Leon Retief. Die Lewe, Dood en Onsterflikheid van Henrietta Lacks

Henrietta Lacks 

.

Die Lewe, Dood en Onsterflikheid van Henrietta Lacks

 

Ready for Harvest (in memory of Henrietta Lacks)

Shonna

This is not about you.
This is not about
the transmutation
of your jail celled mind
wrapped in self-help
and cellophane.

This is not about
your new found
discovery
discovering me
and my afflictions
according to the
white man’s diction
a dictation
of my past
extracted
and examined
under the microscopic
power of time.

This is not about
your self-defined
enlightenment
when you made
a deal to unearth
the truth of HeLa
coated in dust
covered particles
of HeLa
on your nightstand
and I laid
in a grave
unmarked.

This is not about
my big lips
and thick hips
under dirty covers
running a sweat
fever on my thighs
shaking feet in stirrups
and the pain was rich
after a tight pinch
and I didn’t know
what part of me
had been snipped
to grow cold
and never die.

No, this is not about you.

This is about me.
A historic legacy
left to thrive across the time
less chains of nucleic
tidal waves
Covalent bonds
could never rival
the strides of this soul
miles beyond
the distant
COLORED ENTRANCE
something brewing
inside dividing
inexplicable replication,
readying for harvest
behind a dried tobacco field

Dit is interessant hoe skynbaar nuttelose stukkies informasie vir jare in mens se agterkop kan wegkruip, elke nou en dan uitspring en sê hei, hier is ek, onthou jy my nog? En (vingers al trommelende op die tafel) wanneer gaan jy iets daaromtrent doen?

In die module oor ginekologiese maligniteite tydens my voorgraadse studies, meer jare gelede as wat ek graag sal wil hê, het die dosent tydens ‘n lesing oor servikskarsinoom so half terloops melding gemaak van HeLaselle. Hierdie selle is gekweek van ‘n tumorbiopsie van Henrietta Lacks – die dosent het haar naam verkeerdelik aan ons verstrek as Helena Lacks wat in retrospek nie verbasend is nie want vir ‘n lang tyd was daar verwarring oor Henrietta se regte naam en van. Ons is ook vertel dat daar wêreldwyd soveel kulture van HeLaselle bestaan dat die gewig daarvan etlike tonne beloop. Hmmm, het ek gedink, dit klink interessant, ek moet beslis meer hieroor uitvind.

Al die gewone daaglikse dinge van studeer, werk, familie, ander belangstellings en (met wisselende sukses) probeer om mens te wees, het egter veroorsaak dat dit vir jare en jare slegs ‘n voorneme gebly het totdat ek ‘n paar maande gelede uiteindelik my gat in rat gekry het (moenie my vra waarom juis nou nie, ek weet self nie) en begin het om literatuur oor Helena Lacks en haar selle te versamel. So kom ek toe onverwags af op ‘n fassinerende en eintlik aangrypende verhaal van lief en leed, toeval, wetenskaplike prestasie, verwarring, onkunde, rassediskriminasie, etiese mynvelde, obsessie en mediese paternalisme. Mens kan die verhaal van Henrietta en haar selle uit twee hoeke beskou: eerstens as ‘n toonbeeld van die bekoorlikheid van wat die wetenskap kan vermag en die insigte wat dit ons gee en tweedens hoe pasiënte, en veral swart pasiënte (nie net in die VSA van die vyftigerjare nie, maar ook vandag nog, wêreldwyd) te dikwels verdwyn in die kil labirint van ‘n onpersoonlike mediese masjien.

 *

Henrietta Lacks was ‘n swart Amerikaanse vrou, gebore as Loretta Pleasant, op 1 Augustus 1920 in Roanoke, Virginia. Dis nie bekend waarom of wanneer haar voornaam na Henrietta verander het nie. Volgens alles wat ek oor haar kon uitvind was sy ‘n baie aangename, opgewekte, mensliewende en hardwerkende persoon wat haar bes gedoen het om die nou en reguit paadjie te bewandel en alles feil gehad het vir haar familie en kinders, veral vir haar verstandelike gestremde dogter Elsie. Dieselfde kan nie van al haar familielede, insluitende haar kinders, gesê word nie. Gegewe die sosio-ekonomiese omstandighede waaronder die Pleasants en Lackse moes leef moet hierdie nie as ‘n vingerwysing beskou word nie. There but for the grace of God…

 For My People

Margaret Walker

For my people everywhere singing their slave songs

repeatedly: their dirges and their ditties and their blues

and jubilees, praying their prayers nightly to an

unknown god, bending their knees humbly to an

unseen power;

For my people lending their strength to the years, to the

gone years and the now years and the maybe years,

washing ironing cooking scrubbing sewing mending

hoeing plowing digging planting pruning patching

dragging along never gaining never reaping never

knowing and never understanding;

For my playmates in the clay and dust and sand of Alabama

backyards playing baptizing and preaching and doctor

and jail and soldier and school and mama and cooking

and playhouse and concert and store and hair and

Miss Choomby and company;

For the cramped bewildered years we went to school to learn

to know the reasons why and the answers to and the

people who and the places where and the days when, in

memory of the bitter hours when we discovered we

were black and poor and small and different and nobody

cared and nobody wondered and nobody understood;

For the boys and girls who grew in spite of these things to

be man and woman, to laugh and dance and sing and

play and drink their wine and religion and success, to

marry their playmates and bear children and then die

of consumption and anemia and lynching;

For my people thronging 47th Street in Chicago and Lenox

Avenue in New York and Rampart Street in New

Orleans, lost disinherited dispossessed and happy

people filling the cabarets and taverns and other

people’s pockets and needing bread and shoes and milk and

land and money and something—something all our own;

For my people walking blindly spreading joy, losing time

being lazy, sleeping when hungry, shouting when

burdened, drinking when hopeless, tied, and shackled

and tangled among ourselves by the unseen creatures

who tower over us omnisciently and laugh;

For my people blundering and groping and floundering in

the dark of churches and schools and clubs

and societies, associations and councils and committees and

conventions, distressed and disturbed and deceived and

devoured by money-hungry glory-craving leeches,

preyed on by facile force of state and fad and novelty, by

false prophet and holy believer;

For my people standing staring trying to fashion a better way

from confusion, from hypocrisy and misunderstanding,

trying to fashion a world that will hold all the people,

all the faces, all the adams and eves and their countless generations;

Let a new earth rise. Let another world be born. Let a

bloody peace be written in the sky. Let a second

generation full of courage issue forth; let a people

loving freedom come to growth. Let a beauty full of

healing and a strength of final clenching be the pulsing

in our spirits and our blood. Let the martial songs

be written, let the dirges disappear. Let a race of men now

rise and take control.

Henrietta se ma is oorlede tydens die geboorte van haar tiende kind. Haar pa het nie kans gesien om vir al die kinders te sorg nie en Henrietta het by haar oupa groot geword waar sy ‘n slaapkamer gedeel het met haar neef David “Day” Lacks. In 1935, op veertienjarige ouderdom, het sy geboorte geskenk aan haar eerste kind. Haar dogter Elsie het in 1939 gevolg en in 1941 het sy met Day in die huwelik getree. Henrietta en Day was eers arbeiders op ‘n tabakplaas maar kort na hul huwelik het hulle verhuis na Sparrow’s Point waar Day in ‘n staalfabriek gaan werk het.

Henrietta het slegs graad ses of sewe voltooi en Day net graad drie. Hul kinders het nie juis veel beter gevaar nie. Gesien die rassesituasie in die destydse VSA en die skole wat swart Amerikaners kon bywoon was die opleiding wat hulle wel gehad het na alle waarskynlikheid nie naastenby gelykstaande aan dié van wit Amerikaanse kinders nie. Ek was verstom om uit te vind dat die Lacks-familie nie eers geweet het dat lewende organismes, insluitende mense en dus ook hul ma, uit selle bestaan nie. Hierdie eenvoudige stukkie kennis was vir my vanselfsprekend – ek het gedink almal wat maar net ‘n jaar of twee skoolgegaan het weet dit. Wys jou net hoe onkundig mens kan wees oor ander mense se situasies. Soos een skryfster opgemerk het, die enigste selle waarvan die Lackse wel geweet het was dié wat in polisiestasies en tronke gevind word – miskien verstaanbaar as mens in ag neem dat een van Henrietta se kinders jarelange tronkstraf uitgedien het nadat hy skuldig bevind is aan moord.

Volgens hedendaagse kriteria was Henrietta dus ‘n eenvoudige persoon – eenvoudig in die sin dat sy min skoolopleiding gehad het, min geweet het van politiek, die wetenskappe, letterkunde, kuns of byna enigiets anders. Hierdie “eenvoudige” vrou het egter, deur bloot te leef en te sterf, ‘n enorme bydrae gelewer tot die mediese en biologiese wetenskappe. Sy het haar dood tegemoet gegaan sonder om eers hiervan te weet – ‘n onmerkwaardige en waarskynlik onplesierige lewe gevolg deur ‘n ewe onmerkwaardige maar nogtans onaangename en baie pynlike dood, en daarna ‘n “lewe” wat niemand ooit sou kon voorspel nie.

Henrietta was vir ‘n geruime tyd bewus van ‘n knop in haar binneste – ‘n “knot” soos sy dit genoem het. Sy het egter niks daaromtrent gedoen nie en later swanger geword met haar vyfde kind Joseph. In Januarie 1951, toe die baba sowat vier maande oud was het sy vaginale bloeding opgemerk en ‘n dokter gespreek. Ginekologiese ondersoek het ‘n servikale letsel getoon en die dokter het sifilis vermoed. Dit was heel verstaanbaar want Henrietta is reeds voorheen gediagnoseer met sowel sifilis as gonorree waarvoor sy behandeling geweier het. Hierdie siektes was die gevolg van haar man se buite-egtelike eskapades. Die vermoede dat die letsels sifilities van aard was is na my mening heeltemal redelik gegewe Henrietta se geskiedenis en die feit dat sifilis, soos tuberkulose, bekend is as die groot nabootser – dit kan soos feitlik enige siekte op aarde presenteer. Die biopsie wat tydens daardie besoek geneem is was egter negatief vir sifilis en sy is verwys na die naaste groot hospitaal, Johns Hopkins in Baltimore, wat destyds (soos steeds) een van die toonaangewende hospitale in die VSA was met betrekking tot navorsing en terapie. Anders as sommige hospitale van daardie tyd het Johns Hopkins swart pasiënte behandel maar in aparte sale wat spesiaal vir hulle opsy gesit is.

Johns Hopkins hospitaal soos dit vandag daar uitsien

‘n Biopsie van die tumor is daar geneem en Henrietta is huis toe gestuur in afwagting op die patoloog se verslag wat sowat `n week later gevolg het: epidermoïede karsinoom van die serviks, stadium 1. Interessant genoeg was hierdie diagnose verkeerd, dekades later is Henrietta se histologiese snitte weer ondersoek en is daar vasgestel dat sy in werklikheid adenokarsinoom van die serviks gehad het. Dit was `n verstaanbare fout want in daardie jare was dit nie so maklik om tussen hierdie twee tipes maligniteite te onderskei nie. Dit het ook geen verskil gemaak aan Henrietta se behandeling of prognose nie. Sy is gevra om terug te keer vir behandeling wat aanvanklik daaruit bestaan het dat klein plakette radium oor die tumor vasgewerk is. Voordat dit gedoen is het die chirurg eers twee biopsies van Henrietta se serviks geneem, een van gesonde weefsel en een van die tumor, en dit gestuur na die laboratorium van dr. George Gey in die kelder van die hospitaal.

Histologiese preparaat van servikale adenokarsinoom

 

Alhoewel Henrietta die destydse standaard vorm geteken het om toestemming te gee vir die chirurgiese prosedure is daar geen melding gemaak dat biopsies geneem sou word vir navorsingsdoeleindes nie. Dit was destyds algemene praktyk om pasiënte nie met sulke ou beuselagtigheidjies lastig te val nie.

Die vermoë om standhoudende menslike selle te kweek het wetenskaplikes al vir jare ontwyk. Hul spesifieke begeerte was om kulture van enkel seltipes te vestig want hulle het besef dat dit ‘n haas onuitputlike bron van informasie sou wees oor genetika en selfisiologie asook ‘n uitstekende manier om basiese navorsing oor kanker te doen. Een rede vir die gebrek aan sukses was omdat verreweg die meeste seltipes slegs ‘n sekere aantal seldelings, meestal tussen 20 en 50, in ‘n kultuur kon ondergaan voordat dit doodgaan – die sogenaamde Hayflick limiet. Indien daarin geslaag kon word om enkel seltipes vir lang periodes te laat oorleef was die moontlikhede vir mediese en suiwer biologiese navorsing dus byna onbeperk. Hoe meer kompleks die organisme hoe moeiliker was dit om so ‘n kultuur te vestig. Die eerste oorlewende enkel sellyn (L929) is in 1943 deur Wilton Earle gekweek van ‘n sel verkry vanaf een of ander knaagdier, waarskynlik ‘n rot of muis, ek kon ongelukkig nie vasstel nie. Die werklike baanbrekerswerk is egter deur George Gey gedoen.

Toe Henrietta die dag by Johns Hopkins se afdeling vir gekleurde pasiënte instap was George Gey en sy eggenote Margaret, wat hom bygestaan het, al vir byna dertig jaar besig met navorsing oor selbiologie en onder andere aan die eksperimenteer om ‘n standhoudende, oftewel dan onsterflike, selkultuur te ontwikkel. Sy uitgebreide navorsing oor die regte voedingsmedium en omgewing waarin sulke selle kan groei het op die lang duur sy sukses verseker.

George Gey

Van die twee biopsies wat Gey ontvang het, het die een wat van die gesonde deel van Henrietta se serviks afkomstig was gou tot niet gegaan maar die selle wat van die tumor verkry is het onmiddelik teen ‘n verstommende tempo begin verdeel, weer verdeel en weereens verdeel, sodanig so dat Gey binne ‘n kort tyd ‘n groot aantal kulture tot sy beskikking gehad het. Hierdie kulture, moet ek byvoeg, was nie van ‘n enkel sellyn nie maar het bestaan uit epiteelselle, fibroblaste, maligne selle en dies meer maar nogtans, dit was ‘n begin. Sy ideaal was verwesenlik: hy het daarin geslaag om ‘n onsterflike menslike selkultuur tot stand te bring – nie ‘n kultuur van ‘n knaagdiersel soos L929 nie, maar van ‘n mens. Die selkultuur is HeLa genoem na die eerste letters van Henrietta se naam en van. Ek wens ek kon teenwoordig gewees het toe George en Margaret Gey besef het dat hul kultuur bly leef en vermenigvuldig. Trouens, ek wens ek kon hulle ontmoet het.

Gey was ‘n interessante, monomaniese persoon wat geleef het vir navorsing. Sy grootste begeerte – waarskynlik sy enigste begeerte en eintlik ‘n obsessie – was om ‘n kuur vir kanker te vind, ‘n obsessie gedryf deur die pynlike en onuitwisbare indruk wat die lyding van terminaal siek kankerpasiënte wat hy as jong man gedurende die 1920’s gesien het op hom gelaat het – ‘n indruk en herinnering wat hom sy hele lewe vergesel het. Omdat fondse vir navorsing beperk was het hy so baie van sy salaris bestee om instrumente aan te koop asook onderdele waarmee hy self apparate gebou het dat hy en die ongetwyfeld baie geduldige Margaret (die woord “long-suffering” kom in mens se gedagte op) ‘n armoedige lewenstyl moes handhaaf.  Mens kon hom meermale kort na sonop in skrootwerwe vind waar hy voordat die dag se werk begin het aan die snuffel was vir afvalmateriaal (waarvoor hy uit sy eie sak betaal het) en wat hy dan in sy rammelkas van ‘n kar, al wat hy kon bekostig, na Johns Hopkins vervoer het om daar te sweis, saag, buig en timmer om apparate te bou. Een van sy meer interessante maaksels was ‘n kombinasie mikroskoop en rolprentkamera waarmee hy en een van sy nagraadse studente aspekte van die interne werking van selle wou bestudeer. Dit was ‘n monsteragtige gedoente, sowat vier meter by vier meter wat nie in sy laboratorium sou pas nie aangesien die plafon te laag was. Maar nou ja, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en Gey het doodeenvoudig ‘n gat in sy kelder-laboratorium se vloer gekap om sy apparaat te huisves.

Gey sou as miljoenêr gesterf het as hy patente uitgeneem het op uitvindings wat hy gemaak het en apparate wat hy gebou het maar hy het geweier om dit te doen en nóg hy nóg Johns Hopkins het profyt gemaak uit HeLaselle alhoewel heelwat ander mense fortuine daaruit verdien het. Anders as baie navorsers het hy geen begeerte vir roem of selfs eers bekendheid gehad nie en self baie min oor sy navorsing in akademiese joernale gepubliseer. Sy verskoning was dat sy werk hom te besig gehou het. Margaret en van sy nagraadse studente het trouens baie van sy resultate opgeskryf en onder sy naam publiseer. Gey se houding was min of meer: as julle wil weet wat ek doen en hoe ek dit doen, kom besoek my laboratorium en kom kyk self. Nuus oor die ontdekking en potensiaal van HeLaselle het egter vinnig versprei en Gey is deur talle wetenskaplikes besoek wat monsters van die selle na hul eie laboratoriums geneem het – Gey het die selle vrylik uitgedeel aan enigiemand wat dit wou hê en dit het nie lank geneem voordat honderde en later duisende laboratoriums wêreldwyd kulture van HeLaselle besit het nie.

HeLaselle onder die elektronmikroskoop

 

George Gey is op sewentigjarige ouderdom gediagnoseer met pankreaskarsinoom, een van die dodelikste maligniteite wat bestaan. Chirurgie het getoon dat die tumor nie resekteerbaar was nie. Voor die operasie het hy gevra dat monsters van sy tumor geneem moet word sodat daar gepoog kon word om van sy tumor ‘n ewe onsterflike selkultuur te kweek. Daar is nie aan sy versoek voldoen nie en hy was skynbaar dik die donner in toe hy dit na die tyd verneem. Daarna het hy hom vrywillig onderwerp aan eksperimentele chemoterapie met middels wat nog nie voorheen op mense gebruik is nie maar hy is kort daarna oorlede. Wetenskaplike tot op die laaste…

Gey is nog tydens sy leeftyd deur baie mense verkwalik omdat hy nie Henrietta se toestemming gevra het om haar selle te kweek nie. Dit is ‘n geldige beswaar maar ek dink dat wanneer mens deur die retrospektoskoop daarna kyk moet mens, so dink ek, ook in ag neem dat die begrip van ingeligte toestemming destyds skaars bestaan het. Soos byna alle menslike aktiwiteite is medisyne ook maar ‘n produk van die tyd en samelewing waarin dit funksioneer.

Die latere kontroversie rondom HeLaselle het heelwat bygedra om nuwe begrippe in mediese etiek te vestig maar ek gaan nie daaraan aandag gee nie. Volgens sommige mense het Gey nooit eers met Henrietta gepraat nie, maar Gey self het dit ontken en vertel dat hy, toe Henrietta al naastenby op sterwe gelê het, haar meegedeel het dat hy ‘n deurbraak gemaak het deur haar selle te kweek en dat sy wat Henrietta is op daardie manier ‘n onskatbare bydrae tot mediese navorsing gaan lewer. Skynbaar was niemand anders teenwoordig nie en Henrietta het sy mededeling nooit aan haar familie oorgedra nie. Dit mag natuurlik wees dat sy op daardie stadium te siek was om Gey se mededeling te onthou of oor te dra en/of dat haar familie, indien sy dit wel aan hulle vertel het, dit glad nie begryp het nie – per slot van rekening het hulle soveel van biologie en medisyne geweet soos die gemiddelde politikus van etiek. Ek is nogal geneig om Gey se weergawe te glo want alles wat ek oor hom kon uitvind dui daarop dat hy met sy obsessie en al ‘n opregte en eerlike persoon was.

Die radiumplakette is later verwyder en ondersoek het getoon dat die servikale tumor verdwyn het. Henrietta moes wel terugkeer na Johns Hopkins vir ‘n reeks eksterne bestralings soos vereis deur die behandelingsprotokol. Die dokters was optimisties en het na ‘n tyd gevoel dat sy genees was – kliniese ondersoeke kon geen verdagte knoppe of letsels opspoor nie.

Naby die einde van die reeks bestralings wou Henrietta by die dokter weet wanneer sy nou gesond genoeg sal wees om nog ‘n kind die wêreld in te bring. Toe sy verneem dat die bestralings haar infertiel gemaak het was sy baie ontsteld en volgens ‘n nota in haar kliniese legger het sy verklaar dat as sy dit geweet het sou sy nooit ingestem het tot behandeling nie. Sy was ten volle bewus van die feit dat sy kanker gehad het en wat die implikasies van hierdie siekte was. Mens moet wonder of die onvermoë om nog ‘n kind te kry vir haar swaarder geweeg het as haar eie lewe en ook wat sy gedink het die dokters aan haar doen.

Drr. Jones en TeLinde, die ginekoloë wat verantwoordelik was vir haar behandeling, het dit egter herhaaldelik in sowel lesings as akademiese publikasies gestel dat pasiënte wat gevaar loop om infertiel te word as gevolg van terapie altyd daaromtrent ingelig moet word. Dit is natuurlik moontlik dat daar ‘n glips kon gewees het en dat Henrietta inderdaad nie ingelig is nie, maar dis ewe moontlik dat hierdie maar net nog ‘n voorbeeld is van ‘n misverstand tussen Henrietta en haar dokters. Nog misverstande tussen die mediese gemeenskap en Henrietta se familie sou volg.

Ten spyte van die dokters se optimisme het Henrietta se toestand agteruitgegaan alhoewel daar tydens die opvolgondersoeke geen kliniese bewyse van tumore gevind kon word nie. Mens moet in ag neem dat dit voor die tyd van rekenaargerigte skanderings of ultraklank ondersoeke was wat ongetwyfeld sou getoon het dat die tumor aan die versprei is. Sy het toenemende moegheid en al hoe meer pyn ondervind, is tot die hospitaal toegelaat maar het kort daarna, na ‘n periode van intense lyding, gesterf. Haar familie wou aanvanklik nie toestemming gee vir ‘n nadoodse ondersoek nie maar het ingewillig toe die dokters hulle meedeel dat die resultate van die ondersoek dalk eendag vir Henrietta se kinders mag help. Daar is niks aan hulle gesê oor die selkulture wat verkry is nie.

Die nadoodse ondersoek het getoon dat die gewas feitlik elke orgaan van haar liggaam infiltreer het en ook dat dit baie vinnig gebeur het – ooglopend was die tumor besonder aggressief. Die oorsaak van dood is aangegee as uremie, die gevolg van nierversaking wat die lewens eis van meeste pasiënte wat aan servikskarsinoom sterf.

THEIR BODIES

David Wagoner

To the students of anatomy at Indiana University

 

That gaunt old man came first, his hair as white

As your scoured tables. Maybe you’ll recollect him

By the scars of the steelmill burns on the back of his hands,

On the nape of his neck, on his arms and his sinewy legs,

And by the enduring innocence

Of her face, as open to all of you in death

As it would have been in life: she would memorize

Your names and ages and pastimes and hometowns

If she could, but she can’t now, so remember her.

They believed in doctors, listened to their advice,

And followed it faithfully. You should treat them

One last time as they would have treated you.

They had been kind to others all their lives

And believed in being useful. Remember somewhere

Their son is trying hard to believe you’ll learn

As much as possible from them, as he did,

And will do your best to learn politely and truly.

They gave away the gift of those useful bodies

Against his wish. (They had their own ways

Of doing everything, as always.) If you’re not certain

Which ones are theirs, be gentle to everybody.

Dit was onvermydelik dat die opspraakwekkende navorsing wat Gey en daardie kollegas aan wie hy van sy kulture uitgedeel het groot opslae in wetenskaplike kringe sou maak en daarna was dit net ‘n kwessie van tyd voordat dit die populêre media bereik. Almal was gaande – ‘n onsterflike selkultuur wat gebruik word vir navorsing oor kanker! Die einde van die Groot K is in sig! (Was dit maar so…) Talle koerante het berigte geplaas maar die Minneapolis Star was die eerste wat die naam genoem het van die geheimsinnige vrou van wie die selle verkry is – maar hulle het haar naam verkeerdelik gegee as Henrietta Lakes. Dit is nie bekend wie hierdie naam aan die pers verskaf het nie, nie Gey of enige van sy nabye medewerkers was daarvoor verantwoordelik nie. Gey is ‘n paar keer deur joernaliste genader vir onderhoude maar hy het telkens geweier om Henrietta se naam aan hulle te verskaf. ‘n Artikel in Collier’s het haar naam gegee as Helen L, ander publikasies het haar Helen Lane of Helena Larson genoem. Daar word spekuleer dat Gey verantwoordelik was vir hierdie verwarring omdat hy die privaatheid van Henrietta en haar familie wou beskerm. Moontlik was dit die geval maar die gevolg was dat Henrietta se familie, indien hulle hoegenaamd geweet het van Helaselle (wat na my mening onwaarskynlik is), onbewus was van waar hierdie selle verkry is.

Gey het besef dat standaardisering van selkulture nodig is en het ook op hierdie gebied baanbrekerswerk gedoen. Daar is geslaag om HeLaselle te kloon – die eerste keer dat so iets met enige sel gedoen is. Die biopsie van Henrietta se tumor het uit verskeie seltipes bestaan soos ek genoem het. Hierdie tipes is van mekaar geskei en elke seltipe is apart gekweek. Dit het wetenskaplikes in staat gestel om meer noukeurige waarnemings en eksperimente uit te voer.

In die vroeë 1950’s het een van die grootste polio-epidemies in die geskiedenis uitgebreek. Jonas Salk het begin werk aan die ontwikkeling van ‘n polio-entstof en twee miljoen kinders is daarmee immuniseer. Daar moes egter vasgestel word of hierdie entstof in alle kinders effektief was sodat die entstof verder verfyn kon word. Dit het behels dat serum van hierdie kinders aan aapselle blootgestel is. As die entstof effektief was sou die selle niks oorkom nie, so nie sou die aapselle doodgaan. Die probleem was egter dat dit ‘n langdradige en baie duur proses was. Die National Foundation for Infantile Paralysis het die navorsing geborg, vermoed dat selkulture die antwoord mag wees en Gey genader om HeLaselle aan hulle te verskaf. Daar is vasgestel dat Helaselle inderdaad baie vatbaar was vir hierdie virus en dit het verdere ontwikkeling van die entstof versnel en ook goedkoper gemaak.

Groot hoeveelhede selle is natuurlik benodig vir hierdie en ander navorsing en ‘n spesiale eenheid is by Tuskegee universiteit – ‘n meestal swart universiteit – tot stand gebring waar swart navorsers en laboratoriumwerkers ‘n leeue-aandeel gehad het in die kweking, verspreiding van en ook navorsing oor hierdie selle. Die wêreldwye aanvraag was egter so groot dat Tuskegee nie kon byhou nie en ‘n maatskappy genaamd Microbiological Associates het die gaping gesien – hulle het besef dat navorsers nie die tyd het om self selle te kweek nie en dat die mark vir hulle wag. Hulle het ‘n enorme industriële aanleg opgerig waar HeLaselle teen ‘n tempo van triljoene per dag gekweek en verkoop is en ewe enorme hoeveelhede geld gemaak.

Hierdie selle is deur navorsers gebruik om baie van die geheime van selbiologie te ontrafel – byna te veel om te noem, aspekte van virologie, chromosome en chromosomale afwykings, kanker, selbiochemie – noem dit en HeLaselle het ‘n bydrae gelewer. Nobelpryse in medisyne en fisiologie is toegeken aan navorsers wat HeLaselle gebruik het: aan die viroloog Harald zur Hausen wat die verband tussen menslike papilloom virus en servikskarsinoom ontrafel het en aan Elizabeth Blackburn, Carol Greider en Jack Szostak vir hul navorsing oor telomere en telomerase.

Bobette Cooper het getrou met Henrietta se seun Lawrence. ‘n Vriendin van Bobette se swaer het by die National Cancer Institute in Baltimore gewerk en eendag in 1973, tydens ‘n besoek aan haar vriendin waar die swaer ook teenwoordig is vra die swaer aan Bobette wat haar van is. Lacks, antwoord Bobette. Die swaer het HeLa selle in sy navorsing gebruik en dit het nie lank geneem voordat hy en Bobette die verband tussen HeLaselle en die Lacks-familie besef het nie.

Bobette, sowel as die res van die Lacks familie, het geweet van die sifilis eksperimente by Tuskegee en hierdie nuus, sowel as die feit dat hulle nooit meegedeel is oor die gebruik van HeLaselle nie, het hulle heel verstaanbaar geweldig ontstel. Hulle was onder die indruk dat Henrietta, of ten minste ‘n deel van haar, iewers in Johns Hopkins lewend was en glad nie geweet wat om te dink nie. Eweneens was hulle onder die indruk dat normale selle van Henrietta op een of ander wyse, onbekend aan hulle, daar bestaan en nie geweet dat dit slegs die maligne selle is nie.

Lawrence het die hospitaal geskakel maar omdat hy glad nie geweet het hoe om sy navraag te verwoord nie was die telefoniste onder die indruk dat hy wou uitvra oor ‘n pasiënt wat op daardie tydstip in die hospitaal was. Hy kon dus geen antwoord kry nie en dit daar gelaat – ontsteld en die moer in, onder die indruk dat Johns Hopkins vir hulle probeer wegsteek watter aaklige eksperimente op ‘n lewende Henrietta gedoen word. Op hierdie stadium het die toeval weereens ingegryp.

Soos met alle menslike aktiwiteite is daar natuurlik die wet van onbedoelde gevolge (wat my altyd baie amuseer) en HeLaselle was geen uitsondering nie. Selle is baie klein goetertjies, dit sal ‘n hele paar miljoen verg om ‘n speldekop te bedek. Die gevolg is dat mens uiters versigtig moet wees dat enige gegewe selkultuur nie ander kulture kontamineer nie. Selle kan op vingerpunte of apparate wat nie voldoende skoongemaak is nie versprei of selfs op stofpartikels deur die lug dryf en lank genoeg bly leef om ander kulture te besmet. In 1966 is daar tot almal se verbasing en ontsteltenis gevind dat letterlik duisende ander selkulture dwarsoor die wêreld deur HeLaselle kontamineer is en miljoene dollar se navorsing was onbetroubaar en dus tot niet. Baie navorsers was traag om hierdie bevinding te aanvaar maar hierdie slegte nuus kon nie gesystap word nie.

In Junie 1973 is ‘n konferensie by Yale belê om die probleem van kontaminasie van selkulture deur HeLaselle te bespreek. Aangesien HeLaselle en baie ander non-HeLaselle nie mikroskopies van mekaar onderskei kon word nie is daar besluit dat daar net een uitweg is om vas te stel of kontaminasie plaasgevind het: genomiese merkers moes gevind word om die verskillende selle te identifiseer. Om dit te kan doen moes DNA van Henrietta se nabye familie bestudeer word sodat Henrietta se gene karteer kon word. Daarvoor sou bloedmonsters getrek moes word van Henrietta se kinders en haar man.

Die Lackse was steeds pasiënte by Johns Hopkins en dit was dus nie moeilik om hulle op te spoor nie. Susan Hsu is gevra om die bloedmonsters te kry. Sy het nie veel geweet van die hele situasie nie en het dus min inligting aan die Lackse verskaf – trouens, Day was onder die indruk dat Hsu aan hom vertel het dat deel van Henrietta steeds lewend is. Wel, korrek tot ‘n mate natuurlik, maar nie in die sin wat Day dit verstaan het nie. ‘n Verdere probleem was dat Hsu, oorspronklik van China, se Engels nie juis te waffers was nie en dit het allerhande verdere misverstande tot gevolg gehad – des te meer so omdat Day se baie sterk suidelike aksent in elke geval moeilik verstaanbaar was. Die twee kon mekaar byna glad nie verstaan nie. Wat ook al die geval mag wees, toe Hsu die bloed getrek het is daar geen vorm aan die Lackse gegee waarin hulle toestemming gevra is vir die navorsing wat gedoen sou word nie.

Ek kan waarskynlik nog twintig of dertig bladsye skryf oor die verloop van die interaksies tussen die Lackse en die mediese gemeenskap maar ek dink dat meeste lesers van Versindaba dit vervelig sal begin vind. Dus: op die ou end, na die verloop van heelwat jare, het die Lackse besef dat daar slegs maligne selle van Henrietta in kulture bestaan, dat sy nie in een of ander vorm half lewend in laboratoriums bly voortleef nie. Vir my is die baie en groot misverstande tussen dokters en Henrietta se man (onadmireerbaar soos hy was) en haar kinders ‘n aanduiding van hoe maklik sulke wanopvattings en gekruisde lyne kan ontstaan. Hoe min bykans ongeletterde mense weet van kennis wat ons as vanselfsprekend aanvaar en hoe ons wat onsself as opgevoed beskou sulke dinge behoort te besef.

Henrietta? Dis bekend in watter begraafplaas sy begrawe is, maar niemand weet presies watter van die ongemerkte grafte in daardie begraafplaas Henrietta se spreekwoordelike laaste rusplek is nie. Dit is ook ironies dat heelwat ander mense fortuine uit HeLaselle verdien het terwyl die Lackse moes raap en skraap om mediese sorg te kon bekostig. Behandeling by Johns Hopkins was wel gratis, maar alle ander mediese sorg, insluitende roetiene medikasie wat tuis geneem word soos byvoorbeeld behandeling vir hipertensie, moes uit hul eie sakke betaal word.

on caskets

BY NATE MARSHALL

After Suji Kwock Kim

1

decorating the dead is among the most basic

human instincts, to return the borrowed body &

acknowledge Earth as maker & home.

Neanderthals used antlers & flowers. Egyptians

had pyramids with peasants buried in the walls they

built. some niggas just get a pine box. hopefully

you get a hole or a flame. some only get a cold

cabinet in the morgue until somebody or nobody

claims them as a loss.

2

a permanent fixture on my to-do list

is research life insurance plans. pick

a good one with a fair rate & enough

money to buy a nice box.

3

everything gonna be all

right this morning & i contemplate

the implications of the statement for the night.

everything in Mississippi is too cruel to bury.

i wonder what that means if every body in Chicago

has red clay in its lineage. Chief Keef must know

in his bones ball like it’s no tomorrow from what

Muddy time-capsuled into the South Side ground.

4

when grandma died she left mama a notepad

with instructions. the one i remember was get

the casket you want. what you like. don’t be

pressured.

we wore blue at the service. we matched

the box & its glossy painted ribbons,

gold-flecked & light.

5

house slaves are responsible for preparing

the dead of the master’s house. they clean

& clothe. they dig the hole. they don’t

bury any black body really, only dispose.

one of the concessions won by slave riots

was the right to a funeral. whitefolk were

confused at how the Africans sometimes

wore white, smiled, shouted like joy.

they seen funerals. not homegoings.

6

my mother used to say my father loved

funerals. he worked graveyard shift & spent

the days & weekends visiting bodies.

running his finger alongside the box

& signing the greeting book.

the most decent thing you

can do is visit the funeral of

someone you didn’t know

for someone you do: sister’s coworker, lover’s friend

accountant’s mother, your aunt’s

high school rival.

7

black churches formed burial societies

after slavery. every week you chipped

off a piece of your pay to save for the shovel

& the rough hands that would lower you.

i know some black folks now buying

their plot foot-by-foot. saving for a

final mortgage.

8

it is día de los muertos & i have a check

folded in between the pages of a book about

genocide. i will send the money next week

to the other side of my family

& help bury grandma’s sister.

9

i can’t think of a black rapper who hasn’t

contemplated their own death on record.

ready to die, life after death, death is certain,

do or die, get rich or die tryin’, death certificate.

this is natural.

all my verses mention

boxes or holes.

10

once we lay this brother

down in the ground

we got work to do.

 

when i was a young boy

at the age of five

my mama said i gon’ be

the greatest man alive.

 

these children don’t

expect to live past 30.

they come to these funerals

& they represent.

they put themselves in

the place of the person

in the casket.

My besondere dank aan Rebecca Skloot vir baie inligting. Ander informasie is verkry uit akademiese publikasies oor HeLaselle en die Lackse. Dankie ook aan Joan van Zyl wat my gehelp het met spelling wat nie my sterk punt is nie.

(© Leon Retief)
Bookmark and Share

6 Kommentare op “Leon Retief. Die Lewe, Dood en Onsterflikheid van Henrietta Lacks”

  1. Buiteblaf Breytenbach :

    Ek dog ek het vir Leon kon sê hoe baie ek sy skryfwerk geniet en waardeer het – maar moes seker gedroom het, siende die kommentaar toe in die niet verdwyn het. Dan sê ek maar weer: dankie, Leon!

  2. Marlise Joubert :

    Breyten, ek is jammer die kommentare het hier verdwyn. Heelwat ander blogs het ook deurgeloop. Dit kom my voor dat alle kommentare sedert 7 Augustus tot gister toe uitgewis is deur ‘n hacker of wat ook al. Ek weet nie wat gebeur het nie, maar ek sukkel verskriklik met ‘spam’. Daar is ‘n spammer uit China wat my aanmekaar verpes en alles hier omkrap. Moes al ‘n 100-tal van hulle op ‘n ry vernietig. Dan kom hulle maar net weer. Ek sorteer dit nou uit met die diensverskaffer. Dalk vind ons van die kommentare terug maar dalk nie. So jammer!

  3. Leon Retief :

    Dankie Breyten vir jou dankie :-). En voorspoed Marlise met jou gesukkel met die spammer!

  4. Buiteblaf Breytenbach :

    Ek sien nou wat jy bedoel, Marlise. Dat jy nou ‘n Chinese bekruiper gaande moes maak! Die Chinese teks(te) sê hy is so lief vir jou soos ‘n stroper vir ‘n renosterhoring en hy onderneem om Versindaba met Koos Bekker se hulp tot groot hoogtes te neem. So wees dankbaar. Dit kon erger gewees het. Met so ‘n spekskieter aan jou kant mag julle miskien op Stellenbush toegelaat word om nog ‘n bietjie Afferkaans te besig, solank dit by aandgodsdiens in die binnekamer geskied en niemand uitsluit of na asem laat hyg nie. Die kuns is seker om binnensmonds te bid.

  5. marlise :

    Hoe lekker lag ek nou vir Buiteblaf! Die Sjieneuse hou my uit die slaap in die Bos. Hoekom stel hulle so belang in Afrikaanse versies? Of wil hulle Afrikaans af-kraak oorlat hulle se ekonomie nou steier? So moeg al uitgewis aan alles. As enige leser kan help, stuur wenke asseblief. Webmeester is vol kommerkrake.

  6. Joan van Zyl :

    Fassinerend en aangrypend, dankie Leon.