Carina van der Walt. Roetes

Roetes - Die siel vd Mier

Aan die einde van 2014 het die aantal vlugtelinge wêreldwyd amper op 60 miljoen gestaan. Teen hierdie tyd van 2015 is daardie merk lankal oorskry. Dit is die meeste vlugtelinge ooit in die geskiedenis van die mensdom. Die huidige vlugtelingstrome na Europa toe word in drie hoofgroepe verdeel: die Wes-Mediterreense roete, die sentrale Mediterreense roete en die Oos-Mediterreense roete. Op die Wes-Mediterreense roete probeer mense om per boot Spanje in te kom via die Straat van Gibraltar in Marokko. Dit is egter die kleinste stroom vlugtelinge uit Afrika. Hulle kom veral vanaf Mali, Ivoorkus en Senegal, maar selfs ook uit Nigerië wat as ’n welvarende Afrikaland beskou word. Die sentrale Mediterreense roete is baie besiger. Die kortste roetes oor die Middellandse See is uit hawens in Tunisië en Libië na die drie klein Pelagiese eilande van Italië: Lampione, Lampedusa en Linosa. Ook die groter Italiaanse eilande Malta en Sicilie is gewilde bestemmings om Europa binne te kom. Op hierdie roete kom die mense uit Niger, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Soedan, Suid-Soedan, Somalië en Eritrea. Die Oos-Mediterreense roete is amper net so besig soos die sentrale roete. Die Griekse eilande Kos en Lesbos dien as springplanke vir vlugtelinge uit Sirië, Afganistan en Irak op pad Europa toe. Dit is nie die enigste vlugroetes nie. In hierdie bydrae is die fokus egter op die Middellandse See en spesifiek op vlugtelingstrome uit en in Afrika.

Daar is tans veral twee beweegredes vir vlug: oorlog en armoede. In verskeie Nederlandse koerante word hierdie twee oorsake teenoor mekaar opgeweeg. Dikwels word beweer dat oorlogsvlugtelinge nie sommer weer sal terugkeer na hulle vaderland toe nie, maar waar mense vlug vir iets soos hongersnood, armoede of politieke vervolging is dit ’n ander saak. Hulle bly hunker na teruggaan. ’n Parallelle tipe gedragspatroon kon ek onlangs ontdek onder miere in ’n klassieke Afrikaanse werk: Die siel van die mier van Eugène N. Marais (2007, Protea Boekhuis). Op p.45 tot 47 skryf Marais in ’n sjarmant ouderwetse geselstrant daaroor.

“Die swart padmakermiere … word in baie dele van Suid-Afrika aangetref. Hulle maak voetpaadjies somtyds honderde treë lank waarlangs hulle alle soorte plant- en grassaad na die nes aandra. Die komende miere het elkeen ’n wit grassaadjie in die bek; dié wat gaan, is pikswart. … Die padmakermiere is baie bang vir water. Vloedwater is hulle grootste natuurlike vyand – en weet jy waarom? Hulle is oorspronklik woestynmiere… Diep ingewortel, derhalwe, is die vrees vir hierdie aartsvyand van hulle ras. Al raad wat hulle weet, is vlug – vroegtydig en so ver moontlik.

As ’n mens nou ’n slootjie oor ’n pad grawe en met water vul, veroorsaak dit die grootste verbystering onder die padlopers. Aan al twee kante vergaar ’n opgewonde drom miere en dit neem baie, baie lank voor dit hulle byval dat ’n omweg-maak ’n maklike oplossing is. Voor hulle dit egter doen, plaas jy ’n dun grasstrootjie as ’n bruggie oor die watergrag, en dadelik sal jy die geleentheid hê om ’n baie eienaardige en geheimsinnige gedrag gade te slaan. Sorgvuldig toets die miere die gevaarlike brug. Een vir een waag sy voorlyf op die strooi. Met die agterpootjies vas aan die wal geklem, rek hy sy lyf uit op die strooitjie. Hy woel met die voorpootjies en voelhorings en dan word hy in die water gewaar en trek terug – haastig – om sy maats te vertel dat die brug uiters onveilig is. Dit is wat gebeur aan die neskant van die brug, waar die onbelade miere ophoop. Aan die ander kant van die brug – die verste van die nes – is die gedrag van die miere heeltemal anders. Hier arriveer die miere, elkeen met ’n grassaadjie belaai. Meestal is die grassaadjie so groot en swaar dat die loop van die mier vreeslik belemmer en bemoeilik word. En wat gebeur by die brug? Met die minste tekens van huiwering stap elke mier voort op die strooi met sy reusevrag. Somtyds slaan hy om, maar hy klou aan die brug met al sy pootjies vas en gaan oor, en altyd bring hy sy vrag in veiligheid en haas hom voort na die nes asof niks gebeur het nie. Hier staan jy voor ’n raaisel: die onbelade mier is bang om hom op die brug te waag; die belade mier loop oor met ’n vrag wat die passasie honderd maal moeiliker maak. …

Kan die leser raai waarom die onbelade mier weier om oor die brug te gaan en die belade mier nie? …

Die gedrag van die onbelade mier wat van die nes af weggaan, word gedetermineer deur ’n enkele sielsdrang: om kos te gaan haal. In ieder geval is dit nie ’n sterk sielsdrang nie; dit moet selfs opereer teen die ewigdurende en groot sielsverlange: huis toe, die sterkste van alle psigologiese drange, behalwe die seksuele (waar dit in ’n enkeling bestaan). As ons ’n bietjie hoër op die leer klim, noem ons dit heimwee. Die miere wat met die saad terugkom, word getrek deur twee van die sterkste instinkte: (1) huis toe en (2) die kos na veiligheid bring. Dit is net asof jy draadjies aan die miere vasbind en hulle daarmee trek. Die draadjie wat die mier weg van die nes trek, is baie swak. Voor die gewaarwording van gevaar en die daaropvolgende teenstand breek die draadjie. Aan die terugkomende mier is twee sterk drade vas, wat selfs in doodsgevaar nie kan breek nie.”

Op sommige kruispunte op die aardbol krioel strome vlugtelinge vandag dus net soos Marais se miere. Party sal vir altyd weggaan waar die nes onherkenbaar verwoes is. Ander sal net vir ’n rukkie weggaan – totdat die hondersnood, armoede of onderdrukkende politieke bestel wat hulle weggedryf het uit hulle vaderlandse nes weer verby is.

Onlangs het ’n wanhopig arm pa in Ivoorkus sy agtjarige seuntjie Abou geleer hoe om vir ’n paar uur in ’n wieletjiestas te oorleef. Sy plan is egter deur die Spaanse grenswagters gefnuik. En die wêreld was verstom. Wat ouers nie alles sal doen om vir hulle kinders ’n beter toekoms te probeer gee nie! Dis ’n “beter toekoms” wat baie aanloklik lyk op een van die miljoene selfoonskermpies in die uitstekende selfoonnetwerk dwarsoor Afrika.

 

kofferkind

 

kofferkind

 

hij begreep niet dat hij zonder navelstreng

– tijdelijk terug in de baarmoeder –

van zuurstof afgesneden zou worden

dat zijn hoofd licht wollig zou worden

wanneer het vliegtuig opstijgt

 

niet dat de  ͦ C in de laadruimte

op hoogte

te snel zou dalen

voor een blootsvoets Afrikaans kind

foetus in hemd & korte broek

 

gisteren nog de laatste training navelstaren

in Ivoorkust ging hij de kleine koffer in

die prikkelende vingers tintelende voeten

voorspelden met elke meditatie het loswoelen

uit het zand van zijn arme moederland

 

vader reisde een heel eind mee

Mali Mauritanië Marokko

– daar voor het allerlaatst:

omkopen instoppen groeten –

goed getraind voor zijn geboorte in Europa

werd hij plotseling prematuur verlost

door een douanescan in Marrakech

 

@Carina van der Walt, 2015

 

En terwyl Europa se gewete baie stadig wakkergeskud word deur sulke ekstreme voorbeelde, bestaan die grootste vlugtelingkamp ter wêreld in die Keniaanse Dabaad. Die aantal Somaliese vlugtelinge het in 2011 al op 400 000 gestaan, maar sedertdien het omtrent als daar versleg. Na die onlangse terreuraanval op studente in Garissa het Kenia die VN versoek om hierdie vlugtelingkamp in Dabaad te ontruim. Waarom? Dabaad huisves lankal nie nét vlugtelinge nie, maar het ook die tuisbasis geword van al-Shabaad wat terroristiese aanslae uitvoer in Kenia.

Suid-Afrika? Dis algemene kennis dat ook ons grense aan die suidpunt van Afrika oorspoel word met vlugtelinge uit lande soos Zimbabwe en Mosambiek. Kampe is daar nie, maar duisende vlugtelinge probeer tog om op voetsoolvlak ’n nuwe lewe op te bou binne een van die sterkste ekonomieë van Afrika. Welkom is vlugtelinge ook nie in Suid-Afrika nie. ’n Mens hoef maar net die woord “xenofobie” te sê of skryf en almal dink nog steeds aan ‘n grusame “neckless” foto wat in die wêreldpers rondgezoem het.

 

Roetes

 

 Sei amai?*

 

ga zei zijn moeder

ga naar het zuiden

stop niet

voor je het volgende ziet:

 

een berg zoals een reuzenschorpioen

met een groot plat hoofd tussen

2 scharen – Leeuwkop & Seinheuvel

12 segmenten telt zijn lijf

de gekrulde staart ligt slapend

met een giftige punt

richting Valsbaai

 

zo verliet Simon de Shona jongen

op moeder’s verzoek

zijn vertrouwde omgeving

de Matopo heuvels

 

***

 

hij zocht

hij zocht naar een overgang

tussen het prikkeldraad bij Musina

verstopte zich op de trein naar Johannesburg

belandde in Hoedspruit

kroop blind onder een zeil

voor de stampende doortocht naar Mangaung

 

hij bloedde op de voettocht naar de Grote Gariep

bloedheet de dagen & vrieskoud de nachten

door een half-om-halfwoestijn

de Grote Karoo

 

hij kroop door de donkere long

van een scherpgepunte berg

die roerloos in de zon ligt

zoals een Ouvolk

 

tot slot werd

de Shona jongen

op de Kaapse Vlakte uitgespuugd

vlak voor de scharen van die schorpioen

 

***

 

een nieuwe pagina

een pop-up huisje

een leuk bedrijfje

in de staart van de schorpioen komt roering

 

Simon’s energie irriteert

zijn handel is illegaal

hij steelt ons werk

hij vrijt met onze vrouwen

hij stinkt

hij is vreemd & lelijk

gevaarlijk

 

dan ontwaakt de schorpioen

krult zijn staart in tomeloze toorn

wijst in de richting van de Matopo heuvels

& steekt vlammend toe

 

*Waarom moeder? in het Shona

 

@ Carina van der Walt, 2015

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Carina van der Walt. Roetes”

  1. Maria Snyman :

    Drie prente, ‘n “streep” woorde, my nekhare rys toe ek by die einde kom! ‘n Groot gebeurtenis, sag en vinnig maar raak en roerend vertel. Mens sou nie van “padmakermiere” mog praat nie, maar oe, dit sou volgens my ‘n vreeslike mooi vergelyking kon wees as mens hierdie stukkie van Marais ken.
    Om een stukkie te kies:
    “Met die minste tekens van huiwering stap elke mier voort op die strooi met sy reusevrag. Somtyds slaan hy om, maar hy klou aan die brug met al sy pootjies vas en gaan oor, en altyd bring hy sy vrag in veiligheid en haas hom voort na die nes asof niks gebeur het nie.”
    Baie mooi, Carina.

    NS. Ek het lanklaas iets van Marais gelees, en ek wonder toe nou net (lees daar enige onderwysers hier op Versindaba?): Kry kinders darem êrens iets substansieel van Marais te lese voor hulle hul matriekopstelle skryf? Indien nie, is dit ‘n vreeslikheid! Hemel, om die natuur so pragtig eenvoudig raak en reguit te beskryf – wat meer wil mens hê van ‘n matriekopstel?!

  2. Marlise :

    @ Carina, ek het die vertelling roerend gevind. Daar is sekerlik so baie verhale wat nog geboekstaaf gaan/moet word deur hierdie vlugtelinge self, veral hulle wat vir oorlog en verwoesting moet vlug, alles moet agterlaat en die onsekere toekoms ingaan. Veral word die kinders geweldig getraumatiseer hierdeur. Marais se mierstorie is baie interessant!
    @ Maria, ja, ek dink die hoërskole moet Versindaba in hulle kurrikulum laat opneem!

  3. Maria Snyman :

    “Facebook refugees” – ek het die volgende CNN artikel interessant gevind: http://edition.cnn.com/2015/09/10/europe/migrant-facebook-refugees/index.html

    “When their boat ran into trouble at sea, al Beni said he and his friends called the Greek coast guard on their cell phone.
    We have all of their numbers. We have GPS in our cell phones. We send them in WhatsApp and they come and save us,” he explained, referring to the popular phone messaging app.”
    […]
    “Everything we need,” al Beni said, was being shared on Facebook, Twitter, WhatsApp and Viber.
    The teenager said he was trying to get to Germany to continue his university studies, since the war had made higher education impossible in Syria. His brother was already there, having recently made the same journey with the help of smugglers.”

  4. carina :

    @ Maria en Marlise: waarom “sou (Mens) nie van padmakermiere mog praat nie”, Maria? Ek vermoed matrikulante se kennis van Eugene Marais is beperk tot sy gedig “Winternag”. “Die siel van die mier” (1934) gee egter soveel interessante inligting oor (nie net miere nie, maar ook ander diere) byvoorbeeld die springbokkie se terrein die toktokkie se ‘menslike gedrag’ dat dit werklik oorweeg behoort te word. In elk geval sal dit lei tot ‘n herwaardering van die droeër dele van ons landskap. Ek verbaas my eintlik glad nie daaroor dat die enigste Belgiese Nobelpryswenner vir Letterkunde, Maurice Materlinck, daarvan verdink word dat hy plagiaat gepleeg het met Marais se voorpublikasies vir hierdie werk in sy eie “La vie des termites” uit 1926 nie.

  5. Maria Snyman :

    Carina, politiese korrektheid het my gepootjie – ek was benoud om mense met miere te vergelyk. Ek sou dit seker ook meer volledig kon gestel het as “vergelyking vir die huidige migrasiefenomeen”. Die mier is egter ook ‘n metafoor vir hardwerkendheid, so die veelseggende “swart padmakermiere” het my ingehaal!

    Ek merk tans aan 350 eerstejaar onderwysstudente se “English for academic purposes” opstelle hier in die Noordweste (Mahikeng) van die land (wat in drie weke afgehandel moet word!) en ek kan maar nie ophou dink aan die kwaliteit van lees- en skryfonderrig wat kinders op skool kry nie. Hopelik maak ek die studente bewus van die deurslaggewendheid van gehalte taalonderrig met die punte en kommentaar wat ek hulle gee – ek merk streng en preek baie (lg. sal ingekort moet word – ek begin uit tyd uit hardloop) – ek jil net jeeltyd “quality is the keyword!”.

    Die een onderwerp is moedertaalonderrig. Skaarsheid aan bronne vir die Afrikatale is skynbaar ‘n groot faktor rakende die lewensvatbaarheid van moedertaalonderrig. (Dit is ‘n argumentatiewe opstel – hulle moes daarvoor of daarteen argumenteer.) Ek probeer troos deur voor te stel dat solank die moedertaal uitstekend en inspirerend aangebied word, is daar nie net hoop vir die oorlewing van hierdie sterk identiteitsbestandeel nie (argument vir die behoud daarvan), maar kan die gaping in beskikbaarheid van bronne juis ook aangespreek word.

    “One school, one library!” (?!) is ‘n ander (idealistiese?) kreet wat ek gereeld gooi. (Die skooltjie waarby ek in Suid-Korea was se biblioteek is in die tweede jaar opgedateer, met hout leesstaandertjies de lot. Die biblioteek was, soos die skool, regdeur die jaar oop. As hulle dit kan doen, hoekom nie ons nie. )

  6. carina :

    @ Maria: slaan my om met ‘n tarentaalveer! Daardie tipe kontekstuele taalgevoeligheid is ek besig om te verloor, hoewel ek werklik dink Marais het niks anders bedoel as die konkrete miere nie. Ek ontdek elke dag opnuut wat die impak is van ‘n mens se omgewingsfaktore op sy eie gedrag en leeshouding.

  7. Maria Snyman :

    Carina, natuurlik het Marais net die konkrete miere bedoel. Jou skrywe hier het Marais se “swart padmakermiere” vir my in ‘n metafoor vir die migrante verander – die “[p]arallelle tipe gedragspatroon” met aan die een kant die “twee beweegredes vir vlug: oorlog en armoede” en die reaksies daarop, en aan die ander kant die twee soorte gedrag wat die miere openbaar n.a.v. aan watter kant van die waterslootjie hulle hulle bevind. … As mens ‘n weg in ‘n soort kruisweg verander, dan “veroorsaak dit die grootste verbystering onder die padlopers” … ‘n teks is volgens Derrida in Che cos’è la poesia? (“What is poetry?”) ‘n soort kruisweg … jy word gedwing om par coeur/”by heart” te gaan … “a single trek with several tracks” … “someone writes you, of you, on you” … “What does the distress, STRESS itself, want? STRICTU SENSU, to put on guard. Whence the prophecy: translate me, watch, keep me for awhile yet, get going, save yourself, let’s get off the autoroute.” … Die krimpvarkie (hérisson) besig om die snelweg te kruis, rol ditself in ‘n bolletjie en wys sy penne die oomblik as hy die gevaar hoor naderkom … wat kan dommer as dit wees? Dit gaan die verstand mos te bowe … “You must celebrate, you have to commemorate amnesia, savagery, even the stupidity of the “by heart”: the hérisson. […] No poem without an accident, no poem that does not open itself like a wound, but no poem that is not also just as wounding. […] of you, from you, I want to learn by heart. […] when this ageless blind thing hears but does not see death coming.” Dis moeilik, maar ek onderbreek die erg onderbreekte aanhaling nou eers hier.
    Styl is ‘n ander naam vir bruggie, “die onbelade mier is bang om hom op die brug te waag; die belade mier loop oor met ’n vrag wat die passasie honderd maal moeiliker maak. … “

  8. Baie dankie vir “kofferkind”, Carina. Aangrypend.