Nini Bennett. Digters in die filmkuns.

wilde fliek

Filmverse, ‘n digkuns-animasieprojek wat die kunstenaar Diek Grobler in samewerking met die ATKV en Fopspeen Moving Pictures loods, word Oktober vanjaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees bekendgestel. Die projek bevorder nie net ‘n liefde vir poësie nie, maar lewer ook ‘n belangrike bydrae tot die artistieke animasiebedryf in Suid-Afrika, en kan vergelyk word met soortgelyke projekte in Nederland, België en Estland. ‘n Besliste hoogtepunt binne die film-poem as genre is die eksperimentele film wat gebaseer is op Allen Ginsberg se Howl. Met die ontploffing in tegnologie en die moontlikhede wat die multimedia bied, word die diglandskap aansienlik verruim. Poësie as antieke orale tradisie leef nou op die web in toonsettings, voorlesings, en digkuns word begelei met ikonografie, wat die vraag by ‘n mens laat ontstaan: hoe word digters uitgebeeld in filmkuns? Daar gaan vervolgens gekyk word na vier biografiese hoofstroomfilms wat oor bekende historiese digters handel.

Sylvia (2003)

Gwyneth Paltrow gee ‘n skitterende vertolking van die digter, Sylvia Plath, en haar stormagtige huwelik met die British Poet Laureate, Ted Hughes (gespeel deur Daniel Craig). Die film begin met die twee verliefdes se ontmoeting op Cambridge in 1956 en eindig met Plath se selfmoord toe sy dertig was. Sober en somber, word ‘n onthutsende kyk gegee op Hughes se selfgesentreerde karakter en Plath se toenemende depressie en fiksasie met die dood. Plath en Hughes se dogter, Frieda Hughes, het die filmvervaardigers beskuldig dat hulle ‘n profyt wil maak uit haar moeder se tragiese lewe – en die regte, om Plath se poësie in die film te gebruik, is geweier. Die openings- en slottonele bevat wel (minder bevredigende) verwerkings van dié fragment uit Plath se roman, The Bell Jar.

I saw my life branching out before me like the green fig tree in the story. From the tip of every branch, like a fat purple fig, a wonderful future beckoned and winked. One fig was a husband and a happy home and children, and another fig was a famous poet and another fig was a brilliant professor, and another fig was Ee Gee, the amazing editor, and another fig was Europe and Africa and South America, and another fig was Constantin and Socrates and Attila and a pack of other lovers with queer names and offbeat professions, and another fig was an Olympic lady crew champion, and beyond and above these figs were many more figs I couldn’t quite make out. I saw myself sitting in the crotch of this fig tree, starving to death, just because I couldn’t make up my mind which of the figs I would choose. I wanted each and every one of them, but choosing one meant losing all the rest, and, as I sat there, unable to decide, the figs began to wrinkle and go black, and, one by one, they plopped to the ground at my feet.

Wilde (1997)

Hierdie biografiese film is gebaseer op Richard Ellman se Pullitzer-bekroonde biografie oor Oscar Wilde. Stephen Fry oortuig in die komplekse hoofrol as die flambojante, skerpsinnige skrywer, en die soeklig val op Wilde se verhouding met Lord Alfred Douglas, ‘n hedonistiese leefstyl, en Wilde se arrestasie vir onsedelike dade met mans. ‘n Hoogtepunt in die film is Wilde se briljante betoog oor Douglas se verdoemende gedig, Two Loves (“I am the love that dare not speak its name”), wat aldus die aanklaer op ‘bewyse’ van homoseksualiteit sou dui. Ná ‘n vonnis van drie jaar dwangarbeid, en afgetakel na liggaam en gees, kry Wilde se bekende The Ballad of Reading Gaol besondere betekenis in die rolprent. Vervolgens strofes 7-9 uit dié lywige gedig:

Yet each man kills the thing he loves

By each let this be heard,

Some do it with a bitter look,

Some with a flattering word,

The coward does it with a kiss,

The brave man with a sword!

 

Some kill their love when they are young,

And some when they are old;

Some strangle with the hands of Lust,

Some with the hands of Gold:

The kindest use a knife, because

The dead so soon grow cold.

 

Some love too little, some too long,

Some sell, and others buy;

Some do the deed with many tears,

And some without a sigh:

For each man kills the thing he loves,

Yet each man does not die. 

 Bright Star (2009)

In hierdie romantiese drama word die laaste drie jaar van die digter, John Keats, en sy verhouding met Fanny Brawne uitgebeeld. Die film het ‘n ouwêreldse Victoriaanse gevoel en beweeg stadig; die uitbeeld en indrink van die poëtiese oomblik word voorop gestel. Ben Whishaw lewer ‘n teer vertolking van die jong, brose Keats wat op vyf-en-twintig oorlede is aan tering.  Bright Star het meegeding om ‘n plek in die twee-en-sestigste Cannes Film Festival, en is by uitstek ‘n rolprent vir die fynproewer. Die naam is ontleen aan ‘n bekende sonnet van Keats, naamlik Bright Star.

 Bright star, would I were stedfast as thou art —

Not in lone splendour hung aloft the night

And watching, with eternal lids apart,

Like nature’s patient, sleepless Eremite,

The moving waters at their priestlike task

Of pure ablution round earth’s human shores,

Or gazing on the new soft-fallen mask

Of snow upon the mountains and the moors —

No—yet still stedfast, still unchangeable,

Pillow’d upon my fair love’s ripening breast,

To feel for ever its soft fall and swell,

Awake for ever in a sweet unrest,

Still, still to hear her tender-taken breath,

And so live ever—or else swoon to death.

Il Postino: The Postman (1994)

neruda film v

‘n Nederige posbode, Mario Ruoppolo, ontmoet die Chileense digter en Nobelpryswenner, Pablo Neruda, waar hy in ballingskap woon op ‘n Italiaanse eiland. Il Postino is ‘n gewilde en genietlike prent wat goed gevaar het by die loket. ‘n Grootgeestige Neruda (gespeel deur Philippe Noiret) gee nuwe sin aan Mario se lewe deur sy wyshede oor liefde, kommunisme en poësie met hom te deel. Die verhaal speel af teen die dekor van lieflike natuurskoon afgewissel met burgerlike opstootjies in Italië, en so behou die film ‘n fyn balans tussen werklikheidsgetrouheid en magiese realisme.  Soos met Bright Star, word digterskap met patos verbeeld. Poësie is vir alle mense en nie beperk tot ivoortorings nie, of in Mario se woorde:  Poetry doesn’t belong to those who write it; it belongs to those who need it. ‘n Hoogtepunt in die prent is Neruda se spontane voordrag van sy werk om die beginsel van metaforiek aan die leergierige posman te illustreer.

Ode to the sea

 Here surrounding the island,
There΄s sea.
But what sea?
It΄s always overflowing.
Says yes,
Then no,
Then no again,
And no,
Says yes
In blue
In sea spray
Raging,
Says no
And no again.
It can΄t be still.
It stammers
My name is sea.

 It slaps the rocks
And when they aren΄t convinced,
Strokes them
And soaks them
And smothers them with kisses.

 With seven green tongues
Of seven green dogs
Or seven green tigers
Or seven green seas,
Beating its chest,
Stammering its name,

 Oh Sea,
This is your name.
Oh comrade ocean,
Don΄t waste time
Or water
Getting so upset
Help us instead.
We are meager fishermen,
Men from the shore
Who are hungry and cold
And you΄re our foe.
Don΄t beat so hard,
Don΄t shout so loud,
Open your green coffers,
Place gifts of silver in our hands.
Give us this day our daily fish.

‘n Interessante kenmerk van rolprente wat digters/digterskap as tema betrek, is enersyds die Ars poetikale invalshoeke wat wissel van die Carpe diem-tema, soos dit gestalte gekry het in die ikoniese Dead Poets Society (1989); andersyds word die skadukant van digterskap belig. In feitlik alle prente oor die onderwerp sterf iemand: óf die digter, óf ‘n ‘gewone persoon’ wat ná ‘n poëtiese ontwaking op ironiese wyse met die noodlot gekonfronteer word. Hierdie kenmerk verwys nie na die biografiese sterfte van die digter nie, maar na die dood as ‘n soort selfopoffering. Die jukstaposisie: die magie of wonder van poësie versus tragiese lewensrealiteite is in bykans alle films teenwoordig, waar die skryf van poësie ‘n tipe antidoot teen die noodlot word.  Die kyker kan die verglansde werklikheid van die silwerdoek vergewe – ‘n rolprent is immers in die eerste plek om te vermaak! Die eufemisme van verromantisering is welkom – en selfs genadig. Groot digters word as slagoffers van selfvernietiging of komplekse situasies uitgebeeld, en hulle status as tragiese helde/heldinne herbevestig (soos byvoorbeeld in die geval van Wilde en Plath). Digfilms met poësiewerkwinkels as tema begin toeneem (byvoorbeeld Poetry (2002)), asook films oor digmentors (soos die minder geslaagde Blue Car (2002) en The History Boys (2006)), wat raakpunte met Dead Poets Society toon.

Afgesien van die opvoedkundige en prikkelende waarde wat biografiese digfilms en films oor digterskap bied, noop dit kykers om dieper in digters se oeuvres te delf; die boodskap is om geïnspireerd te leef binne die dieper dimensies wat digkuns kan bied. In deel twee van die blog sal daar gekyk word na die uitbeelding van onder meer Suid-Afrikaanse digters in rolprente, asook nuwe filmtendense binne die mens se eeu-oue bemoeienis met digkuns.

Bibliografie

Plath, S. 1971. The Bell Jar. New York: Harper & Row Publishers.

Bright Star. BBC Films. Screen Australia (rolprent).2009

Il Postino: The Postman. Miramax (rolprent).1994.

Sylvia. BBC Films. Capitol Films (rolprent). 2003.

Wilde. Sony Pictures Classics (rolprent). 1997.

http://www.atkv.org.za/af/kunste/atkv-digkuns-animasieprojek-filmverse.

(Besoek 25 September 2015).

http://www.poemhunter.com/ (Besoek 27 September 2015).

http://www.imdb.com/list/ls050659361/ (Besoek 22 September 2015).

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Nini Bennett. Digters in die filmkuns.”

  1. Nicolette van der Walt :

    Heerlik gelees hieraan, Nini en sien uit na deel 2 van hierdie blog. Dit is ‘n fassinerende genre. ‘n Ander sy daarvan is die inspirasie wat digters uit films kry, die film as gedig en/of visuele poësie – aspekte wat ook in jou eie digkuns neerslag vind.

  2. sigeuner :

    Mooi so vir Diek Grobler!
    Hierdie is die eerste blog wat my in trane het. Die toegeligte gedigte, saam met die klein stukkies biografie, laat mens twee maal dink oor die digkuns, sowel as die digter.
    Filmkuns sal `n impak hê op die hoeveelheid nie-poësie lesers, wie se belangstelling geprikkel word om digkuns aan te koop of te begin lees. Dankie vir die mooi blog – jy skryf vars, oorspronklik met altyd, nuwe inligting wat relevant is vir die digkuns-horison.

  3. Nini Bennett :

    Baie dankie vir die lees en gawe kommentaar, Nicolette en Sigeuner!

  4. Gert :

    ‘n Wonderlike, unieke voorbeeld van digkuns in flieks is Soy Cuba – ‘n dubbeltalige Russies/Kubaanse produksie van 1964 na aanleiding van die Kubaanse rewolusie.

    Die Russiese teks is deur Yevgeny Yevtushenko en die Spaanse teks deur Enrique Pineda Barnet.

    Soy Cuba beteken “Ek is Kuba” en die gedigte is in die stem van die land – Kuba.

    Kyk bv https://www.youtube.com/watch?v=kV472t3fR48

    waar Martin Scorsese dit bespreek.

  5. Nini Bennett :

    Baie dankie, Gert. Ek het “Soy Cuba” op die IMDb-databasis raakgelees, maar self nog nie die film gesien nie. Ek volg die skakel op; groot waardering!