Gisela Ullyatt. voor ek vertrek

 

 

voor ek vertrek

 

voor ek vertrek

wys my die grys

 

omtes van jou hart

die oneindigheid

van silwer

 

voor ek vertrek

tem my doringvelde

met origami-voëls

 

harakiri die stilte

in my

 

voor ek vertrek

 

© Gisela Ullyatt. 2016

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Gisela Ullyatt. voor ek vertrek”

  1. Marie Bredenkamp :

    Ek hou hiervan, Gisela.