Karen Kuhn. In ‘n Balkan Bootjie

 

 

 

 

 Kriaritsi Griekeland

 

In ’n Balkan bootjie

 

op die bodem

soos op die aarde se paradys

deur vergrootglase

in ’n bootjie

met ’n djembe

vlamme vere

’n bankie en

roeispane

vir twee

in ’n bootjie

kyk jy vir die maan en

ek vir jou

stil

en vloei

deur ’n kaleidoskoop

op die oppervlak

so ook op die water se hemele

 

 

 

 

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Karen Kuhn. In ‘n Balkan Bootjie”

  1. Willem :

    Stunning Karen!