty, playful leaves quivered,
whirled forth along the way.

One moment: summer took no heed: whereon,
laughing, autumn sped away from Paris.
That it was here, I alone bear witness,
under the trees that moan.

Endre Ady

Frank Gehry ontwerp vir Parys ’n nuwe tempel vir die visuele kunste wat die konvensies van wát ’n galery behoort te wees met ’n graad of twee omdop. Hy vertel dat hy die ruimtes as ’n sprokiesagtige seevaartuig visualiseer – ’n seilboot of selfs ’n flotilla wat regatta maak op ‘n dam. Dis ’n ongewone en opwindende struktuur in die Jardin d’Acclimatation wat deel is van die Bois de Boulonge. Die rooi lint is die naweek geknip en dis verseker een van dié fraaiste geboue in Parys.

 Bernard Arnault van LVMH stig die Fondation Louis Vuitton om die kunste in Frankryk ’n hupstootjie te gee. En dis nie sommer jou gewone Kelly Bag nie…dis ’n argitektoniese wonder in volle vaart op die rand van die stad.

Die Jardin d’Acclimatation word in 1860 deur Napoleon 111 en die Keiserin  Eugénie gestig. Dit was ’n gunsteling wegkomplek van Marcel Proust. Oorspronklik ’n dieretuin en ’n eksotiese tuin met plante wat oor die ganse aardbol versamel is. Die plante kon hier akklimatiseer, vandaar die naam. Tussen 1877 en 1922 was dit ’n antropologiese museum waar Parysenaars hulle kon vergaap aan homo exotiques. Ons is bewus van die afgryslike tafereel wat daar afgespeel het. As so iets moontlik is, hoop en bid mens, dat die magiese gedaante van die Fondation LV die dwaalgeeste vertroos en dat die Koloniale letsel-letters sal vervaag.

 

Mamihlapinatapai

Vir Jemmy Button

Ek  het geweet toe jy  kyk

dat die kyk wat jy na my

kyk, die kyk is wat ek na

jou kyk.

             Pussy cat, pussy cat, where have you been?

             I’ve been down to Londen to visit the Queen.

LJvV

Parys krioel van die kultuurkewers. Daar’s Fiac (Foire Internationale d’Art Contemporain), Paris Photo, Europa se grootste fotofees en Paris Tableau, die wêreld se enigste skou van skilderye deur Europese ou Meesters. Na vyf jaar se restourasie en €52 Miljoen verder, open die Picasso museum weer sy statige deure in die Marais. Die 17de-eeuse gebou, Hôtel se Salé, word op die kunstenaar se verjaarsdag, 25 Oktober, gevier. Mens vergeet dat Picasso self lief was om te skryf en gedigte te maak. Hy word aangespoor deur sy boesemvriend, Max Jacob en die legendariese Guillaume Apollinaire. Hy skryf graag sy gedigte op en om sketse en tekeninge.

red nude

you swept the ashes of winter
lit red and nude
drawn naked with smoke
and coal
still glowing
in the shadow of paper flowers
pressed to walls of plaster
and stone

Pablo Picasso

night moves

in a wine glass
sleeves of a sleeveless dress
knotted
around its stem
and a bull’s head sleeping, breathless
tangled
in the scent of pearl and warm flesh
standing on a drumbeat
balanced
by a prism’s deceptive stammer

Pablo Picasso

 

Ons keer terug na die herfs in die Noorde:

As Summer into Autumn slips

As Summer into Autumn slips
And yet we sooner say
“The Summer” than “the Autumn,” lest
We turn the sun away,

And almost count it an Affront
The presence to concede
Of one however lovely, not
The one that we have loved —

So we evade the charge of Years
On one attempting shy
The Circumvention of the Shaft
Of Life’s Declivity

Emily Dickinson

 

Late Autumn In Venice 

(Na Rilke)

The city floats no longer like a bait
To hook the nimble darting summer days.
The glazed and brittle palaces pulsate and radiate
And glitter. Summer’s garden sways,
A heap of marionettes hanging down and dangled,
Leaves tired, torn, turned upside down and strangled:
Until from forest depths, from bony leafless trees
A will wakens: the admiral, lolling long at ease,
Has been commanded, overnight — suddenly –:
In the first dawn, all galleys put to sea!
Waking then in autumn chill, amid the harbor medley,
The fragrance of pitch, pennants aloft, the butt
Of oars, all sails unfurled, the fleet
Awaits the great wind, radiant and deadly.

Delmore Schwartz

Ten slotte, ’n vonk goud  uit die Suide waar dit nie noú herfs is nie.

Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ‘n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd

Boerneef

Bookmark and Share

13 Kommentare op “Louis Jansen van Vuuren. Noord van Oktober”

  1. gisela Ullyatt :

    Sal ek darem maar graag daardie pers parfuum met die krisant- en wierook intonasies wil probeer. Die euro is egter nie te gaaf teenoor die rand nie….pragtige blog, Louis. Het my daarin verlustig.

  2. karin :

    Jy’t my nou weer die pragtige Oscar Wilde brief laat lees. Dankie Louis!

  3. Leon Retief :

    Louis baie dankie. Elke keer wanneer ek Versindaba se werf betree dan hoop ek daar is iets deur jou of Breyten. Interessant wat jy aan die begin noem dat autumnos moontlik van Etruskiese oorsprong is, ek sou nou die dag uitvind dat ater, Latynse word vir swart, moontlik ook van daai taal afkomstig is. Ek kyk tans na die gebruik van swart in kuns en geskiedenis en lees toe dat Shakespeare glo ook eenkeer die word “swart” gebruik het maar ek kon nie uitvind presies waar nie. Jan iemand dalk help asseblief?

  4. Elza Lorenz :

    Gawe blog. Om weer die Boerneef in die Binneoor te hoor…

  5. Louis Jansen van Vuuren :

    Dankie Elza, Karin en Gisela. Ek het selwers onlangs van die Boerneef gedigte weer raak gelees op’n blog.

  6. Louis Jansen van Vuuren :

    Leon. Interessant, jou navorsing oor swart in kuns.
    Hier is ‘n paar Shakespeare verwysings:
    uit Timon of Athens:’ I was black and swart before…’
    The Comedy of Errors: Dromio: ‘swart like my shoe…’
    Titus Andronicus: Tamora:’your swart Cimmerian…’
    Othello: Emilia: ‘ He’s swarth and meagre…’
    Hoop dit help.

  7. Leon Retief :

    Dankie Louis. Ek het geraai dat die word “swart” seker in Othello gebruik is maar sou nie by my selwers die ander kon raai nie. Kyk gerus, as jy belang stel, na “Black History of a color” deur Michel Pastoreau.

  8. Joan Hambidge :

    Louis, ‘n mooi inskrywing! En ‘n antwoord op Van Wyk Louw:

    Vroegherfs

    Die jaar word ryp in wrede ontnugtering
    in woede wat verkil, en bitter idees
    wat daglank deur my nuwe minagting
    uitgespoel word; alle idees word reëls,
    tot selfs die slustes; en die eerste beelde val
    so stilweg in my donker depressiewe drome uit
    sodat die dendriete in my brein al
    teen elke ligte môre ooreis, ópspruit.
    O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan:
    laat alles val wat poësie of stilte verbreek
    of cliché is, en vér was van die pyn:
    laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan,
    vir ewig, tot al my demone afgebreek
    word in relevante, tydgebonde skyn.

    Joan Hambidge

  9. Everline van Dyk :

    Soos altyd was dit weer opwindend om te lees. Ook ek is ‘n Boerneef-aanhanger. Sy verse is vir my so eietyds – dit verstom my gereeld.

  10. Louis Jansen van Vuuren :

    Dankie Joan, Vroegherfs verbeeld ‘n treffende ontblaring – ook die aweregse de profundis-hoek.

  11. Riana :

    Wat ‘n ryk en geskakeerde leeservaring. Dankie!
    Serge Lutens … mmm. My geur is Ambre d’Sultan

  12. Baie dankie Louis vir die herfsste brandendrooi herfssonate – wat n genot!
    Hoogtepunte vir my: Frank Gehry se sprokieskip, die Picasso-gedigte en die
    goue vonk uit die Suide (laasgenoemde n lewensdraad as mens in die groue
    Noorde sit).

  13. Baie, baie dankie Louis vir die herfsste, brandendrooiste herfssonate – wat n genot! Hoogtepunte vir my: Frank Gehry se sprokieskip, Picasso se gedigte
    en die goue vonk uit die Suide (laasgenoemde n lewensdraad as n mens in die groue Noorde sit)!