Jo Prins. vallers

vallers

ons
is grasieuse
tuimelaars,
vallers
met styl –
die truuk is
om nie die aarde
heeltemal
te mis nie

om
met genoeg
spoed
hoogte te kry,
met spanning
en gepunte tone
te kurkdraai,
en dan te land
asof niks gebeur het nie

 

© Jo Prins / 2015

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Jo Prins. vallers”

  1. Anthony Wilson :

    Kwaai!

  2. Hendrik van Blerk :

    Dankie Jo, ek hou baie van jou gedig, veral die toon wat lig is asof daar niks gebeur nie.