Karen Kuhn. Kersfees in Kanaalstraat

Amsterdam, Circa 2015  (Foto’s: Cloudette van der Berg)

Die afgelope Kersfees kuier ek in Kanaalstraat, by Cloudette en William. Nege dae in Amsterdam, vanuit Pole. Daar’s ’n fiets vir my en word vertel; volg ons, hou regs, ry net, moenie stop, vloei net langs die gragte, die trap sal jou lig laat brand en kyk rond. Dalk is dit hoe diepsee duik ook is. So by jouself deur en in alles om jou.

Amsterdam, Circa 201

Soos altyd met reis, die geskenk van ontmoetings. Een hiervan was met Mohannad van Latakia in Sirië.

Hy het oorkant my gesit om ’n tafel waar ons geverf het, iewers in die weste van Amsterdam. Mohannad is nou twee maande en vyf dae hier, in ’n ou tronk wat nou ingerig is vir vlugtelinge hoofsaaklik van Irak en Sirië. Hy vertel my van sy stad. Die digter Adonis of Adunis is net suid van Latakia, in Qassabin gebore. Een van die grootste digters van ons tyd en ’n gunsteling vir die Nobelprys vir Letterkunde, met ’n oeuvre van twintig bundels reeds agter sy naam.

Maar toe sit Mohannad sy foon op silent en wys my die bomme, en tik in Arabies, en ek lees op google translate; “I don’t want to fight”.

Wie se oorlog is dit hierdie?

Huis van Bewaring II, Gestig 1890

Khaled Mattawa vertaal Adonis se vers:

 

A Mirror For The Twentieth Century

 

A coffin that wears the face of a child,

a book

written inside the guts of a crow,

a beast trudging forward holding a flower,

a stone

breathing inside the lungs of a madman.

                   This is it.

                   This is the twentieth century.

 

Mohannad wys my foto’s op facebook van sy driejarige dogtertjie; Shahed en seuntjie; Hossam nou twee, terwyl Aerosmith se ‘I don’t want to miss a thing’ nou sag oor sy foon speel en hy verder vertel van pa-wees, wys my sy ontwerpe in sy beroep en sy vrou. Om hierdie tafel sit vrywilligers van regoor die wêreld verteenwoordigend van verskeie organisasies wat omgee, van help kook, na mop, na net saam sit.

 

Ek vind ’n antwoord in Adonis se digkuns:

Saam sit, met Mohannad en ander

A Mirror For A Question

 

I asked, and they said, the branch

swathed in flame is a sparrow.

They told me my face

was the waves, the world’s face a pile of mirrors,

a lighthouse, and the sailor’s sorrow.

 

I arrived and the world in my way

was ink, each gesture, a phrase.

I did not know that between it and me

there was a bridge named “Brotherhood”

made of steps, prophecy and fire.

 

I did not know that my face

was a ship that sails inside a spark.

Saam sit, met Mohannad en ander

Ek glimlag vir ons Afrikaans wat ek hoor in sy Arabies, dis bekend, soos die liefde in Mohannad se glimlag wat hom maak opstaan en teen sy eie trane baklei.

En so fiets ons terug oor Kersfees na Kanaalstraat onder die volmaan. Hou regs, ry net, moenie stop, vloei net langs die gragte, dankbaar vir die wete ons kan nog huis toe gaan, dankbaar om ’n nuwe jaar in te trap. So by jouself deel van alles om jou. Dis liefde wat ons maak aanhou.

Volmaan in Amsterdam

Oor Lief

 

Oor niks

van ons lyn

meer loop

vir tyd

om alles met mis

te omring

en probeer beweeg

en balans

in geheue

val en verloor.

 

Oor alles

om ons lyn

sweef vir tyd

om jou smile

in ruimte

van bo na onder

vol son te verlig

en onthou stilstaan

plant en kweek

’n view oor alles.

 

Oor genoeg moet

en oorgenoeg wil

oor en oor

lief.

’n Geel gloed bring ’n nuwe dag

Bibliografie:

Adonis. 2010. Adonis Selected Poems – Translated from the Arabic by Khaled Mattawa. Yale University Press: New Haven & London.

Instagram: cloudette1976

www.vinnygirl.wordpress.com

 

 

 

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Karen Kuhn. Kersfees in Kanaalstraat”

  1. Willem :

    Ongelooflik kragtig Karen. Prag.

  2. Buiteblaf Breytenbach :

    Lieflik! Ménslik. Dis om van te ween.

  3. Karen Kuhn :

    Dankie vir die terugvoer! Dis tragies.