Karen Kuhn. In Łazarz

 

Oorgrens

 

In pole,

want dis jy

of

alles anders

soos alles

in jou

niks anders

as

in alles

is jy ingekleur

in Pole.

 

Łazarz (Lazarus in Pools) is ’n woonbuurt hier in Poznań, Pole. In die sestiende eeu gevestig, dien die Heilige Lazarus as beskermheer van ’n hospitaal, in 1571 opgerig.

Kamers hier het deure na ander kamers, soveel deure, nes sy. Die hele woonstel swaai liggies soos op ’n boot, as ’n ambulans of  Bus 64 Literacka vinnig voor verby vloei, deur die paadjies en are, elk vernoem na ’n Poolse kunstenaar.

Jan Matejko (Mateyko), een van Pole se bekendste skilders is op 24 Junie 1838 gebore. Skilderye bekend vir die weergee van noemenswaardige historiese Poolse politieke en militêre gebeurtenisse. Hy word reeds met sy dood (1893) as kultusfiguur vir die Poolse nasie beskou en het daarin geslaag om die wêreld aan Pole in ’n tyd waar die nasie verdeeld was, sonder enige onafhanklike politiese verteenwoordiging, te herinner.

Matejko voltooi die skildery; Stańczyk op 24-jarige ouderdom in 1862. Stańczyk was die mees bekende hofnar in die Poolse geskiedenis, in diens van drie Poolse Konings: Alexander, Sigismund (the Old) en Sigismund Augustus.

Stańczyk was meer as ’n vermaaklikheidskunstenaar, hy was as ’n man van intelligensie en as ’n politiese filosoof gesien met ’n formidabele insig van Pole in daardie tye. ’n Populêre historiese figuur in Poolse letterkunde na die verdelings in 1795, ’n simbool van die Poolse kollektiewe onbewuste.

In die skildery word die hofnar uitgebeeld as die enigste persoon by die koninklike bal, bewus van die nuus dat die Russe Smolenks (1514) oorgeneem het.

Matejko het sy eie gesig vir Stańczyk gebruik en het ’n reeks skilderye wat die Poolse geskiedenis deur die figuur van Stańczyk analiseer en weergee, voltooi.

Van 1873 tot en met sy dood is hy hoof van die Krakau (Kraków) Skool vir Beeldende Kunste. Matejko se studente vorm deel van die voorste kunstenaars in Poolse modernisme, onder andere; Stanisław Wyspiański.

Selfportret, 1894

Die Poolse dramaturg, digter en skilder is op 15 Januarie 1869 in Krakau gebore.  Sy ma sterf op ’n vroeë ouderdom en weens sy pa se worsteling met drank word die jong Wyspiański deur sy oom en tannie aangeneem. Die Stankiewicz familie het aan die bourgeois intellektuele klas behoort. Dit is hier waar Matejko sy talent raaksien en hom vra om deel te wees van die skepping van die polichroom binne die Mariacki kerk. In 1900 trou Wyspiański met Teodora Pytko en in dieselfde jaar woon hy ’n troue van sy vriend; Lucjan Rydel in die klein dorpie Bronowice by. Die troue dien as inspirasie vir sy bekroonde drama; Wesele (Die Troue). ’n Kritiese, tog sarkastiese voorstelling van die Poolse samelewing in die 19e eeu. Hierdie drama transformeer Wyspiański van ’n matige suksesvolle visuele kunstenaar, geassosieerd met die Jong Poolse beweging, na ’n internasionale visioenêre dramaturg. By uitstek een van Pole se grootste kunstenaars.

 

Stanisław Wyspiański

 

Let Nobody Weep Over My Grave

Let nobody weep over my grave

except my wife.

Your dogged tears I easily waive

and your feigned grief.

 

Let neither a bell croak over my pall

nor someone sing with a shriek;

but the rain may sob at my funeral

and the wind creak.

 

Whoever wants to, may throw handfuls of earth

until I’m choked by the mound.

The sun will shine at its fine new birth and

burn away my wound.

 

And then, perhaps, once more, maybe,

bored with lying down,

I’ll break that house enclosing me

and run to the sun.

 

And when you see me in my flight

a bright figure up there,

call me back if you like my light

in the language I knew down here.

 

Maybe I’ll hear it there above,

passing a star’s brow ;

and maybe I’ll take on again, for love,

this task which is killing me now.

Een van Park Wilsona se ingange is by dié kruising van ulica Jana Matejki en ulica Stanisława Wyspiańsko. As die son skyn, tan almal sommer net daar, somer, op die gras, en ek wonder dan of sy al ’n leeu haar kop sien optel en haar die son van haar lippe sien aflek soos ek ’n swaeltjie in strale deur takke soek, in Łazarz.

 

Oor sweef

 

Kidege,

kom uit die skadu’s

trek oop

check-uit

in tyd

met son

sodra vlerke mekaar

soen en groet

vou jou nes

oop sodra son

strale deur vere

ryg en trek vou

jou nes oop

met son

in tyd

groet en soen

met ’n smile

nog kan huil

tussen pole

sweef

met tyd

in jou

om vlam te vat,

Kidege.

 

Bibliografie: [Nageslaan: 10 April 2015]

 

http://allpoetry.com/Let-Nobody-Weep-Over-My-Grave

 

http://culture.pl/en/artist/jan-matejko

 

http://culture.pl/en/artist/stanislaw-wyspianski

 

http://culture.pl/pl/tworca/stanislaw-wyspianski

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Rudawa_(river)

 

https://en.wikipedia.org/wiki/Stanisław_Wyspiański#/media/File:Wyspiański_Self-portrait_1894.jpg

 

http://www.anju.co.uk/anjuarts/baltic-images.htm

 

http://www.jan-matejko.org/biography.html

 

http://www.jan-matejko.org/Stanczyk-large.html

 

Bookmark and Share

Comments are closed.