Hein Viljoen. Matriksiaal

Matriksiaal

Vir Bracha Lichtenberg Ettinger

miskien sou dit waar kon wees dat ons wie weet
tog êrens spore, resonansies deel van ʼn tyd
van saam-wording en groei geborge in die baarmoeder
aan’t swel en sweef in ʼn warm paradys

as man kan ek my dit nouliks indink behalwe dalk
’n vae gemis aan ʼn knus warmte, die dartel spel
in die buik van ʼn grot, klein akrobaat wat swaai
’n duiker vrymoedig aan sy naelstring vas

dalk saam dink aan ʼn tyd van voor die ek
bloedskandelike simbiose met haar
moeder en vreemdeling in pyn van wording
terwyl jy as vrou liggaamlik die pyn van wording
altyd saamvoel en elke maand herhaal

verbintenis met jou verlang ek na
na saamsweef in die vertroude donkerte
byna geslagloos die vruggrot binnegaan
die gebare herhaal wat lei tot die saamsmelt
van eier en paddavis  die minuskuulste hart laat klop

 

© Hein Viljoen / September 2015

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Hein Viljoen. Matriksiaal”

  1. Ek lees dit as o.a. ‘n erotiese gedig; daarom is die frase “byna geslagloos’ vir my die sterkste moment in die gedig.