Gisela Ullyatt. Ballade van ’n tweedehandse bibliofiel.

Boeddha en boeke

Die reuk van tweedehandse boekwinkels is onmiskenbaar: dié van muf en ou sigarette. Sommige word deurdrenk met die giftige geur van motbolle. Uit ander sypel ’n ongedefinieerde, suurderige klankie.

Dikwels sit daar ’n triest persoon agter die kasregister. Soos in die winkel-in-‘n-stegie wat ons gedurende ’n kort besoek aan ’n ander stad ontdek het. Ter wille van veiligheid is daar ’n deurklokkie om toegang tot dié ‘boeketronk’ te beperk. Geroeste burglar bars; ruite bespikkeld met ou vuil. Metaal-hard klik die veiligheidshek oop. Toegang op eie risiko.

Die plek ruik na nat mat en verlatenheid. Agter die toonbank staan ’n bejaarde dame (dalk chronologies nie só bejaard nie). Haar gesig is gevlek; haar mond ingeplooi soos dié van ’n skilpad. Bebrilde oë volg elke beweging.

Swak ventilasie: ’n waaiertjie hersirkuleer die benoude lug.

Ons begin van ’n punt af: bibliofiele is immers ou strydrosse wat (byna) enigiets sal trotseer. Spoedig het ons ’n hele stapeltjie bymekaar: Ernst van Heerden se Etikette op my koffer en Wolk van die mooi weer. Opperman se Naaldekoker en Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan. Etienne Leroux se Onse Hymie. Plus ’n paar interessante selfhelp-boeke in Engels. ’n Biografie of twee. Die FAK-sangbundel, derde druk: 1963.

Ons vorder fluks tot by die toonbank. Die dame kyk na elke boek voordat sy die pryse intik. Vra ons hoekom ons so baie van Afrikaanse boeke hou. Die meeste lesers is immers versot op Engels. ’n Paar gawe woorde later en haar ingetoënheid verander in ’n gebreekte damwal waardeur woorde spuit. Dis asof haar skouers minder hang.
Al meer as twintig jaar wat sy vir die eienaar van dié winkel werk.
My man grap dat dit meer na ’n vonnis klink. Haar oë word vogtig: Ja, seg sy.
Weinig customers oor die jare  het die moeite gedoen om na die storie van ’n old biddy soos sy te luister.  Soos haar man.

Dié is jare terug geboard. Stook glo soos ’n ou koolstoof. Sit-lê heeldag voor die tiewie. Sy jeremiades en rookasem kan sy nie meer verduur nie. Vyf-en-veertig jaar van haar lewe, gemors op ’n hypochondriac.
Maar wat, vra sy, is die alternatief?

Sy lyk verniel soos die winkel se weeskinders van papier.
Lankal uit druk. Moontlike waterskade. Gevreet deur silwermotte van die verlede.

Die tweedehandse dame is alleen. Sans assistent. Maar sy ken haar plig: om boeke uit bokse te pak, te sif, te organiseer. Daar is nie ’n boek in hierdie boekegrot wat nié deur haar onversorgde hande is nie.
Hier is sy die enigste doeane: sy ken elke immigrasie- en emigrasiewet van boeke op die punte van haar stomp vingers. Maar immers is die doeane niemand se vriend(in) nie.

***

Daar is ’n paar redes waarom ek die weeskinders onder boeke so bemin: elkeen is soos ’n outydse lucky packet. Jy weet nooit wat jy tussen die blaaie gaan ontdek nie: boekmerke, vergeelde resensies. Vergete briewe. Onderstreepte woorde wat eens iets vir die leser beteken het. Aantekeninge, notas; sommige netjies neergestip in potlood, ander vernielsugtig in blou of rooi ink.

Ek deel met lesers ’n paar voorbeelde van tweedehandse Afrikaanse digbundels en boeke oor poësie wat ek in die laaste jaar of wat ontdek het.

Wilhelm Knobel se Mure van mos (1970) is besonder goed opgepas en reukloos.

Wilhelm Knobel

Die eienaar was kennelik ’n musiekliefhebber: twee knipsels oor die komponis, Arnold van Wyk, die onderwerp van die reeds-bekroonde Nagmusiek deur Stephanus Muller. Die eerste knipsel dateer uit Die Volksblad van Saterdag, 20 Oktober 1979. Prys: 14c + 1 c belasting= dus ’n hele 15c. Die opskrif: “Roomse mis in ’n N.G. Kerk”. Van Wyk self is die outeur van hierdie artikel wat handel oor sy ‘Missa in illo tempore’ wat reeds in 1945 in ’n sketsboek deur dié komponis aangeteken is. Eendag hoop ek om genoeg te spaar om Muller se Nagmusiek aan te skaf.

Arnold v Wyk 2 Arnold v Wyk 3

Ook vind ek die agterkant van knipsels mateloos interessant. In hierdie geval is dit ’n veelbesproke boksgeveg tussen Gerrie Coetzee en John Tate wat ‘omstreeks 22h20 gebeeldsaai’ sou word. Voorgevegte: omstreeks 18h15: een van hulle tussen Kallie Knoetze en Randy Stephens van die VSA. Wie het uiteindelik geseëvier?

Boks paradoks

Knipsel 2 oor die Van Wyk-Mis is ongedateer en moontlik ook uit Die Volksblad geknip. Die joernalis/resensent was ene ‘D. de V’. In die resensie word dit aangedui dat die Mis in die NG Kerk Dalsig, Stellenbosch, uitgevoer is. Groot lof is Van Wyk toegesing.

Arnold v Wyk 1

Die eerste druk van Breyten Breytenbach se Kouevuur (1969) bevat ’n interessante knipsel (sommer ingegom).

Breyten 1

Dié kort resensie is in Engels deur ene ‘D.M.’ geskryf. Daar is egter geen aanduiding van die koerant nie (lesers is ongelukkig nie noodwendig navorsers nie). Die Engels klink plek-plek onaf: “Breyten Breytenbach lives today in Paris” […] “Even high up in the pressurized aircraft, he can feel the heat and smell the sweat”. En “Then the poet cries: ‘Africa, my Africa, the land which is God to me. You dare not remain just an abstract, not for me.” Sela.

Breyten 2

NP van Wyk Louw se Berigte te velde. Opstelle oor die idee van ’n Afrikaanse Nasionale Letterkunde (derde druk, 1971) het twee gefotostateerde gedigte: die een, “Hansie en Grietjie” en die ander, “Die slagoffer”.

Van Wyk Louw 1

Beide is gedigte van Eveleen Castelyn uit die bundel, Hemel en aarde. Verder blyk dit dat die persoon die tema wat deur beide gedigte aangespreek word, dalk persoonlik ervaar het en daarom die knipsels bewaar het. Of dalk was hulle bloot voorgeskrewe gedigte op universiteit.

Hansie en Grietjie

daar was eendag ’n woud
aan die kant van die son,
die maan is ’n flou olielamp,
saans brand honderde kersies,
die volgende môre word die kindertjies
afgelaai by die heks se huisie
hulle huil tot vanaand
na-vyf, na-werk kom die
stiefmammies en -pappies hulle haal
met ’n ysterswaan
die nuutste model blaas rook
en jaag oor riviere teer
tot by kelders parkering
dan word hulle opgehys
gebad en gevoer in ’n hok
moet hulle soet gaan slaap
eennag [sic?] het hansie en Grietjie
weggeloop, bo-oor die tralies geklim
en fyn en flenters geval
op die paadjies sement
ver van die huis af

Eveleen Casteleyn knipsel 2

Die slagoffer

Ma het toesig verkry oor my
volgens ’n hofbevel
op voorwaarde dat:

Pa my al om die ander naweek
kan kom haal en elke vakansie
moet ek by hom ook gaan kuier

hoekom haat hulle mekaar so dat
hulle my wil verskeur
en soos ’n pop
rondpluk aan my arms?
hulle verwyte steek
gate in my lyf
die semels loop uit
my maag voel hol
van verlange

my ma en my pa,
Mammie en Pappie,
Moeder en Vader
het my almal kwaadwillig verlaat

Eveleen Castelyn knipsel 1

Groot was my vreugde toe ek DJ Opperman se Komas uit ’n bamboesstok by ’n boekmark opspoor.

Opperman 1

Talle potlood-aantekeninge kan in hierdie kopie gevind word, soos gesien in ‘Vreters van die Bossie’ (56).

Opperman 2

Sommige van die gekrabbel kon ek egter nie uitmaak nie. Ek haal die versreëls aan wat hier betrekking het en dui die dienooreenkomstige aantekeninge in hakies aan wat ek wel kon ontsyfer:

in die Donker Kolk [Marais] die swart serpentyn […]
en in die vreugde van die laterale lyn
die ongeordende, evangeliese walrus
preek [Erasmus Smit] […]
en wilder die goue kruier rol –
almal na die jonger nimf in blinker skubberok
wat haar treurlied tussen Drie Ankers sing [Ingrid Jonker]
in benede- en in bowetone
voor die opper- en die ondermane

Opperman 3

Eenkant wei afwykende amfibiane; [Van Wyk Louw]
diepseeskilpaaie deur lou waters […]
en die seeluis en slierdrelle
van die eerste kwalle uit die Dal, [Patrioters? (Sic?)]
[…] visse van die stok en spies, die glad en die glibberige [Peter Blum]
tong, die bekbroeiers en die horingslakkies
wat in vlakwaters vroetel
met die blaasoppies en muntelose meerminbeursies
oor die streep gespat. [die vier laaste reëls word genoteer as: ‘groepering homoseksuele digters’]

Opperman 4

Marié Blomerus se Fosforblom (1968) sluit ’n briefie tussen bladsye 54 en 55 in.

Marie Blomerus

Die gedig op eersgenoemde bladsy is ‘L’hirondelle’ wat ‘swaeltjie’ in Frans beteken:

Al die swawels is weg.
Soms haal ek een baie somers oud
wat soet soos water ruik
uit skemer sakke van my jurk
en blaas in sy neus
blaas in sy bek:
sy vleueltjies wil nie sprei
sy oë wil nie roer
hy sit
gebalsem in my hand.

Die briefie is hartseer en in ’n kinderlike handskrif. Dis gerig aan ‘Marie’, maar is nie Blomerus (Marié) nie, maar vermoedelik die vorige eienaar van die bundel, wat Mari sonder ’n ‘e’ gespel word voor in die bundel. Ek haal verbatim aan, sonder redigering van taal- en spelfoute:

Liewe Marie

Ek wil graag saam marie vakansie hou
speel in die kamer
met my asb
baie dakie
vir alles
baie dankie vir
die mooi
brief. Ek sal baie na marie vallang as marie
weggaan
ek sal eensaam
wees

maro marcelle

briefie 1briefie 2

’n Resensie oor I.L. de Villiers se Manna oor die duine (1974) word voor in die gelyknamige bundel gevind.

Izak de Villiers 1

Die eerste eienaar (1974) word aangedui as iemand wat woonagtig was in Strand waarna dit in 1995 aan ’n persoon in Stellenbosch behoort het. Die publikasie van die knipsel word nie aangedui nie, maar val onder die rubriekhoof ‘Boekbeskouing’. Die resensent word as JJM aangedui.

Izak de Villiers 3

Op die agterkant van die resensie is daar ’n interessante brief (’n leser?) van iemand genaamd GM Daneel van Pretoria; die opskrif: ‘Liefde vir swart medemense’. Wat sou die reaksie op so ’n ‘progressiewe’ brief wees?

Izak de Villiers 2

Antjie Krog se Otters in Bronslaai (1981) is in ’n goeie kondisie, behalwe vir die dele wat kwistig in blou ink genoteer en onderstreep is.

Krog 1

Dalk die swaar hand van ’n gefrustreerde student?

Krog 2

Die laaste voorbeeld van my tweedehandse boek-ervaring is geweldig sinchronisties. Ek en my gabba, Ilisna Nel, gaan verken een van die winkels in Bloemfontein. Ons steek vas by die Afrikaanse digbundels, meeste vir ‘n appel en ’n ei te koop. Ek soek vir haar twee bundels uit (maar sonder om binne-in te loer), een daarvan NP van Wyk Louw se Gestaltes en diere (1972-uitgawe).

Gestaltes en diere

Dieselfde aand kry ek ’n paar whatsapp’e van haar: ‘check bietjie wat kry ek binne-in …’
Die eerste gefotostateerde knipsel is deur ene G.T.:

Conception

At a time of such uncertain certainties
such certain uncertainties
– it’s dark in this room –
what do we know of the light beyond the windows –
of the morning which will come noisily tomorrow
using our face to call our name?
All you, for whom hurting
is synonymous with living –
I live.
I also live –
shielding my modest flame with my hand
as in a storm –
I open the door of the tomb
and go in …

Empie 1

Die tweede whatsapp lees: is hierdie digter familie van julle?

Three ways of Hearing a Solitary Bird
(for Diane)

Whispering of …
terribly far off…
my lady,
my love,
a solitary bird calls.

A solitary bird calls:
my lady my love
lady my love
my love my lady
love my lady
my lady my love
a solitary bird calls,
and I ride upon its song.

Across the empty desert lands,
a solitary bird sings,
a whisper on the wind terribly far,
and you are with me,
my lady,
my love.

Inderdaad ken ek toe die digter. A.G. Ullyatt oftewel Tony, my man. Dié gedig het verskyn in Unisa English Studies (1975). Soos menige digter voel hy dat hy hierdie ou gedig eenvoudig wil junk. Die foto wys die oorspronklike tipografie wat ongelukkig deur Word Press omgekrap is.

Empie 3

Toeval, sal party dit noem.
Vir ’n tweedehandse bibliofiel bestaan die woord ‘toeval’ nie.
Daarvoor is die kanse nét te skraal.

Bibliografie
Blomerus, M. 1968. Fosforblom. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Breytenbach, B. 1969. Kouevuur. Kaapstad: Buren.
De Villiers, I.L. 1974. Manna oor die duine. Kaapstad: Tafelberg.
Knobel, W. 1970. Mure van mos. Kaapstad: Human & Rousseau.
Krog. A. E. 1981. Otters in Bronslaai. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, N.P. Van Wyk. 1939 (1971). Berigte te velde. Kaapstad: Tafelberg.
Louw, N.P. Van Wyk. 1942 (1972). Gestaltes en diere. Kaapstad: Tafelberg.
Opperman, D.J. 1979. Komas uit ’n bamboesstok. Kaapstad: Human & Rousseau.
Ullyatt, A.G. 1975. “Three ways of hearing a solitary bird”. Unisa English Studies, 13(1), 26.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Gisela Ullyatt. Ballade van ’n tweedehandse bibliofiel.”

  1. Leon Retief :

    Dankie Gisela, lekker lees soos altyd. En snuffel in ‘n tweedehandse boekwinkel bly maar ‘n lekker ondervinding.’n Berekening van die kanse dat jy lukraak ‘n boek sal kies met een van Tony se gedigte toon egter dat dit glad nie so onwaarskynlik is nie. As ek nou mag nitpiek. Ek kan mos als weerstaan behalwe versoeking… 🙂

  2. Leon Retief :

    Askies, vergeet om by te voeg:die gedig Conception is deur Antonìn Bartušek en die GT is die vertaler, George Theiner.

  3. Gisela Ullyatt :

    Leon, dis juis lekker vir my as blogger wanneer lesers die legkaart vir my voltooi. Ek het juis nie die gedig gaan googeloer nie in die hoop (en wete) dat iemand dit sal herken. Dankie hiervoor!

  4. Lewies Botha :

    Ek spoor een keer op die internet die A4 groot rare weergawe van DJO se Komas uit n bamboesstok op en bestel. Binne die boek was die oorspronklike faktuur van NASBOEK BPK vir R12.50 29 Junie 1979 aan Mev. B Claassens. Op my eie faktuur skryf Amelia van books4change; “Kon dit dalk Babsita Claassens die bekende operasangeres wees? ‘n Interessante moontlikheid!” Die boek was aan die Strand Hospice geskenk waar Bapsita afgetree het voor haar heengaan. Ysterkoeie en Komas is bundels na aan my, en was die begin van my liefde vir die digkuns en was my eerste digbundels wat ek met my skoolseun sakgeld gekoop het. My verdere soektog bring my toe op hierdie internet artikel. http://saoperasingers.homestead.com/Babsita_Moolman_Claassens_Bio.html The following is an article written by Joubero Malherbe and published in Musicus 21.2 of 1993. It was written in Afrikaans, and translated into English by myself – Andre Wium.

    BABSITA MOOLMAN-CLAASSENS

    I am standing in Adderley Street at the front entrance to the Cape Town train station, and I am waiting and waiting and waiting.

    In a red motorcar at the side entrance to the station sits a woman, and she is waiting and waiting and waiting.

    Eventually a red car stops sharply in front of me. “Are you Joubero Malherbe?” asks the very attractive lady. “Yes,” I answer. She continues, “I have been waiting for you for almost half an hour!” “And I have been waiting half an hour for you,” I answer, “– you must be Babsita Moolman?”

    So, it is with a big misunderstanding that my treasured friendship with this singer began. It was only when we arrived at her apartment in Seepunt that I could regard this smartly dressed woman. I had a rough idea about her age, but in front of me stood a slim figure who looked at least ten years younger than her real age. When she opened her front door I immediately notice the Irma Stern amongst other original paintings. The beautiful antiques, fine glassware and old silverware could easily have given the atmosphere of a museum – but not at the home of Babsita Moolman-Claassens – it rather radiated the warmth of an elegant lifestyle.

    To sit down for dinner at Babsita is a real treat – she is an outstanding cook who presents every meal with good taste. It is no surprise then that she assisted Pieter Veldsman, the well-known epicure, in putting together a Cookbook that was released at the Nico Malan Theatre. But I actually requested the interview to talk about her singing career. There must still be many music lovers who remember her crystal-clear dramatic soprano voice, but not heard much during the last few years. All the recordings of this unique voice that I could find were damaged, and it was only recently that a friend of hers located a few more. When we started talking, we just could not stop – her wonderful past unfolded like an opera…

    Babsita Moolman hails from the Upington district from a farm with the descriptive name Raaswater [Noisy Water]. As a family they loved music, and in the evenings, with her sister at the piano, her mother with the violin under her chin, and Babsita and her brother singing, they enjoyed making music together. “Yes,” she laughs, “even my father joined in on the small autoharp.”

    Babsita’s father was a member of the Land Council and had to go to Cape Town often for meetings. He always returned with the latest gramophone records. Once he returned proudly with whole of Puccini’s La Boheme under his arm. “To me it was the most beautiful music,” says Babsita, “and later I could sing along with all of the opera.” Her mother realised then that Babsita possessed an extraordinary voice, and insisted that she go to Berlin to study singing. So, Babsita and her father went to Berlin together. There she saw La Boheme for the first time on stage. “I could not hold back my tears – I never imagined it could be so beautiful.” From then on, nothing could hold her back.

    In addition to her singing lessons at the Conservatoire, she also joined the famous Kittel Choir. A gentleman with the name of Albrecht Lewald was also a member of the choir, and he later became a well-known singing teacher in Pretoria. Amongst other places, this choir sang in Italy and also the Pleyel Hall and the Bois de Bologne in Paris. It may sound hard to believe, but Babsita says that the orchestra and their choir, under the direction of Wilhelm Furtwängler, had to perform Beethoven’s 9th Symphony one night for just three persons in the whole audience – Goebbels, Göring and Hitler! Erna Berger (soprano) and Margaretha Klose (alto) were two of the soloists who, like the choir, suffered because Furtwängler conducted at a very fast tempo. “When we came to the words Ihr stürtzt nieder, we all whispered to each other, Yes, us too…” laughs Babsita.

    She stayed in Berlin for eight years, but when the clouds of war gathered in 1939, she went to Denmark to catch a ship to South Africa – but the ship never showed up. So, together with diplomats (including Dr Gie), she and Ester Mentz (soprano, and later the wife of Gideon Roos) went to Stockholm.

    At that time, Julia Claussen, an outstanding singing teacher (earlier from the MET in New York), lived in Stockholm, and Babsita decided to knock on her door. Julia soon realised that Babsita’s voice had a more dramatic quality, and started to develop her voice. A fellow student, who always had his lesson just before her, was none other than Jussi Björling. In the five years that she stayed in Sweden she frequently gave concerts and performed smaller roles in opera.

    After the war, she returned for a short while to South Africa where she performed in concerts and radio broadcasts. But she soon went back to Europe – this time to Italy. There, she and two friends ended up on a train with third class tickets. After a while they could not stand it any longer amongst the chickens and wine-drinking men, so they sneaked into a higher class carriage. When the angry ticket official discovered them, they pretended to be important: “But Signor, don’t you know that this lady is a Prima Donna from the opera house in Berlin?” When he refused to believe them, Babsita cut loose with ‘Perché, perché Signor’ and other operatic pieces. In Italy, that is a sure way to a man’s heart, and he took them to a lovely compartment straight away.

    Her first singing teacher in Italy was probably the most famous Scarpia of his time – Riccardo Stracciari. He was very impressed with her voice. This true gentleman, who always gave lessons dressed in a full suit, prepared her for the role of Tosca. But just before she cold make her debut, he passed away. Franchi, who according to others was quite choosy in accepting students, then took her in. One evening, while she was busy with a lesson, the phone rang: “Franchi, my Tosca is ill – do you have another Tosca for me?” When Franchi turned and asked Babsita: “Will you sing Tosca in 14 days time with Gigli?” she could not believe her ears. “Yes, I would dearly love to, but I’m not sure that he would want to!”

    And so it happened that a girl from Upington sang the role of Tosca opposite Gigli in the San Carlo Theatre in Naples. It was her co-repetiteur, who accompanied Puccini’s students, who gave her one of the nicest compliments she ever received: “Signora, Puccini would have been happy to hear your voice. He would have said that you have something in your voice that brings tears to the eyes.” “Please don’t publish this”, asked Babsita with a hint of sadness around her mouth.

    But such a wonderful story must be told – so please forgive me, my dear friend with the inextinguishable spirit, with her love for dressing with taste, and the enthusiasm, even when the Southeaster blows holes through your hair, to go outside and say: “Stuff the wind, let’s go and see what goes on by the seaside!”

  5. Marie Bredenkamp :

    Gisela: Ek kan sekerlik nie nalaat om van my kant te sê ek kan heelhartig hierdie bydrae van Lewies onderskryf nie! (Ek het hierdie verhaaltjie al’n paar keer op fb ‘oorvertel’). Babsita was my pa se niggie, en ons het met hierdie stories grootgeword. Ek het haar uiteindelik êrens in die tagtigs opgespoor in Seepunt juis nadat ek een aand vir Joebero in die Endlersaal met ‘n musiekkonsert waaraan my dogter deelgeneem het, ontmoet het. Joebero sou die volgende aand juis by haar tuisgaan. Sy het die 12de September verjaar, en is kort voor haar honderdste verjaarsdag oorlede. (Haar suster was ‘n hele paar óór die 100 toe sy dood is.) By haar begrafnis in die Strand, het Pieter Veldsman met groot gewag die insident van Goebbels, Goring en Hitler vertel: “Maar toe sy die verhoog op stap, is daar nie die gewone applous nie. Toe sy gewoond is aan die kollig, sien sy die lokaal is dólléég.. net voor, in die middel, sit drie persone …Goebbels, Goring en Hitler!” Ons vertel dit graag so oor: “En so het dit gebeur dat die ‘Mossie van Prieska-Raaswater’ vir …die Fuhrer ..gesing het. Joebero se sketse oor haar ontmoeting met vername musici is opgeneem in haar boekie “Refrein”. Ek het ook êrens die radio-opname van haar onderhoud met Babsita, waarin daar ‘n uittreksel uit ‘n ouer “plaat” (seker ‘n ou 78?) van haar stem is. Daarin vra sy oa vir Babsita of sy heimwee het as sy kyk na die loopbane van latere sangers uit Suid-Afrika, soos bv dié van Mimi Coertse, en wonder/dink oor “wat kon gewees het?”. Haar antwoord spreek van sinvolle aanvaarding dat sy ‘vir die tyd waarin sý geleef het, beleef het wat sy kón’. Ek meen dat Hubert van der Spuy ook ‘n familielid is en ken ook ander stories van hoedat haar pragtige nertsjassies by hom gestoor was toe sy uit Seepunt getrek het Strand toe, en hoedat Thys Strumpher, latere sangdosent ook by Stellenbosch, en Port Elizabeth Universiteit, met groot plesier dáárdie nertsies kon “aantry” my ‘n kuier by Hubert. Vir Thys het ek weer in ‘n gastehuis op Bredasdorp raakgeloop eenkeer, en het hý weer sý staaltjies uit ervaringe met Babsita aan my oorgedra. Ja, daar lê ‘n skatkis vol stories in ‘n boek, en selfs net in ‘n … naam.