Gisela Ullyatt. Tussen kontinente

tussen kontinente

vir André P. Brink en Karina Szczurek

 

regoor Brazzaville

verlaat jy haar:

sneeu en ys

nooit haar lobola nie

 

in die land

van Rokoko gerubyne,

goue operasale

en Anna Netrebko,

reis julle

deur ligte landskappe –

 

tien jaar later,

oor ’n donkermaan-

kontinent

 

maar met daardie

eerste kyk

in haar donker oë

het jy tóé

haar

lankal reeds verlaat

en geweet:

 

die bidsprinkaan

wag op jou.

 

© Gisela Ullyatt

Bookmark and Share

Comments are closed.